Ons grond SAL gevat word, wettiglik, kwasi-wettiglik, onwettiglik of geweldadig.


MIN VAN ONS BESEF, OF WIL NIE WEET NIE, DAT SA 1 AUGUSTUS 2015 ‘N HELE NUWE KOMMUNISTIESE BAADJIE AANGETREK HET, DIT GAAN HAND AAN HAND LOOP MET DIE NUWE WET OP ONTEIENING (EN GRONDEISE / GRONDHERVORMING)

Grondonteiening die “wettige” werklikheid en hand aan hand belasting betaalbaar op onroerende eiendom – Het jy geweet waarvoor jou swaarverdiende geldjies werklik aangewend moet word?

In die lig herhaal ek gisteraand se artikel oor selfbeskikking

 

Artikel 1

BAV – Selfbeskikking bly relevant

Selfbeskikking vir die Afrikanervolk is nie uniek in internasionale verband nie, gevolglik nie vergesog nie en allermins onredelik.

Die kwessie van selfbeskikking het skielik in die internasionale kollig beland nadat die Switserse bevolking hulle uitgespreek het ten gunste van die gedeeltelike sluiting van hulle grense vir nie-Switsers. Die Switserse Volksparty het dit reggekry om ‘n referendum oor dié onderwerp af te dwing, nadat ook dié land, soos ander Europese lande, te kampe gekry het met toenemende instroming van vreemdelinge vanuit alle wêrelddele. Net meer as die helfte van die Switserse kiesers het saamgestem dat die grense nie so oop kan bly nie, en dat die invloei van vreemdelinge baie meer beperk moet word.

Switserland het gekies vir nasionalisme: behoud van eie kultuur, beskerming van die eie volk en die behoud van hulle eie staat vir dié wat dit opgebou het. Dit is niks anders nie as ‘n stem vir selfbeskikking.

Die EU se dreigement om sy betrekkinge met Switserland in heroënskou te neem, kan homself op risiko plaas. Sou ander Europese volke dieselfde standpunt sou inneem, wat glad nie onmoontlik is nie, gaan dit die bestaansreg van die EU self in ‘n enorme krisis dompel, en sal ‘n terugslag wees vir die gedagte van streekregerings

Waar die “magtige” EU enkele maande gelede onaantasbaar gelyk het, het die klein Switserse staatjie nou ‘n enorme kraak in sy eenheidmondering geslaan.

Die les hieruit is dat in die wêreldpolitiek, niks in klip gekap is nie. Die Romeinse Ryk was dit nie, die Sowjet-Unie was dit nie, die EU gaan dit nie wees nie, en so sal die Suid-Afrikaanse eenheidsbedeling in dieselfde voetspore volg en verbrokkel voor die mag van nasionalisme en die eis vir selfbeskikking.

Die Volksraad is dus meer as ooit van mening dat die Afrikanervolk se aanspraak op selfbeskikking geregverdig is, in die lig van wat internasionaal gebeur. Met die oopstel van die Europese grense, het die voortbestaan van volkere op grond van hulle unieke kulturele en ook godsdienstige identiteit, in gevaar gekom, en ten spyte van wat regerings sê, is die mense op grondvlak dit nie daarmee eens nie.

February 13, 2014  Henk de Graaf, voormalige sekretaris van die Volksraad

hollands1

Artikel 2

Boere nie alleen met geweer teen kop’
Waar is die multimiljoenrandse besighede wat van die landbou afhanklik is, want nie nét boere moet saamstaan om SA se disfunksionele raamwerk te oorleef nie, vra Agri SA se nuwe uitvoerende hoof.
Dis nie net boere wat moet saamstaan nie, maar die hele waardeketting moet die landbou ondersteun en saam ’n groot, onkeerbare golf vorm sodat dié bedryf in Suid-Afrika se “disfunksionele raamwerk” kan oorleef en hom vir die toekoms kan posisioneer.

Mnr. Omri van Zyl, nuwe uitvoerende hoof van Agri SA, het op Agri Wes-Kaap se jaarvergadering ’n beroep op die landbou gedoen om sy verhoudings in die waardeketting, maar ook internasionaal, te versterk. Die landbou se bydrae tot die primêre ekonomie is sowat 2,5%, maar wanneer die landbouwaardeketting bygereken word, is dit ongeveer 20%.

Hy het gesê dis belangrik dat banke, saadmaatskappye, kleinhandelaars, besighede en ander landbou-rolspelers mekaar ondersteun.

