Ouethuis in Soutpansbergweg in Pretoria swig voor werkers, De Kock op straat

Werkers van die Ons Tuis ouetehuis in Soutpansbergweg in Pretoria, se optrede het daartoe gelei dat die bestuur van dié instelling geswig het en Eugene de Kock op straat gesit het.

Die 69-jarige De Kock, voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, is verlede week die trekpas gegee nadat personeel beswaar gemaak het teen sy opname by die instelling. Hy was egter reeds twee weke daar, waartydens daar geen insident plaasgevind het nie en niemand ‘n probleem met hom gehad het nie. Vermoedelik is die personeel opgestook deur vakbonde of ander individue wat steeds ‘n appeltjie te skil het met De Kock, wat op parool vry is nadat hy twintig jaar in die tronk was.

Sedert hy vrygelaat is, is hy in wese voortvlugtig. Hy kry geen pensioen nie en sy gesondheid is nie goed nie. Waar hy in die openbaar verskyn, is daar linksgesindes wat beswaar maak teen sy teenwoordigheid.

Die waarnemende bestuurder van Ons Tuis, ds. Dries Beukes, pak die skuld op De Kock se opname op ‘n junior personeellid wat hom opgeneem het sonder om te weet wie hy is. Hy het egter erken dat tydens sy verblyf, het De Kock skade aan niks en niemand berokken nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Santi Evert Erasmus

    Waar is hy nou??