Plaasveiligheid Deel 4: Paraatheid en ‘n Deeglike Veiligheidsplan


Verlede week het ons begin kyk na plaasveiligheid en raad deur Jan van der Merwe tegnologiese deskundige op die gebied van Plaasveiligheid wat saam my gaan werk aan my reeks programme oor Plaasveiligheid en veiligheid in die algemeen. Baie Dankie aan Jan vir sy bereidwilligheid om my te help hiermee.

In Deel 3 het ons gekyk  na hoe om booswigte met ‘n veiligheidsplan te fnuik

Ons Boere op die plase en hulle gesinne is eerste prioriteit in die land, wat doen ons daaraan?

Vanaand kyk ek in ons deel 4 na Paraatheid – Ons moet onsself beveilig

Ons kyk eers na enkele Plaasaanvalle die afgelope naweek waarvan daar vyf was

Vredefort Plaasaanval, Voorman en Twee Seuns Doodgeskiet

VREDEFORT – Die aanvaller (35) is Sondag omstreeks 09:00 in Kroonstad aangekeer nadat hy die vorige aand Hansie Raath, plaasvoorman wat ook sy eie velddienste bedryf, en twee seuns van ­onderskeidelik 11 en 15 jaar op die plaas Palmietkuil doodgeskiet het.

Thabazimbi Aanval, Vrou in Kop Geskiet, Man Aangerand en Geskiet

THABAZIMBI – Bruno Res (73), sy vrou Petro (60) en ‘n vriendin van die egpaar, Marie Barnard, is aangeval Vrydagaand omstreeks 18:00 op die Motlopi Lodge-wildplaas buite Thabazimbi in die Noord-Transvaal

 

Paraatheid

In Vanaand se aflewering in ons reeks oor plaasveiligheid verduidelik kenners hoe huisbewoners hulself met ‘n deeglike veiligheidsplan kan beskerm teen plaasaanvallers.
Die inligting vir dié reeks is aan Landbouweekblad verskaf deur mnr. Koos Geldenhuys van Lichtenburg, wat ‘n studie van plaasaanvalle gedoen en talle kenners geraadpleeg het.

Die omstandighede waarin aanvalle plaasgevind het, word deur kenners op verskeie gebiede van veiligheid ontleed.

Hulle kyk na foute wat in elke geval gemaak is, hoe dit voorkom kon word en gee wenke oor algemene veiligheid.

Enge persoon kan waardevolle lesse leer oor plaasveiligheid en meer paraat wees ten einde plaasaanvalle te voorkom. Dorpenaars en stedelinge kan dié veiligheidswenke ook ter harte neem.

 

Plaasveiligheid behels ‘n veel groter begrip as om net ‘n alarmstelsel in die huis en honde rondom die opstal te hê, in teenstelling met meeste van die gevalle soos dit by wonings in die dorp of stad voorkom.

Weens die aard en omvang van die boer se eiendom, naamlik dat dit afgeleë is en gewoonlik oor etlike vierkante kilometer strek, moet daar dus na ‘n meer intensiewe en ook ‘n meer omvattende plan gekyk word om dié spesifieke probleem aan te spreek.

So byvoorbeeld, moet kommunikasie tussen individue en die sekerheidswagte wat veronderstel is om hulle te beskerm, akkuraat en effektief oor groot afstande kan geskied.

 

Vroegtydige waarskuwingsmiddele moet ook sonder probleme oor tipiese afstande van een tot twintig kilometer kan sein, om die plaasbewoner te waarsku teen moontlike hinderlae en aankomende of sluimerende gevaar.

 

Interne sekuriteit , naamlik die beskerming van die boer se eiendom teen kwaadwillige beskadiging en diefstal deur sy eie werkers, is weer ‘n veld op sy eie, maar kan en moet hierin ook geakkomodeer word.

 

So moet die welstand en goeie uitrusting van die wagte pertinent na omgesien word, om werksbevrediging en deurlopende goeie verhoudinge tussen sekuriteitspersoneel en hul werkgewers te handhaaf.

