Doodskoot vir gewillige koper/verkoper. Ons word van alle kante af aangeval.


Aktueel 30 Julie 2015: Sake van belang in die Nuus die afgelope week

 Artikel 1

Doodskoot vir gewillige koper/verkoper.
Die Wet op Eiendomswaardering tree op 1 Augustus in werking en dan geld die beginsel van gewillige koper en verkoper nie meer nie.
President Jacob Zuma het besluit dat die Wet op Eiendomswaardering (Wet 17 van 2014) vanaf 1 Augustus in werking sal wees. Dié wetgewing is die doodskoot vir die beginsel vangewillige koper/verkoper waar die staat grond vir grondhervorming aankoop. Hierdie wet maak dit moontlik vir die stigting van ’n kantoor van die grondwaardeerder-generaal.
Dié kantoor se mandaat sal wees om grond te waardeer wat vir onteiening geoormerk is én dié wat vir grondhervorming geïdentifiseer is. Die Regering meen so ’n waardeer-generaal is noodsaaklik om te verseker dat grondpryse nie buitensporig verhoog word wanneer hy grond vir grondhervormingsdoeleindes aankoop nie.
Die Wet op Eiendomswaardering, tesame met ander wetgewing soos die wetsontwerp op onteiening, die wetsontwerp op die bevordering en beskerming van beleggings, die wetsontwerp op die ontwikkeling van infrastruktuur, die Wet op Ruimtelike Beplanning en die Bestuur van Grond, die wysigingswetsontwerp op plaaslike regering (munisipale eiendomsbelasting), die wysigingswetsontwerp op die uitbreiding van sekerheid van verblyfreg, die Wet op die Herstel van Grondregte, die wetsontwerp op die grondbestuurskommissie, die wysigingswetsontwerp op huurbehuising en die wysigingswetsontwerp op die hersiening van die nasionale waterbeleid, is almal wetgewing wat die landskap van eiendomsreg kan verander.
Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, het vroeër aangedui dat die Wet op Eiendomswaardering gelees met die wetsontwerp vir onteiening, dalk die slakkepas van grondhervorming kan begin aanspreek. Hy het ook daarop gewys dat daar niks in die Grondwet is wat die staat vereis om by die gewillige koper/verkope-beginsel te hou wanneer dit kom by die herverdeling van grond nie.
Landbou: Deur Joylene van Wyk
30 Julie 2015

bantukleusn1

 

Artikel 2

 

Die Parlement het twee senior lede van sy beskermingsdienste voorlopig geskors. Die hoof van die Parlementêre Beskermingsdienste, Zelda Holtzman en haar adjunk, Motlatsi Mokgatla is geskors hangend ‘n ondersoek na ‘n beweerde breuk in sekuriteit en ander kwessies wat die beskermingsdienste raak. Die ondersoek sal na verwagting aan die einde van Augustus voltooi wees. Die Parlement sê die skorsing van die twee is geensins ‘n veroordeling nie, maar bloot om te verseker dat die ondersoek in ‘n omgewing geskied vry van enige vooroordeel.

 

Artikel 3

 

ANC is en Bly Absoluut Onvoorspelbaar en Onbetroubaar

July 30, 2015 –

KAAPSTAD – Die retoriek in die ANC gaan verskerp oor alles van ras tot grondhervorming en die gevolge van beleid gaan nie die bepalende faktor vir beleid wees nie.

Volgens Pelser het hy op Agri Wes-­Kaap se jaarkongres by Goudini Spa bekend gemaak dat die enigste opsie is om meer van dieselfde te verwag, en dis absolute onvoorspelbaarheid. Hy het verwys na die beoogde optog op 19 Augustus in Pretoria, Sentraal-Transvaal waar Suid­-Afrika inwoners gaan opruk teen korrupsie. Die sogenaamde Numsa en Solidariteit steun ook glo die veldtog.

Die rebelle sal opruk teen die ANC­-alliansie waarvan hulle so lank ’n onderdeel was. Numsa is met 370 000 lede die land se grootste vakbond en deesdae amptelik teen “die Regering” en praat selfs daaroor om ’n politieke party te stig wat in die volgende verkiesing met die ANC kan meeding. Die werkersteun aan die ANC kan dus nie meer as vanselfsprekend aanvaar word nie, maar loononderhandelinge kan ook meer onstuimig plaasvind omdat daar nou so baie mededinging op die fabrieksvloer is.

