Ondersoek na die leuens waarmee ons kinders TEEN ONS gebreinspoel word in skole


Ons gaan voort na gister se episode oor die leuens met wat ons geskiedenis in die skole verdraai is soos deur die – Verslag saamgestel deur die FAK – N.P. van Wyk Louw-sentrum Julie 2015

’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die geskiedenis-kurrikulum met ’n spesifieke verwysing na die vertolking van Afrikanergeskiedenis Graad 4 – Graad 12 Verslag saamgestel deur die N.P. van Wyk Louw-sentrum Julie 2015

21 Graad 8 – Sosiale Wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • Die Industriële Revolusie in Brittanje en Suid-Afrika o Veranderinge in Brittanje tydens die Industriële Revolusie o Suidelike-Afrika teen ongeveer 1860 o Die ontginning van diamante in Kimberley vanaf 1867
  • Die minerale revolusie in Suid-Afrika o Brittanje, diamantontginning, toenemende arbeidsbeheer, grondekspansionisme o Goudmynontginning op die Witwatersrand vanaf 1886
  • Die stormloop om Afrika in die laat negentiende eeu o Europese kolonisasie van Afrika in die laat negentiende eeu o Gevallestudie van die Ashanti-koninkryk
  • Die Eerste Wêreldoorlog

o Redes vir die uitbreek van die oorlog

o Verskillende aspekte en ervarings van die oorlog o Vroue in Brittanje tydens die oorlog

o Duitsland se oorgawe en die Verdrag van Versailles

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Afrika “beskawing” Aktiwiteit 11 in Vd8:175 lui soos volg: “Ons het vroeër gesien hoe die Europeërs Afrika as ’n ‘donker’ vasteland beskou het, en Afrikane as ‘onbeskaafde’ [sic] en ‘wilde’ [sic] voorgestel het.

22 “1. Skryf ’n paragraaf om die volgende vraag te beantwoord: ‘Wat dui daarop dat die mense wat aan die weskus van Afrika gewoon het, glad nie onbeskaafd en wild was nie?’

Noem ten minste vier punte.” Klaarblyklik is die tekens van beskawing (soos afgelei kan word uit die paragrawe wat die vraag voorafgaan) ystergietery, ruilhandel in goud, ornamente en leer, en die tem van diere.

Via8:172–173 propageer ook dat koninkryke oor Afrika voor kolonisasie “tegnologies gevorderd” was.

Die voorbeelde hiervan is die “mynboutegnologie” soos gesien kan word in die geval van die Mapungubwe-renoster, en die “argitektoniese en bouvaardighede” van byvoorbeeld Groot Zimbabwe.

Via8:174 bevat ’n afdeling Kom ons gesels daaroor, wat die volgende vraag aan die leerling stel: “Voorkoloniale Afrika was ’n goed ontwikkelde beskawing met eie verskillende politieke, ekonomiese, sosiale, opvoedkundige, landbou- en godsdiensstelsels.

Waarom dink jy dan het Europeërs die Afrikane as minderwaardig beskou?” Afrika selfversorgend Ox8:123 noem dat een van die gevolge van kolonisasie is dat Afrika “nie meer selfvoorsienend” was nie.

Die ironie is dat Afrika wel selfvoorsienend was tydens die koloniale tydperk, en vandag nié is nie.

In Mei 2012 het die Amerikaanse president, Barack Obama, kort voor die G8-beraad in ’n toespraak die volgende gesê: “Most of the world’s unused arable land is in Africa. Fifty years ago, Africa was an exporter of food. There is no reason why Africa should not be feeding itself and exporting food again. There is no reason for that.”

Duidelik was daar onder koloniale beheer baie meer voedselsekerheid … Wetenskaplike kennis Ox8:124 noem dat Europeërs “inheemse kennis” geïgnoreer het en dat hulle geglo het “hul eie wetenskaplike kennis beter [is]”.

