Onwettige instromers, waarom Europa?

Onwettige instromers, waarom Europa?
Die-euro
Die versekerde voordele om die EU binne te dring, soos wat tans gebeur, is die moeite werd. As daar na die voordele gekyk word wat op die sogenaamde migrante wag is dit duidelik dat hulle hulle huiswerk gedoen het en waarom Duitsland en Oostenryk voorkeur kry. So vergelyk sommige van die EU-lande se voordele:
Finland: $316 per maand vir ʼn enkele volwassene, plus $267 vir pare plus $267 vir volwasse kinders. Eie kos moet voorsien word. Gemeenskapsdiens moet gedoen word. $1000 ondersteuning om na eie land terug te gaan.
Swede: Indien staat behuising verskaf ook $3per dag per volwassene.
Denemarke: Mag vir werk aansoek doen. Helfte van land se normale werkloosheidvoordeel. Bykomende bedrag indien die Deense taal gepraat kan word.
Duitsland: Gratis kos en huisvesting, plus $143 per maand, verhoging na $216 na drie maande. $92 dollar per kind. Na 15 maande $400 per maand plus koste vir behuising en verhitting.
Frankryk: $343 per maand; eie kos voorsiening, plus gratis medies. Mag eers na 12 maande werk.
Italië: $35 per dag per persoon; moet eie kos voorsien, plus akkommodasie, plus $2.50 per dag vir sakgeld.
Oostenryk: Maandeliks $50 per persoon, plus gratis behuising en kos. Indien eie behuising dan maandeliks $240 per gesin, plus $210 per maand vir kos, plus $100 per kind. Jaarliks ʼn verdere $150 vir klere plus $200 vir kinders se skoolitems.
Voeg hierby die simpatie van die linkse media wat op die uitkyk bly ingeval ʼn instromer te na gekom word.- Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!