Nuus Brokkies 8 Des.


Aktueel  8 Desember 2015 Brokkies in die nuus saamgestel uit 9 Artikels

Artikel 1

Terroriste doodgeskiet

Te midde van al die treurige nuus van hoe ons volk uitgemoor word, is daar ook kort-kort tekens van mense wat begin terugskiet en bowe alles, raak skiet.

‘n Meisie wat haar 16de verjaarsdagpartytjie verlede Saterdagaand gevier het, se groot dag is vir ewig bederf toe hulle deur terroriste aangeval is.

Vier gewapende terroriste het ongeveer 8:30 die aand die erf binnegekom en die gaste aangehou. Die meisie se pa, wat ‘n polisieman by die Benoni Blitspatrollie is, het daarin geslaag om in die huis te gaan en sy dienspistool gegryp.

In ‘n oor-en-weer geskiet het die pa twee doodgeskiet. Die ander twee het gevlug. Die polisie het 14 koeëldoppies op die toneel opgetel.

Die polisieman se naam word ter wille van sy veiligheid geheim gehou.

Dieselfde aand is ‘n motorskaking gefnuik toe ses terroriste ‘n motoris aangeval het. In die skermutseling is een doodgeskiet en die ander in hegtenis geneem.

Foto van Saterdagaand se skietvoorval met erkenning aan Police pics and clips

 

Artikel 2

Terrorismedossier vir wit vlieëniers

Bevraagteken iets van hierdie paranoïese regering of praat die waarheid en jy staan die gevaar om van terrorisme aangekla te word.

Dit blyk nou dat daar ‘n intelligensiedossier (indien dit nou nie ‘n “contradictio in terminis” is nie), wat tot gevolg kan hê dat vlieëniers van die SAL ingevolge die Wet op Terrorisme vervolg kan word.

Kapt. John Harty, SAL-vlieënier en voorsitter van die SAL-vlieëniersvereniging, is Vrydag na die Douglasdale-polisiekantoor ontbied waar die Valke se eenheid vir misdade teen die staat (Cats) hom ondervra het.

Cats-lede word ingeroep om sake te ondersoek waarin daar ’n daadwerklike bedreiging teen die land se veiligheid is.

Die rede vir die ondervraging is dat Harty en ander vlieëniers daarvan beskuldig word dat hulle in samewerking met SAL-tegnici ‘n vliegtuig wou saboteur om ‘n swart vlieënier wat dit vlieg te diskrediteer.

Hoewel Harty dit as twak afgemaak en gesê het die sogenaamde intelligensiedossier ruik na intimidasie, meen kenners wat met Die Vryburger gesels het dat hulle versigtig moet wees.

Soos wat die vliegtuigongeluk waarin die Mosambiekse president, Samora Machel, aan die hand van onbekwame swart vlieëniers en ‘n ou vliegtuig wat nie in stand gehou is nie dood is, steeds voor die deur van Suid-Afrika se blanke veiligheidsdienste gelê word, word die tafel nou gedek dat blanke vlieëniers beskuldig sal word vir enige ongeluk wat ‘n swart vlieënier sal maak.

Hoekom anders is daar ses blanke vlieëniers op bystand wanneer die staatspresident, Jacob Zuma of sy adjunk, Cyril Ramaphosa oorsee wil gaan rondrits?

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het die ondersoek bevestig, maar het ontken dat Harty ’n verdagte is en het sy ontevredenheid uitgespreek omdat Harty ’n “vertroulike onderhoud” uitgelap het.

Hy het gesê hulle het die “intelligensie” om ’n ondersoek te begin. Omdat Harty voorheen baie luid sy misnoeë te kenne gegee het, het hulle gedink hy sal kan help met die ondersoek.

Harty is ’n vurige kritikus van Dudu Myeni, die SAL-raadvoorsitter, en het ’n mosie van wantroue teen haar eienaardige bestuurstyl gedryf.

 

Artikel 3

Swart Sondag

Sedert Sondag is 3 volksgenote vermoor.

Una Lötter (64), wat aanvanklik as vermis aangemeld is, se verkoolde lyk is onder ‘n verbrande stuk sinkplaat gevind.

Haar man Robert (68) is vermoedelik by die swembad aangeval en sy kop met klippe inmekaar geslaan.

Die twee is op hulle plaas buite Nylstroom vermoor.

‘n Onbekende getal terroriste het die Lötters aangeval en vermoor. Daarna het hulle die huis aan die brand gesteek.

Die plaas is al vir ’n jaar te koop omdat die egpaar na ’n nabygeleë ouetehuis wou trek.
Nadat die aanvallers Robert met klippe doodgeslaan het, het hulle van die drank in die huis se kroeg gedrink. Daar is oral leë drankbottels en verfrommelde blikkies bier gekry. Die polisie probeer vasstel hoe lank hulle in die huis was.

