Ons stuur ons kinders na die VYAND se skole waar leuens oor ons geskiedenis geleer word.


Die leuens met wat ons geskiedenis in die skole verdraai is soos deur die Verslag saamgestel deur die FAK – N.P. van Wyk Louw-sentrum Julie 2015

’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die geskiedenis-kurrikulum met ’n spesifieke verwysing na die vertolking van Afrikanergeskiedenis Graad 4 – Graad 12 Verslag saamgestel deur die N.P. van Wyk Louw-sentrum.

Voorwoord

Ek beskou hierdie as ’n baie deeglike verslag. Wat deurgaans in gedagte gehou moet word, is dat Geskiedenis nie die werklike verlede is nie, en ook nie ’n spieëlbeeld daarvan nie.

Geskiedenis is ’n weergawe van die verlede, ’n interpretasie. Elke interpretasie is subjektief, want dit weerspieël die menings van ’n mens/mense en alle menings is in wese subjektief. Dit is vanselfsprekend dat die Suid-Afrikaanse onderwysowerhede daaraan toegewyd is dat die Geskiedenis wat aan die skoolgaande jeug onderrig word, die ontstaansmite van die nuwe Suid-Afrika moet ondersteun.

Hierdie ontstaansmite behels dat die totstandkoming van Suid-Afrika die gevolg was van die oorwinning wat die voorstaanders van reg en geregtigheid (die ANC) oor die magte van onreg en onderdrukking, uitbuiting en brutaliteit (die ou Nasionale Party-regering van die apartheidsera) behaal het.

Die skrywers van die boeke was gevolglik daarop ingestel om die ANC en sy leiers as die helde in die geskiedenis van Suid-Afrika op te hemel en die ou NP en sy leiers (die apartheidsleiers) as die skurke voor te stel.

Hulle doel was om so polities korrek as moontlik te wees – al was dit telkens blatant ten koste van objektiwiteit.

Gevolglik kom die selektiewe aard van veral opdragte en gespreksonderwerpe wat in die boeke aanbeveel word, soms so eensydig voor dat lesers nie ’n ander indruk kan kry nie as dat hulle met ’n verminking van die verlede werklikheid te kampe het.

Dr. Jackie Grobler Junie 2015

4 Inleiding Die verslag handel oor die geskiedenis wat leerlinge van graad 4 tot 12 in SuidAfrikaanse skole geleer word.

In die tydperk van graad 4 tot 9 voltooi leerlinge die vak Sosiale Wetenskappe, wat uit twee komponente bestaan,

  • te wete Geografie (Aardrykskunde) en
  • Geskiedenis

Hierdie twee komponente verdien eweveel aandag en ruimte in die handboeke. Vir leerlinge in graad 10 tot 12 is Geskiedenis ’n keusevak.

Twee opmerkings kan hier gemaak word. Die eerste is dat vir ’n senior leerling wat hom in die geskiedenis begewe, hy slegs te make sal hê met dit wat in die kurrikulum verskyn.

Wanneer na die aard van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in hierdie tydperk gekyk word, wek dit rede tot kommer.

Die tweede is dat elke leerling van graad 4 tot 9 nie (soos ’n senior leerling) slegs aan ’n sekere soort geskiedenis blootgestel word nie, maar dat sodanige blootstelling vir die junior kinders verpligtend is.

In graad 9 het die leerling dan geen ander keuse as om ’n beknopte weergawe van die graad 11- en 12- leerplan te moet voltooi nie.

 Van die grofste leuens, foute, wanvoorstellings of wyse van aanbieding waarmee die leerling te kampe het, is onder meer die volgende:

