Afrikaners wil WEER met Kommuniste onderhandel?

Dr. Hendrik Verwoerd se repliek aan Harold MacMillan se “Winds of Change” toespraak.

Asook Don Deon Venter se mening oor die huidige besprekings tussen Afrikaner organisasies oor “samewerking” met die huidige ANC regime. Hy noem die volgende as ‘n teengewig om balans te bring:

“Transformasie” is ‘n skending van Vryheid van Assosiasie!

Dit is ‘n stille oorlog, verowering en volksmoord!

Die doelbewuste, gedwonge, sosiale herontwikkeling, intervensie, onderdrukking, integrasie en manipulasie in
die naam van “transformasie” is ‘n skending van die Grondwet!

Die “eenheid” of “Unity” truuk is as volg:
Hulle dwing en forseer, met emosionele afpersing, nasies en stamme en kulture, rasse en gemeenskappe in ‘n
groot sentralistiese kommunistiese eenheid staat in, om mense te mislei om hul individuele identiteit, kultuur,
tradisie en menseregte op te offer. 12 Nasie in een staat is onwerkbaar en is institusionele volksmoord. Die
ANC is beslis nie in staat om eers daaraan te dink aan so iets te kan doen, al sou hulle dit eintlik wou
doen..

Die reënboognasie se wapens van massavernietiging sluit in:
– Manipulasie van stemwyke & Munisipale Grense.
– Samesmelting van stem & Munisipale Wyke om sentrale magsbasisse te versterk en minderhede se stem uit te
vee.
– “Transformasie”: Gedwonge integrasie en rassemenging deur sosiale en emosionele afpersing.
– Kaderontplooiing: Die indiensneming, kontraktering en lone betaling aan ANC lojale lede met
belastingbetalers se geld.
– Swart Ekonomiese Bemagtiging: Dwing blankes uit die werk, arbeid, onderwys en besigheid omgewing met
rassistiese wette.
– Politiseer Siviele Diens: Gebruik vakbonde om die land gyselaar te hou vir politieke, rasse- en finansiële
gewin
– “Verteenwoordigendheid”, of representivity: mensehandel en populasie kontrool deur swart bevolking te
hervestig uit landelike gebiede na ander gebiede met ‘n kleiner swart demografiese om sodoende die ander
rasse te oorvloed.

Multikulturalisme OORSAK Rassisme: orals in die wêreld waar daar ‘n hoë persentasie van mutlikultirisme is,
is daar ook ‘n hoe persentasie van geweld en onluste.

Gedwonge integrasie (Multi-kulturalisme) is net so boos as wat gedwonge segregasie (of apartheid) was.

Multikulturalisme word deur bedrog, breinspoeling, media manipulasie, belediging, overte en koverte politieke
korrektheid en massa-immigrasie en asiel afgedwing.

Dit is onnatuurlik om mense bymekaar te dwing, net soos dit is, om hulle van mekaar te hou.

Slegs wanneer mense vrylik toegelaat word om te woon, werk en assosieer, saam of afsonderlik, soos hulle
kies, sonder tugtiging, verwyt of belediging, sal die geweld en rassisme uiteindelik stop.
Laat mense vry wees

Oop grense is ‘n instrument vir wêreld oorheersing!
Marxisme is ‘n wêreld oorheersers ideologie!
Nasionaliste wil net hul eie land, nie die hele wêreld regeer nie, soos die linkervleuel wil doen.
Multinasionale Nasies en multinasionale maatskappye is ‘n broeikas vir linkse wêreld oorheersing …
Die dae van die maklike swart voordeel met ‘n rassekaart is oor … hulle is uitgevind.
Die leeu het laas week begin praat toe al die groot kommuniste in Londen moes bedank … die politieke wind
sal nie vir altyd in hul guns waai nie. Die onregverdige rassistiese en bevooroordeelde speelveld sal
binnekort eindig…

 

Ten slotte speel ons ook Die Stem en die volle weergawe Transvaalse Volkslied en Volkslied van die Oranje Vrystaat.

Enjoyed this post? Share it!