Land van Plaasmoorde en moorde by Bloukrans, Moordspruit, Weenen en Die Groot Trek

Sarel Cilliers, Die Groot trek en ooreenkoms tussen die Plaasmorde en die moored by Bloukrans,Moordspruit en Weenen

Sarel Cilliers word in die Suid-Afrikaanse geskiedenis onthou as die ou by wie die gedagte ontstaan het om voor die Slag van Bloedrivier ’n gelofte aan God te doen.

In 1862 het die sinode van die NG Kerk in Kaapstad vergader. Een van die afgevaardigdes was ouderling Sarel Cilliers van Kroonstad. Dieselfde Sarel Cilliers van die Slag van Bloed­rivier van 1838.
Omdat die land in die greep van ’n vreeslike droogte was, so het hy later verduidelik, het oom Sarel besluit om per boot van Durban na Kaapstad te reis. Saam met hom was daar agt predikante.

So ’n klomp predikante en ander geestelike leiers saam op een boot was geen goeie voor­teken nie. So het sommige geglo en hul reis gekanselleer. Cilliers het later vertel dat hy ’n eienaardige droom gehad het ’n week voor die boot, die SS Waldensian, se vertrek. Die aand voordat die reis sou begin, het hy weer dieselfde droom gedroom. Vir Sarel Cilliers was dit ’n teken van onheil wat wag.

En toe, op van alle dae die aand van 13 Oktober, gebeur dit. Die volgende dag sou die passasiers in Kaapstad aan wal kon stap. Maar in die vroegaand tref die skip ’n sandwal by Struisbaai.
Kapt. Joss het dadelik nood­pyle afgevuur, maar niemand het hierop gereageer nie.
Joss besluit toe sy skip moet ontruim word. Hy het sy offisiere opdrag gegee om die passasiers in te deel sodat hulle met reddingsbote na die strand geneem kon word. Vroue en kinders was eerste op die lys. Dan sou ouer mense gaan.

Die laaste groep sou die jonger mans en die bemanning van die skip wees.
Toe dit Sarel Cilliers, as deel van die “ouer mense”, se beurt was om gered te word, het hy teruggestaan. “Ek is bereid om te sterf. Laat diegene wat nie in Christus gered is nie minstens eerste uit die skeepswrak en van ’n watergraf gered word,” het ouderling Cilliers heel dramaties verklaar.

Hy het toe voortgegaan en weer ’n gelofte afgelê. “As ek van hierdie watergraf gered sou word, sal ek die Heer onmiddellik ná my aankoms op die strand die nodige eer en dank betoon,” het hy heel formeel uitgeroep. Later sou hy vertel dat ’n groot kalmte hierna van hom besit geneem het. Hy was ook nie meer bang om te sterf nie.

Eindelik is al die bemanning saam met die passasiers veilig aan wal gebring. Toe die dag breek, het ds. Alexander Smith ’n dankdiens in Engels gelei. Sarel Cilliers het tydens die diens ’n dankgebed in Hollands afgesteek en so, volgens sy vertolking, sy gelofte aan God na­gekom.
Die ontberings was alles verniet. Toe die klomp skipbreukelinge in die Kaap aankom, het die sinode besluit afgevaardigdes van “Natal en die Transgarieb” het nie sitting in die Kaapse sinode van die NG Kerk nie.

Trekboermap

DIE Groot Trek, word dit genoem… duisende Boere van die Kaapse oosgrens wat met ossewaens die trekpad noordwaarts gekies het. Net die nodigste kon saamgeneem word. Baie wat vir hulle dierbaar was, moes hulle agterlaat. Oor berge en deur riviere het die wawiele geknars na wat sekere landsverhuisers romanties as die “Beloofde Land” beskou het.

Die werklikheid was dikwels veel minder romanties. Dit het selfs honderde se dood gekos. Maar hoeveel anders Suid-Afrika vandag sou gelyk het as daar geen Groot Trek was nie, kan geen mens hom werklik indink nie. Daarvoor lê die spore van hierdie ou pioniers eenvoudig te diep in ons geskiedenis ingegrif.

Soos ’n Afrikaner-geskiedkundige sê: “Alle Afrikaanssprekendes wat nog hul Afrikanerskap in ere hou, sal nie kan vergeet hoe hul volk sy eintlike beslag in die Groot Trek gekry het nie.”

Die Groot Trek word saaklik beskryf as die georganiseerde verhuising van tussen tien- en twaalfduisend Afrikaners in die jare dertig van die 1800’s uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie na die binneland. Hulle sou later die Voortrekkers genoem word.

Die Kaap was sedert 1806 onder Britse beheer. Na die noorde is Suid-Afrika deur verskillende swart stamme bewoon, nie die minste nie die Zoeloes in die teenswoordige KwaZulu-Natal, wat deur die toedoen van hul koning Chaka in ’n magtige ryk verenig is.

Die oosgrensdistrikte was die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset-Oos, Tarka, Grahamstad, Cradock en Colesberg.

