Ontvoerde Suid Afrikaner wat deur Al-Qaeda aangehou is, vrygelaat

Stephen McGown, wat in 2011 deur Al-Qaeda terroriste ontvoer is in Mali, is herenig met sy familie in Suid Afrika.

McGowan is op 29 Julie 2017 vrygelaat maar weinig besonderhede is bekend oor die vrylating.

Die organisasie Gift of the Givers, sê hy was nie betrokke by die onderhandelinge oor sy vrylating nie. Dit is ook nie bekend of enige losprys vir sy vrylating betaal is nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!