Padoortreders word vasgevat

Padoortreders word vasgevatspeedcop

Meer as 160 motoriste staar aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig, nadat hulle weens die besit van vervalste rybewyse vasgetrek is. Die Padverkeerbestuurskorporasie sê wetstoepassers is op ‘n hoë gereedheidgrondslag die feestyd om bedrog en korrupsie te teiken. ‘n Woordvoerder, Simon Zwane sê minstens 805-duisend voertuie is al sedert die begin van Desember by verskeie padblokkades in die land voorgekeer. Hy sê meer as duisend-600 bestuurders is weens dronkbestuur in hegtenis geneem, sowel as 276 as gevolg van oorlaaide motors, 199 vanweë te veel passasiers en 117 vir spoedoortredings. Zwane het bygevoeg dat ‘n Tshwane metropolisielid verlede naweek in hegtenis geneem is omdat hy omkoopgeld gevra het.-RSG

Enjoyed this post? Share it!