Orania soek ‘n Afrikaner Universiteit. AfriSol bou hul spog Afrikaanse Universiteit, Akademia, maar nie op Orania nie?

Orania soek ‘n Afrikaner Universiteit. AfriSol bou hul spog Afrikaanse Universiteit, Akademia, maar nie op Orania nie? Waar is hul volksbelang?
 
Inderdaad Afriforum en Solidariteit, (AfriSol), se Akademia het nie eens ‘n studiesentrum te Orania nie, al is Akademia besig om sy landswye voetspoor van studiesentrums uit te brei en is in ‘n gevorderde stadium van vestiging in onder meer Bloemfontein, George en die Paarl, naas verskeie bestaande sentrums in Gauteng en die Wes-Kaap.
 
Akademia wil glo ‘n universiteit bou wat onafhanklik van die staat is en staan vir die idee van ‘n selfstandige Afrikaanse universiteitswese. Orania het hul eie munisipaliteit wat Akademia beslis een stap verder weg van die staat sou plaas.
 
Orania se Ekonomiese Ontwikkelingsplan het ten doel om binne die volgende vyf jaar R183-miljoen aan infrastruktuur, ontwikkeling en opleiding in die gemeenskap te belê. ‘n Universiteit kan ‘n groot deel van daai plan, en meer, help bewerkstellig.
 
Afrikaners kan nie bloot toekyk hoe die toekoms van têrsiere onderrig vernietig word nie. `n Taal het `n Universiteit nodig. `n Universiteit het `n stad nodig. Orania het plek vir al drie.

 
Akademia volg ʼn onderrigleermodel wat ondersteuningstrukture rondom die student vestig wat die student se kanse verbeter om sy studies suksesvol te voltooi. Een van die belangrikste ondersteuningskomponente is dat voorgraadse studente verplig word om Akademia se nauurse klasse by te woon in een van hul interaktiewe studiesentrums in die land.
Voornemende studente moet met registrasie aandui by watter sentrum hy/sy sal inskakel. Studiesentrums word spesifiek in “Afrikaanse gemeenskappe” geopen om toeganklikheid tot universiteitsvlakopleiding so maklik as moontlik te maak.
 
Die studiesentrums is in:
Bellville, Boksburg, Centurion, Die Moot, Krugersdorp, Somerset-Wes, Vanderbijlpark, Bloemfontein, George, Pretoria Lynnwood en Paarl. Maar nie Orania nie? Is dit nie ‘n “Afrikaanse Gemeenskap” nie?
 
Elk van hierdie sentrums is toegerus met moderne videokonferensie tegnologie, en wi-fi is by alle sentrums beskikbaar om sodoende studente in staat te stel om toegang tot Die Spens, Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel vir studente, te verkry.
 
Akademia, bied aan die skoolverlater en werkende persoon wat moet of wil studeer terwyl hy / sy werk die geleentheid om dit in sy moedertaal te doen. Nauurse klasse, toetse en eksamens word in Afrikaans aangebied deur gebruik te maak van die mees moderne videokonferensie tegnologie. Kwalifikasies wat studente by een van 7 studiesentrums deur die land kan studeer sluit BCom grade, ‘n Gevorderde Diploma in Projekbestuur, asook eenjaar hoër sertifikate in.
 
Vir 2017 aanvaar Akademia inskrywings vir die volgende:
 
BCom (Ondernemingsbestuur);
BCom (Bestuursrekeningkunde);
BCom (Ekonomie en Regte);
BCom (Finansiële Beplanning);
Gevorderde Diploma in Projekbestuur;
Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde; en
Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie.
 
Ontwikkeling geskied tans om onder meer die volgende kwalifikasies toe te voeg:
 
2017: BCom-graad in Rekeningkunde; en ‘n B-graad in Verpleging;
2018: BA-grade in Taal en Literatuur; en in Politiek, Ekonomie en Filosofie (PPE);
2019: BSc-grade in rekenaar- en wiskundige wetenskappe; en
2020: Nagraadse programme in Regte en in Ekonomie.
 
So, wat is die verskil tussen Orania en AfriSol? Afrikaner of Afrikaanse?
Kan die twee vereenselwig word?
Nee. Die een gehoorsaam die “Merk van die Ondier” se wette, die ander nie…
 
Don Deon

Enjoyed this post? Share it!