“Hoekom staan nét die boere voor? Ons gaan nie alleen met ’n geweer teen die kop staan nie. Al hierdie multimiljoenrandse besighede is van ons afhanklik, want ons is die begin van die ketting. As jy dit regkry, praat jy van ernstige kapitaal, nie net 2,5% nie.”

Die disfunksionele raamwerk waarna hy verwys het, sluit in korrupsie, trae ekonomiese groei, werkverliese in die mynbou, geweld op plase en regeringsinstellings wat eintlik “net geld suig”.

“Ons groeikoers is onder 2%, maar as jy dit afspeel teen inflasie van rondom 6%, sê dit net voedselinflasie, onbekostigbaarheid, disinvestering en verdere armoede. Dis die werklikheid wat ons in Suid-Afrika moet kan hanteer.”

Volgens Van Zyl bestaan baie redes waarom die landbou wel vorentoe sal gaan in die moeilike omgewing. Met meer as 800 000 mense in diens is die landbou een van die grootste werkgewers in die land.

“Hier is ’n sterk waardeketting en ons is geposisioneer vir groei. Afrika gaan die wêreld voer en ons gaan suider-Afrika moet voer. Die mense raak ryker en hulle moet eet. Daar is nie ander vaardigheid in Afrika om aan Afrika se behoeftes te voldoen nie. Ons is dit.”

 

Wonder hoekom word net multi-miljoenrandse besighede gevra, alle besighede en elkeen in ons land word geraak, en ‘n volk bestaan mos nie net uit ryk of superrykes nie – daar is ook kleinboere wat nie ryk is nie en skaars kop bo water hou, maar wat ook geraak word… dit is tyd dat die landbousektor wat so met regering praat, ook met die res van die volk praat waaraan hulle behoort….

 

Lanbou.com, 5 Augustus 2015 boerpap

Artikel 3

Onteiening: Wetsontwerp word geskaaf

Wie skaaf die Onteieningswet – die SAKP…. natuurlik soos dit hulle behaag
Probleme met die wetsontwerp op onteiening is tydens openbare verhore oor dié wetsontwerp uitgewys en sal aangespreek word.
Die staat beplan om uitkoms te bied vir arm landelike gemeenskappe wat nie geld het om hulle na die hof te wend rakende vergoeding vir hul onteiende eiendom nie. Dié voorneme kom van mnr. Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, tydens openbare verhore oor die voorgestelde onteieningswetsontwerp by die Parlement.

Heelwat instellings het kommentaar gelewer oor hoe die vergoedingsaspek hanteer moet word en waarom daar veranderinge aan die klousule rakende die magte van die minister moet kom. “Rakende die koste om kwessies na die hof te neem, veral arm landelike gemeenskappe, het ons besluit… ons sal kyk na outomatiese verwysing na die hof in die geval van ’n voergoedingdispuut, waar daar nie eenstemmigheid is oor die vergoeding nie,” het Cronin gesê.

Dié bepaling moet nog in die wetsontwerp ingeskryf word. “Onteiening sal steeds plaasvind, daar sal steeds vergoeding wees, maar daar is die reg om te appelleer.” Hy het ook daarop gewys dat die beginsel van beginsel van gewillige koper en verkoper nie totaal en al sal verdwyn nie. Waar daar probleme ondervind word met die aankoop van eiendom vir die doeleindes van openbare belang, sal onteiening kan intree.

Die staat aarsel om te onteien hoewel die magte daarvoor bestaan vanweë die 1975-wet. Maar omdat daar ’n soort van senuweeagtigheid van die staat se kant is om te onteien wanneer nodig, doen hy dit nie en betaal hy eerder te veel geld vir die eiendom. Dit word dan eintlik die beginsel van gewillige verkoper en onnosel koper (die staat), verduidelik Cronin.

Onteieningsmag bevraagteken
Die regsfirma Webber Wentzel het ’n moontlik katastrofiese bepaling uitgewys wat enige staatsorgaan onteieningsmagte sal gee. Hierop het Cronin gesê dat daar ’n misverstand ingesluip het. Die magte van die minister om te onteien in Afdeling 3.(1) (a) van die wetsontwep gee die indruk dat die minister van openbare werke die enigste een is wat mag onteien én hy mag dan enige ander geskikte staatsorgaan aanwys om te onteien.

Cronin het verduidelik dat die bepaling verkeerd verwoord is en verander sal word. Dit moes eintlik bedoel het dat die minister van openbare werke by die versoek van ’n staatsorgaan mag onteien. Maar ook nie enigiets nie, slegs dit wat vir die minister geld rakende die bepaalde wetgewing wat hom/haar reguleer.