Die huis is vermoedelik met petrolbomme aan die brand gesteek.

Volgens die familie lyk dit asof die terroriste vir ’n hele ruk in die huis was. Hulle het van die gewere in die huis in die egpaar se motor gelaai, maar kon skynbaar nie met die kar ry nie. Die kar is ook aan die brand gesteek.
Die egpaar se worshond, Milo, is só erg deur die aanvallers geskop dat sy kakebeen gebreek was. Hy het ook brandwonde opgedoen en is Maandag deur ’n veearts uitgesit. Hul twee Jack Russel-honde is ongedeërd en bly by bure.

In ‘n ander geval is die lyk van Anna Catharina Langenhoven (67) Maandagogend deur haar huiswerker ontdek.

Sy het alleen op haar plaas, Silver Mist in Haenertsburg in Limpopo gebly.
Sy is vermoedelik oorval toe sy Sondagaand TV gekyk het. Haar hande was agter haar rug met maskeerband vasgebind. Daar was ook maskeerband oor haar mond geplak. Haar lyk is onder ’n matras in die huis gekry. Twee selfone en ’n Isuzu-bakkie is gesteel.

 

Artikel 4

Wie betaal belasting – en wie nie?

 

Terwyl die SAID en Tesourie ons graag wil wysmaak dat ons “belastingverligting” van biljoene ontvang, skets ´n oorsig van gepubliseerde belastingstatistiek ´n meer somber waarheid.

Die 2014/15 statistiek op 10 November gepubliseer, met al die indrukwekkende ontledings verswyg die volgende perspektief:

Die verklaarde stygings in “geregistreerde belastingbetalers” is misleidend – elke persoon wat ´n belasting sertifikaat ontvang, word geregistreer, maar van die verklaarde 18,2 miljoen belastingbetalers, moet slegs een derde opgawes indien.

Twee derdes betaal dus net LBS, indien toepaslik.

´n Skamele 4,9 miljoen belastingbetalers moet grootliks bydrae om 53 miljoen mense te onderhou.

2014/15 bevolkingsgetalle en aangeslane belasting

Sedert 2010/11 het die bevolking toegeneem met meer as 1,2 miljoen (2,3%) terwyl belastingbetalers wat belasting betaal, AFGENEEM het met meer as 700,000 (12.5%).

Uit totale belastinginkomste van R986 miljard, het hierdie 4,9 miljoen persone 24.9% – R 245,9 miljard – van alle belastings direk betaal.

Bronne van totale belasting-inkomste, 2014/15

Maar die verdere skokkende feit is dat die 65% middelklas belastingbetalers (wat tussen R100,000 en R500,000 per jaar verdien) sowat 42% – R 103,7 miljard – van hierdie inkomstebelasting moet betaal!

Die meerderheid van hierdie persone verdien R300,000 per jaar of minder.

Ofskoon hoër inkomstegroepe proporsioneel nóg meer bydrae tot totale belasting, is die druk op die middelklas relatief verarmend, vir twee redes:

  • Besteebare inkomste van veral die groep wat R300,000 of minder jaarliks verdien, is proporsioneel baie laer.
  • Daardie inkomste word nog verder verweer deur “dubbele belasting” – die noodsaak om self te betaal vir dienste wat die regering nie bied, of nie op redelike standaard bied nie.

Dit is ten slotte insiggewend om op te merk dat, anders as bykans alle ander staat-statistiek, invordering van belasting nie langs rasse-lyne ontleed word nie.

Elke ingeligte persoon sal besef dat om niks te sê nie, ook ´n antwoord kan wees – die kern is bloot die politieke onwilligheid van die regime om op sinvolle wyse die belastinglas eweredig te versprei onder alle bevolkingsgroepe.

Verder sou vele van juis die proporsioneel-oorbelaste middelklas, wat toenemend self vir mediese uitgawes betaal, hierdie jaar ervaar het hoe belastingverligting vir daardie uitgawes aansienlik gekrimp het – sodat gratis medies vir ander bevolkingsgroepe befonds kan word.

Wie betaal belasting? Hoe volhoubaar is hierdie wanbalans?

Dít is die vrae wat die statistiek nie ronduit oorweeg of beantwoord nie.

 

Artikel 5

 

Droogtevoeding is ‘n fyn kuns

 

Dit is nie almal wat met ’n weldeurdagte plan hulle diere voed gedurende die maer jare nie, en gevolglik gaan baie manure en geld onnodig verlore.

