Oud LP stook landgryp

The Land Grab: Then and Now

The Land Grab: Then and Now

 
Die voormalige EFF-LP, Andile Mngxitama, het op ‘n seminaar gesê dat die tyd nou gereed is dat Suid-Afrikaners grond moet vat sonder enige vergoeding aan die geregistreerde eienaars daarvan.
 
Die land moet met geweld teruggegee word aan die swartes, het hy gesê.
 
Hy sê verder dat die ANC nie grondgryp sal wettig nie en dat daar nou georganiseer moet word om die land te beset.
 
Hierdie gewraakte uitlatings is gemaak op ‘n seminaar wat aangebied is deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), in samewerking met die Pretoria News.
 
Volgens die geleerde heer het hy die grondkwessie bestudeer en gevind dat in die afgelope 100 jaar was daar geen gemeenskap wat grond terug ontvang het sonder krag of geweld nie.
 
Hy het voortgegaan en gesê dat die staat omver gewerp moet word.
 
Nêrens word daar gemeld dat sulke blatante uitlatings aangespreek word nie. Die massas kan maar hoor van gryp, van geweld en die geweld gaan dikwels ook met moord en doodslag gepaard.
 
Dit is gevaarlike uitlatings en dit stook meer kwaad en haat aan as selfs Zuma se korruptheid.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!