Onwettige migrante besteel Frankryk

immigrante FrankrykFoto’s wat met versteekte kameras geneem is, toon hoe migrante in die Franse stadCalais die groot vragmotors se onbeskermde vrag steel wanneer hulle by die verkeersligte moet stilhou.

Honderde migrante storm onverwags op ’n vragmotor af wat by ’n verkeerslig stilgehou het, spring op die vragmotor se bak, en gooi kartonne goedere af terwyl ander daarmee wegstap.

Op Kersdag het ’n paar duisend migrante die strate in gegaan en pogings aangewend om deur te breek by die Euro-tonnel, en motoriste moes teen ’n slakkepas ry om die migrante nie raak te ry nie.

Woordvoerders het later vertel hoe die migrante die verkeer vertraag deur in die pad te bly terwyl ander geleentheid kry om die voertuie te deursoek en te steel wat onbewaak gelaat word.

Calais is die sentrum waar duisende migrante probeer om deur die Euro-tonnel te beweeg na Brittanje, maar tot hede kon die Franse polisie verhoed dat hulle daarin slaag.

Die stad het glo die nuwe naam van “The Jungle” gekry, en Franse inwoners het dringende versoeke gerig tot die stad se owerheid om die misdadigers en onwettige migrante vas te vat.

Polisiebeamptes beweer dat die inbrake by winkels en woonhuise met tot 500% toegeneem het in die hawestad. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!