Plaasveiligheid Deel 5. Tyd Dat Boere Hul Moer Laat Koer?


Gaan gerus na ons argief by SAUK.co.za deel 1 tot 4 is daar geberg onder die skakel:
http://nuus.info/?s=Plaasveiligheid

Na aanleiding van 7 plaasaanvalle die afgelope 3 dae het Afriforum en TLU die boere onder die hart gedruk om hul self te beveilig en wenke deurgegee. Ons Boere op die plase en hulle gesinne is eerste prioriteit in die land, wat doen ons daaraan?

Die burgerregtegroep Afriforum het bekendgemaak dat 44 mense reeds vanjaar in plaasaanvalle dood is.

Die organisasie se adjunkhoof, Ernst Roets sê sedert die begin van die jaar was daar 157 plaasaanvalle en 44 moorde is gepleeg.

Roets sê plaasmoorde is ‘n krisis en hy het weer ‘n beroep op die minister van Polisie gedoen om plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad te hanteer.

Hy sê verskeie onafhanklike ondersoeke het aangedui dat ‘n boer se kans om vermoor te word, meer as dubbeld so groot is as die van ‘n polisielid.

Hy sê ook boere speel ‘n noodsaaklike rol in werkskepping en voedselsekerheid.

Daar was ook die naweek aanvalle op ‘n plaas by Pelgrimsrus en by Lydenburg in Mpumalanga.

Die jongste plaasaanval by Vredefort-aanval word ingesluit by altesaam sewe plaasaanvalle wat sedert Vrydag oor die land heen plaasgevind het, het die TLU SA gesê.
TLU se woordvoerder, Henry Geldenhuys sê ‘n vrou is op die Motloti Lodge by Thabazimbi in Limpopo dood toe vier mans haar en haar man aangeval het.
Nog mense is in vyf ander plaasaanvalle, in onderskeidelik Mpumalanga en Kwazulu Natal aangeval en beroof.
Volgens hom moet boere nou hul eie veiligheidsstrukture in plek kry omdat die polisie se nasionale landelike veiligheidsplan nie in plek is nie.
Geldenhuys sê ‘n voorval by Chrissiesmeer in Mpumalanga waar ‘n huis aangeval is toe die inwoners nie tuis was nie, word ook beskou as ‘n plaasaanval.
Die boer het toevallig nie die aand op sy plaas geslaap het nie, maar die swart aanvallers wat by sy plaashuis ingebreek het en vuurwapens gesteel het, het glo verwag om hom daar aan te tref.
Volgens die TLU word dit ook as ‘n plaasaanval beskou omdat die boer onder normale omstandighede by die huis sou wees.

 1962683_10152823196414892_754978724552274121_n

Die geweld kan nie langer geduld word nie.

Plaasaanvalle: Moelik om boere kalm te hou – Agri SA

Dit is ál hoe moeiliker om boere tot kalmte te maan oor die geweld wat nou met plaasaanvalle gepaard gaan, sê mnr. Johannes Möller

“Te midde van toenemende landelike misdaad en spesifiek plaasaanvalle, vind ek dit toenemend moeilik om boere tot kalmte te maan en om nie onverantwoordelik op te tree nie,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

“Daar sal duidelike strategieë en ooreengekome optrede gevestig moet word, want dié geweld kan nie langer geduld word nie. Ons benodig nou doeltreffende misdaadintelligensie wat kan lei tot voorkomende optrede in die bekamping van plaasaanvalle”, sê Möller in ‘n nuusverklaring.

Agri SA het gereageer op verskeie plaasaanvalle die afgelope week wat reg oor die land voorgekom het en Möller sê “dat die misdaad die beeld van die land ernstig skaad en dat dit nie net met polisie optrede voorkom kan word nie, maar dat ‘n langtermyn verandering in die waardesisteem van die bevolking nodig is”.

Die boerderygemeenskap moet kan staat maak op doeltreffende sigbare polisiëring om kriminele aktiwiteite in die landelike gebied pro-aktief te bekamp.

Volgens Möller moet die boerderygemeenskap egter steeds met die polisie saamwerk en hulle organiseer in plaaswagstelsels, in te skakel by plaaslike beveiligingstrukture en hulle eie paraatheid op te skerp deur beskermingsmaatreëls toe te pas, soos:
* Goeie omheinings om wonings op te rig.
* Veiligheidshekke en diefwering aan te bring.
* ‘n Funksionerende alarmstelsel te installeer.
* Deure gesluit te hou en nie in die nag uit te gaan om ondersoek in te stel sonder die ondersteuning van ‘n buurman.
* Goeie werksverhoudinge met werkers te handhaaf en ook om te sien na hulle veiligheid.
* Oop die uitkyk te wees vir verdagte persone en gebeure in die omgewing.
* Die effektiewe toepassing van die plaastoegangprotokol.