Lanbou.com, 5 Augustus 2015

xrsa1

Artikel 4

WETTE OP MUNISIPALE EIENDOMSBELASTING EN ONTEINING

MUNISIPALE DIENSTE – VLAK 3 REGERING

Wette word deur die Regering van die Dag in die Wetgewer / Parlement afgekondig en waar dit munisipaliteite raak, word dit op vlak 3 ge-implementeer, en van toepassing gemaak op raadswyke en gemeenskappe.

Bywette en Ordonnansies word deur Plaaslike owerhede daargestel om amptenare / raadslede te bemagtig oor gemeenskappe. (dit sal ook aanpas by die nuwe wetgewing)

Watter wette gaan geraak word deur Onteiening ? HEELWAT, ONDER ANDERE:
Wet No 6, 2004 PLAASLIKE REGERING:
WET OP MUNISIPALE EIENDOMSBELASTING, 2004
vele ander wette word hierin genoem, en wat moontlik almal gewysig sal word, selfs die Munisipale Bywette en Verordeninge…

http://www.nkrpo.co.za/wette/Eiendomsbelasting.doc

“Ou” Bywette kan verkry word van die munisipaliteit se inligtingskantore – vra maar jou raadslid.

22 JULIE 2005

VERANTWOORDELIKHEID:

Die LUR verantwoordelik vir plaaslike regering in ‘n provinsie het as algemene funksie die taak om toe te sien dat munisipaliteite in die provinsie voldoen aan die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting. Indien gemeenskappe nie die nodige aandag van hul munisipaliteite kry oor waardasie- en belastingaangeleenthede nie, staan dit hulle vry om in gesprek te tree met hul onderskeie Provinsiale Plaaslike Regeringsdepartemente. Vir kontakbesonderhede van jou Provinsiale Plaaslike Regeringsdepartement, gaan in op www.dplg.gov.za en op die webtuiste, gaan na “Government Sphere” en dan “Link to Provincial Government Information”.

HOE HET ONS WAARDASIES TOT 31 JULIE 2015 GEWERK?

Dit word hieronder uitgespel.

WAARVOOR WAS ONS EIENDOMSBELASTINGS SOVER AANGEWEND?

Munisipaliteite moet ‘n betroubare bron van inkomste hê om basiese dienste te kan voorsien en hul werksaamhede te verrig. Eiendomsbelasting is die belangrikste bron van algemene inkomste vir munisipaliteite, veral in ontwikkelde gebiede.

Die inkomste uit eiendomsbelasting befonds dienste tot voordeel van die hele gemeenskap in teenstelling met afsonderlike huishoudings. Dit sluit konstruksie en onderhoud van strate, paaie, sypaadjies, beligting en stormwaterdreineringsfasiliteite in asook die oprigting en bedryf van klinieke, parke, ontspanningsfasiliteite en begraafplase.

Inkomste uit eiendomsbelasting word ook aangewend vir die administrasie van die munisipaliteit, soos rekenaars en skryfbehoeftes, en die uitgawes vir bestuur soos raads- en gemeenskapsvergaderings, wat deelname van die gemeenskap oor aangeleenthede van Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP) en munisipale begrotings vergemaklik.

Munisipale eiendomsbelasting word bepaal, ingevorder en plaaslik aangewend deur munisipale rade. Regeringsinstansies op nasionale en provinsiale vlak het nie die reg om munisipale belastings te hef nie en hulle deel ook nie in die inkomste daaruit verkry nie. Eiendomsbelasting word bestee in ‘n munisipaliteit, waar die inwoners en kiesers ‘n inspraak het oor die besluite hoe die inkomste bestee gaan word as deel van die GOP en begrotingsprosesse, waar munisipaliteite die insette van gemeenskappe vra voordat die munisipale raad die begroting aanvaar.

…….

Die huidige regering moes al die wette wat verer vermeld word OOK aanpas om by die kommunistiese baadjie aan te pas. Dit wil se, alle munisipaliteite sal ook nou weer hul “waardasies” volgens my moet aanpas, indien jou eiendom minder gewaardeer word. Dieselfde geld vir bankwaardasies, ens.