  • Voor die koms van Europeërs na die kontinent was daar in Afrika talle “beskawings” waar ingewikkelde samelewings oor onder andere “gevorderde tegnologie” beskik het.
  • Die Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck het die vrede en harmonie wat in suidelike Afrika geheers het onomwonde kom vernietig. Hierdie koloniste het die (nomadiese) San en Khoi se grond en vee met geweld afgeneem, en ook hierdie mense gedwing om hul (die Nederlanders se) werkers te word. Klaarblyklik het die Nederlandse nedersetting ook daartoe gelei dat die ganse Khoi-bevolking amper uitgewis is.
  • Die enigste betroubare bronne oor die geskiedenis van enige eeue gelede is geskrifte en waarheidsgetroue visuele afbeeldings soos skilderye en tekeninge. Op talle plekke in die handboeke word daar vertel dat sodanige bronne subjektief is, slegs die Europese “beskouing” van gebeure uitbeeld, of doelbewus geskakeerd is. 5
  • Soos die VOC-amptenare het die latere nomadiese Trekboere en hul opvolgers, die Voortrekkers van die Groot Trek, as ’t ware net geroof en geplunder. Alhoewel die Voortrekkers die Britse juk wou afgooi, het hulle slegs reeds besette grond met geweld afgeneem, en boonop slawerny in die binneland voortgesit. Ook ná die vestiging van die Boererepublieke is die Afrikaners se wellus vir grond nie versadig nie, soos te sien in hul aanval op Sekhukhune ten einde die Pedi’s se goudvelde te neem.
  • Die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is in die volksmond ook bekend as die Engelse Oorlog of die Driejarige Oorlog. ’n Meer objektiewe beskrywing daarvan is die alombekende benaming Anglo-Boereoorlog (met die Eerste Vryheidsoorlog dan as die Anglo-Transvaalse Oorlog) deurdat die strydende partye sodoende op neutrale wyse in die benaming betrek word. In die geskiedenishandboeke word hierdie oorlog voortdurend beskryf as die SuidAfrikaanse Oorlog. Die ironie is dat “Suid-Afrika” ten tyde van die oorlog nog nie eens as entiteit bestaan het nie!
  • Aansluitend hierby is dat die opdrag wat die leerling aan die einde van die afdeling oor die oorlog moet voltooi, uitsluitlik fokus op die rol van swartmense in die oorlog.
  • In die nege jaar van graad 4 tot 12 vind die leerling geen woord oor die Rebellie van 1914 nie. Die gebeurtenis word nie ’n enkele keer genoem nie. Die enigste (terloopse) verwysing daarna, word gevind in ’n bespreking van eerste minister Louis Botha se beleid ter steuning van die Britse oorlogspoging, waar hy net “weerstand deur die Boere by die huis” gekry het. Dit wat betref die ganse dekking van die Rebellie.
  • Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige gemeenskap”, en die insinuasie is dat die Afrikanervolk se identiteit geskep en gemanipuleer is.
  • Die Afrikaner se herrysing uit die asse na afloop van rampe soos die Tweede Vryheidsoorlog, die Rebellie en die Groot Depressie word toegeskryf aan “regstellende aksie” wat deur Afrikaner-bewindhebbers toegepas is. Selfdoenaksies en -dade deur Afrikaners (soos die Helpmekaar, die Reddingsdaadbond, en instansies soos Sanlam, Santam en Volkskas) word summier verswyg. 6
  • Alhoewel daar nie bepaald blatante leuens of wanvoorstellings in die handboeke van graad 11 en 12 voorkom nie, is die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat in hierdie grade gedek word uitsluitlik die geskiedenis van die sogenaamde Struggle.

Leerlinge word slegs gekonfronteer met die protes-, burgerregte- en swartmagbewegings wat sou lei tot die totstandkoming van die hedendaagse Suid-Afrikaanse staat. In hierdie afdelings leer die skolier oor etlike belangrike figure, “martelare” en “helde” gekoppel aan hierdie stryd.

  • Daarom word met die intrapslag reeds in graad 4 klem geplaas op die heldeverering van Nelson Mandela.

Hy word uitgebeeld as ’n vreedsame, vredeliewende en beginselvaste persoon wat bloot vanweë sy droom vir ’n idilliese Suid-Afrika deur ’n wrede en onredelike Afrikanerregering tronk toe gestuur is.

Daar word benadruk dat Mandela en kie nie kriminele was nie, maar in die gevangenis was “vanweë dit wat hulle geglo het reg was”.

Nie ’n enkele woord word oor sy terreurdade op burgerlikes gerep nie.

  • Apartheid word uiteraard ook nie in internasionale en Afrika-konteks gestel nie.

Die handboeke maak melding daarvan dat nie-blankes nie dieselfde woongebiede, fasiliteite of geriewe as blankes gehad het nie, maar verswyg die feit dat die teendeel ook vir blankes gegeld het.

Veral in graad 6 word aan die leerlinge voorgehou dat baie onskuldige mense lukraak in hegtenis geneem, en dan maklik “gemartel” of “selfs doodgemaak” is.

Daar word ook reguit vertel dat diegene met ’n gewetensbeswaar teen die beleid nie die geleentheid gegun is om hulself in ’n hof te verdedig nie.

Die absurditeit van sodanige stellings word later in die verslag aangespreek. Alhoewel die skool of onderwyser ’n keuse het oor welke handboeke deur ’n bepaalde jaargroep gebruik gaan word, is die verskeidenheid tot hul beskikking ’n karige een – ten spyte van die relatiewe lang lys waarvan vroeër melding gemaak is.

Elke handboek is altyd deur meer as twee outeurs geskryf, in sommige gevalle soveel as sewe.

Daarby het een outeur soms meegewerk aan meer as een handboek (vir dieselfde graad).

Die grade van verskil tussen die handboeke van dieselfde graad is weglaatbaar klein.