 

Hierdie is ‘n faktor wat gewoonlik in die sekerheidsbedryf afgeskeep word, met ‘n gevolglike hoë omset in dié tipe van personeel.

 

Deur al hierdie take te delegeer aan betroubare partye, kan die boer van vandag wat onder groot druk werk en boonop met talle wetlike vereistes gekonfronteer word, meer aandag aan sy werk, naamlik dié van landbou skenk.

 

Alvorens hy dit egter kan doen, moet hy gedwing word om eers te gaan sit en deeglike beplanning saam met die relevante kenners op veiligheidsgebied te doen, nadat hy natuurlik ‘n behoorlike begroting daarvoor uitgewerk het.

 

Geen kortpaaie of die afskeping van sodanige beplanning en begroting is toelaatbaar nie, daar een van hierdie twee foute hom of een van sy gesinslede se lewens mag kos!

 

Die boer moet besef dat hy homself letterlik midde-in ‘n oorlogsituasie bevind, waarvan die offensief op verskeie vlakke op sy menswees, sy bestaan en sy identiteit ook geloods word en daarom moet hy sodanig beplan en optree.

 

Uiteraard sal die omvang van die area en die individuele elemente wat ter sprake is vir ‘n omvattende sekuriteitsplan, noodwendig ‘n groter finansiële implikasie vir die boer tot gevolg hê, maar hy kan deur baie van die arbeid self te doen en ook tuisontwerpe te gebruik waar moontlik, ‘n aansienlike besparing in kostes tot gevolg hê.

 

Sedert die vroeë negentigerjare, het daar ‘n verskerpte aanslag op die boer in Suid Afrika, sy gesin en hul eiendom begin plaasvind, wat oor die afgelope dekade in alle felheid toegeneem het.

 

Alhoewel die outeur nie by enige politieke gesprekke rondom hierdie kwessie betrokke gaan raak nie, kan enige persoon net na die beskikbare mediaberigte en statistieke kyk om die intensiteit en abnormale hoë voorkoms van hierdie euwel te besef.

 

Die algemene gevoel van die breë publiek is egter dat hierdie aanvalle wel ‘n politieke oogmerk het en deur pionne uitgevoer word wat gemanipuleer en beheer word deur ‘n duistere mag, veel groter as wat ons dalk mag besef.

 

Verskeie formele komitees en ondersoeke is al na plaasaanvalle en die redes daarvoor geloods, maar sloer buitengewoon lank in hul bevindinge en het ook weinig impak op hierdie misdaad tot dusvêr tot gevolg gehad.

 

Die moratorium wat deur die huidige regering in die laat negentigs op statistieke rondom sodanige aanvalle geplaas is, het beslis niks goeds vir die teenkanting daarvan voorspel nie maar eerder ‘n wantroue in die owerhede by Jan Alleman geskep.

 

Enkele groepe, gewoonlik nie-regeringsinstansies, probeer moedig om die statistieke rondom sulke misdade beskikbaar en akkuraat te hou, ‘n poging wat baie prysenswaardig is en alle lof verdien.

 

‘n Ander feit wat soos ‘n paal bo water uitstaan, is dat hierdie aanvalle gewoonlik deeglik beplan en met militêre presisie uitgevoer word op ‘n uiters sagte en weerlose gemeenskap.

 

Hierdie “vuur” gaan egter net effektief met “vuur” beveg word en so sal die boer dus militêre paraatheid en -tegnieke moet inspan ter beskerming van huis en haard en moet hy ook alles in sy vermoë doen om hierdie aanslag in sy guns te swaai, al is dit dan net vir die doel van teen-propaganda.

 

Alle beskikbare middele om hom te help in die stryd teen hierdie gruwel, moet ondersoek en beproef word.

