Institusionele Korrupsie in Regering, Geld, Dienste, Ideologieë, Moraliteit ens. ens.

Daar is klaarblyklik GEEN sektor van die samelewing wat nie deer korrupsie, hetsy fisies of in denke is, aangetas is nie…

Die Laaste uitsendings het ek gekyk na Plaasaanvalle en moorde, die energie en water krises in die land wat veroorsaak is deur onbevoegdheid, nalatigheid, onvoldoende onderhoud en bo alles korrupsie.

  1. Artikel 1

Veldtog Om Behoud Van Afrikaans Op Die Universiteit Van Die Vrystaat (UV) Van Stapel Gestuur

Dat beurtkrag en beurtwater ons voorland is, is ‘n voldwonge feit. Thabazimbie gaan nog vir nog langer tydgleuwe in die donker wees deurdat Eskom hulle kragvoorsieing geweldig inkort as gevolg van die,feit dat Thabazimbi munsipaliteit nie hulle skuld by Eskom vereffen het nie. Dus hulle sal onder beurtkrag en beurtwater gebukkend gaan.

Solidariteit

2.Berig Onbevestig

Solidariteit het aan sekere besighede in die Vaal Driehoek ‘n skrywe gestuur om hulle voor te berei en noodmaatrëelings te tref vir ‘n 2 weke lange krag onderbreking.

 

3 Artikel 2

Marikana Verslag, Generaal as Polisiehoof is Onhoudbaar

 

Generaal Riah Phiyega se posisie as polisiehoof is onhoudbaar ná die verdoemende bevindings teen haar in die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-slagting.

So meen Gareth Newham, oudpolisielid en ontleder by die Instituut vir Sekerheidstudie. Die kommissie, onder leiding van oudregter Ian Farlam, het aanbeveel dat ’n kommissie van ondersoek na die geskiktheid van Phiyega aangestel word. Hy dink nie sy sal ’n kommissie van ondersoek oorleef nie. Gareth baseer dit op die getuienis en bewyse voor die kommissie. Sy het onder eed voor die kommissie gelieg. Sy is streng daarvoor gekritiseer. Die bevindings van die kommissie teen Phiyega is verdoemend. Gareth meen dat dit sal hoogs onreëlmatig wees as Zuma nié ’n kommissie van ondersoek instel nie. As hy die publiek se vertroue in die polisie wil herstel, móét dit gedoen word.

Die Farlam-kommissie is ingestel ná die Marikana-slagting op 16 Augustus 2012 waarin 34 stakende mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is ná geweld in die voorafgaande dae waarin 10 mense dood is. Terwyl die skuld vir die tragedie op die polisie se leierskorps en hul hantering van die operasies op dié dag gepak word, is regeringshoës, onder wie adj.pres. Cyril Ramaphosa, van alle blaam onthef.

President Jacob Zuma het die kernbevindings van die kommissie se verslag Donderdagaand in ’n regstreekse TV-uitsending deur die SAUK by die Uniegebou bekend gemaak. Hy het gemeen dit was ’n afgryslike gebeurtenis wat nie in ’n demokrasie tuishoort nie. Die kommissie het bevind die polisie se taktiese plan om die geweld te stuit het “ernstige gebreke” gehad en moes nooit deurgevoer gewees het nie. “Daar was geen vooruitsigte vir die polisie se plan om op 16 Augustus te werk nie. Hulle moes eerder tot die volgende dag gewag het,” het Zuma uit die verslag voorgelees.

Behalwe vir Phiyega se rol, bevraagteken die verslag ook die optrede van luitenant generaal Zukiswa Mbombo, oudpolisiehoof van Wes-Transvaal wat verlede maand afgetree het. Die kommissie het aanbeveel Noordwes se direkteur van vervolging (DOV) moet ’n taakspan saamstel en die moontlikheid ondersoek van strafregtelike klagte teen Phiyega, Mbombo en alle betrokke polisielede.Daar is wyd bespiegel dat Zuma die verslag sal gebruik om van Phiyega ontslae te raak.

