Plaasvoormanne swaar gestraf oor Doodskis voorval – Weer eens sien ons SA se dubbele standaarde

Willem Jackson (30) gaan effektief vir 11 jaar tronk toe en Theo Oosthuizen (29) is 14 jaar effektiewe tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Middelburg Vrydagoggend.

Die twee voormalige plaasvoormanne is in Augustus op vyf aanklagte skuldig bevind in die sogenaamde doodskis-saak.

Dit volg nadat hulle vir Delton Sithole en Victor Mlotshwa in afsonderlike voorvalle in Augustus 2016 in die Blinkpan-distrik buite Middelburg aangerand het. Hulle is ook skuldig bevind aan poging tot moord, menseroof en intimidasie.

Jackson is ook aan regsverydeling skuldig bevind omdat hy agterna die doodskis waarin hulle Mlotshwa gedwing het, verbrand het en só getuienis vernietig het.

Oosthuizen het tydens die verhoor aangevoer dat hulle Mlotshwa met gesteelde koperdraad gevang het. Toe hulle hom daaroor konfronteer, het hy glo dreigemente oor hul vroue en oeste gemaak.

Hulle het hom daarna in ’n doodskis ingedwing. ’n Video van die voorval wat met ’n selfoon geneem is, het later aan die lig gekom.

Hierdie  twee jong manne gaan dalk vir jare in die tronk sit omrede hulle, hul grond en familie beskerm het.  Dit is voor de hand liggend dat blanke Suid-Afrikaners swaar gestraf word vir nie noemenswaardige voorvalle en insidente terwyl die ware krimineel wat steel, verkrag, vermoor en afbreek op vrye voet rond beweeg.

Kom ons neem hierdie scenario en ruil die rolspelers om.  Twee swart plaasvoormanne sit blanke mans in doodskis.  Sou hierdie insident enige opslae in die media gemaak het of enigsins gely het tot swaar tronkstraf.  Ons laat daardie gedagte by die leser oor.

Suid-Afrika se regstelsel is eensydig en op die ou end was hierdie hele doodskis sage eintlik  ‘n politieke propaganda.


Enjoyed this post? Share it!