Plaasaanvaller gewond toe boer hom in sy huis betrap – Mooi so man!

’n Vermeende plaasaanvaller is Sondag in die vroeë oggendure gewond toe hy en sy makkers besig was om by ’n boer in die Hoopstad-distrik se huis in te breek.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Neels Strydom (57) van die plaas Winterson het omstreeks 01:00 wakker geword van sy honde wat erg in die huis geblaf het.

Strydom het ondersoek ingestel en ’n onbekende man in die huis sien beweeg. Hy het ’n skoot afgevuur en hulp ontbied.

Die man is deur Strydom gewond, maar het saam met sy drie makkers gevlug.

Boere, Welkom se honde-eenheid en die polisie in Hoopstad het onmiddellik na die aanvallers begin soek.

Die gewonde aanvaller is later aangekeer maar die ander mans is nog op vrye voet.

Thakeng sê die man wat aangekeer is, is 28 jaar oud en is van Bloemhof afkomstig.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!