Druk van links: Dit, tesame met die opkoms van die EFF, plaas na bewering druk op die ANC­-leiers. ’n Meer populistiese ANC kan vermoedelik verwag word, want die EFF en die moontlikheid van ’n nuwe werkersparty blaas warm in sy nek. Daar is ’n geneigdheid om te dink die ANC is een liggaam, maar dis ’n geweldige groot vrymesselary kerk. Niemand kan peil trek op ministers se openbare uitsprake nie, want mense in leiersposisies het verskillende sienings en dit gaan nie beter raak nie, want hulle voel reeds die kompetisie uit die linkerkant.

Pelser het Boere aangeraai om kreatiewe oplossings vir arbeidverhoudinge en patrone van grondeienaarskap te vind. Boere moet nugter wees oor politiek en weet grond is ’n gerieflike speelbal. Hoe gereed Boere is vir die onvoorspelbare hang net van hulle af. Boere moet vinnig en vlugvoetig kan reageer op skokke – Landbou Nuus

30 Julie 2015

 

Artikel 4

July 29, 2015

SAKE – Laer landbou-kommoditeitspryse en hoër insetkoste gaan dit plaaslik vir baie Boere moeilik maak die volgende paar jaar. Die aankondiging is gemaak deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid

 

Artikel 5

Plaasaanval

July 29, 2015

VREDE – Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger van Vrede in die Vrystaat, wat 16 dae gelede ná kerk in hul plaashuis aangeval, beroof en geskiet is, toon goeie tekens van herstel

 

Artikel 6

 

Die polisie in Kaapstad sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die beweerde inbraak by die kantoor van Julius Malema nie. Die EFF het ‘n aanklag by die polisie ingedien ná daar vermoedelik by Malema se kantoor op die vierde verdieping van die Marks-gebou by die Parlement ingebreek is. Die party sê die slot van die deur tussen Malema se kantoor en dié van sy persoonlike assisitent lyk asof dit gebreek en vervang is, en dat leêrs met vertroulike inligting verdwyn het. Die polisiewoordvoerder sê die voorval word ondersoek.

 

Artikel 7

Die voormalige bestuurshoof van die Passasierspooragentskap – Prasa – Lucky Montana, beweer dat Prasa se voorsitter, Popo Molefe probeer het om die ingenieur, Daniel Mthimkhulu af te pers. Montana het vroeër aanklagte van bedrog by die Hillbrow Polisiestasie in Johannesburg ingedien teen vyf mense, onder wie Molefe en die bestuurshoof van SA Gate and Fence. Molefe het teksboodskappe aan SAUK-nuus getoon waarin Molefe na bewering aangebied het om Mthimkhulu te help indien hy help om van Montana ontslae te raak. Mthimkhulu het sedertdien by Prasa bedank oor die omstredenheid oor sy kwalifikasies. Molefe beweer dat bedrog van miljoene rand by Prasa gepleeg is.

 

Artikel 8

Minstens 20 mense is tot dusver in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem as deel van Operasie Fiyela. Honderde polisielede, beamptes van die Metro, asook Binnelandse Sake, neem deel aan die misdaadvoorkomingsoperasie, hoofsaaklik in Joubertpark, Hillbrow, Braamfontein en Berea. Padblokkades is ook gehou. Die polisie sê die verdagtes is vasgetrek deur middel van die Morpho Touch-toestel, wat sowat 99-komma-9-persent betroubaar is. Dit vergelyk ‘n persoon se vingerafdrukke elektronies met dié op die polisie se databasis. Daar is veral gefokus op onwettige sakeondernemings, buitelanders wat onwettig in die land is, en nagemaakte en onwettige produkte. Die verdagtes is vasgetrek vir verskeie misdade soos motordiefstal, dwelmhandel en aanranding.

 

Artikel 9

Vier verdagtes tussen 19 en 22 het in die Khayelitsha landdroshof verskyn in verband met die moord en verkragting van ‘n 20-jarige vrou. Bonigwe Ninini se liggaam is vroeër die maand in ‘n afleipyp in Khayelitsha gevind. Die verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die polisie het die gemeenskap bedank vir hulle hulp in die ondersoek.