Volgens Dianne Kohler Barnard, DA-woordvoerder oor polisie, is die ondersoek wat gaan volg, presies wat met die vorige polisiekommissarisse Bheki Cele en Jackie Selebi gebeur het. Ramaphosa, Nathi Mthethwa, toe polisieminister, en Susan Shabangu, oudminister van minerale bronne, is egter van alle blaam kwytgeskeld. Ander aanbevelings sluit in dat ’n paneel van “plaaslike en internasionale” kenners saamgestel moet word om die openbare-orde-polisiëringsprotokol te bestudeer en te hersien.

Die polisie moet “gedemilitariseer” word en opgelei word om skarebeheer toe te pas sonder dodelike geweld. Ironies genoeg was die Marikana-omgewing in Noordwes tydens Zuma se toespraak in donkerte gehul weens beurtkrag. Die Lonmin-platinummyn en die mynwerkersvakbonde die National Union of Mineworkers (NUM) en die Association of Mineworkers and Construction Unions (Amcu) is ook in die verslag oor die kole gehaal.

Lonmin het glo nie na behore na hul werknemers se klagte geluister of betyds opgetree nie en het nie voldoende beskerming gebied aan diegene wat nie aan die stakings deelgeneem het nie. Die NUM het glo “nie hul bes probeer” om hul lede se geskil met hul werkgewers op te los nie. Amcu se leierskorps en lede het ’n “reeds plofbare situasie” vererger deur “uitlokkende” liedjies te sing en het stakers só aangehits – Netwerk 24

 

  1. Artikel 3

Miljarde Rande se Wapens en Toerusting, Verslag Afgehandel

 

Die kommissie kom na verwagting vandeesweek ná vyf jaar tot ’n einde, waarna ’n verslag aan pres. Jacob Zuma gestuur sal word.

Belastingbetalers moet blykbaar ophou mor want daar is glo geen getuienis wat bewys dat wapens en toerusting wat in die omstrede multimiljardrand-wapentransaksies van die laat 1990’s aangekoop is, nie na behore gebruik word nie. Dit het Maandag geblyk uit die slotbetoog van adv. Simmy Lebala, getuienisleier, voor die Seriti-kommissie, wat dié wapenskandaal moes ondersoek.

Lebala het hom toegespits op die kwelvraag of die miljarde rande se wapens en toerusting wel na behore aangewend word. Hy het ’n hele paar bladsye aan die definisie van die woord “aanwending” gewy en ’n beroep gedoen op die kommissie, onder leiding van appèlregter Willie Seriti, om die woord baie deeglik te omskryf. Lebala het die getuienis van vloot- en lugmagoffisiere, asook dié van David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, ontleed.

Volgens hom demonstreer die weermagoffisiere se getuienis dat die toerusting wat aangekoop is, na behore aangewend word. Dié getuienis is nooit deur enige persoon weerspreek nie. Maynier kon glo nie bewyse lewer dat die Hawk- en Gripen-vegvliegtuie nie na behore aangewend word nie. Dit is ondanks die feit dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, in 2013 op ’n parlementêre vraag erken het dat 12 Gripens permanent in die loods staan omdat die lugmag nie genoeg geld het om hulle te vlieg nie.

Lebala het aangevoer dat die oudgeneraal John Bayne, voormalige direkteur van gevegstelsels in die lugmag, dit in sy getuienis voor die kommissie ontken het. Gedurende die eerste kwartaal van 2013 het hulle glo die moontlikheid ondersoek dat die Gripens permanent in die loods te laat staan. Advv. Tshepo Sibeko en Ma-hlape Sello, die tweede paar getuienisleiers, het in hul gesamentlike slotbetoog gefokus op bewerings van korrupsie.