Boere kan die voeding van hulle diere tot ’n fyn kuns ontwikkel wat verseker dat niks verlore gaan, en geen onnodige arbeidsure vermors word nie.

Die advies is saamgestel deur ’n landboukundige van Transvaal wat graag sy kennis met boere wil deel in die swaar tye van droogtes.

Voordat ’n voer-program ingestel word, moes die boer eers sy diere bemark het wat nog ’n redelike prys kan behaal, om daarmee die wat gevoer moet word, veel minder te maak as wat gewoonlik op die plaas aangehou word onder normale omstandighede.

Ten eerste moet boere seker maak om nie diere wat meer as 30% gewig verloor het, te voer nie. Sulke diere moes reeds vroeër op die voedings-rooster gewees het.

Voer kan uit verskillende tipes bestaan, maar ou veldgras kan saam met verskillende voersoorte gemeng word. Die droë gras wat van die veld gesny en fyner gmaal is, kanmet molasse en minerale gemeng word.

In droogtetyd word enige vreetbare stof as voer gebruik, en kan wissel van turksvyblaaie tot ou veldgras.

Die boer moet sy aanteelvee, dit wil sê, die koeie en ooie wat swaar dragtig kan wees, eerste begin voer om die gehalte van die aankomelinge op goeie standaard te hou.

’n Stewige voedingsprogram vir dié diere verseker ook dat hulle die kalwers en lammers behoorlik sal voed met genoeg melk van goeie gehalte, en sal weggooi lammers tot ’n minimum beperk.

Die ander diere hoef nie dieselfde voeding te kry nie aangesien hulle normaalweg baie vinnig herstel na die droogte, terwyl die ooie en koeie ’n langer tyd nodig het.

Dit is raadsaam om met ou materiaal krippe te maak waarin die voer gegooi kan word, maar met sparre kan elkeen se vreet-spasie afgebaken word om seker te maak almal kry hulle kos sonder inmenging van ander diere.

Maak seker dat al die diere wat gelyktydig kos kry, afgesper is van die ander wat nog moet kry indien die krippe nie lank genoeg is om almal gelyktydig te voer nie.

Die hoeveelheid voer moet uiters beperk wees vir die diere, want hulle moet aan die lewe bly en nie in gewig toeneem nie.

Die diere hoef nie daagliks gevoer te word nie, behalwe die dragtige en dié wat reeds gekalf en gelam het. Hulle behoort stiptelik gevoer te word.

Waar moontlik moet gepoog word om diere se kampe so in te rig dat daar genoeg water is, en skaduwee as dit haalbaar is.

Speenkalwers op vervroegde ouderdom, van sowat 18 weke om die koeie as droë diere te voer wat aansienlike kostebesparend kan wees, terwyl lammers op 9 tot 10 weke gespeen kan word.

 

Artikel 6

Skole-transformasie word versnel

 

Luidens bronne binne die Departement van Basiese Onderwys wil die Departement aanstellings sentraliseer.

Dit is in reaksie op beweerde grootskaalse bedrog, nepotisme en selfs rampokkery rondom handel in skole-poste, waarby onder andere SADOU betrek word.

Kritici van die uitgelekte “oplossing”, waardeur provinsiale owerhede aanstellings gaan oorneem, meld dat juis daardie owerhede ook deur SADOU oorheers word.

Die byna eenvormige vrees van woordvoerders uit onderwyskringe is dat hierdie ´n bedekte poging van die regering is om ideologiese transformasie in onderwys te versnel.

Luidens onafhanklike kundiges, is dit insiggewend dat juis SADOU by sowel hierdie, as by vele ander ontwrigtingsaksies binne openbare onderwys betrek word.

Hierdie militante vakbondwese is besig om opnuut ´n hele geslag skoliere die geleentheid tot onderrig te ontneem.

Dit toon verder die inherente gevaar van die vakbondwese, wat op baie plekke wêreldwyd ´n twyfelagtige rekord van samewerking met georganiseerde misdaad en belangepolitiek het.

 

Artikel 7

Neo-rassiste transformeer Kovsies

 

Die anti-Afrikaner kampus-opmars wat in Stellenbosch begin het, beur onverpoosd voort.

In ´n nou reeds bekende minagting van ons taal, het die Raad van die Universiteit van die Vrystaat, luidens berigte besluit om Engels as primêre voertaal in te stel.

Persberigte verwys na ‘n sogenaamde “oop debat”, aldus Raads-voorsitter regter Ian van der Merwe, terwyl verskeie kommentators meen die besluit is bloot gestoomroller deur eng belangegroepe.

Die Raad het die groen lig gegee dat ´n nuwe taalbeleid ontwikkel word, vir instelling oor ´n jaar.

