Pastoor verklaar: “Die vlag nie ons s’n nie”, toe brand hy

Die landsvlag is nie sy vlag nie, en terwyl Azanië moet opstaan en Suid-Afrika moet val.

Dit was die mening van ene pastoor Xola Skosana tydens die begrafnis van die vermoorde studenteleier en radikale aktivis, Philela Gilwa, by die Makhaza woonbuurt in Kaapstad. Gilwa was leier van die Ses’khona People’s Rights Movement, en is verlede week deur sewe mans met messe doodgesteek in Khayelitsha.

Hy was ook geskors van die Universiteit van die Vrystaat waar hy een van die voorbokke was van die gewelddadige en vandalistiese #FeesMustFall veldtog en nadat hy die beeld van oud-president CR Swart aan die brand gesteek het.

Pastoor Skosana het die nuwe SA vlag aan die brand gesteek toe hy gesê het dié vlag is nie sy vlag nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!