Jeugdag In Suid Afrika – Nog Groot Verskille in Waarhede en Betekenis


Jeugdag betekenis vir Swartes

Mbuyisa Makhuba (18) dra Hector Petersen kort nadat hy geskiet is, met Hector se suster, Antoinette (links). Dié foto het verskyn in World, ‘n plaaslike koerant wat in 1977 deur die apartheidsregering gesluit is. Makhuba het dae nadat die foto verskyn het, ondergronds gegaan. Sy ma het meer as 20 jaar gelede laas briewe van hom ontvang uit Nigerië. Die Hector Petersen-gedenksteen is in Soweto en word jaarliks deur duisende mense besoek. Heel links: Suid-Afrika se jeug verteenwoordig 45 % van die totale bevolking. Daarom kan die jeug verseker wees dat verandering gaan plaasvind, sou almal besluit om saam te staan en hul regte af te dwing.

Nasionale Jeugdag word sedert 1976 landwyd gevier nadat duisende leerlinge op 16 Junie in Soweto in opstand gekom het oor die swak onderrig wat hulle destyds ontvang het.

Die grootste tragedie is egter dat talle jong mense ook op daardie dag hul lewens verloor het. Talle ander is gewond en baie is in hegtenis geneem.

Die datum 16 Junie is later ook Soweto-dag gedoop.

Hector Petersen, ‘n 15-jarige leerling van Soweto, was een van die eerstes wat deur die polisie doodgeskiet is.

Die gebeure van dié dag het mense wêreldwyd tot in hul diepste wese geskok.

Die opstande word allerweë gesien as die geboorte van die struggle-beweging.

Daar is ook dié wat tot vandag toe nog nie kan verstaan en glo dat Suid-Afrika eens op ‘n tyd ‘n land was waar mense moes sterf en bereid was om te sterf vir gelyke regte in hul geboorteland nie.

Dink bietjie: waarvoor is jy bereid om te sterf?

Die Afrikaanse taal het as gevolg van daardie dag ‘n taamlike terugslag gekry. ‘n Kommissie van ondersoek het later bevind dat die vonk wat alles laat opvlam het, ‘n bepaling deur die Transvaalse provinsiale onderwysowerheid was, wat gestipuleer het dat Afrikaans, ‘n taal wat duisende swartes nie juis kon praat nie, gebruik sou word as ‘n onderrigmedium in swart sekondêre skole.

Vir swart jongmense wat in elk geval moes worstel met ‘n gebrekkige skoolstelsel, was dit die laaste strooi.

“Afrikaans,” het ‘n maatskaplike werker gesê, “is die taal van paswette, permitte en die polisie”.

Dis ‘n siening wat sommige mense ongelukkig steeds het.

Nietemin herinner Jeugdag ons ook daaraan dat dinge verander het.

As Afrikaanssprekende geniet jou taal sekere regte onder die Grondwet, net soos wat ander burgers van ons land se taal regte geniet. Die wrewel wat sommiges nog vir Afrikaans voel, is stadig besig om te verdwyn soos Afrikaanssprekendes besig is om hul los te maak van die verlede en werk vir ‘n beter toekoms.

Tydens ‘n ondersoek wat JIP onlangs by ‘n hoër skool gedoen het, blyk dit egter steeds dat meeste leerlinge dink Jeugdag is iets soos Vadersdag en Moedersdag.

Vir die prys wat sommige Suid-Afrikaners betaal het op 16 Junie 1976, is dit dalk ‘n goeie ding as jy sorg jy ken ten minste die geskiedenis agter hierdie dag.

Aangesien dit ‘n amptelike vakansiedag is en 16 Junie vanjaar op ‘n Sondag geval het, is Nasionale Jeugdag gister (Maandag) gevier. Vir baie is dit ‘n dag waar daar gedink word aan dié wat met hul lewens moes boet, terwyl ander die dag gebruik om nuwe hoop te skep vir dit wat voorlê.

16 Junie: Jeugdag

HIERDIE dag het sy oorsprong by die opstande van skoliere in Junie 1976 in Soweto, nadat gelas is dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot maande van gewelddadige verset regoor die land gelei het. Jeugdag is as ’n openbare vakansiedag ingestel ter ere van al die jong mense wat hul lewens in die stryd teen apartheid en Bantoe-onderwys verloor het.