Die Afrikaanse Taalraad het by monde van sy Uitvoerende hoof opgemerk, met reg, dat die enkele toegewings teenoor ons taal is in wese beledigend.

Die ATR het voorts hul kommer uitgespreek oor die werksaamhede wat tot die besluite gelui het.

Die Vryburger het onlangs berig dat ´n taalkomitee in geheimhouding doenig was binne die Universiteitsbestuur. Dit blyk ook dat komitee-aanbevelings geensins eenparig was nie.

Professor Jonathan Jansen, berug vir sy uitgesproke Afrikaner-haat, se belofte om Afrikaans te handhaaf, was duidelik ´n rookskerm.

Dit is die mening van ´n ontleder met wie Die Vryburger gesels het.

“Hierdie toon net weereens dat die sogenaamde ‘demokratiese grondwet’ nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.

“Die regime en sogenaamde ‘burgerregte’, of ‘menseregte’, is net ´n sluimerliedjie om ons mense te troos, terwyl ons taal, erfenis, identiteit en geloof vertrap en verwater word.”

Teen laat Maandag het dit, vreemd vir hom, geblyk dat Jonathan Jansen stilswye handhaaf oor sy verbreekte beloftes.

Dit laat mens onwillekeurig wonder of hý nou die eerbare weg sal volg en bedank.

 

Artikel 8

Departement help studente om deur te kom

 

In ‘n ongehoorde stap wat strydig met nasionale beleid is, het die Sentraal-Transvaalse Onderwysdepartement van Onderwys aan skoolhoofde gesê dat in sekere vraestelle kan die punte tot met 20 punte aangepas word.

Volgens die Departement was van die vraestelle te moeilik gewees. Hierdie stap is volgens die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) strydig met nasionale beleid.

Kenners sê die departement kan maar net nie sy sake uitsorteer nie; as die punte nie met 7% aangepas moet word nie, dan lyk dit so al asof die Departement wil help om studente wat nie goed doen te laat slaag.

Skole skryf dieselfde vraestel in die eindeksamen, soos deur die Departement opgestel. Skole wat goed presteer, het op grond van vorige matriekuitslae ’n keuse. Die meeste skole maak nogtans gebruik van die geleentheid, maar dit is glad nie verpligtend nie.

In die Wes-Kaap word dit byvoorbeeld nie toegepas dat alle skole dieselfde vraestel skryf nie.

Die aanpassings vir gr. 10 en gr. 11 se wiskunde- en wetenskapvraestelle is verlede week aan skoolhoofde gekommunikeer, nadat die vraestelle se standaard glo baie hoog was en leerlinge nie goed gepresteer het nie.

Die aanpassings is soos volg: Wiskunde gr. 10, vraestel 1 – uit 100, voeg 8 punte by; Wiskunde gr. 10, vraestel 2 – uit 100, voeg 10 punte by; Fisiese wetenskap gr. 10, vraestel 1 – uit 100, voeg 10 punte by; Fisiese wetenskap gr. 10, vraestel 2 – uit 100, voeg 17 punte by; Wiskunde gr. 11, vraestel 1 – uit 150, voeg 10 punte by; Wiskunde gr. 11, vraestel 2 – uit 150, voeg 20 punte by; Fisiese wetenskap gr. 11, vraestel 1 – uit 150, voeg 10 punte by; en Fisiese wetenskap gr. 11, vraestel 2 – uit 150, voeg 18 punte by.

Woordvoerders sê dit is teen nasionale beleid. Boonop het die punte-aanpassings gekom nadat rapporte reeds deur die skoolhoofde onderteken is. Hulle meen dit is ‘n onverskoonbare fout dat die vraestelle se standaard te hoog was.

 

Artikel 9

Nhleko verdedig Nkandla

 

Dit sukkel ook maar eintlik na jare se baklei vir demokrasie om die demokrasie te verstaan.

Dit is duidelik waarom die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, nou sukkel in sy repliek op die DA se poging om tot die EFF se Nkandla-saak toe te tree.

Sy rede is dat hy in opdrag van die speaker gehandel het toe hy in sy omstrede verslag rondom die beveiliging van Nkandla bevind het dat die swembad, beeskraal en amfiteater wél ’n veiligheidsfunksie het.

Aldus sy verslag hoef die president dus nie ‘n sent terug te betaal nie.

Die appèlhof het vroeër vanjaar beslis dat die Openbare Beskermer (OB) se bevindinge nié geïgnoreer mag word nie en dat geen derde of parallelle proses ingestel mag word om haar bevindinge en ondersoeke te hersien nie.

Maar Nhleko sê dat die OB se wye magte nie die oorweging van veiligheidsopgraderings en veiligheidskwessies insluit nie.

 

 

Enjoyed this post? Share it!