Plaasterroriste kry die wind van voor by ‘n plaas.

Alhoewel die 72-jarige mnr. Hennie Gerber van die Sundra omgewing self gewond is tydens ‘n plaasaanval, het hy waarskynlik ‘n paar goeie skote ingekry op sy aanvallers.

Hy is deur vyf terroriste aangeval, wat eers sy plaaswerkers oorrompel het en dié saamgeneem het na die boer se woning. Die plaaswerker het egter alarm gemaak. Twee van die terroriste was gewapen.

Gelukkig was mnr. Gerber self gewapen en kon self op die aanvallers skiet toe hulle op hom begin skiet het. Volgens bloedspore rondom die huis en in die rigting van die heining, het mnr. Gerber van hulle raakgeskiet, waarop hulle op die vlug geslaan het.

Die voorval wys weer op die noodsaaklikheid vir boere om gewapen en paraat te wees.

Mnr. Gerber is in die hospitaal in Springs opgeneem, maar dit is nie bekend wat sy toestand tans is nie.

Daar kon ook nog geen bevestiging gekry word dat die boeregemeenskap die terroriste aangekeer het nie.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Naas

    Solank ons nie weet of hulle die terroriste aangekeer het nie, is dit goed. Solank daar net nie selfoon opnames gemaak is nie.

    • Dave Malherbe

      ??