Plaasrassisme deur Gautengse LUR vir Landbou, maar stil oor boer se moord

As daar ‘n boer in sy provinsie vermoor word, is die Gautengse LUR vir Landbou, Lebogang Maile, tjoepstil.

Toe op ‘n 32-jarige plaaswerker wat ‘n trekker wou steel by Tarlton naby Krugersdorp doodgeskiet word, is hy onmiddellik reg met ‘n kommentar wat die moord op die vermeende dief veroordeel.

Daar is tans onsekerheid wie die werker geskiet het: daar is bewerings dat dit die eienaar was wat hom geskiet het toe hy die trekker wou steel, maar ander berigte dui daarop dat hy geskiet is deur ‘n sekuriteitsbeampte wat hom op heterdaad betrap het toe hy die trekker wou steel.

Maile sê die beskuldigde behoort nie op borgtog vrygelaat te word nie, omdat dit die spanning rondom die moord sal verhoog. Plaasterroriste word egter deurlopend wel op borgtog vrygelaat en waarnemers beskuldig die LUR daarvan dat hy ‘n nuwe plaasrassisme openbaar.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Piet Boer

    Telkemale bewys die ANC regering waar hulle prioriteite lê. Die blanke is hulle vyand, en die Boervolk in besonder moet uitgewis word. Desondanks waar kos, belasting (die geld wat hulle so mildelik wanspandeer en gulsig steel) vandaankom. Hulle is wel bewus dat die gepeupel se stemme hulle in daardie posisies hou en sal dus aanhou met dit wat tot dusvêr vir hulle gewerk het. Solank as wat almal so pateties adbikeer, en apaties staan en kyk hoe ons vermoor word so lank sal dit voortduur.

    • Dina Ronell Bezuidenhout

      ons kan net ons VADER vir hulp vra, en terug keer na HOM.