Westerse wetenskaplike kennis behels die verduideliking en voorspelling van verskynsels, onderhewig aan streng toetsing, en die

23 opbou van kennis geskied by wyse van logiese deduksie. Dolosse, voorvadergeeste en die gewaande medisinale eienskappe van bepaalde plant- of diermateriaal kan eenvoudig nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

Dit word (en is destyds) ten regte deur die wetenskaplike gemeenskap summier verwerp.

Boekgeleerdheid Via8:181 lys onder “Slegte gevolge van kolonisering” die volgende: “’n Nuwe kalender, tale en skrif is ingestel.”

Buiten diegene met ’n Islam-agtergrond in Noord-Afrika het Afrika suid van die Sahara géén skriftelike tradisie gehad wat hul eie skriftelike erfenis in gedrang kon bring nie.

Trouens, met die koms van koloniste is Afrikane vir die eerste maal in hul geskiedenis blootgestel aan die skryfkuns en die vermoë om inligting meer permanent en betroubaar te bewaar.

Daar was ook geen kalenders wat vervang kon word nie. Eers met die koms van Europeërs het hierdie Afrikane bewus geword van konsepte soos “Woensdag” of “Februarie”.

Beperkte Boere-grondgebied Ingevolge die kaart van suidelike Afrika in Ox8:37 word die Suid-Afrikaanse Republiek se grense “nouer” uitgebeeld, weg van die Limpoporivier af.

Tussen die Republiek en sy ware grens is daar Kgacla-, Venda- en Pedi- “onafhanklike state” aangedui. Ook Vd8:154 toon twee kaarte van Suid-Afrika, om grondeienaarskap in 1860 teenoor 1913 te kontrasteer.

Die kaart van 1860 toon géén Boererepublieke aan nie, ook nie ’n Britse Natal (wat ook eers ’n Boererepubliek was) nie.

Republikeinse onafhanklikheid Daar word in Ox8:37 gesê dat die Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) en OranjeVrystaat se onafhanklikheid in onderskeidelik 1825 en 1852 deur Brittanje erken is.

Dit was egter in 1852 en 1854. 24 Die Pedi’s Vd8:138 beskryf die Pedi as ’n Shonasprekende groep. Sepedi is inderwaarheid ’n dialek van Noord-Sotho.

Onderwerping van die Pedi Ox8:76 stel dit dat Boeremagte Sekhukhune se Pedi’s aangeval het omdat hulle die ryk goudneerslae aldaar wou hê.

Inderdaad was dit hoofsaaklik Britse gouddelwers wat na Pelgrimsrus gegaan het, en ook gedink het aan Britse anneksasie van die Pedigebied.

Tydens die goudstormloop het Sekhukhune maklik wapens by blanke immigrante in die hande gekry, en hiermee het hy Boere se vee geroof en geplunder – soveel so dat van die Boere laer moes trek ten einde hulself te beskerm.

Boerekommando’s het opgetrek teen die Bapedi om orde te probeer handhaaf.

Hedendaagse korrupsie Vd8:172 beskou korrupsie en swak leierskap in hedendaagse Afrikastate “as deel van die nalatenskap van kolonialisme, wat ’n onregverdige regeringstelsel was”.

Ook in Via8:183 word die “opkoms van magtige leiers wat korrup en gulsig was”, soos Idi Amin en Mobutu Sese Seko, toegeskryf aan “[d]ie ineenstorting van tradisionele vorme van regering” weens kolonialisme.

Dat korrupsie ’n noodwendige gevolg is van “onreg” is sekerlik nie deduktief afleibaar nie?

Buitendien het talle Afrika-stamhoofde en konings soos despote geheers in die voorkoloniale tydperk.

Hedendaagse sukses Suid-Afrika word, saam met Namibië en Botswana, as “stabiele en voorspoedige” demokrasieë beskryf en as een van die “suksesverhale” van postkoloniale Afrika.

Rob Davies word ook aangehaal om te wys op Afrika en Suid-Afrika se toenemende sukses en belang in die wêreldekonomie (Vd8:172).

Gebrek aan basiese munisipale dienste, politieke geweld, diensleweringsproteste, toenemende werkloosheid, die MIV/Vigspandemie, xenofobiese aanvalle, energietekort, dreigende voedselonsekerheid en korrupsie wat hoogty vier in Suid-Afrika, is voldoende om hierdie stellings te repudieer.

