Opsoek na Twee Helde wat my Kind se Lewe in Ballito Gered het

Ons is Dringend Opsoek na twee mans wat ‘n Kind se Lewe Gered het in Ballito.

My ma hulle het ons seun op vakansie geneem Ballito toe. Op Saterdag 25 Maart, ‘n uur na aankoms is hulle strand toe. My seun is deur die see ingetrek en het amper verdrink. ‘n Jong man (en seker sy vriend of broer) het my kind en ouers se lewens gered, nadat my ouers ook self in is maar nie kon regkom nie. Ek wil hom graag opspoor en bedank, want as dit nie vir hom was nie was my kind dood.

My kind het vandag eers huistoe gekom na 3 dae in die ICU met n gebreekte bobeen. Hy het nou 2 staal rods in sy been en dis 12 weke om te herstel. So ons is baie dankbaar vir die mans wat gehelp het.

Deel asb. hierdie storie om die boodskap by die man uit te kry.

Baie Dankie

Odette Strydom


Enjoyed this post? Share it!