Hulle het egter slegs in ’n voetnota verwys na die wit olifant in die vertrek: Schabir Shaik, veroordeelde bedrieër en Zuma se voormalige finansiële raadgewer en broer van Chippy Shaik, voormalige wapenaanskaffingshoof van die weermag. Sibeko en Sello het bevind daar is tans geen bewyse dat ’n volledige en onafhanklike oudit gedoen is” om te bepaal of die regering aan verpligtinge kragtens nasionale nywerheidsdeelname voldoen het nie en het aanbeveel dat so ’n oudit gedoen moet word.

Die slotbetoë duur vandag voort wanneer dr. Richard Young, een van die onsuksesvolle tenderaars in die wapentransaksies en een van die sogenaamde “fluitjieblasers” van die wapenskandaal, aan die woord kom – Netwerk 24

5. Artikel 4


Nkandla Protesoptog, Verslag kos Duisende

 

Die mees onlangse verslag oor Nkandla het net R26 000 gekos. Nkandla-protesoptog teen korrupsie vind plaas op 19 Augustus wat deur Numsa en Zwelinzima Vavi beplan word.

Dít is Maandagmiddag in Nhleko se antwoord op ’n vraag van Dianne Kohler Barnard, DA-LP en woordvoerder oor polisie, onthul. Sy wou weet wat die algehele koste rondom die verslag oor Nkandla was wat Nhleko op 28 Mei bekendgestel het. Die enigste uitgawes wat aangegaan is spesifiek tot die Nkandla-verslag was die argitektuur- en kulturele kenners. Die algehele koste vir die kenners was R26 000 volgens Nathi Nhleko.

Nhleko se verslag het gevind die aanbouings aan Zuma se privaat woning by Nkandla ­– onder meer ’n swembad, amfiteater, kraal en besoekersentrum – was broodnodig vir die president se veiligheid en daarom hoef hy nie ’n sent daarvoor te betaal nie.

Die verslag het ietwat bisarre video’s ingesluit, onder meer een met ’n onderhoud met ’n “kultuurkenner” wat vertel het dat ’n kraal ’n baie belangrike rol in die Zoeloe-kultuur speel. Die ander doel van ’n kraal is om diere te beskut. Nhleko het egter gesê die nuwe kraal wat by Nkandla gebou is, is nie vir kulturele praktyke gebou nie. Dit is nie eens ’n kraal nie, maar ’n dierekamp wat ’n tonnel vir beeste en ’n hoenderhok insluit. Die “argitektuurkenner” het verduidelik hoekom die amfiteater noodsaaklik is om grondverskuiwings te keer. ­

Die hele Solidariteit-beweging, insluitende Afriforum en die FAK, gaan deelneem aan die Nkandla-protesoptog teen korrupsie wat vir 19 Augustus deur Numsa en Zwelinzima Vavi beplan word. Die optog word op 19 Augustus gehou om protes aan te teken teen wat Vavi “sistemiese korrupsie” in die regering noem. Naas Numsa steun agt vakbonde in Cosatu en 28 ander burgerlike organisasies die optog. Daaronder tel Artikel 27 en Outa, wat gestig is om die teen die e-tol-stelsel te baklei.

Solidariteit gaan ook saam met Numsa en die agt Cosatu-vakbonde aansoek doen by Nedlac om die optog tot ’n beskermde protesoptog te verklaar, wat beteken werknemers wat van die werk af wegbly om aan die optog deel te neem, sal nie aan tugoptrede onderwerp kan word nie – Netwerk 24

6 Artikel 4

Suid-Afrikaanse raadslede

 Eis ‘n  R1.3 million salaris

Die SA Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) eis dat alle raadslede ‘n salaris van R1,3 miljoen verdien, ongeag die grootte van hul munisipaliteit. Die Daily News berig dat vanaf Woensdag, sal voltydse raadslede ‘n salaris van tussen R457,210 en R832,197 huis toe te neem, afhangende van die grootte van hul munisipaliteit, terwyl deeltydse raadslede tussen R195,712 en R416,098 n jaar sal ontvang. Salga, wat nasionaal 9000 raadslede verteenwoordig, wil dat raadslede dieselfde salaris as LP’s verdien, omdat hulle glo dat hul pligte soortgelyk is. Dit sou neerkom op ‘n salarisrekening van R11.7 miljard. In sommige gevalle sal raadslede se lone meer as verdubbel, en sal in werking tree met die volgende plaaslike verkiesings in 2016.