 

Artikel 10

Die Gautengse polisie ondersoek ‘n kaping nadat ‘n koerier-vragmotor wat visum-aansoeke vir Brittanje vervoer het, vroeër die week in Johannesburg gekaap is. Dokumente soos paspoorte, huweliksertifikate, en ondersteunende dokumente soos bankstate en bewyse van adres is onder die aansoeke van Suid-Afrikaners wat van voorneme is om Brittanje te besoek. Die saak is by die polisie in Bedfordview aangemeld. ‘n Woordvoerder van die Britse hoë-kommissaris in Suid-Afrika, Isabel Potgieter sê al die persone wat geraak word is reeds gekontak. Sy sê hulle werk saam met Brittanje se immigrasiebeheer om die situasie te beredder.

 

Artikel 11

Onderhandelinge in die goudbedryf is op ‘n mespunt. Werkgewers het hul finale aanbod aan vakbonde voorgelê. Die aanbod bestaan uit ‘n duisend rand verhoging vir ondergrondse werkers, maar sal as ‘n toelaag beskou word en nie deel van die basiese salaris uitmaak nie. Vakbonde het hul telleurstelling met die aanbod uitgespreek maar dit nog nie verwerp nie. Die N-U-M het vir nog ‘n vergadering met werkgewers gevra om die saak te bespreek.

 

Artikel 12

 Veediewe Slaan Wreed Toe in Vrystaat

STEYNSRUS – ʼn Boer van Steynsrus loop erg onder veediewe deur, sy skade die afgelope twee maande beloop reeds R127 500.

Nico Mienie het aan die einde van Junie 36 dragtige ooie ter waarde van R70 000 aan die hande van veediewe verloor.  Hy het Maandagaand, 27 Julie, wéér deurgeloop nadat 23 ooie en 23 lammers geslag en/of wreed doodgemaak is. Luidens ʼn verklaring van Vrystaat Landbou en VKB se veiligheidslessenaar, is van die ooie net keel-af gesny en so gelaat, terwyl ander geslag is. Die 23 lammers is almal net doodgemaak deurdat hulle met ‘n vreemde voorwerp in die oog gesteek is en net só op die toneel gelaat is. Slegs 8 van die 23 ooie se karkasse is nie op die toneel gevind nie. Die verlies beloop sowat R57 500.

Emosie en woede waarmee Boere op veediefstal en wreedheid op weerlose diere reageer, word al hoe erger en het breekpunt bereik, veral omdat dit ontstaan vanuit ’n plek van liefde wat die Boer vir sy diere het meen Henk Vermeulen, hoof-uitvoerende beampte van VL.

Hy het gesê Vrystaat Landbou maak foto’s van die voorval beskikbaar en hoop dat die gemeenskap sal besef watter barbaarse maniere van doodmaak baie keer met veediefstal gepaard gaan – Lanbou.com

28 Julie 2015

 

Artikel 13

Inbreker, Lewensgevaarlik, Skiet Terwille van Veiligheid

Jou huis, jou eiendom, jou lewe.

Die afgelope paar weke was daar talle voorvalle waar huiseienaar inbrekers doodgeskiet het. Dit het opnuut die vraag laat ontstaan oor wanneer mens ʼn inbreker in jou huis mag doodskiet.

Volgens Callie Snyman, ʼn afgetrede strafregkenner wat voorheen aan Unisa verbonde was en die gesaghebbende boek Strafreg geskryf het, meen dat in ‘n beginsel mag mens nie sommer net iemand doodskiet nie, maar daar is uitsonderings op alle regsreëls:

Scenario 1: ʼn Onbekende persoon in jou erf. Volgens Snyman kan jy nie iemand in jou erf summier doodskiet nie. Die beste opsie sal egter wees om ʼn waarskuwingskoot af te vuur en die persoon te probeer waarsku dat indien hy nie weggaan nie, jy hom gaan skiet. Jy het moontlik ook genoeg tyd om ʼn veiligheidsmaatskappy of die polisie te ontbied terwyl die persoon nog nie in jou huis is nie. As jy agterkom die persoon steur hom nie aan jou waarskuwings nie en gaan steeds voort om by jou huis te probeer inbreek, mag jy hom skiet. As dit heeltemal duidelik is dat die persoon in jou huis gaan inkom, kan jy skiet en jy hoef nie te wag totdat hy in die huis is nie.

