Onopgelosde moorde weer bekyk

 

Die drie Krugersdorp-moorde in ‘n bestek van drie weke het noodwendig ander onopgeloste moorde, wat ooreenkomste met die jongste gevalle toon, weer na vore gebring.

Een daarvan is die moord in 2007 op die 42-jarige makelaar, Ian de Wit, van Willow Acres in Pretoria-Oos wat in die bagasiebak van sy silwer motor gekry is.

Die sleutels van sy motor is in die aansitter van sy motor gevind net soos in die geval van die onlangse kattebakmoorde op Kevin Mc Alpine (29 jaar) en Anthony Scholefield (64 jaar) in Krugersdorp.

’n Taakspan is saamgestel om die moord op dié twee versekeringsmakelaars en die moord op die eiendomsagent Hanlé Lategan te ondersoek.

Leidrade word opgevolg om te bepaal of daar ’n verband tussen die sake is.

Nog ‘n onopgeloste moord is dié op Igna Nortjé van Middelburg Transvaal.

Sy is op 30 Mei 2012 uit haar huis ontvoer en in die kattebak van haar motor gestop. Sy is enkele ure later vermoor en in ‘n sloot gekry met haar motor net ‘n paar meter van haar af.

Pogings is aangewend om geld uit haar bankrekenig by kitsbanke te trek, net soos in die geval van HanléLategan.

Bron-Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!