Vroeër hierdie maand, het die ouditeur-generaal berig dat slegs 17% van die 268 munisipaliteite en 57 entiteite skoon oudits, in die boekjaar 2013/2014 gekry het, Salga, is intussen, gewikkel in ‘n loongeskil met die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu), wat gesê het dit sal uitgeklaar word met Salga in die Bedingingsraad vir Plaaslike Regering (SALGBC) vroeg in volgende maand.Die vakbond wil ‘n 11% -loonverhoging hê terwyl Salga ‘n hersiene 5,9% verhoging aanbied.

Samwu is ook ingeroep oor die raad behuisingstoelae van R1,200.Samwu het gister gesê dat die versoening gekom het ná drie rondes van ‘n vrugtelose ‘onderhandelinge want daar was geen verbintenis van Salga om te verseker dat die onderhandelinge voor die huidige kollektiewe ooreenkoms verval gesluit word nie .”Salga het sy voete gesleep in die onderhandelingsproses wat gelei het tot ‘n situasie waarin die huidige ooreenkoms verval op 30 Junie,” het die vakbond gesê.Daar word gesê dat Salga se eis  “niks anders as belaglik is nie “, en dat hulle net ‘n pleidooi aanvoer dat raadslede ‘n minimum salaris van R1,3 miljoen kry  “, terwyl munisipale werkers verdwaal in die ewige sirkel van armoede as ‘n gevolg van die gemaak slaaf lone wat hulle kry “.

“Salga gee eenvoudig nie om nie, onder die leierskap van Xolile George, en is die vereniging wat gebruik word deur mnr George en sy trawante om hulself te verryk, terwyl wettige eise van munisipale werkers geïgnoreer word,” het Samwu gesê.Die vakbond het gesê dat George slegs geïnteresseerd is in sy R3.8 miljoen jaarlikse salaris, sy R86,000 selfoon toelaag en sy R150,000 motortoelaes. Deur businesstech

(“n Lekker gravy train sou ek sê)

 

  1. Artikel 6

UV en prof. Jansen vir miljoene gedagvaar

Die balju het aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en prof. Jonathan Jansen se deur geklop met ʼn dagvaarding van meer as R6 miljoen. Dít, nadat AfriForum Jeug sy regspan opdrag gegee het om voort te gaan met die dagvaarding namens Cobus Muller en Charl Blom in ʼn saak van laster en prosedurele onbillikheid.

 

Muller en Blom, oudstudente van die UV, eis skadevergoeding nadat hulle verlede jaar van poging tot moord aangekla is, nadat hulle byna ʼn swart medestudent met hul voertuig op die kampus raakgery het. In dié tyd is hulle openlik as misdadigers gebrandmerk. Die hof én die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het hulle egter onskuldig bevind.

Hulle eis R6,15 miljoen. Dit behels ʼn skadevergoedingeis wat verkwiste uitgawes en vertraagde toetrede tot die arbeidsmark insluit asook ʼn laster-eis.

“Die boodskap wat ons namens die oudstudente uitstuur is dat niemand onaantasbaar is nie. Te veel studenteleiers of persone in gesagsposisies dink hulle kan sê en doen wat hulle wil sonder nagevolge,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

Die UV en prof. Jansen het vroeër ʼn brief aan AfriForum Jeug se regspan gestuur waarin hulle alle aanspreeklikheid ontken.

Deur deur Media verklarings – Anita Erasmus

 

  1. Artikel 7

Curro insident: Rasbehepte politici moet nie kinders misbruik om illusie van rassisme te skep nie

AfriForum Jeug het die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en ander politici en politieke partye wat ‘n skooluitstappie van die Curro skool in Roodeplaat wat in klasverband plaasgevind het, as rassisme voorhou, daarvan beskuldig dat hulle onskuldige kinders misbruik om hulle eie rasbehepte agenda te voer.