Oor die presiese redes waarom die Afrikaner-Boere besluit het om die Britse juk af te werp, is daar nie eenstemmigheid onder al die geskiedkundiges nie. Die tradisionele siening is dat die grensboere se griewe, wat oor die jare heen opgebou het, gesetel het in hul gevoel dat hul selfstandige geestelike bestaan bedreig is deur ’n doelbewuste verengelsingsbeleid en hul stoflike bestaan deur ’n reeks verwoestende grensoorloë teen die Xhosa. Daarom sou die grensboere onder die Britse gesag uittrek om in die binne­land ’n onafhanklike staat volgens eie aspirasies in die lewe te roep.

Hulle het egter nie net skielik opgepak en getrek nie. Die verhuising is voorafgegaan deur voorbereiding en beplanning, onder meer deur die sogenaamde Kommissietrekke. Drie kommissies is uitgestuur om die binneland te verken en ’n geskikte woongebied uit te soek — een verkenningstog na Natal, ’n ander tot aan Soutpansberg en ’n derde deur Boesmanland tot êrens in Damaraland. Oor hierdie verkenners se verslae is weinig bekend, maar hul bevindings moet bepaald ’n rol gespeel om die trekkers te laat besluit watter roetes die wenslikste was.

Verskeie trekgroepe het by verskillende geleenthede die Kolonie verlaat. Die eerste, in 1833, was dié van Louis Trichardt en Johannes Hendrik Janse van Rensburg (“Lang Hans”). Daarna het die trek van Andries Hendrik Potgieter gevolg, by wie die vroom geestelike leier Sarel Arnoldus Cilliers hom aangesluit het.

Potgieter reis na die Soutpansberg om met Trichardt in aanraking te kom, maar intussen word sy mense by die Vaalrivier aangeval. Daarna word die Matebele deur die trekkers by Vegkop gestuit (Oktober 1836). Die Van Rensburg-trek word egter in Junie 1836 uitgemoor en Trichardt bereik in April 1838 Delagoabaai ná veel ontberinge.

Met die aankoms van die trek van Gerhardus (Gert) Marthinus Maritz word die eerste Voortrekkerbestuursreëling by Thaba Nchu getref (Desember 1836) en daarna word ’n strafekspedisie teen Umziligazi (of Moslekatse of Silkaats), grondlegger van die Matabele-volk, by Mosega onderneem. Toe die trek van Piet Retief in die binneland aankom, word Retief deur die trekkers tot goewerneur verkies (April 1837).

Intussen kom ook die trek van Pieter Lafras Uys aan, en saam met Potgieter word ’n tweede ekpedisie onderneem teen Umziligazi, wat oor die Limpopo gedryf word. Die gevoel sou ontstaan dat die wêreld oorkant die Vaal met hierdie oorwinning “vir die beskawing verseker is”.

Soos so dikwels in die verlede, en tot vandag toe, het onderlinge leierstwiste die Afrikaner ook tydens die Groot Trek verdeel. Onenigheid ontstaan naamlik oor waar die Trekkerstaat uiteindelik opgerig moet word. Retief en sy volgelinge besluit om Natal toe te gaan, waar hy van die Zoeloe-koning Dingaan ’n woon­gebied ruil. Maar op 6 Februarie 1838 word Retief met sewentig manskappe en ’n groot getal agterryers met sy tweede besoek aan Dingaan om die lewe gebring.

foto-1

Hierna val die Zoeloe-impi’s die laers langs die Bloukrans- en Boesmansrivier aan en dood ongeveer 350 van die trekkers. Potgieter en Uys kom hul medetrekkers te hulp, maar word by Italeni in ’n hinderlaag gelok waar Uys en andere die lewe inskiet (April 1838).

Potgieter verlaat Natal, ruil grond in die latere Vrystaat, maar gaan vestig hom uiteindelik in Ohrigstad en nog later by Soutpansberg.

’n Tweede Zoeloe-aanval word in Natal afgeweer, en ná Maritz se sterfte word die grensboer Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius deur Sarel Cilliers versoek om na Natal te kom om die trekkers te lei. Pretorius word tot kommandant-generaal gekies om ’n strafekspedisie teen Dingaan te lei, wat uitloop op die trekkeroorwinning in die Slag by Bloedrivier op 16 Desember 1838. In 1840 word ’n tweede ekspedisie, die Beestehaal-kommando, uitgestuur en Panda tot koning van die Zoeloes verhef.

Die Republiek Natalia, wat intussen uitgeroep is, sluit in 1840 ’n verbintenis met die trekkers wat by Winburg en Potchefstroom ook ’n eie bestuur in die lewe geroep het. In 1842 word die Republiek Natalia deur Britse troepe beset en in 1843 finaal geannekseer. Baie trekkers trek hierna weer oor die Drakensberg om hulle vry van Britse oorheersing op die Hoëveld te gaan vestig.

Dit was egter eers met die ondertekening van die Konvensies van Sandrivier en Bloemfontein dat die Britse agtervolging gestaak en die staatkundige ideaal van die Groot Trek verwesenlik is… met al die enorme gevolge wat dit op alle terreine vir Suid-Afrika sou hê.

