Pawlowastapel

Pawlowastapel

Pawlowastapel

Span gekoopte meringues en suurlemoensmeer in om dié heerlike koek te maak.
Lewer 8-12 porsies
Bereiding: 15 minute
250 ml (1 k) room, verkoel
strooisuiker na smaak
250 ml (1 k) klaargemaakte suurlemoensmeer
2 klaarbereide meringues
1 blik (65 g) grenadellapulp
200 g appelliefies en bloubessies
1. Klits die room styf en versoet na smaak met die strooisuiker.
2. Smeer die helfte van die suurlemoensmeer oor die een meringue en skep lepels vol van die room op.
3. Skep lepels vol van die grenadellapulp oor, en stapel die appelliefies en bloubessies op.
4. Herhaal met die ander meringue en pak die twee op mekaar.
Variasie Gebruik ’n blik karamelkondensmelk, karamelsjokolade (in stukkies gekap) of skyfies piesang en geklopte room en maak ’n dekadente stapelkoek.
Deur Huisgenoot Digitaal op Desember 10, 2014

Enjoyed this post? Share it!