Volgens Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, is Lesufi daarvoor bekend dat hy valse aanklagted van rassime stook in ‘n poging om Afrikaans as onderrigtaal te ondermyn. “Om ‘n Afrikaanse klas wat in klasverband vervoer word, valslik as rasseskeiding te probeer voorhou, is verregaande,” het Maree gesê.

Maree het gesê die bohaai oor die Curro-insident is aanduidend van die dubbel standaarde oor rassisme in die land. “Die rasbehepte politici swyg oor die staat se rasbeheptheid en rassisme teen wittes, terwyl ‘n onskuldige skooluitstappie in klasverband valslik tot ‘n nasionale rasse-insident verhef word,” het Maree bygevoeg.

Volgens Maree swyg Lesufi gerieflikheidsonthalwe oor die feit dat daar in die sogenaamde “swart bus” ook wit Engelssprekende leerders was.

Deur Media Verklarings

  1. Artikel 8

ONDERWYSERS wat Afrikaans gee, kan danksy die stigting van ’n nuwe beroepsorganisasie die toekoms “gerat” tegemoet gaan.

Solidariteit Helpende Hand het onlangs die nuwe nasionale beroepsorganisasie Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) begin as ’n professionele organisasie wat na die belange van hierdie onderwysers sal omsien.

Die naam het sy oorsprong by die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), ’n organisasie wat in 1875 gestig is en ’n deurslaggewende rol in die vestiging van Afrikaans as ’n selfstandige taal gespeel het.

GeRAT hoop om die vlam van taaltrots van die destydse GRA in die 21ste eeu onder Afrikaanse onderwysers en dus ook Afrikaanse leerlinge te laat brand.

Helpende Hand glo dat beter toegeruste onderwysers ’n regstreekse invloed het op die gehalte van die onderwys wat kinders in die klaskamer ontvang. Aangesien alle Afrikaanse kinders aan Afrikaanse skole dié taal as moedertaalvak neem, is die moontlike invloed van verbeterde onderwys enorm.

Volgens Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum, is daar ’n sterk verband tussen moedertaal en kultuur.

“Moedertaal is die hoeksteen van enige kultuur. Die rol wat die taalonderwyser in die klas vertolk, het ’n groot invloed op die vestiging van kulturele waardes en dit is juis hier waar ons aan onderwysers die nodige steun moet gee,” verduidelik Vermeulen.

Brief aan Departement van Landbou, Bosbou en Visserye — Oos-Kaap

 

AfriForum Jeug verklaar hiermee ’n amptelike dispuut met die departement van
landbou, bosbou en visserye nadat Afrikaans as onderrigmedium by die
Grootfontein-landboukollege in Middelburg, Oos-Kaap, afgeskaf is.

Deur Afriforum

  1. Artikel 9

In Auaralia is word daar eersdaags ‘n koukus gehou oor die plaasmoorde in SA

AfriForum en TLU SA stel halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend; kondig nuwe planne en projekte aan

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het vandag in Centurion die statistieke bekendstel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig.

Statistiek dui aan dat 1747 plaasmoorde en 3542 plaasaanvalle tussen1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle.

Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.

Van Zyl het ook gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is.

Roets het vier redes gegee waarom plaasmoorde uniek is en geprioritiseer moet word:
1. Frekwensie van aanvalle.
2. Brutaliteit van aanvalle.
3. Rol wat boere in die samelewing speel naamlik die rol van werkgewers en voedselverskaffers.
4. Ligging van plase waarop aanvalle en moorde plaasvind.

Beide organisasies het ook die belangrikheid van internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering beklemtoon. Ernst Roets en Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser by AfriForum, vertrek môre na Perth in Australië om die World Society of Victimology-kongres toe te spreek.