 

Plaasveiligheid

Polisie gee wenke vir plaasveiligheid

Misdaad is nie net tot ‘n dorp of stad beperk nie en plaasboere is gereelde slagoffers van diefstal, inbraak, aanranding en selfs moord.
Hieronder volg ‘n paar wenke deur die plaaslike polisie om die veiligheid van plaasinwoners en hul besittings veiliger te maak:

Wenke: 

* Kry ‘n veligheidsplan in plek by jou woning sou daar iets gebeur. Sorg dat jou familie weet wat om te doen;
* Raak betrokke by misdaadvoorkomingsaksies en -organisasies.
* Moenie enige persoon in diens neem nie. Stel die agtergrondgeskiedenis van die persoon vas;
* Hou rekord van persone wat by jou werk en bekom ‘n foto en ‘n afskrif van die persoon se identiteitsdokument (ID). Hou hierdie besonderhede al het die persoon jou diens verlaat;
* Ken jou bure se telefoon- en selfoonnommers;
* Sluit jou woning se deure en vensters sodra jy dit verlaat;
* Sorg dat jou vuurwapen altyd in die kluis toegesluit is as dit nie onder jou direkte beheer is nie;
* Hou die kluissleutel onder jou direkte beheer;
* Implimenteer ‘n stelsel op jou plaas om toegangsbeheer te monitor;
* Oorweeg ‘n effektiewe alarmstelsel vir die woning/plaas;
* Ken jou plaasnommer op die geel bordjie by plaasingang;
* Vra iemand betroubaar om na jou plaas om te sien indien u weggaan met vakansie;
* Hou rekord van reeksnommer beheerde items en hou die nommers op ‘n veilige plek;
* Kry ‘n stelsel in plek om die gebruik van brandstof en veevoere op jou plaas te beheer;
* Tel jou vee gereeld, verkieslik twee keer ‘n week (byvoorbeeld elke Maandag en Vrydag);
* Sorg dat jou vee op die wetlik voorgeskrewe wyse gemerk is. Voorkoming is beter as genesing;
* Oorweeg die aanskaf van die ‘skaapharnas’ indien jy veediefstal vermoed op jou plaas;
* Rapporteer misdaad aan jou naaste polisiestasie;
* Rapporteer verdagte voertuie en persone;
* Vergoed vertrouelinge op jou plaas wat inligting oor onwettighede verskaf;
* Moedig werknemers aan om inligting te verskaf oor verdagte omstandighede;
“Almal word aan misdaad blootgestel en enige persoon kan ‘n slagoffer daarvan word,” maan a.o. Oosthuizen.

Kontaknommers in geval van nood 

Hou hierdie nommers altyd byderhand en indien moontlik, memoriseer dit:

  • Polisie 10111
  • Landelike sektorbestuurder:
  • Ambulans

 

Ons huidige veiligheidsituasie:

Suid Afrika verkeer tans in ‘n afwaartse spiraal van anargie en chaos.

Statistieke in die media toon dat ons huidige moordsyfer, naamlik 60 moorde per 100 000 persone, dubbel die hoeveelheid is as wat twintig jaar gelede die geval was.

 

Interpol het ook onlangs weer erken dat boerdery in Suid Afrika, die gevaarlikste beroep ter wêreld is.

 

Hiervan getuig die skokkende syfers wat veral deur verskeie landbou-belangegroepe beskikbaar gehou word, naamlik nagenoeg 1600 vermoorde boere en lede van hule gesinne, sedert die vroeë negentigerjare tot in 2002.

 

Die syfers is nou heelwat hoër

 

Hierdie moorde volg gereeld op van die wreedaardigste en baarbaarse metodes denkbaar, gewoonlik na ure se volgehoue foltering van sodanige slagoffers.

 

Die verkragting van vroulike slagoffers, kom nou in nagenoeg een uit elke drie insidente van plaasaanvalle voor en dié syfer styg nog steeds.

 

Dit is dus duidelik dat veral die landbouer in Suid Afrika, voorop gestel word as een van die mees geteikende indiwidue in ‘n terroristiese-tipe teistering waarvan die syfers selfs die mees onlangse internasionale militêre konflikte by verre oortref!

 

Dit is ook onteenseglik duidelik dat die boer, wat stoksiel-alleen staan in hierdie aanslag op hom en sy gesin, dit slegs met ‘n militêre tipe van weerbaarheid, teen-offensie en volgehoue, deurlopende waaksaamheid gaan afweer.

