Ons land is weer afgegradeer, en wat doen Gigaba, kanselleer ‘n mediakonferensie !!

Malusi Gigaba, minister van finansies, sou ‘n mediakonferensie hou waartydens hy planne sou voorlê rondom die land se ekonomiese krisis na nog ‘n afgradering.

Hy het egter die konferensie afgelas en geen redes is verskaf nie.

Ekonome is van mening dat sy en die ANC se planne opgeraak en het hy nie kans gesien om die media toe te spreek nie.

Bewerings doen intussen die rondte dat hy in sy tyd as minister van binnelandse sake, die Guptas se aansoek om burgerskap, onbehoorlik bevoordeel het en gesorg het dat die hele proses vir die Guptas vergemaklik is.

Intussen het pres. Jacob Zuma ‘n teen aansoek gebring teen die DA se aansoek dat ‘n geregtelike kommissie aangestel moet word rondom die staatskaping bewerings . Dit volg op die vorige Openbare Beskermer se aanbeveling dat Zuma binne 30 dae ‘n kommissie moet aanstel en dat die regter deur hoofregter Mogoeng aangewys moet word. Die 30 dae het lankal verloop en vandaar die aansoek nou teen Zuma.


Enjoyed this post? Share it!