Möller sê geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat ‘n plaasaanval nie sal plaasvind nie, maar dit kan ‘n aanval vertraag en bemoeilik en inwoners die geleentheid gee om alarm te maak. Benewens die opskerping van eie paraatheid, noodsaak huidige omstandighede die effektiewe inwerkingstelling van die Landelike Beveiligingstrategie asook Reservistestelsel op plaaslike vlak.

Möller sê “goeie kommunikasie tussen die boerderygemeenskap en plaaslike polisie kan ‘n rol speel om pro-aktiewe inligting te versprei en misdaad te help voorkom. Daarom is dit belangrik dat reaksiebeplanning saam met die plaaslike polisie gedoen word, sodat slagoffers weet wat hulle te doen staan, totdat die polisie opdaag”.

 Plaashek2-300x225

Vanaand kyk ons verder na paraatheid in deel 5 en gaan aan waar ons gisteraand opgehou het

2. Interne kommunikasie op die plaas

  • Die plaas se uitleg, word vooraf op ‘n kaart in ‘n ruitverwysingsraamwerk opgedeel, met bv. ‘n alfabetiese skaal vir wes na oos en ‘n numeriese skaal van noord na suid, soortgelyk aan dié van padkaarte. Alternatiewelik, kan elke belangrike punt op die plaas, van ‘n kodenaam voorsien word, waarmee slegs die boer, sy gesin en hul wagte bekend moet wees. So bv. kan die eenvoudige naam “middelput” vir ‘n sentraal geleë fontein of boorgat op die eiendom gebruik word, om vir die wagte en gesinlede met een enkele woord presies aan te dui waar die boer hom bevind, asook wat daar gedoen word sonder dat enige buitestanders daarvan bewus raak
  • Deurlopende goeie kommunikasie word nou tussen die gesinslede, die boer en sy wagte behou. Hierdie sal wissel van die weergee van die seinsterktes van die handradios, die weergee van enige van hulle posisies op die plaas (bv. “Charlie 5”, sou hy hom in blokke C en 5 van die ruitraamwerk bevind) sowel as die alledaagse kommunikasie van werk wat uitgedeel en enige probleme wat ondervind mag word. Hierdie moet gereeld, maar nie op spesifieke tye nie, plaasvind. As daar enige afwyking in hierdie roetine ontstaan, of een van die geroepte partye antwoord skielik nie hul radios nie, kan ‘n reaksiespan dadelik na die laaste ligging van die gesoekte party vertrek om ondersoek in te stel

 

3. Eenvoudige en maklike kodewoorde:

Normale situasie“Is alles in orde by die huis?”

“Alles is reg”

 

Abormale situasie“Is alles in orde by die huis?”

“Alles is OK

(OK kan bv. aandui dat ‘n gyselaarsdrama besig is om plaas te vind)

 

Aanduidende data- en kommunikasie stringe:

Korrekte roepsein

Asterix

Korrekte roepsein

Obelix

Instruksies/ navraag

te do-do-do; te da-da-da xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx?

Eerste kodewoord

Groen

Kontrolerende kodewoord

Gras/pol

Aanduidende en kontrolerende tekens wat deur weglating en/of verdraaiing, onmiddelik die agterdog kan wek van ‘n abnormale situasie en die reaksiegroep op hul hoede plaas

Voorbeeld: Die boer (Jan de Bruin), met die roepsein “Asterix”, sy gesin en hul wag (Danie Swart), met die roepsein “Obelix”, het die kodewoorde “groen” en “gras” vir die dag afgespreek, wat hy gereeld in sy kommunikasie met hulle op sy tog oor die plaasgebied moet kommunikeer. Die volgende normale en abnormale toestande kan nou toegelig word:

Normale situasie

Wag: “Asterix Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?”

Boer: “Obelix, Asterix ek is nou in Delta drie, hier by die groen graspol”

 

Abormale situasie 1 (bv. gevaarsituasie)

Wag: “Asterix Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?”

Boer: “Obelix, Asterix ek is nou in Delta drie, hier by die geel graspol”

(Opsetlik verkeerde kodewoord wek agterdog en plaas wagte op hul hoede)

 

Abormale situasie 2 (bv. gevaar en/of gyselaarsituasie)

Wag: “Asterix Asterix, Obelix, wat is jou posisie oor?”

Boer: Danie ek is nou Noord van jou, hier by die blou tenk

(Opsetlik verkeerde datastring wek agterdog en bevestig ook abnormale situasie sodat wagte onmiddelik kan optree)

Ons kyk môre aand na noodhulp wat belangrik is veral met beserings tydens so aanval

 

Enjoyed this post? Share it!