Ons nuwe Intelligensie hoof was ‘n lyfwag van Zuma, en dinge raak net meer korrup!

Die nuwe waarnemende hoof van misdaadintelligensie, generaal-majoor was voorheen een van Zuma se lyfwagte.

Hierdie aanstelling bevestig politieke ontleders se siening dat sleutelposisies gevul word met persone wat lojaal is aan Zuma en so word die houvas oor intelligensie en polisiestrukture verstewig.

Dit word bevestig deur dr. Pieter Groenewald, leier van VF Plus, wat reken dat Ngcobo se aanstelling kommerwekkend is aangesien dit duidelik net nog ʼn ontplooiing van ʼn lojale kader van pres. Jacob Zuma is.

Dr. Groenewald sê alhoewel dit wil voorkom of Ngcobo met sy twintig jaar diens in die polisie redelike ervaring het, is daar ʼn wolk van omstredenheid oor sy kop weens die bewerings dat hy sy matrieksertifikaat vervals het.

Voordat Ngcobo vir ʼn kort periode waargeneem het as hoof van intelligensie met Richard Mdluli se skorsing, was hy ʼn persoonlike lyfwag van die president, en het hy baie na aan die staatshoof beweeg.

Volgens dr. Groenewald is dit duidelik dat pres. Zuma totale beheer wil hê oor die verskillende afdelings van die intelligensiedienste, in hierdie geval misdaadintelligensie.

“Die vorige waarnemende hoof van misdaadintelligensie, genl.maj. Pat Mokushane, is juis vervang omdat hy ʼn vervalste sekerheidsklaring verkry het. Dit laat vrae ontstaan oor die geloofwaardigheid van die proses van sekerheidsklarings. Die vraag kan daarom gevra word hoe geloofwaardig gaan Ngcobo se klaring wees?

“Hierdie aanstelling laat ook kommer ontstaan oor die toekomstige aanstelling van ʼn permanente nasionale polisiekommissaris. Dit is duidelik dat pres. Zuma hom met lojaliste omring en nie sal skroom om weer ʼn politieke aanstelling in dié pos te maak nie.

“Die polisie is in ʼn krisis omdat sy topbestuur nie op standaard is nie, weens waarnemende aanstellings in strategiese poste, en omdat politieke ontplooiings nie ʼn premie op kundigheid en ervaring plaas nie,” sê dr. Groenewald.


Enjoyed this post? Share it!