PLAASAANVAL VILJOENSKROON

Plaasaanval naby Bothaville vind naweek plaas. Dit was by Francois en Karlien van Huyssteen. Hulle bly naby die grondboontjie fabriek langs die Bothaville pad net n paar km uit die dorp. Verslag deur Karlien van Huysteen geskryf.

Hi julle. Wil self vir julle die inligting gee voor julle halwe stories hoor.

Ons het Vanoggend 2:00 wakker geskrik van Archer wat verskriklik tekere gaan.

Toe hoor ek stemme in die huis en bel vir johan hulle van landelike beveiliging.
Dadelik mense uitgestuur en Ryno Uys hulle was gelukkig baie gou daar.

Gekry waar mense ini huis ingekom het maar nie uitgekom en weggehardloop het nie so Landelike beveiliging het vermoed mense was nog ini huis.

Ons het diefwering by ander vleuel se speelkamer oopgebreek en ingekom. hulle het reeds ook toe diefwering hek oppad na ons kamers toe oopgebreek. Dink hulle het weggehardloop eers toe ons ligte afsit en Archer tekere gaan.

Ons moes toe net stilsit en kinders wakker maak en ini kamer wegkruip met die pistool want die polisie koni in die huis inkom om te kyk of hulle weggehardloop het en of hulle nog wegkruip ini plafonne ens nie.

Philip my voordeur se ekstra spaarsleutel by mamma hulle gekry en gebring.

Kon vir Kaylie by ruit uittel en vir Philip aangee en na bakkies toe met haar hardloop en haar veilig kry want gedink hulle is in ons plafonne. Was bang hulle kom in by ons.

Die twee grotes moes wag tot Johan hulle en polisie na amper 2 ure eers die huis deurkon gaan en seker maak dis veilig voor ons kon uithardloop onder begeleiding. Dit was so scary. 4 mans met Ak’s wat saam ons moet uithardloop by voordeur oor grasperk tot by bakkies ini pad.

Ek en kids het toe so half 5 met kombi na my ma toe gekom om hulle net weg te kry.

Nie seker nie ma dink 4 mense, Francois hulle nog besig daar.

Maar ons is dankbaar dat Liewe Jesus ons baie styf vasgehou en bewaar het.

Deur: Karlien van Huyssteen


Enjoyed this post? Share it!