25 Segregasie ontstaan in myne Ox8:88 meld dat die segregasie wat in die myne van die laat 1800’s in Suid-Afrika “ontstaan het”, later “versprei [het] na alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing en het eers in 1994 tot ’n einde gekom”.

Alhoewel rassesegregasie in die (Britse) gouden diamantmyne gehandhaaf is, is dit reeds geïnstitusionaliseer toe Jan van Riebeeck ’n amandellaning tussen die Nederlanders en die Khoi aangeplant het.

Skeiding tussen rasse het nie in die myne ontstaan nie, nóg minder in 1948.

Dit was as ’t ware ’n onmiddellike gegewe sedert blankes die eerste maal voet aan wal gesit het.

Rooibaadjies Vd8:151 se figuur 6.13 toon Britse soldate tydens die Tweede Vryheidsoorlog in rooi uniforms.

Die Britte het egter kakie gedra – vandaar die volksnaam “Kakies” vir Britse soldate.

Die uniforms lyk ook nie soos dié van die Eerste Vryheidsoorlog nie (toe die Britte inderdaad rooi gedra het nie).

Verskroeide aarde Vd8:151 maak melding van die Britte se verskroeideaardebeleid, en dat “eiendom van die Boere vernietig” is en “boere [sic] se hulpbronne ernstig beperk [is]”.

Daar word geen woord gerep oor die oprigting van konsentrasiekampe, of die vernietiging van dorpswonings, insluitend kerke, nie.

Voorkoms van sterftes word wel in Via8:125–126 genoem.

Rhodes en De Beers Via8:69 sê dat Cecil Rhodes die maatskappy De Beers in 1888 gestig het, en in 1892 ’n ooreenkoms met die Diamant Sindikaat bereik ingevolge waarvan diamantaanbod en -pryse gereguleer kon word. “Dit het tot die stigting van die Diamantkorporasie in 1930 gelei.”

Welke korporasie daarna verwys word, is nie seker nie. Rhodes is in 1902 oorlede, en De Beers bestaan vandag nog onder dié naam.

26 Suid-Afrika en die Eerste Wêreldoorlog Klem word uitsluitlik op twee gebeure gelê

– Die Slag van Delvillebos (1916) en die sink van die passasierskip SS Mendi (Vd8:195–196). Klem word ook gelê op die feit dat slagoffers van die SS Mendi hoofsaaklik swart Suid-Afrikaners was. Geen melding word gemaak van die Duitswes-offensief, of die ekspedisie na Oos-Afrika nie. Buiten een terloopse verwysing

– “weerstand deur die Boere by die huis” (Via8:252) – word die Rebellie ook totaal en al verswyg. Oostenrykse imperialisme Vd8:185 is van mening dat Aartshertog Franz Ferdinand Serwië “verder in die Oostenryk-Hongaarse ryk [wou] absorbeer”, en dat hy om hierdie rede deur die panSlawiese idealis Gavrilo Princip vermoor is.

Ferdinand was egter van plan om juis groter outonomie aan die Serwiërs (in wat toe Bosnië was) in ’n veel meer federale Oostenryk-Hongaarse staat (wat moontlik ’n derde, Suid-Slawiese been sou hê) te bied.

Sodanige federasie sou die Bosniese Serwiërs verhoed om deel te word van ’n pan-Suid-Slawiese Joegoslawië.

Rusland se draadspringery Volgens Vd8:200 het Rusland vrede gemaak met Duitsland ná afloop van die Russiese Revolusie, en het Duitsland nou 400 000 troepe van die oosfront af kon gebruik vir die Westerse offensief.

“Rusland het dus van kant verander!” Rusland het nie “van kant verander” nie, Rusland het onder sy nuwe regime bloot uit die oorlog onttrek.

