Plakkers juig oor gratis hoenders

Plakkers naby Protea Glen het gejuig toe ‘n vragmotor met lewendige kuikens omgeslaan het naby die kruising van Chris Haniweg met Impalaweg.

Die vragmotor het lewendige kuikens vervoer, en die plakkers het die nat toestande met gejuig getrotseer om die vragmotor van sy vrag te verlos.

Boonop het van die verkeerspolisie ander kant toe gekyk en toegelaat dat mense hulleself help en dan vinnig verdwyn in die plakkerskamp.

Wayne Minnaaar van die Johannesburgse Metropolisie sê dat ‘n klomp van die kuikens gered kon word nadat ‘n ander vragmotor van dieselfde maatskappy inderhaas na die toneel gestuur is.

Skynbaar was die nat pad verantwoordelik daarvoor dat die vragmotor geknipmes en omgeslaan het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!