Weens die regering se tuislandbeleid is geen nuwe hoër skole tussen 1962 en 1971 in Soweto gebou nie. Daar is gemeen dat die skoliere na hul onderskeie tuislande moes terugkeer waar nuwe skole vir hulle gebou is. In 1972 moes die regering egter swig en is veertig nuwe skole in Soweto gebou. Tussen 1972 en 1976 het die getal skoliere in sekondêre skole van 12.656 tot 34.656 toegeneem. Een uit elke vyf Soweto-kinders het die sekondêre skool bygewoon.

Maar in 1975 het Suid-Afrika ’n tydperk van ekonomiese depressie betree. Skole kon nie meer al die nodige geld ontvang nie. Op die koop toe het regering R644 per jaar aan die onderwys van ’n blanke kind bestee, maar slegs R42 aan die onderwys van ’n swart kind.

Toe Bantoe-onderwys beveel dat Afrikaans—wat as die “taal van die onderdrukker” beskou is—as een van die onderrigmediums op skool ingestel word, was die toestand reeds plofbaar. Van die onderwysers kon nie eens Afrikaans praat nie.

Op 16 Junie het skoliere op verskillende plekke regdeur Soweto bymekaargekom met die doel om by die Orlando-Wes-  sekondêre skool te vergader. Die Buro vir Staatsveiligheid, wat in beheer van binnelandse veiligheid was, is onverhoeds betrap. Die polisie is ontbied om die marsjeerders te keer.

Hulle het die jong skare beveel om uiteen te gaan en, toe hulle weier, is polisiehonde losgelaat en traangas afgevuur. Joernaliste het later berig dat hulle gesien het hoe ’n polisieman sonder waarskuwing met sy rewolwer op die skare skiet. Ander polisiemanne het ook begin skiet.

Die skoliere het simbole van apartheid, soos regeringsgeboue en munisipale biersale, asook die voertuie van blanke ondernemings aan die brand begin steek. Voertuie vir die  bestryding van onluste het opgedaag en leërhelikopters het traangas op groepe skoliere afgegooi. Die gevegte tussen skoliere en die polisie het tot in die nag voortgeduur.

Toe die dag op 17 Junie breek, sou tonele van uitgebrande motors en vragmotors wat die paaie versper en afgebrande drankwinkels, biersale en gemeenskapsentrums die waarnemers begroet. Nog erger: mense het in die strate doodgelê. Die amptelike dodesyfer was 23—ander het dit so hoog as 200 gestel. Baie honderde mense is beseer.

Maar die skoliere het weer die strate binnegestroom. Ouers, wat nie betrokke was nie, het van die werk af weggebly om oor hul gesinne te waak. Teen die einde van die derde dag van die onluste het die minister van Batoe-onderwys alle skole in Soweto gesluit.

Die opstande het spoedig van Soweto af na ander dorpe aan die Rand, na Pretoria, Durban en Kaapstad versprei en tot die grootste uitbraak van geweld ontwikkel wat Suid-Afrika nog beleef het. Kleurling- en Indiërskoliere het hulle by die jong swart rebelle geskaar. En, anders as met die opstand van 1952 en Sharpeville in 1961, kon die polisie die opstandelinge nie beteuel nie, nie eens met geweld nie. Sodra hulle in een gebied in bedwang gebring is, het onluste bloot in ’n ander gebied uitgebars. Dit het die res van 1976 só voortgeduur.

’n Nuwe geslag het hul stem teen apartheid laat hoor, vasberade dat daar na hulle geluister moes word. 

Daarom het die nuwe regeerders van Suid-Afrika in die jare negentig gevoel dat nodig is om die kinders van die vryheidstryd elke jaar op 16 Junie te gedenk.

Mieliestronk

 

Jeugdag in Suid-Afrika – ´n kritiese beskouing

June 16, 2014 – Menings

Regoor die wêreld word “Jeugdag” op verskillende datums gevier. Enersyds is dit deel van die moderne neiging van allerlei “dae”, tog is dit ook nie bloot te kritiseer omdat dit nie dieselfde lang historiese tradisie as ander plaaslike of internasionale gedenkdae het nie.

Hoe om kommentaar op hierdie dag te lewer het skielik duidelik geword tydens ´n onlangse gesprek:

[my herinnering aan sy woorde]

Ons (die Afrikaner) is lief vir ons eie: ons sal ander help waar ons kan, soveel as wat ons redelik kan, maar ons eie kom eerste.

