Oud-vlootkaptein vermoor

‘n Oud-vlootkaptein is kort voor Nuwejaarsdag in Kaapstaf vermoor.

Francois Hugo (61), is verlede Vrydag omstreeks 18:30 dood in sy huis in Vishoek aangetref.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, vermoed die owerhede dat hy sowat drie dae vantevore in sy huis oorval en vermoor is.

Die terroriste het met sy Silwer Honda-sportnutsvoertuig en ander persoonlike besittings van die toneel gevlug, Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.

Hugo het in sy leeftyd onder meer as bevelvoerder op die Suid-Afrikaanse vloot se aanvalskepe gewerk, en was ook ’n toegewyde en betroubare stafoffisier.

Hy was ook by die Amerikaanse weermag se oorlogskollege, en was vir nagenoeg tien jaar ’n direkteur by die Instituut vir Maritieme Tegnologie (IMT).

Sy vriende en oudkollegas het hom as betroubaar, intelligent, ’n fantastiese bevelvoerder in die vloot en ’n ware vriend beskryf.

Hugo word deur sy seun, Charl, en sy dogter, Anin, oorleef.

’n Gedenkdiens was Woensdag om 11:00 in die Simonstad Skeepswerf-kerk gehou . – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!