Te verstane is die kurrikulum vooraf vasgestel, en die temas daarin gedek sal ooreenstem, al is die volgorde in die inhoud soms afwykend.

In al die onderskeie handboeke word selfs inligtingsblokkies oor bepaalde persone en gevallestudies van 7 handboek tot handboek herhaal.

Dit is onmoontlik om ’n spesifieke handboek (of handboekreeks) te identifiseer as uitstaande bo die res, en terselfdertyd ook onmoontlik om een summier af te skryf.

Die mate waarin die onderskeie boeke ooreenstem sal die waarnemer opreg laat wonder waarom daar inderdaad dan soveel verskillende handboeke beskikbaar is.

Is dit om die skyn van objektiwiteit en die veelheid van standpunte te verwek?

Dawie du Plessis Navorser 8 Graad 4 – Sosiale wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • Plaaslike geskiedenis
  • Leer by leiers
  • Vervoer deur die tye
  • Kommunikasie deur die tye Die onderwerpe hier van toepassing is Plaaslike geskiedenis en Leer by leiers.

Eersgenoemde is egter slegs ’n elementêre les in die metodologie van geskiedenisnavorsing (onder meer hoe om bronne op te spoor).

Laasgenoemde het te make met die lewenslesse wat by “goeie” en “belangrike” leiers geleer kan word.

Daar word dan op Nelson Mandela en Mahatma Gandhi gefokus.

Die “feite” rakende Mandela kan soos volg weergegee word: Nelson Mandela In een van die handboeke (AV 6:59 en 67) word dit gestel dat Nelson Mandela gevangenis toe gestuur is omdat hy “baie betogings [outeurs se klem] teen die apartheidsregering georganiseer [het]”.

In KV 4:119 word dieselfde standpunt gehuldig, terwyl HS 4:67 sê dat hy tronk toe is “vir sy deel in die stryd teen apartheid” en PL4:100 dat “hy tronk toe [is] omdat hy opgestaan het vir dit wat hy geglo het reg was”.

Dit word uitdruklik verswyg dat Mandela geweld gepleeg het: – In 1961 stig hy saam met Joe Slovo Umkhonto we Sizwe ten einde ’n gewelddadige revolusie uit te voer.

– Hy was verantwoordelik vir sabotasiedade

– tydens die Rivonia-verhoor is na 153 dade van geweld verwys.

– Hy het saamgesweer om amper 50 000 landmyne, meer as 200 000 handgranate en talle bottel-, petrol- en pypbomme te vervaardig.

– Mandela het self erken dat hy opdrag gegee het vir die Kerkstraatbom in 1983. 9

– Mandela het nooit geweld afgesweer nie – selfs ná sy vrylating.

– Ná sy vrylating het hy nog die lied “Kill the Boer” in die openbaar gesing.

Daar word byvoorbeeld (KV4:119) gesê dat die regering die mag gehad het om ANClede soos Mandela, Govan Mbeki en

Walter Sisulu te arresteer vanweë die verbanning van die ANC. Die indruk word gewek dat mense tronkstraf opgelê was slegs vanweë lidmaatskap aan ’n onwettige organisasie.

In Pl4:102 lees ’n leerling die volgende: “Hy was bereid om op te staan vir wat hy geglo het reg was.

Hulle [die apartheidsregering] het nie daarvan gehou nie.

Hulle het hom en sewe van sy vriende gearresteer.

Die regter het gesê hulle moet die res van hulle lewens in die tronk bly.

Ons noem mense wat toe tronk toe gestuur word vir dit waarin hulle glo politieke gevangenes [outeurs se klem].”

In Viv4:69 staan daar: “Hulle [Mandela en ander leiers] is politieke gevangenes genoem omdat hulle tronk toe gestuur is vir dit waarin hulle glo.

Hulle was nie misdadigers nie”.

Daarby word ook geen melding gemaak van diegene wat nié tronk toe gestuur is nie, maar wat dieselfde as Mandela en kie geglo het.

Indien bogenoemde stellings juis is, moes persone soos Helen Suzman, Beyers Naudé en sekerlik etlike miljoene van die swart bevolking self, óók gearresteer gewees het.

Hulle het egter nie sabotasie en moord gepleeg nie.

Dit weerspreek wat in Viv4:67 staan dat “die regering nie toegelaat [het] dat enigiemand van hulle verskil nie”.

Ook in die geval van Frances Baard (VS5:194) word dit gestel dat die regering bloot “nie toegelaat [het] dat enigiemand hulle teen apartheid uitspreek nie”.

Mahatma Gandhi Klem word geplaas op Gandhi se ideologie van lydelike verset wat in Indië en gedeeltelik in Suid-Afrika toegepas is. Op Pl4:108 staan die volgende:

“Wit mense het spesiale voorregte gehad [outeurs se klem] en alles wat hulle gehad het was van die beste”. Gandhi was in die tydperk 1893–1914 in Suid-Afrika.