Dat ons lief is vir ons eie en bereid is om ander te help, vloei uit ´n Christelike lewensbeskouing wat die wêreld en gebeure om ons benader met (Christelike) liefde, nie met haat nie. [my eie klem]

Om Jeugdag dus na waarde te beoordeel, vereis ´n vergelyking van waardes en waardestelsels.

Is die “Jeugdag” wat SA, onder ´n ANC-regime vier, werklik so onskuldig?

Voordat dit gedoen word, moet ons kortliks die geskiedkundige feite stel: ‘Jeugdag’ word gevier op 16 Junie, die herdenking van die Soweto-opstande van 1976.

In kort, op 16 Junie 1976 het (hoofsaaklik) skoliere se opstandigheid oorgegaan tot geweld, waarin etlike mense die lewe gelaat het.

Natuurlik maak die ANC, sy meelopers en die internasionale media en ander anti-Afrikaner belangegroepe veel van die dood van onder andere Hector Pieterson as sogenaamd onskuldige slagoffer en word teenstand teen Afrikaans as onderrigmedium voorgehou as die rede vir die protes.

Wat verswyg word is dat 16 Junie 1976 bloot die “hoogtepunt” was van ´n skool-boikot wat toe reeds etlike maande geduur het.

Wat ook verswyg word, is dat die swart skoliere en studente die polisie (wat soos by Sharpeville in 1961!) die orde moes handhaaf onder die klippe gesteek het. (Soos 1961, soos in die 1980’s en 1990’s en meer onlangs in baie dorpe en stede kies sekere groepe geweldadige protes en misdadige anargie as oplossing wanneer hulle eise nie onmiddelik en (vir hulle) gratis bevredig word nie.)

[ter konteks: dit is maklik om gewapende noodweer teen kinders te veroordeel; teen 2014 het ons al baie ervaar wat “kinders” (tieners) kan vermag in hul misdadigheid en geweld teen ander; dit is maklik om gewapende noodweer teen “slegs klippe” te veroordeel, maar wie van ons sal stilstaan dat duisende opgesweepte kinders ons met klippe bestook?]

Maar veral word verswyg die polities-ekstreme invloed van sowel die kommunisme, as die leringe van die Swart Bewussyn Beweging en individue soos Steve Biko. [1]

Wanneer Biko se uitsprake deeglik ontleed word, verkondig hy swart nasionalisme geskoei op ´n rasse selfbejammering.

Geanker in die humanisties-liberale teenstand teen die gevestigde sosiale orde, wat in die 1950’s en 1960’s oor die wêreld spoel, is die uitsprake van gewaande onderdrukking maar net ´n graadverskil van die uitdruklik gewelddadige-rewolusionêre strewes van die ANC en PAC.

Hoe beïnvloed dit dan ons beoordeling van Jeugdag in Suid-Afrika?

Dit vereis dat ons sowel die hantering van die geskiedenis, maar veral die waardes en waardestelsel waardes van die betrokkenes in oënskou sal neem.

Soos hierbo aangedui word kritieke feite betreffende die Soweto opstande verswyg en die geskiedenis doelbewus verdraai.

Die opstande het gespruit uit ´n ideologies-gedrewe haat vir ‘Afrikaans’ en ‘Afrikaners’, eerder as die vooropgestelde afkeur van die onderrigtaal.

Die opstande is aangevuur deur ´n ideologie wat op die oog af onskuldig lyk (swart eenheid) maar wat in wese berus op haat en begeerte. Selfs die hoofstroom swart leiers van daardie tyd het dit veroordeel.

Dit moet egter toegegee word dat Hector Pieterson en ander skoliere op 16 Junie 1976 wel die slagoffers was: die slagoffers van ´n gewetenlose kader politieke uitbuiters, wat hulle nie net hulle lewens nie, maar hulle skolastiese opleiding en daardeur werks-toekoms ontneem het!

Maar hierdie verdraaiing van die geskiedenis en die verswyg van feite spruit ook maar uit die waardestelsel van die betrokkenes.

Daardie waardestelsel rus op ´n Afrika-kultuur wat weer geskoei is op haat, inhalige self-gelding ten alle koste en ´n gewilligheid tot barbaarse geweld om dit na te streef.

Daar is voorts ´n oorweldigende onwilligheid om verantwoordelikheid vir eie optrede te neem en altyd iets “buite” die individu of die groep te blameer vir enige probleme of gevolge van hierdie kultuur.

