Onluste in Makwasie en Carolina

Onluste in Makwasie en Carolina

onluste 2n

“n Inwoner van Carolina berig dat dit die swart jeugdiges uit die naburige nedersetting is wat vanaf Maandag 17 Augustus 2015 amok maak en mense verhoed om te gaan werk hulle slaan hulle eie mense en blokkeer die paaie,

Hulle het Maandag verskeie besighede op die dorp aan die brand gesteek en verskeie voertuie moes omdraai omdat hulle nie toegang tot die dorp kon kry nie. Die meeste besighede het Maandag hul deure gesluit as gevolg daarvan.

Alhoewel hulle nie gister die besighede aan die brand gesteek het nie, het dieselfde gister gebeur en besigheids eienaars het vroeg gesluit om hul werkers vroeër te laat huiswaarts keer.

Dit is volgens die inwoner van die dorp, die swart jeugdiges wat dwelms gebruik en drink en maak amok soggens, slaap deur die middag en val die mense weer aan in die aande wanneer hulle van die werk af huiswaarts keer. Hulle dreig om die munsipale kantore in die dorp aan die brand te steek. Dit is nie duidelik waaroor die oproer gaan nie maar die polisie het dit blykbaar onder beheer. Die inwoner sal ons op hoogte van die verwikkelinge hou,

Corrie Slabbert SAUK Nuus 19 Augustus 2015
Foto – voorstellng van gebeure

Enjoyed this post? Share it!