Apartheid en loopgraafoorlog Vd8:192 verduidelik dat die Eerste Wêreldoorlog die bestudering en behandeling van “sielkundige siektes wat deur geweld veroorsaak word”, soos bomskok en posttraumatiese stressindroom, ingrypend verander het. Heel lukraak, en verwyderd

27 van die onderwerp, word dan gesê: “Hierdie versteurings beïnvloed steeds baie Suid Afrikaners as ’n gevolg van die gruwels en geweld van die apartheidsjare.” Wat apartheid met die loopgrawe van die Eerste Wêreldoorlog te make het, weet nugter.

Lord Kitchener Vd8:188 praat van “Alfred Kitchener, die Britse Minister van Buitelandse Sake”. Kitchener se name was Horatio Herbert, en hy was Minister van Oorlog (voorloper van die pos van Minister van Verdediging).

Die Minister van Buitelandse Sake ten tyde van die Eerste Wêreldoorlog was Edward Grey, gevolg deur Arthur Balfour.

28 Graad 9 – Sosiale Wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • Die Tweede Wêreldoorlog (1919–1945)

o Die totstandkoming van Nazi-Duitsland

o Die Oorlog in Europa

o Die Oorlog in die Stille Oseaan

  • Die Kerntydperk en die Koue Oorlog (1945–1990)

o Spanning tussen die geallieerdes na die oorlog

o Einde van die oorlog in die Stille Oseaan; kernwapens

o Definisie van supermoondhede en betekenis van die Koue Oorlog

o Areas van konflik en kompetisie

o Die einde van die Koue Oorlog, 1989

  • Keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert 1948

o Die Universele Verklaring van Menseregte

o Definisie van rassisme

o 1948: Nasionale Party en apartheid

o 1950’s: Onderdrukking en nie-gewelddadige weerstand

  • Keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis: 1948, 1960, 1976 en 1990

o 1960: Die Sharpeville-slagting en die Langa-optog

o 1976: Die Soweto-opstand

o 1990: Vrylating van Mandela en ontbanning van organisasies

Die volgende punte verdien aandag:

Die internasionale geskiedenis word oorsigtelik behandel, en kan maklik tuisgebring word onder enige heersende Westerse beskouing of beskrywing van die Tweede Wêreldoorlog.

Ook die Koue Oorlog word (moontlik vanweë beperkte omvang) hoofsaaklik objektief bespreek.

29 Die afdeling wat met plaaslike geskiedenis te make het, wat “keerpunte in die SuidAfrikaanse geskiedenis” behels, het uitsluitlik met die Struggle te make.

Aanleiding tot die algemene versetbeweging word geskets deur te wys op die Universele Verklaring van Menseregte deur die VN, en die wyse waarop die Afrikanerregering sedert 1948 radikaal afgewyk het van hierdie “universele beginsels”.

Daarby was die ideologie van segregasie en/of apartheid gebaseer op “pseudowetenskap” en die “mite” van menslike rasse (Ox9:125).

Aandag word in die afdeling verleen aan ’n bespreking van individuele apartheidswette, die impak van die Groepsgebiedewet (slegs met fokus op swartes), die Versetveldtog, die Freedom Charter en die Vroueoptog.

Profiele van Helen Joseph en Lilian Ngoyi word verskaf.

Die tweede gedeelte lê uitsluitlik klem op die gebeure by Sharpeville, die Sowetoopstande, toenemende interne konflik, druk vanaf die buiteland, die invloed van die einde van die Koue Oorlog en die uiteindelike verkiesing in 1994.

Daar word onder meer aan die SAKP, die PAC, Steve Biko, en Tsietsi Mashinini aandag geskenk.

In totaal behels die graad 9-kurrikulum niks wat nié in vele meer besonderhede in graad 11 en 12 gedoen word nie.

Sodoende word die graad 9-leerder, tydens die laaste jaar van sy bemoeienis met die verpligte vak Sosiale Wetenskappe, gedwing om die kern van die graad 11- en 12-geskiedenis-kurrikulum in te neem.

