Plaaslike kundiges moet opsy staan vir Kubane

Vandag kom 25 Kubaanse dokters in Suid-Afrika aan om in Sentraal-Transvaalse staatsklinieke te begin werk as deel van die provinsie se veldtog om meer dokters in die openbare sektor te kry.

Die provinsiale LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, het dit op die vooraand van hulle aankoms bekend gemaak tydens ‘n geleentheid by Baragwanath-hospitaal in Soweto.

Die Kubane wat vandag arriveer is glo spesialiste in primêre gesondheidsorg en is gewerf om te werk in die klinieke met te min personeel, waar daar geen dokters is nie.

Tans is daar aldus Mahlangu 400 Suid-Afrikaanse mediese studente wat in Kuba opgelei word.

Die regime se regerende party het ‘n buitengewoon groot liefde vir Kuba en Kubaanse dokters en ingenieurs word kort-kort gewerf om in die land te kom werk.

Plaaslik opgeleide ingenieurs sit dikwels sonder werk, maar moet vir hierdie ingevoerde Kubane terugstaan.

Weinig lande elders in die wêreld ag Kuba se mediese op ingenieursopleiding sodanig dat hulle Kubane in hierdie beroepsvelde invoer.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!