– MIN VAN ONS WEET, OF WIL NIE WEET NIE, DAT DIT 1 AUGUSTUS 2015 ‘N HELE NUWE KOMMUNISTIESE BAADJIE GAAN AANTREK, DIT GAAN HAND AAN HAND LOOP MET DIE NUWE WET OP ONTEIENING (EN GRONDEISE / GRONDHERVORMING)

tot en met 31 Julie 2015:

Erfbelasting is eintlik ‘n “vloekwoord”, want wat een persoon betaal, word nie noodwendig dieselfde deur ‘n ander betaal nie. Heelwat van ons mense is oningelig wat dit eintlik alles behels. Enige dorpskema word vooraf uitgele, strate, en dienste gelewer, voordat ‘n persoon daar mag bou.

Wat is munisipale eiendomsbelasting?

Munisipale eiendomsbelasting is ‘n Sentbedrag-in-die-Rand gehef op die markwaarde van onroerende eiendom (dit wil sê grond en geboue)

Munisipaliteite het ‘n lang geskiedenis om eiendomme te belas ooreenkomstig die ou Provinsiale Ordonnansies (van die voormalige Kaap die Goeie Hoop, Natal, die Oranje Vrystaat en Transvaal), veral in die voormalige blanke stedelike gebiede. Daarbenewens magtig die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika munisipaliteite om eiendomme in hul regsgebiede te waardeer en te belas. Die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting vervang die vorige stelsel van eiendomswaardasie

Munisipaliteite het ‘n lang geskiedenis om eiendomme te belas ooreenkomstig die ou Provinsiale Ordonnansies (van die voormalige Kaap die Goeie Hoop, Natal, die Oranje Vrystaat en Transvaal), veral in die voormalige blanke stedelike gebiede. Daarbenewens magtig die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika munisipaliteite om eiendomme in hul regsgebiede te waardeer en te belas. Die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting vervang die vorige stelsel van eiendomswaardasie.

Wie is aanspreeklik vir die betaling van munisipale eiendomsbelasting?
Alle eienaars van onroerende eiendom is aanspreeklik vir die betaling van eiendomsbelasting. Daarom word alle eienaars van onroerende eiendom, insluitend kommersieël, residensieël (wonings), landbou, regering, en so meer, by hierdie definisie ingesluit. Grondregte soos die vergunning om te okkupeer, wat normaalweg in gemeenskaplike gebiede aangetref word, word ook by die definisie ingesluit. Munisipaliteite moet toesien dat eienaars van eenhede in deeltitelskemas by hulle geregistreer is want die skema as regspersoon kan nie meer belas word nie.

Hoe word munisipale eiendomsbelasting vasgestel?
Die finansiële verpligting ten opsigte van munisipale eiendomsbelasting word bereken deur die markwaarde van die onroerende eiendom (byvoorbeeld grond en geboue) te vermenigvuldig met ‘n Sentbedrag-in-die-Rand soos deur ‘n munisipale raad bepaal. Byvoorbeeld:

Indien die markwaarde van onroerende eiendom (grond en geboue) R50 000 is, en
o die Sentbedrag-in-die-Rand R0,015 (dit wil sê 1,5 sent), dan
o is die bedrag verskuldig vir eiendomsbelasting (R50 000 x 0,015 smile emoticonR750 vir die jaar. Die eienaar van die eiendom moet dus (R750 ÷ 12 smile emoticonR62,50 per maand aan die munisipaliteit betaal.
o Indien die betrokke eiendom as residensiële eiendom (woning) gebruik word, of as dit veeldoelig aangewend word, solank een of meer komponente vir residensiële doeleindes aangewend word, dan
o sal die Sentbedrag-in-die-Rand bereken word na aftrekking van die eerste R15 000 van die markwaarde van sodanige residensiële eiendom (dit is ‘n vereiste soos voorgeskryf in die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting), wat inhou dat die R0,015 toegepas sal word op R35 000 en nie R50 000 nie. Dit is R50 000 minus R15 000.
o Die belasting betaalbaar deur die huiseienaar is dan R35 000 x 0,015 = R525 vir die jaar en maandeliks moet die eienaar van die eiendom R43,75 aan die munisipaliteit betaal.

http://www.cogta.gov.za/…/81-faq-and-answers-afrikaans…/file

…………..

Omdat die ekonomie ons almal wurg, probeer sekeres spaar, en ander spaar niks. Baie gee nie eers om om bv. met water te mors nie.