30 Graad 10 – Geskiedenis Temas:

  • Die wêreld teen omstreeks 1600

o China o Songhai

o Mongools Indië

o Europese gemeenskappe

  • Europese uitbreiding en verowerings van die vyftiende tot agtiende eeue

o Impak van Spanjaarde op Sentraal-Amerika en Karibiese eilande

o Impak van Portugese op Afrika en handelsroetes in die Indiese Oseaan

o Impak van die Hollanders op Suid-Afrika

o Slawerny aan die Kaap

o Gevolge van Europese uitbreiding op inheemse bevolkings wêreldwyd

  • Die Franse Revolusie

o Suid-Afrika in 1750

o Politieke veranderinge 1750–1820

o Politieke revolusie 1820–1835

o Nalatenskap

  • Transformasies in Suider-Afrika na 1750

o Redes vir die uitbreek van die oorlog

o Verskillende aspekte en ervarings van die oorlog

o Vroue in Brittanje tydens die oorlog

o Duitsland se oorgawe en die Verdrag van Versailles

  • Koloniale uitbreiding na 1750

o Britse beheer oor die Kaap en verandering in arbeidspatrone

o Uitbreiding van grense en handel

o Boere se reaksie op Britse beheer

o Die Zoeloe-koninkryk en Natalse kolonie

o Samewerking en konflik op die Hoëveld

  • Die Suid-Afrikaanse Oorlog en Uniewording

o Mynkapitalisme 31

o Die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902)

o Die Unie van Suid-Afrika 1910

o Die Naturelle Grondwet 1913

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

’n Onontwikkelde Europa Daar word in die eerste hoofstuk pertinent gepoog om die Europese beskawing van die vyftiende en sestiende eeu in ’n swak lig te stel teenoor die ryke in Asië en Afrika.

In Ox10:17 word daar vertel dat in die vroeë 1400’s gedrukte romans in Beijing te koop was, terwyl Koning Henry van Engeland slegs 6 boeke gehad het.

Daar word ook gesê dat Europeërs geglo het die wêreld is plat, en dat hulle swak paaie gehad het (Ox10:38). In hierdie tyd het die Renaissance egter al lankal in aanvang begin neem, en letterkundige werke deur Dante, Boccaccio en Petrarca was al dekades bekend, terwyl meesters soos Donatello reeds prominente werke gelewer het.

Daarby word prontuit gesê dat Arabiese en Chinese denke en tegnologie “baie verder gevorderd” was as in Europa (Ox10:39). Skeptisisme oor Europese bronne In Ox10:70 word uitgebrei oor die werk van die historikus Matthew Restall, wat die algemene opvattings rondom die Spaanse verowerings in die Amerikas bevraagteken.

Volgens hom is die conquistadors se oorwinnings toe te skryf aan interne oorloë tussen inboorling-Amerikaners.

Derhalwe het ’n klein mag Spaanse soldate nie alleen ’n oorwinning oor die inboorlinge behaal nie.

Die Spanjaarde se verhaal oor wat gebeur het, was bloot “om hulself op te hemel”. Dan word daar gesê: “Leerders, wees versigtig! Dink altyd na oor waarom mense dinge skryf en sê en wat hulle doen.” Dit is insiggewend dat slegs die Europese weergawe in twyfel getrek word.

32 Ontwikkelde Suid-Amerika Ox10:77 haal ’n gedeelte uit ’n koerantartikel in The Boston Globe van 2005 aan waar die volgende geskryf is: “Inka-metaalwerk was dikwels net so goed soos Europese metaalwerk, maar dit het sulke verskillende doeleindes gehad, dat wetenskaplikes dit tot onlangs toe nie as tegnologie herken het nie. Europeërs het metaal vir gereedskap gebruik terwyl die Inkas dit primêr gebruik het om rykdom en mag te toon.”

Die skrywer, Charles Mann, erken dat die metaalwerk hoofsaaklik as versiering gebruik is – en nie as gereedskap nie. Maar dan ís dit immers nie tegnologie nie.

Blote vermoë om te smee, impliseer nie die skep van vindingryke implemente nie.

Die Europese kalender Ox10:83 sê dat die Asteke ’n “sonkalender van 365 dae gebruik [het] en dit was 100 jaar voordat die Europeërs hulle eie 365-dag kalender uitgedink het”.

