OOD en Valke slaan toe op eertydse waarnemende kommissaris van polisie, Phahlane

In ‘n gesamentlike operasie het die Valke en die Onafhanklike Ondersoek Direktoraat (OOD) op sewe eiendomme toegeslaan. Die eiendomme word verbind met die vorige waarnemende kommissaris van polisie, Khomotso Phahlane, en ‘n SAPD kontrakteur, Keith Keating.

Keating se maatskappy, Forensic Data Analyst, het meer as R5 miljard se kontrakte ontvang van SAPD sedert 2010.

OOD het in ‘n brief aangetoon dat daar moontlike misdrywe van bedrog, korrupsie en geldwassery plaasgevind het deur middel van ‘n motorhandelaar, Durand Snyman.

Phahlane se huis, Keating se kantore asook Snyman se kantore en huis , ene kolonel Potgieter se huis, en Phahlane se suster se huis is deursoek.

Daar is beslag gelê op voertuie, polisietoerusting wat nog nooit gebruik is nie, en dokumente.

Foto: Khomotso Phahlane

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!