Die voorgaande stellings word gestaaf uit die geskiedenis van Afrika, maar ook uit die keuses van die skoliere:

– Wanneer hulle ontevrede voel, boikot hulle skoolbywoning; tog is hulle ongeletterd weens apartheid?

– Wanneer hulle onregmatige optrede deur die owerhede beperk word, gaan hulle oor tot geweld; maar hulle is onskuldig aan die dood en beserings wat daaruit spruit?

– Selfs vandag, dekades later, blameer hulle ´n sosiale struktuur vir hulle gebrek aan opleiding, nie hulle keuse om skoolbywoning te boikot en skole en ander infrastruktuur te verwoes nie.

Waar botsende waardestelsels bestaan, kan dit meermale teruggevoer word na inherente kultuur-verskille.

Ware, suiwer kultuur word geskoei op die Woord van God, die kultuur-opdrag aan die mens: dit is opbouend.

Selfs die kulture geskoei op godsdienste wat ander mense in ag neem is grootliks opbouend, ofskoon ons in beginsel verskil.

Wan-kultuur is egter die noodwendige gevolg indien ‘kultuur’ geskoei word op die waardes van haat, geweld en onregmatige toeëiening van ander se arbeids-vrug uit inhaligheid.

In sulke omstandighede is ´n strewe na ´n eie, soewereine staat nie net geregverdig nie, maar noodsaaklik.

Die enigste mikpunt met “Jeugdag” in Suid-Afrika is om net nóg ´n platform te skep waarop die Afrikaner onregmatig vir gewaande “ongelykhede” blameer word en om die skuld-sindroom by die Afrikaner-kind in te skerp, sodat die volgende geslag ook op grond daarvan deur die swart massa “gewillig” onderdruk kan word.

Om hierdie doel te bereik volg hulle die kommunisties-liberale taktiek van verdraaiing, halwe waarhede en die herhaling daarvan deur vieringe soos “Jeugdag”.

Daarom moet behoudende Afrikaners noodwendig Jeugdag in sy huidige vorm krities beskou, meet aan ons volkswaardes en hierdie vrae eerlik antwoord: kan enige waardestelsel waarin ouers bereid is om hulle kinders en die skolastiese opvoeding van daardie kinders te versaak vir eie gewin, goed wees? Kan dit enige iets goed voortbring?

En dan volg noodwendig of ons, gedagtig aan ons doopgelofte en plig as ouers en grootouers, kan toelaat dat ons kinders verder vervreem, onderdruk en aan morele losbandigheid blootgestel word in ANC-skole: waarom sal ouers duisende spandeer op luukshede, vermaak en statussimbole, eerder as Christelik-volkseie onderwys?

Want watter beter, meer edel nagedagtenis kan ons die jong konsentrasiekamp-slagoffers bied as volharding en opoffering om ons CVO-skole te laat groei en gedy, eerder as om slaafs mee te doen aan kommunistiese dwepery?

Joffré Papenfus

 

[1] Alhoewel die ANC by verre die beste munt geslaan het uit die afloop van die opstande, was hulle grootliks

onbewus daarvan. (inteendeel was hulle onverhoeds betrap, veral met die ooglopende sukses, aldus Joe Slovo)

Swart onderwys word meermale as ´n sondebok uitgewys: die waarheid is egter dat die “Apartheids-regering” wat so gehaat gemaak word, in 1953-55 staats-befondsde swart onderwys ingestel het. Vandag word steeds toegegee dat hierdie stelsel beter was as dit wat die Engelse kerkgenootskappe gebied het, dat dit swart moedertaalonderrig ook bevorder het en wetenskaplik ontwikkel is.

CVO-228x300

Foto – CVO Zoutpansberg leerlinge

 

One thought on “Jeugdag in Suid-Afrika – ´n kritiese beskouing”

  1. afrika radio June 24, 2014 at 5:43 pm

Kom ek vertel julle die waarheid. Daar was ‘n engelsman wat die alleenreg gehad het om sorgum in Soweto te verkoop. “net Soos British Tobacco Company vandag nog die enigste maatskappy in die land is wat sigarette hier mag verkoop’. SAB het begin om hulle produk te verkoop en is toe gestop oor die engelse monopolie in soweto. Toe SAB onttrek met hulle produkte toe is dit die begin van die opstande, nie Afrikaans of apartheid of enige ander rede nie.

Onthou van 1902 is al die monopoliee nog deur die engelse hier tot en met apartheid en na apartheid bedryf. Anglo boere oorlog, anglo american , anglo vaal. anglo plats ens.

Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!