Scenario 2: ʼn Persoon is ongewapen in jou huis. Volgens Snyman sal dit baie moeilik wees om te bepaal of ʼn inbreker gewapen is of nie. Dit hang baie van die omstandighede af. Is die inbreker ʼn groot man, lyk hy gevaarlik, is hy onder die invloed van alkohol? Veronderstel jy tref die inbreker in die kombuis aan en dit lyk op die oog af of hy nie gewapen is nie. Dit is baie moontlik dat die inbreker vinnig ʼn mes kan gryp en dan is jou lewe in gevaar. Indien jy met sekerheid kan sê die persoon is nie gewapen nie en jou lewe is nie onmiddellik in gevaar nie, kan jy die persoon probeer in hegtenis neem of hom aanhou totdat die polisie of ʼn veiligheidsmaatskappy opdaag. Indien jy byvoorbeeld ʼn vroulike inbreker of ʼn kind in jou huis aantref, moet jy hom of haar eerder nie summier skiet nie. Vra dan wat soek hy daar, maar hou byvoorbeeld jou vuurwapen by jou met jou vinger op die sneller. Sê vir die persoon om stil te staan en waarsku hom of haar jy gaan hulle skiet as hulle nie gehoor gee nie. As dit baie duidelik is dat die persoon onskadelik is, moet jy eerder nie skiet nie. Volgens Schoeman is daar wel ook die uitsondering van byvoorbeeld ʼn bejaarde vrou wat alleen woon. Die reg gee so iemand meer reg om summier te skiet as byvoorbeeld ʼn jong man wat in die fleur van sy lewe is en gespierd is en ʼn vuurwapen by hom het.

Scenario 3: ʼn Persoon is gewapen in jou huis. Volgens Schoeman verwag die howe nie van mense om met hul lewe te dobbel nie. Jou huis is jou kasteel. As die reg jou nie toelaat om jouself in jou huis te beskerm nie, is die reg oneffektief. Jy het meer regte om iemand binne jou huis dood te maak as buite. As ʼn inbreker in jou huis is en hy het ʼn vuurwapen of ander dodelike wapen soos ʼn staalpyp, mes of panga by hom, kan jy hom volgens sy mening skiet. Veronderstel jy tref ʼn inbreker in die kombuis aan en nou moet jy vir hom vra of
hy asseblief so gaaf sal wees om die doel van sy besoek bekend te maak. Voor jy jou sin voltooi het, het hy al ʼn koeël deur jou lyf gejaag. Jy dobbel met jou lewe deur met die inbreker te praat. Volgens Schoeman gee die wet jou die reg om iemand anders dood te skiet, nie net ter beskerming van jou lewe nie, maar ook ter beskerming van jou liggaamlike integriteit. As jy ʼn inbreker in jou huis moet skiet, moet jy die inbreker verkieslik nie dadelik in die kop of bolyf skiet nie. Probeer die inbreker eers in die bene of onderlyf skiet om hom buite aksie te stel aangesien jy dan ʼn goeie kans het om weg te kom.

Op ʼn vraag aan Schoeman oor die persepsie dat mens nie ʼn inbreker in die rug moet skiet nie, is sy mening dat indien die inbreker in jou huis is, kan jy hom in die rug skiet. Wat as hy omdraai en jou skiet? Jy dobbel met jou lewe en die reg verwag dit nie van jou nie. As hy wel besig is om byvoorbeeld te vlug uit jou erf uit, moet jy hom nie in die rug skiet nie.

Wat gebeur nadat ek ʼn inbreker geskiet het?: Volgens Schoeman moet jy onmiddellik ʼn ambulans, die polisie en ʼn veiligheidsmaatskappy, indien van toepassing, ontbied. Hierna word ʼn lykskouing gedoen. Dit is baie belangrik vir die polisie om te weet waar die koeël die inbreker getref het, byvoorbeeld in die kop, rug of bors. As dit lyk of die persoon in die bors geskiet is, dan kan dit aanduidend wees dat die waaddoener op jou afgestorm het. Nadat al die bewyse, verklarings en ander nodige inligting ingesamel en ondersoek is, word die dossier na die direkteur vir openbare vervolging gestuur om te besluit of die huiseienaar van moord, strafbare manslag of glad nie, aangekla moet word. Voordat ʼn huiseienaar aan moord skuldig bevind word, moet die staat bewys dat hy of sy handeling die dood veroorsaak het. Tweedens moet die staat kan bewys dat die handeling onregverdig was en die huiseienaar hom of haar nie op selfverdediging kan beroep nie. Dan is daar ook ʼn derde verweer dat jy geglo het jy is in gevaar. As jy sê jy het eerlikwaar geglo jy was in doodsgevaar, al het die omstandighede dit nie bewys het nie, moet die staat die teendeel kan bewys.