Ondervinding toon dat sodanige anarchiste, nie enige sulke teënstand kan verdra nie en waar daar ‘n redelike weerbare en parate gemeenskap bestaan, hulle hul eerder op ander sagte teikens sal toespits in hulle lafhartige modus operandi van terreur en geweld.

 

Die boer moet dus begin wegbeweeg van sy huidige uitkyk op sy eiendom as dié van ‘n rustige, veilige werksomgewing en dit eerder begin sien as ‘n para-militêre gevegsfront, waar gevaar om elke hoek lê en wag.

 

Hier sal sy benadering, soortgelyk aan militêre installasies en tydelike basisse, soos dit byvoorbeeld in die bosoorlog voorgekom het, vir hom van lewensbelangrike waarde wees.

 

Die boer, sowel as die lede van sy gesin en meeste van sy werknemers moet dus hul houding nou omswaai van ‘n onge-egrde en passiewe benadering, na dié van ‘n voorkomende en parate een wat beide hul omstandighede en omgewing ook aanbetref.

 

Onverskilligheid teenoor hierdie saak, sowel as die uitstel of afstel daarvan, mag vir hulle ‘n duur les en ongekende tragedie in die toekoms beteken.

 

Meeste van die mans in hul dertigerjare en ouer (en sommige van ons dames ook), het in een of ander vorm van die Suid Afrikaanse sekuriteitsmagte gedien en moet hierdie ondervinding onverwyld op hulle gesinne, eiendomme en omgewing toepas.

 

Persone wat geen ondervinding in hierdie opsig het nie, moet dit spoedig aanleer tot eie gewin en beskerming.

 

Die IK-stelsel: Van opperste en onbetwiste belang, is die daarstelling van ‘n effektiewe inligting- en kommunikasie stelsel (IK-stelsel), wat inge-oefen moet word tot tweede natuur en waarmee selfs die kleiner kinders in die huishouding vertroud moet wees.

 

Hierdie lewensbelangrike paraatheidstelsel is afwesig op 90% van alle plase en verleen daarom ongehinderde toegang tot en selfs ondersteuning aan aanvallers in hulle skrikbewind van anargie en chaos.

 

Dit is dus nodig vir die plaasbewoner om ‘n effektiewe stelsel vir sy eie doel te skep en in stand te hou.

 

Deur die goeie gebruik hiervan, is almal bewus van wat om hulle aangaan, die moontlikheid van enige gevaar wat mag dreig en enige mense, welkom of onwelkom in aantog na die plaas of wat die plaasgebied onwettiglik as deurtog gebruik.

 

Hierdeur word ‘n gerusstellende en ondersteunende intelligensiestruktuur geskep van enige indiwiduele gesinslede se posisies op die plaas en hul doen en late, maar veral hul welstand.

 

Sodoende word die verrassingselement op die verdediger oorgeskuif, word die aanvaller van een van sy sterkste elemente in sy terreurveldtog ontneem en swaai hierdie skaal nou in die guns van die plaasbewoner, soos dit eerder behoort te wees.

 

Die boer, sy wagte, sekere van sy gesinslede en van sy betroubaarste werknemers, is dus deurentyd en in konstante verbinding met mekaar betreffende hul werk, algemene probleme wat ondervind word, sowel as enige sekuriteits- en veiligheidsrisikos of mediese noodgevalle wat hieruit mag voortspruit.

 

Die verdere uitbreiding van hierdie lokale kommunikasie strukture word dan oor groter stelsels, soos byvoorbeeld die Marnet-radiostelsel weergegee.

Sulke herleiers, moet verkieslik verantwoordelike persone wees, veral vertroud met die hantering van noodgevalle en die korrekte herleiding van radiogesprekke, om ‘n hegte, effektiewe radionetwerk oor groot afstande daar te stel.

 

Ons kan nou die ideale inligting- en kommunikasie netwerk, soos dit op elke plaas nagestreef behoort te word, van naderby beskou.

