Onderwysposte verkoop

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) word uitgewys as een van die vernaamste faktore in ‘n web van blatante korrupsie en nepotisme waarin onderwysposte van R1,000 tot R50,000 verkoop word.
Hierdie bevindings is deur ‘n taakspan onder leiding van prof. John Volmink wat deur Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys, in Pretoria bekend gestel.
Die provinsies wat regstreeks hierdeur geraak word, is Sentraal-Transvaal, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Noordwes, Noord-Transvaal en Oos-Transvaal.
Die taakspan het sowat 75 gevalle ondersoek.
Die gevolg van die verslag is dat Motshekga aangekondig het dat alle geadverteerde poste onmiddellike bevries sal word totdat sy in Januarie met LUR’e vergader om die aanstellingsproses drasties te verander.
Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) is ook reeds opdrag gegee om skuldiges te vervolg.
Motshekga het ook die polisie gevra om fluitjieblasers en getuies te beskerm aangesien hulle nou om hul lewe vrees.
Die finale verslag sal volgende jaar vrygestel word.- Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!