Flip Buys in trurat: “nie Self Beskikking nie”

SAUK Nuus Self Beskikking Aktueel radio program daagliks om 20h00 handel oor self beskikking in Suid Afrika.

In ons Self Beskikking Aktueel program vanaand speel ons ‘n opname van ‘n gesprek  met Flip Buys en Theuns Botha waar hulle die “krisisberaad” bespreek, en sê daar is nog nie ‘n krisis nie en dat SA nog nie ‘n mislukte land is nie, maar dat die regering teen die Afrikaner regeer. Albei maak dit duidelik hulle wil binne die reënboognasie, of “mosaiek”, bly.

Hulle sê die ANC is nie hul vyand nie maar hul opponent.

‘n Luisteraar se reaksie is dat “as mense enige onsekerheid het oor die standpunt van AfriSol, dan sal hulle nou sien hulle is 100% agter die huidige bedeling. ‘n Week terug het hulle beslis die woord “self beskikking” baie gebruik, nou trap hulle agteruit en praat van Selfstandigheid. Wat het gebeur? Het die Broederbond met hulle woorde gehad? ”

Ons bring ook vir U die stand van sake by Eskom soos vertel deur werkers by Eskom self. Die inligting is van werkers by Eskom, asook ander persone in die kragopwekkingsbedryf ontvang. Omdat die bekendmaking van die gegewings sekere persone se werksposisie kan benadeel, verstrek ons geen name nie. Ons is dankbaar vir hul samewerking en Andre Snyman wat ons in staat stel om hierdie belangrike inligting aan ons mede volksgenote oor te dra.

Enjoyed this post? Share it!