Eskom maak dit ook nie makliker nie, maar vir my as leek is dit net so moeilik om te weet, my voorland was vir jare om Rxxx te begroot vir elektrisiteit, maar nou kry ons minder elektrisiteit per maand, en steeds moet mens Rxyz begroot, wat net daagliks styg. Meeste huishoudings (behalwe swart gebiede langs ons dorpe en stede, is hierby uitgesluit, want hulle liggies brand aaneen ), verloor ten minste 10 uur per week waar daar GEEN energie verskaf word nie (terwyl jy vir jou diens betaal. 10 uur per week maal 4/5, gee jou 40 uur per maand, en volgens rekord, is daar geen Rxyz wat verminder word nie.

Dieselfde gebeur op die gebied van water. Hoeveel damme het ons vanaf 1994 gebou? Ek vind niks wat sedertdien gebou is nie. Dalk kyk ek dit mis.

ALLE munisipale dienste vorder die geld in vir jou diens vir watervoorsiening, maar gerieflikheidshalwe gee hulle jou nie daardie diens waarvoor jy betaal nie. Nou wie vat dan ons geld as hulle geen diens of ‘n slegter diens lewer, net wanneer dit hulle pas. Hoeveel dorpe en stede sit vir weke sonder water en hoeveel van die water wat ons ten duurste maandeliks betaal, word regtig aangewend om ons water skoon in ons krane te kry? Hoeveel se water is regtig skoon? Nou praat ek nie van gebottelde water nie.

Ons kon al lankal, met al hierdie misbruik van die belastingbetalers se geld, damme gebou het en opgaardamme by riviere gebou het, om water wat wegloop see toe, op te vang. Ons kon al selfs ontsoutingsaanlegte gebou het, in tye van droogte, om ons water aan te vul.

breedmore

MUNISIPALE TARIEWE

Hoër munisipale tariewe kos SA poste, hope geld 

Die impak van die jaarlikse verhogings in munisipale tariewe en erfbelasting blyk onder meer uit die verlies van 4 500 werkgeleenthede asook verlore ekonomiese opbrengste van sowat R2,8 miljard.

Hierdie bevindings is uitgelig op die Vereniging van Eiendomseienaars van Suid-Afrika (Veesa) se 46ste internasionale konvensie wat onlangs in Kaapstad gehou is.

Kort tevore het Veesa die konsultasiefirma Rates Watch gevra om in vennootskap met die Universiteit van Pretoria munisipale begrotings vir die komende jaar te ondersoek.

“Die doel van die ondersoek was die identifikasie van belangrike munisipale begrotingsinligting wat verband hou met eiendomsverwante koste soos erfbelasting, elektrisiteits- en waterkoste in Suid-Afrika se 11 grootste munisipaliteite,” sê Neil Gopal, uitvoerende hoof van Veesa.

Die styging in eiendomsbelasting in metropolitaanse gebiede het gewissel tussen 4% en 11 % per jaar oor die afgelope vier of vyf jaar.

Die aangepaste gemiddelde groei in eiendomsbelasting was 6,7 % per jaar.

Die grootste verhogings – van meer as 11% – was in Nelson Mandela-baai gevolg deur Mangaung teen 10.97 % en Tshwane teen 10,75 %.

Die kleinste verhogings in eiendomsbelasting, van onderskeidelik 4,3%, 5% en 5,6%, was in eThekwini, Polokwane en Ekurhuleni.

Gopal skets die breër agtergrond vir die ondersoek: “Ons topprioriteit was om te bepaal of hierdie hoë belastings perke plaas op Suid-Afrika se ekonomiese beleid – iets wat streng deur die Grondwet verbied word.”

Teen hierdie agtergrond is een van die verreikendste bevindings in die verslag die ongelykheid van eiendoms­waardasies, veral in die residensiële sektor, waar eiendomme dikwels ondergewaardeer word.

Om hierdie tekort te vergoed, word die verhouding wat op kommersiële en nywerheidseiendomme betaal word, verhoog.

Maar die eienaars van eiendomme wat akkuraat gewaardeer is, betaal ook te veel.

“Die vereniging wil seker maak dat munisipaliteite ’n gelyke hoeveelheid dienste aan hul kommersiële en nywerheidskliënte lewer,” sê Gopal.

“Ons beskou die studie as die begin van betrokkenheid by die departement van samewerkende regering en tradisionele sake onder wie se jurisdiksie die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting val.

“En ons sien uit na konstruktiewe samewerking met die departement se pas aangestelde minister, Pravin Gordhan, oor munisipale tariewe en ander kwessies wat nie net die eiendomsektor belemmer nie, maar uiteindelik ook ekonomiese groei en werkverskaffing,” sê hy.

Die Beeld

transformation3

 

Enjoyed this post? Share it!