Volgens Schoeman word daar ook in die reg voorsiening gemaak daarvoor dat ʼn persoon iemand kan doodskiet om verkragting te keer. Al blyk dit ná die tyd dat die inbreker fisiek swak was en nie ʼn wesenlike gevaar ingehou het nie, kan die hof beslis dat jy verkeerd opgetree het. Iemand kan dan wel aanvoer dat hulle subjektief en ter goeder trou geglo het hul lewens of dié van hul gesin was in gevaar en die staat sal die teendeel moet kan bewys. Mees belangrik maak seker al jou vuurwapens is wettig – Afrikaanse Nuus

 

Artikel 14

TLU SA gekant teen AgriSEB-handves

Deur Liezl Vercueil Landbou Nuus

 

Die TLU SA “steun op geen wyse die AgriSEB-handves nie” en meen dit is ongrondwetlik.

Die TLU SA is sterk gekant teen die AgriSEB-handves en het deelgeneem aan die prosesse rondom die handves om “sy teenstem daarteen te kon laat hoor”, luidens ’n verklaring van dié organisasie.

Daar is bepaalde wysigings wat deur die Departement van Handel en Nywerheid voorgestel is, wat nie vir die TLU Saaanvaarbaar is nie. ’n Skrywe is aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gerig waarin die TLU SA die grondwetlikheid van dieSEB-handves bevraagteken.

Hier is die skrywe:

“Whilst not having subscribed to the B-BBEE Charter in any way, TAU SA nonetheless participated in the process and voiced its opposition to specific issues whilst maintaining an attitude of constructive engagement trusting that the outcomes would be beneficial to the agricultural sector.

In this regard I wish to emphasise the following inputs:
· The prerequisite to undertake an economic impact study to determine to what degree the proposed measures and requirements would impact on commercial agriculture. The study by Price Waterhouse Cooper indicated a 3% profit on assets and whether this would indicate affordability, was never properly analysed.
· It was clearly stated that TAU SA’s participation was authorised on the condition that the outcome of the consultation and discussions would ensure sustainable agriculture within an open market environment.
· TAU SA proposed a cut-off level of RM80 which it considered the minimum level enabling meaningful and affordable contributions.
· TAU SA made its views clear regarding the decision not to support proposed contributions to finance the Councils’ activities.
· TAU SA indicated its’ opposition to the requirement to utilise a percentage of income to finance Corporate Responsibility activities.
“TAU SA is convinced that the proposed application of B-BBEE is in contradiction with the following specific stipulations of the Constitution of the RSA:
· Sec 1(b) – Non-racialism and Non-sexism.
· Sec 9 (3) – Unfair Discrimination.
· Sec 18 – Right to Freedom of Association ( A B-BBEE partner is not necessarily “free association).
· Sec 22 – Freedom of Trade, Occupation and Trade.
“Based on the afore going TAU SA cannot entertain the issues in the DTI letter. Should the DTI view be enforced, the consultation process will be the victim of unilaterally enforced ideology with no consideration of economic and agricultural realities.
TAU SA therefore does not see its way clear to subscribe, consider or accept the proposed amendments indicated by DTI.”

transformation3

 

Artikel 15

Plaasmoorde neem toe in Namibië

Sewe plaasaanvalle het sover vanjaar in Namibië voorgekom en drie boere is vermoor.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) is ernstig bekommerd oor die toename in geweld in landelike gebiede in dié land. Dít volg na die moorde op mnre. Peter Jakob van Grootfontein en Gerald Leitner van Hochfeld.

Die moord op mnr. Andre Maier, ’n toergids in die Zambezi-omgewing, asook die aanval op ’n lodge in die omtrek van Omaruru verlede maand is ’n aanduiding dat plase en landelike gebiede nou die teiken van misdadigers is, luidens  ’n verklaring van die NLU.

Namibië is tans een van die veiligste lande in Afrika, maar die toename in plaasaanvalle en misdaad by lodges in afgeleë gebiede doen dié land se reputasie reuse skade, sê mnr. Derek Wright, voorsitter van die NLU. Die organisasie doen ook ’n beroep op die Namibiese regering en polisie om landelike en plaasveiligheid ’n voorrangsaak te maak.

Die NLU doen ook ’n beroep op sy regering om alles moontlik te doen om te verhoed dat die situasie vererger. Daar word ook van Namibiese boere gevra om hul eie veiligheid ’n prioriteit te maak, om hul oë oop te hou vir moontlike onwettige bedrywighede in hul omgewings en dit onmiddelik aan die polisie te vermeld.

 

Enjoyed this post? Share it!