“Ons hoop om internasionale bewusmaking op die platform te kry oor plaasaanvalle. Dit is belangrik dat die buitewêreld ook kennis neem oor wat die omvang van plaasmoorde en -aanvalle is,” het Claasen gesê.

“Ons kan deel van die oplossing wees, maar dan het ons die ondersteuning van die regering nodig. Tot dan sal ons internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering moet toepas. Hulle moet tot daadwerklike aksie forseer word,” het Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê.

TLU SA, wat ook sedert 2012 buitelandse platforms gebruik vir die bewusmaking van plaasmoorde en –aanvalle, beplan onder meer vanjaar plaaswagte binne boereverenigingverband wat gebeurlikheidsbeplanning en opleiding insluit asook die uitbreiding van lug- en spoorsnyvermoë.

Ander aksies van AfriForum sluit die uitbreiding van buurtwagte en die bemagtiging van die gemeenskap in. Beide organisasies sal voortgaan om druk op verskeie maniere op die regering toe te pas om plaasmoorde en –aanvalle te prioritiseer.

Deur Afriforum

 

  1. Artikel 10

Belangrik nuwe kaart in die ANC skuldgee arsenaal. Jan, ras en apartheid moet plekmaak vir “kuberrassiste” wat die ANC in ‘n slegte lig stel.

Hulle eie platvorm is vol van dit.

Heel subtiel word daar ook aan die einde maatreëls voorgestel om kommunikasie en vryheid van spraak te beperk.

Die ANC-geleide drieledige alliansie glo daar is daadwerklike pogings in die kuber ruimte om hulle te diskrediteer.

Die ANC, Cosatu en die SA Kommunistiese Party glo klagtes oor die weglating van standaarde in die land is deel van hierdie agenda.

Dit poog ook om die ANC-geleide regering uit te beeld as onbevoeg.

Die partye het nie die name van enige skuldiges genoem nie, hulle sê net dat diegene wat voordeel getrek het uit ‘n onregverdige stelsel, is agter die veldtog.

Die drieledige alliansie sê ‘n voorbeeld van hierdie ondermynende pogings is kuber rassisme.

“Jou eie aanlyn platforms is vol van hierdie rassisme. Of dit nou politike web is, of  ‘n paar van die koerante hier en daar, ” sê SAKP se sekretaris-generaal Blade Nzimande.

” ‘n Beroep is op ons gedoen vir die regulering van hierdie kwessie.” m.a.w dit kan nie toegelaat word in gedrukte vorm of in aanlyn publikasies, kommentare op jou aanlyn publikasies of oor die lug gedoen word nie.”

” Ons sê dit is deel van die breër agenda waar die agenda die is van wat ons die die anti- meerderheid, liberale aanstootlikes, om die vorm aan te neem van ‘n regime verandering watons nie kan toelaat nie”

Deur: cyber-racists-out-discredit-anc-led-a.

 

  1. Artikel 11

Dit lyk of volgehou druk van Solidariteit begin werk by Eskom. Eskom het so stilletjies hul afleggingsplanne van duisende werkers op ys gesit om nie vaardigheid te verloor nie.
Solidariteit het van dag een Eskom daarop atend gemaak dat dit nie ‘n slim plan is om van jou vaardige werkers ontslae te raak nie.
Eskom het nog ras by hul afleggingsmengsel gegooi wat nog minder wys was.

Deur Solidariteit

  1. Artikel 12

Eskom Laat Vaar Afleggings Voorlopig

Eskom gaan maniere soek om sy personeelkoste te verminder sonder om poste te besnoei.

Dit kom nadat die maatskappy besluit het om nie voort te gaan met ’n plan om vrywillige skeidingspakkette vir werkers aan te bied nie. Eskom het 2 493 werknemers se aansoeke om skeidingspakkette in Februarie van die hand gewys, want hy wou nie hul vaardighede verloor nie volgens Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom.

