Ontvoerde vrou word gesoek

‘n Vrou van Port St. Johns word deur die polisie gesoek nadat sy vermoedelik uit haar huis ontvoer is.

Pamela Burns (68 jaar) word sedert Vrydag vermis. Haar seun, Mike Grobbelaar, het onraad vermoed toe daar twee keer geld uit haar bankrekening onttrek is.

Haar grys Hyundai met die registrasienommer, NPS 750 EC, was ook weg, maar is intussen in Umtata opgespoor.

‘n 25-jarige man is deur die polisie op aanklagte van ontvoering en motordiefstal in hegtenis geneem.

Foto – Pamela Burns

Bron- Vryburger


Enjoyed this post? Share it!