OUTsurance moes verskoning vra oor vadersdag video – Gaan OUTsurance dieselfde prys as anti-wit Spur betaal?

Die versekeringsmaatskappy OUTsurance moes vinnig terugkrabbel na hul vadersdag video waarin net een “pa” swart was.

Groot verskoning is gevra teenoor die res van die land se demografiese bevolking omdat die video “nie verteenwoordigend was van al die land se mense” nie.

‘n Junior werknemer van OUTsurance kry nou die blaam vir die “anti-swart” advertensie.

Waarnemers waarsku dat as die versekeraar hierdie saak nie met die uiterste omsigtigheid gaan hanteer nie, hy dalk ‘n negatiewe boodskap na die blankes kan deurgooi, met dieselfde gevolge as waarmee Spur na sy omstrede hantering van ‘n rasse voorval te doen gekry het.

Bron:  Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!