Eskom het sowat 42 000 mense in sy diens. Eskom het steeds die besparings nodig wat daardie vrywillige skeidingspakkette sou teweegbring. Die maatskappy sal nog geleenthede soek vir maniere om personeelkoste te verminder. Eskom moet sy koste verminder as een van die maniere om kop bo water te hou. Hy het ’n finansieringstekort van R225 miljard vir die vyf jaar tot 2018 – Bloomberg

Deur Arikaanse Nuus

 

  1. Artikel 13

Telkom wil 4400 poste sny. Het Telkom hulself egter afgevra wie gaan die werk doen en gaan kliënte nie benadeel word nie?

Netwerk 24 berig: Die vakbond Solidariteit gaan Telkom hof toe sleep oor die beplande herstrukturering en afleggings by die telekommunikasiemaatskappy.

Solidariteit gaan hom tot die arbeidshof wend om ’n dringende interdik teen Telkom te bekom, het hy Woensdag in ’n verklaring gesê.
Deur Netwerk24

 

  1. Artikel 14

Anglo Gaan Glo Duisende Werknemers Laat Gaan

SAKE – Anglo American is voornemens om tussen 5% en 20% van sy werkerskorps by hoofkantore wêreldwyd te sny om aandeelhouers gelukkig te hou nadat ’n tuimeling in kommoditeitspryse die maatskappy se winste hard getref het, het ingeligtes gesê.

Deur bemark sa

  1. Artikel 15

SA Lugdiens wil Honderde Poste Sny

 

JOHANNESBURG – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan binne die volgende vier jaar tot winsgewendheid terugkeer, maar vanjaar kan tot 700 van sy personeel hul werk kwyt wees.

Die SAL oorleef danksy miljarde rande se staatswaarborge en het in die 2013-’14-boekjaar ’n bedryfsverlies van R2,3 miljard gely. Maar danksy die lugdiens se onlangse 90-dae-aksieplan (wat in Maart geëindig het) is sy bedryfsuitgawes 14% laer as ’n jaar gelede en sal hy R1,25 miljard in die 2015-’16-boekjaar bespaar. Om binne vier jaar weer winsgewend te wees, moet die SAL egter moeilike besluite neem, volgens Nico Bezuidenhout, die SAL se waarnemende uitvoerende hoof.

Meer as R2 miljard se spaarinisiatiewe is reeds geïdentifiseer, onder meer om arbeidskoste te bestuur en die aanbodketting te optimaliseer. Die staking van regstreekse vlugte na Beijing en Moembai sedert 1 April gaan die SAL reeds sowat R600 miljoen per jaar bespaar.Die SAL erken egter dat sy arbeidskoste hoog bly.Die lugdiens praat sedert Mei met vakbonde oor die beoogde herstrukturering van sy personeel.

Sowat 700 werknemers van die SAL en SAL Tegnies (die SAL se instandhoudingsmaatskappy) se poste is in die gedrang, volgens Derek Mans van die vakbond Solidariteit. Die vakbonde bespreek glo nog die ekonomiese meriete van die beplande personeelbesnoeiings en daar is nog geen sprake van watter soort personeel geteiken word nie.

Die SAL-groep (wat Mango en SA Airlink insluit) het tans sowat 11 500 werknemers wêreldwyd. Op die oog af steek dit sleg af teen ’n winsgewende Afrika-lugdiens soos Ethiopian Airlines wat 77 vliegtuie in sy vloot het, maar net 7 642 werknemers. Die groep se besteding aan salarisse en werknemersvoordele het met in die 2013-’14-boekjaar met 8% to

Deur Netwerk 24

Al wat ek kan sê is kyk die waarheid in die gesig en raak paraat met die Plaas aanvalle en moorde, Die energie en water krises in die land wat veroorsaak is deur onbevoegdheid, nalatigheid, onvoldoende onderhoud en bo alles korrupsie. Die inkorting van ons Vryheid van spraak in die kuber ruimte.  Nou nog verder ‘n groter werkloosheid syfer aan die kom.

Enjoyed this post? Share it!