Artikel oor die Groot trek deur Mieliestronk

 

"The Battle of Blaukranz" by Charles Bell.

“The Battle of Blaukranz” by Charles Bell.


PLAASMOORDE EN DIE MOORDE BY BLOUKRANS, MOORDSPRUIT EN WEENEN.

Na die moord deur Dingaan op Piet Retief en 70 ander Voortrekkers op 6 Februarie 1838, het die Zoeloekoning, sy impi’s opdrag gegee om die laers van die ander Voortrekkers te gaan aanval en uit te wis. Die Voortrekkers was in klein groepies langs die Tugela en sytakke van die Tugela in ‘n ry van omtrent 24 myl gegroepeer.

Hoewel Piet Retief voor sy vertrek, en ook die Trekkerleier Gerrit Maritz, die Trekkers gemaan het om in groot laers te bly, aangesien die Zoeloegevaar nie verby was nie, was daar praktiese redes waarom baie Trekkers nie aan die oproep gehoor gegee het nie. Die saamleef van groot groep mense in ‘n laer was moeilik – veral mbt sanitasie, die tekort aan brandhout en ‘n tekort aan weiveld vir troppe tot so groot as 25 000 stuks vee.

Op 16 Februarie het die Zoeloemag die laers soos spookgestaltes bekruip. Die Trekkers – onbewus daarvan dat hulle van die oewers van die Tugela bespied word – het doodgewoon met hulle dagtake voortgegaan.

Om 1uur die oggend van 17 Februarie het 10 000 Zoeloes op die Voortrekkers toegesak. Dit was donkermaan en die Trekkers het eers besef wat aangaan toe die Zoeloes op en tussen hulle was. Die voorste Trekkers is oorval en almal uitgemoor. Die broers Daniël en Pertrus Bezuidenhout kon daarin slaag om te ontvlug en het rivier af die ander Trekkers gewaarsku.

Nie minder nie as 200 diensbodes,41 Voortrekkermans, 56 vroue en 185 Voortrekkerkinders is daardie nag vermoor. Liggame is oopgeskeur, kinders is teen wawiele doodgeslaan en vroue is in die onderlyf met skerpgemaakte stokke deurboor – ‘n martelmetode wat nie onmiddellike dood tot gevolg het nie, maar die slagoffer uiteindelik van pyn in ‘n beswyming laat verval.

Wreedheid en moord is ons geskiedenis is nie net tot 1838 beperk nie. Sedert 1994 speel soortgelyke wreedhede af in die talle plaasmoorde wat in ons land gepleeg word.

Die klompie Trekkers wat oorgebly het na die moorde van 17 Februarie, het hulle voorgeneem om Dingaan te straf vir sy onmenslike dade. Die eerste strafekspedisie by Italeni het wel misluk, maar die Voortrekkers was beslis om nie te rus voordat Dingaan se mag gebreek is nie. Dit het gelei tot die Slag van Bloedrivier op 16 Desember.

Plaasmoorde behoort vir ons ook ‘n volksaak te wees. As volk behoort ons eenparig op politieke vlak uiterste druk op die huidige regering toe te pas om plaasmoorde tot ‘n spesiale kategorie misdaad te verklaar. Verdere eenparige en doelgerigte druk moet toegepas word sodat mediese kostes wat spruit uit plaasmoorde deur die regering betaal word.

Internasionaal behoort ons op alle vlakke op die internasionale gemeenskap ‘n beroep te doen om politieke sanksies teen die huidige regering toe te pas, solank as wat die regering geen daadwerklike poging aanwend om plaasmoorde te stop nie. In Zimbabwe is sowat 24 boere vermoor en die internasionale gemeenskap het politieke sanksies teen pres Mugabe toegepas.

Alvorens plaasmoorde in Suid-Afrika nie daadwerklik teëgewerk word nie, mag ons, nes die Voortrekkers, nie rus of berus nie.

Ek Kyk terug in die Geskiedenis en vandag sien ek hoe die geskiedenis himself herhaal die plaasmoorde word gepleeg met dieselfde bloeddorstigheid en wreedheid waarmee die Vootrekkers vermoor is

Die Voortrekkers het dieselfde doel as ons gehad, selfbeskikkinging, ‘n Volkstaat waar hul hulself kon regeer, met eie kultuur, Taal en waardes.

Ek kyk en sien hoe het die Zoeloemag die laers soos spookgestaltes bekruip. Die Trekkers – onbewus daarvan dat hulle van die oewers van die Tugela bespied word – het doodgewoon met hulle dagtake voortgegaan.

Om 1uur die oggend van 17 Februarie het 10 000 Zoeloes op die Voortrekkers toegesak. Dit was donkermaan en die Trekkers het eers besef wat aangaan toe die Zoeloes op en tussen hulle was. Die voorste Trekkers is oorval en almal uitgemoor

 

Dit is waar ons vandag staan, word ons nie ook soos hulle op die oewers van die Tugela rivier bespied, terwyl ns voortgaan met ons dagtake nie?

Dit is hoekom ons moet werk aan selfbeskikking en ‘n Volkstaat.

 

Enjoyed this post? Share it!