Pensioenaris in haar huis vermoor

Pensioenaris in haar huis vermoor

VOLKSMOORD6-300x226‘n Pensioenaris wat alleen in haar huis in Arbuthnotstraat in Amanzimtoti gebly het, is vermoedelik Dinsdag vermoor.

Loraine Denyse Roberts (84), is dood in haar huis aangetref deur familielede wat haar elke oggend besoek het om seker te maak dat sy wel is en vir haar kos gebring het.

Die veiligheidshek was toe maar nie gesluit nie. By nadere ondersoek het hulle haar lyk ontdek. Sy is ondermeer met ‘n mes in die maag gesteek.

Die huis is verwoes en die warmwatertoestel in die toilet is gebreek en die element en koperpype verwyder. Water het by die huis uitgestroom.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!