Dit is eenvoudig vals. Julius Caesar het die Juliaanse kalender reeds in 46 v.C. voorgestel.

Khoi-monument Ox10:94 betreur die feit dat daar nog geen monument opgerig is vir die Khoi wat in die pokke-epidemie dood is nie.

Die feit dat hulle nie martelare vir ’n bepaalde saak was nie, blyk nie vir die outeurs van handboeke ’n voldoende rede te wees nie.

Hollanders steel vee, grond en arbeid Ox10:94 meld dat die Khoi “gedwing was om bediendes van die Hollanders te word” weens “verlies van hulle grond”. ’

n Bron word dan aangehaal waarin vertel word dat die Hollanders die Khoi se vee gesteel het ten einde hul landerye te bewerk, en dat die Hollanders ’n amandelheining geplant het om die Khoi “van hul voorsate se grond” te skei.

Die “bron” is afkomstig uit www.sahistory.org, ’n bekende revisionistiese webblad wat veral fokus op Struggle-geskiedenis.

Daar word ook geen outeur aangedui by stukke op dié blad nie.

33 Geloofwaardigheid bevraagteken Aktiwiteit 2.11, vraag 5 (Ox10:97) lui soos volg: “Hoe sou die feit dat Bron D deur Van Riebeeck, ’n Hollandse kolonis, geskryf is die betroubaarheid van die bron beïnvloed?

Identifiseer die dele van die bron wat jy voel dalk bevooroordeeld is.” Slegs Van Riebeeck se dagboek word sodanig bevraagteken.

Ander bronne in die aktiwiteit, afkomstig uit www.sahistory.org en www.historyworld.com [wat in werklikheid die uitgang .net blyk te hê], word sonder meer aanvaar. Nie een van hierdie webblaaie het identifiseerbare outeurs vir hul betrokke artikels nie.

“Ontwikkelde tegnologie” Ox10:176 verwys na implemente en wapens van yster, potskerwe en plekke waar seremonies gehou is in plekke waar swart kapteinskappe gevestig was.

Die ontginning van yster “dui op ontwikkelde tegnologie”. Dieselfde handboek wat propageer dat Europa agter die res van die wêreld was, verswyg nou dat Europa reeds twee en ’n half millennia gelede die ystertydperk binnegegaan het.

Europa het reeds sy Middeleeue, Renaissance, en Hervorming beleef, en was (in 1750, waarby die handboek stilstaan) te midde die Verligting.

Die Westerse beskawing het indertyd op die vooraand van die Nywerheidsrevolusie gestaan.

Shaka en Nandi se dood Ox10:189 sê dat Shaka mense ten tyde van sy ma se dood opdrag gegee het om in die openbaar te treur, en is soms met die dood gestraf indien hulle hierdie bevel verontagsaam het.

Inderwaarheid het Shaka mense én beeste lukraak laat doodmaak, soms as offer.

Meer as 7 000 van sy onderdane is so gedood, juis sodat die volk sou treur.

Bloedrivier Die feit dat die terrein van die veldslag as Bloedrivier bekendstaan, vanweë die rooi kleur van die water, word beskryf as “’n Boere-legende” (Ox10:201).

34 Retief-Dingane-traktaat Ox10:202–203 noem dat die Voortrekkers “ook verklaar dat hulle ’n dokument … in Retief se sak gevind het. Die egtheid van hierdie dokument is egter te betwyfel”.

Hierdie stelling word dan ook nie gestaaf nie.

Potgieter as slawehandelaar Ox10:261 sê dat generaal Hendrik Potgieter in die 1840’s in die Wes-Transvaal jong swart kinders gevang het en by die hawe op Delagoabaai as slawe verkoop het.

Wat se ironie? “Na die nederlaag van Dingane in 1838 het ongeveer 6 000 Boere hulle in Natal gevestig (ironies genoeg op die grond wat hulle gesê het Dingane aan Retief gegee het voordat hy vermoor is).” Dit is juis níé ironies nie.

Die Voortrekkers het onderneem (in Retief se manifes) om niemand se grond te onteien nie.

