Pensioengeld van afgetreede Staatsamptenare wil gebruik word deur die Staat om te betaal vir kapings.

Dit is ‘onlogies en gek’ om die geld van die staat se pensioenarisse te gebruik om gekaapte openbare ondernemings te probeer red.

Dit is die standpunt van adv. Anton Alberts van VF Plus, en sê die VF Plus sal alles moontlik doen om te verhinder dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) op enige wyse gebruik om openbare ondernemings te finansier.

Adv. Alberts sê die VF Plus het reeds met senior regslui gekonsulteer wat bereid is om hof toe te gaan om enige misbruik stop te sit. Die regslui sal onafhanklik optree namens die pensioenarisse.

“Die VF Plus is trouens van mening dat die direkteure onder wie se toesig die openbare ondernemings gefaal het, persoonlik moet instaan vir geldelike verliese, selfs al moet hul eie pensioene daarvoor gebruik word.

“Die VF Plus sal nie toelaat dat dieselfde met die GEPF gebeur as wat met Transnet se pensioenfondse gebeur het nie,” sê adv. Alberts


Enjoyed this post? Share it!