Onvergeetlike klam Koffie Sjokoladekoek

Onvergeetlike klam Koffie Sjokoladekoek

Onvergeetlike klam sjokolade koek
Die geheim van ‘n klam sjokolade koek le in die vervanging van botter met olie, en hierdie resep doen dit!!!
Eenvoudig , een bak mengsel wat verseker een van jou gunstelinge gaan word.

Bestanddele:
2 k koekmeel
¾ k kakao poeier
1 ½ t bak poeier
2 t koeksoda
knypie sout
1 k melk
1 t vanilla geursel
2 k suiker
½ k kookolie
1 koppie sterk koffie (aangemaak , swart, lou afgekoel)
2 eiers

Aanwysings:
Voorverhit oond na 180°C.
Berei 2 x +- 23cm koekpanne voor, smeer deeglik met botter
1. In ‘n groot mengbak sif alle droë bestandele saam, voeg dan 2 koppies suiker by roer effe deur gesifte bestanddele.
2. Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droë bestanddele, meng goed met klitser vir twee minute. Voeg nou jou swart koffie by, meng goed .
3. Verdeel nou die mengsel eweredig in jou twee voorbereide panne.
4. Bak vir 35-40 min. Toets met toetspen of gaar is.as hy skoon uitkom is hy gaar en verwyder van oond.
5. Laat afkoel min 15 min in koekpan. Maak kante los met mes. Skud die pan liggies totdat jy voel jou koek is los.Laat goed afkoel.
6. Versier .

Koffie Versiersel:
6 groot eetlepels sagte botter
¾ koppie kakao
2 koppies versiersuiker
5 t sterk koffiepoeier
Meng alles goed saam, versier koek. ( L.W. maak seker koek is goed afgekoel voor versier). Bere in koekblik wat lekker dig kan seel.
Koek is altyd lekkerder as dit die voringe aand gemaak word. Gee die koek kans om te “rus”; jy sal verbaas wees die verkil aan tekstuur , smaak….!
Boerekos K&K

Enjoyed this post? Share it!