Onverklaarde oorlog vind plaas teen die Afrikaner in Suid-Afrika

Daar vind ‘n onverklaarde oorlog plaas teen die Afrikaner in Suid Afrika om ons te onderwerp en uit te wis oor die langtermyn.

Dit is ‘n oorlog wat plaasvind sonder dat ons dit weet en herken as ‘n oorlog.  Daar is die sielkundige oorlog van maak jou gewoond aan b.v. moord dat jy dit al as ‘n lewenswyse aanvaar.  Die moderne Afrikaner is ‘n besige persoon albei ouers moet werk om ons lewenstandaard te handhaaf of jy sit alles in om net te oorleef van dag tot dag.  Die uitwissing van die middelklas is besig om plaas te vind want soos die tyd aangaan verarm die Afrikaner teen ‘n spoed en dan die teenoorgestelde gebeur die sommige Afrikaners buit die NSA uit om geld te maak en word skatryk.  So word die gaping al hoe groter tussen ons eie mense.  Die rykes pla die uitwissing nie want hy kan homself beveilig en kan met geld dinge reg maak.  Die arm Afrikaner se moed is gebreek en sukkel om te oorleef en verval tot plakker status.Dus die middelklas wat weerstand bied word al hoe kleiner.

Daar vind ook so stadige oorlog plaas soos beskryf deur Mike Smith in 2014.Die afgelope 23 jaar stappe vir stappie.  Dit is die geval van die padda in ‘n pot en sit rustig terwyl dit al hoe warmer raak.
As ons geweet het dat :
1)Ons skole nou almal geforseer sou word dat hulle Engels sou word was daar oorlog maar dit gebeur oor ‘n tyd en weerstand is afgebreek.
2)Was ons vertel ons taal gaan verdwyn in skole ,howe en in all kommunikakasie mediums was daar oorlog.
3)Was ons vertel dat ons dorp en straatname gaan drasties verander en vernoem na Marxiste was daar oorlog.
4)Het ons geweet dat boere so wreed vermoor gaan word op plase en ook duisende in stede was daar oorlog.
5)Het ons geweet dat ons Ekonomie verwoes gaan word deur stadige plundering van alle staatsbates en inkomste was daar oorlog.

Dit is maar ‘n paar om op te noem tog het alles plaasgevind sonder ‘n oorlog.  Hoekom want ons het nie die oorlog gesien nie want dit het nie soos in ander Afrika lande eensklaps plaasgevind nie.  Die liberale veral wil dit nie erken of herken nie en so die media hou dit weg van ons mense.  Dan kry jy ook die ontkenners van die stadige onsigbare oorlog en die brawe woorde word geuiter as die tyd kom sal ons veg.

Ons verkies om eerder ons kop in die grond te druk soos ‘n volstruis en ontkenning te aanvaar. Ons sal nog een oggend wakker word en vra waar is al ons Volk heen.

Deur: Willie Cloete/ NKP Leier


Enjoyed this post? Share it!