 

Hierdie is natuurlik onderhewig aan faktore soos die veiligheidsbegroting wat daarvoor beskikbaar is, die topografie en uitleg van die plaas en enige ander, wat almal in berekening gebring moet word:

 

3 ‘n Geïntegreerde Veiligheidsring (Plaasbewoners kan onderling met mekaar koukus oor hoeveel van die ondergenoemde elemente vir hulle prakties haalbaar mag wees, of selfs sommige van hierdie punte vervang met beter idees waarvan hulle mag weet)

 

(1) Die huis moet beskik oor ‘n goeie alarmstelsel, wat die aandag kan trek van een of meer van die volgende:

  1. a) ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat alarms monitor en daarop reageer,
  2. b) enige wag/te wat op die plaas beskikbaar is,
  3. c) enige van die huisbewoners (wanneer uitstedig), na hul selfoon of radioroeper (“pager“) of
  4. d) die Marnet of Burgerband Radiostelsel.

(2) ‘n Fisiese heining moet bestaan om die woning om betreders uit te hou of alternatiewelik ‘n elektroniese “heining” wat betreders bespeur en alarm kanmaak.

(3) Enige van die skure en buitegeboue, krale en so meer, moet beskik oor vroegtydige waarskuwingstelsels om die huis of wagte in kennis te stel van probleme daar

(4) Sekondêre hekke, wat deur ‘n wag of een van die huisbewoners beheer word, sal slegs toegang aan gemagtigde persone verleen, maar ander weghou van die onmiddelike area rondom die opstal

(5) ‘n Indikator (‘n lig/gie) om huisbrake, betreders en hinderlae aan te dui, moet by die hoofhek (by die hoofpad) aangebring word, waar dit ‘n waarskuwing vir enige terugkerende persone is. So ook ‘n duplikaat (bystand) stelsel naby die huis, sou die een by die hek faal.

(6) ‘n Arrestasielyn (‘n ketting of plank met spykers in) word aangebring op die toegangspad na die huis, om ongewenste voertuie en aanvallers s’n, te immobiliseer. Hierdie sal verkieslik so vêr weg as moontlik van die huis af gehou word, indien prakties haalbaar.

(7) Die hoogste punt op die eiendom, moet verkieslik toegerus word met ‘n versteekte uitkykpos, beman deur ‘n wag. Dit moet sovêr moontlik 360 ° uitsig hê en die volgende maklik kan waarneem:

  1. a) die woning en onmiddelike buitegeboue,
  2. b) stalle, skure en krale, en enige vee wat wei,
  3. c) die lokasie of werkers se woongebied,
  4. d) enige toevallige of gestigte veldbrande,
  5. e) die hoofhek en of hoofpad vir aankomende verkeer en
  6. f) enige digte of ruie gebied van waar ‘n hinderlaag geloods kan word.

(8) Die hoofhek kan ‘n ingeboude sensor besit om voertuie of voetgangers te bespeur en sal ‘n indikasie in die huis of vir die wagte gee van sodanige aankomelinge.

(9) Grensplase en dié geleë na aan enige lokasies of plakkerskampe, is toegerus met ‘n swaar versperring van heinings, slote en lemmetjiesdraad om betredings en aanvalle te keer. (‘n McNamara- of Morrislyn)

Die plaasgebied, maar veral die opstal, word dus beskerm deur ‘n sterk “veiligheidsring”, wat bestaan uit ‘n kombinasie van soveel moontlik menslike wagte, diere met ‘n sterk gebiedsdrang en elektries-elektroniese waarskuwingsmiddele, ALLES WAT INTERAKTIEF OP MEKAAR INWERK EN SAAMWERK en wat die gebied SODOENDE, in ‘n duidelike “no-go” area omskep!