Deur hulle in die gebied deur Dingane afgestaan te vestig, het hulle hierdie onderneming gestand gedoen.

Voortrekkers vat grond én bewoners Ox10:264 sê dat in die Republiek Natalia elke burger “2 500 hektaar grond [kon] eis en die swart werkers wat daarop was”.

Hier word blatant geskryf dat die Voortrekkers grond goedsmoeds gevat het by swart boere, en dan boonop hierdie vorige eienaars as werkers “kon eis”.

Konsentrasiekampe ’n “noodsaak” Volgens Ox10:327 is dit “onwaarskynlik dat die Britte ooit bedoel het dat dit [die sterftes in die konsentrasiekampe] die resultaat moes wees.”

Daarby was hulle verplig om die vroue en kinders “in ’n veilige plek te hou”. Daar word nie gesê dat die vrouens en kinders hul reeds bestaande veilige plekke kwyt is omdat die Britte hulle afgebrand of 35 gebombardeer het nie!

Melding word ook oor siektes gemaak wat sterftes in die kampe veroorsaak het, maar nie ’n woord word gerep oor uithongering, glas en metaalhakies in die voedselrantsoene, of gebrek aan water en brandstof nie.

Uiteenlopende standpunte Aktiwiteit 6.9 in Ox10:330 maak melding van die feit dat Emily Hobhouse (Bron A) en Violet Markham (Bron B) se opinies van en rapportering oor die kampe teenstrydig is.

Die leser moet dan besluit welke een die mees betroubare is. Markham het geskryf dat die Boervroue self verantwoordelik was vir die sterftes vanweë hul gebrek aan kennis en sanitasie, en dat dokters en verpleegsters teen sulke “gruwels” die stryd moes voer.

Bron D is geskryf deur Sophie Leviseur, ’n Duitse Jodin wat klaarblyklik in die kamp te Bloemfontein was. Volgens haar is die verhale oor die kampe oordrewe, dat daar nie vuur op onverdedigde stede was nie, en dat burgerlikes nie gedood is nie.

Dit was vervolgens “soveel ’n ‘gentleman’ se oorlog aan beide kante as wat oorlog kan wees”. Leviseur se leuens word dan nie deur die handboekskrywers weerlê nie – talle dorpe (insluitend die kerke) is volkome verwoes, daar is geskiet op vlugtende vrouelaers (in die Klerksdorp Museum is vandag nog ’n beskadigde grafsteen te sien, raakgeskiet toe die Engelse tydens ’n begrafnis op vroue losgetrek het), en honderde vroue en jong dogters is verkrag deur Britse soldate – gruweldade wat nêrens in die handboeke vermeld word nie.

Boere maak van gewapende swartes gebruik Ox10:334 het ’n foto wat klaarblyklik “swart skutters in ’n Boere-kommando by Winfield” aandui.

Daar word geskryf dat swartes deur Britte bewapen en as verkenners gebruik is, maar daar word ook prontuit gesê dat swartes deur die Boere bewapen is.

Nieblankes is nooit deur die Boeremagte van wapens voorsien nie, aangesien dit teen hulle beginsels was om eersgenoemdes van vuurwapens te voorsien.

Trouens, die Boere het nie-blankes wat vir die Britte gespioeneer het of deur hulle bewapen is, gefusilleer. 36 Versoening Daar word in Ox10:339 geskryf dat die vredesverdrag “aansienlike hulp vir die heropbou van [die Boere] se plase ingesluit het”.

Brittanje het wel ’n sommetjie aangebied, maar dit was alles behalwe “aansienlik”.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog was Republikeinse Afrikaners volkome verarm.

Meeste wonings is vernietig, landerye en weiding verbrand, en die ganse veestapel van kant gemaak, sodat meeste (oorlewende) gesinne letterlik niks gehad het nie.

Die heropbou wat oor die volgende dekades plaasgevind het, was die produk van selfdoen-aksies en -projekte deur Afrikaners self – nie deur Britse liefdadigheid of versoeningsaalmoese nie.

 

Naspers

Enjoyed this post? Share it!