1 Plaasbewoners in aantog na die opstal

  • Wanneer die boer se eggenote bv. nou van die dorp af op pad is terug na die plaas toe, “sein” sy enige van die wagte dmv. ‘n sms te stuur, ‘n “missed call” te gee of om die huisfoon ‘n vooraf-afgespreekte aantal luie te gee (of enigiets dergeliks) om haar aantog uit die dorp aan te dui. ’n Kombinasie van die voorafgaande is veral aan te beveel, bv. om ‘n “missed call” te gee en ook die huisfoon te laat lui, sodat duplisering van die seinmetode, dan ook bevestiging meebring. Die woning kan nou dieselfde metode gebruik (indien so afgespreek) om die boervrou terug te sein dat alles in orde is op die plaas. Indien hulle dit nie doen nie, kan dit vir haar alreeds nou (waar sy nog in stedelike gebied is) vroegtydige waarskuwing verskaf dat iets nie pluis by die huis is nie.
  • Sodra sy by die hoofpad afdraai, kan sy die seinmetode herhaal om aan te dui dat sy nou die munisipale gebied verlaat het en haar privaat eiendomsgebied betree. Indien die hoofhek daar oor ‘n ingeboude sensor beskik, sal dit ook outomaties ‘n aanduiding van aankomende verkeer in die woning verskaf en die wag gemoeid met vroegtydige waarskuwing vir daardie skof, kan nou bevestig dat sy in aantog is en ook dat sy veilig ry en byvoorbeeld nie agtervolg word nie.
  • Indien haar hoofhek met ‘n vroegtydige waarskuwingslig ook toegerus is, neem sy eers die stand daarvan waar: indien die lig brand, dui dit op moontlike probleme in die huis en sal sy eers met ‘n verantwoordelike persoon skakel om bevestiging van die situasie te verkry of versterkings van haar keuse te ontbied. Indien die lig nie brand nie sal sy nogtans versigtig verder bestuur, bedag op enige gebeurlikhede wat abnormal mag voorkom
  • By enige van die sekondêre hekke op die plaaspad, word hierdie deur ‘n wag vir haar oopgemaak sonder dat sy hoef stil te hou en uit te klim daarvoor en haar sodoende ‘n groot teiken maak. Hierdie wag sal ook dmv. spraak in gewone- of kodetaal, of een of ander vooraf-afgespreekte gebaar, vir haar aandui dat dit veilig is om verder te ry op pad opstal toe, nadat hy natuurlik per radio of telefoon bevestig het met sy medewagte verder aan. Indien daar ‘n bystand-waarskuwingslig is, neem sy eers die stand daarvan waar: indien die lig brand, dui dit op moontlike probleme in die huis en sal sy eers met ‘n verantwoordelike persoon skakel om bevestiging van die situasie te kry of versterkings van haar keuse ontbied. Indien die lig nie brand nie sal sy nogtans versigtig verder bestuur, bedag op enige gebeurlikhede wat abnormal mag voorkom
  • By die arrestasielyn op die plaaspad, kan die wag gemoeid met vroegtydige waarskuwing vir daardie skof, hierdie versperring uit haar pad verwyder sodat sy kan deurry sonder om te stop. Hy sal dit dan onmiddelik weer terugplaas in die pad sodat as sy agtervolg sou word (of ander betreders ongesiens die opstal nader) hulle voertuie onmiddelik ge-immobiliseer kan word nog voordat hulle die nabyheid van die woning bereik het. Goeiekommunikasie tussen hierdie wag en bv. die boervrou, is hier vanselfsprekend van uiterste belang!
  • Rondom die opstal, word (indien nodig) enige hekke op haar pad deur ‘n wag vir haar oopgemaak sonder dat sy hoef stil te hou en uit te klim daarvoor en haar sodoende ‘n groot teiken maak. Hierdie wag sal ook dmv. spraak in gewone- of kodetaal, of een of ander vooraf-afgespreekte gebaar, vir haar aandui dat dit veilig is om verder te ry tot by die opstal toe, nadat hy natuurlik per radio of telefoon bevestig het met sy medewagte in die huis (indien beskikbaar)
  • Indien haar woning oor ‘n waarskuwingslig op die alarmstelsel beskik, neem sy eers die stand daarvan waar: indien die lig brand, dui dit op moontlike probleme in die huis en sal sy eers met ‘n verantwoordelike persoon skakel om bevestiging van die situasie te verkry of versterkings van haar keuse te ontbied. Indien die lig nie brand nie sal sy nogtans versigtig die huis betree, bedag op enige gebeurlikhede wat abnormal mag voorkom

 

Môre aand kyk ons verder na paraatheid en begin met  Interne kommunikasie

De La Rey

Enjoyed this post? Share it!