Dit is algemene kennis dat blankes ná die verskroeideaardebeleid van die Tweede Vryheidsoorlog materieel op hul knieë was – net mooi presies in die termyn van Gandhi se verblyf in die land.

Hierdie oorlog word ook beskryf as die “Suid-Afrikaanse Oorlog” (AV4:63; KV5:181).

Op hierdie wyse word die vryheidstryd van die Afrikaner teen buitelandse 10 imperialistiese oorheersing hom as ’t ware ontneem.

Hierdie aspek sal ook later in veral graad 10 aangespreek word. 11 Graad 5 – Sosiale Wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • Jagterversamelaars en herders in Suider-Afrika
  • Die eerste boere in Suider-Afrika
  • ’n Antieke Afrika-samelewing: Egipte
  • ’n Erfenisroete deur die provinsies van Suid-Afrika

Die eerste twee temas werp ’n blik op die leefwyses en gebruike van vroeë inwoners van suidelike Afrika, te wete die San en die Khoi enersyds, en die Bantoevolkere wat uit sentraal-Afrika na die suide getrek het.

Van belang hier is egter die afdeling te make met die erfenisroete wat deur elk van die nege provinsies gaan.

Die onderskeie erfenisse van elke provinsie (met die bepaalde soort erfenis, deur die outeurs só genoem) is die volgende:

– Gauteng: Die Wieg van die Mensdom (erfenisterreine van groot betekenisse);

– Limpopo: Goue voorwerpe by Mapungubwe (erfenis in voorwerpe);

– KwaZulu-Natal: San-rotskuns in die Drakensberge (erfenis in kuns);

– Mpumalanga: Die Makhonjwaberge (natuurlike erfenis en inheemse kennisstelsels);

– Noord-Kaap: Frances Baard (erfenis in mense se prestasies); – Noordwes: Die klipmuurdorp Kaditswhene (erfenis in argitektuur);

– Oos-Kaap: Die genesende eienskappe van die aalwyn (erfenis en inheemse medisyne);

– Vrystaat: Gariepdam (erfenis in name);

– Wes-Kaap: Die Kasteel (erfenis en veranderende identiteite).

Die propagandistiese aard van hierdie lys of roete is duidelik. Drie van die bogenoemde het met die natuur te make

– Die aalwyn (oënskynlik as ’n genus), Die Wieg van die Mensdom en die Makhonjwaberge.

Daarby word laasgenoemde egter gekoppel aan “inheemse kennisstelsels” (Pl5:160).

Hierdie konsep word nie verduidelik nie, maar 12 verwys klaarblyklik dat “Afrikane” (diegene met voorouers wat “van Afrika gekom het”) ’n bygeloof koester dat voorouers in riviere, bome of rotse woon.

Die enigste twee wat enigsins met “blanke erfenis” te make het (Die Kasteel en die Gariepdam), word pertinent gediskrediteer.

Daar word in die geval van die Gariepdam uitgewys dat die dam eers die H.F. Verwoerddam geheet het.

Op Viv5:197 is ’n aanhaling van dr. Verwoerd waar hy sê dat die witman die land wat leeg was, opgebou het; dat hy beskawing uit Europa gebring het; en dat hy alle goeie dinge in hierdie land moontlik gemaak het.

Later word gesê dat die dam daarom herdoop is, want “Suid-Afrikaners wou nie ’n man soos Verwoerd vereer nie”.

In Ox5:118 is daar geskryf: “Hierdie naam [Verwoerd] herinner aan ons apartheidsverlede.

Dit is in 1996 na die Gariepdam verander.

Die nuwe naam herinner ons aan die eerste mense wat in die gebied gewoon het”.

Dit is interessant dat die stelling deur dr. Verwoerd gemaak, nie weerlê word nie.

Die Kasteel word voorgehou as ’n voorbeeld van “getransformeerde erfenis”. Pl5:157 sê dat die Hollandse setlaars “die land en die water-voorrade van die Khoisan vir hulle gevat [het]”.

In VS 5:200 staan daar: “Die Nederlanders het die Kaap in 1652 gekoloniseer.

Dit beteken dat mense van Holland, in Europa, die Kaap met geweld oorgeneem het.”

Daarby was die Kasteel de Goede Hoop “’n simbool van wit verdrukking tydens die Apartheidsjare”. Ox5:119 noem dit ’n “simbool van wit mag in Suid-Afrika”.

Nou word daar egter “erkenning gegee aan die versweë geskiedenis van die Khoisan en die slawe” (Pl5:157); die “ryk, verborge stories van die San, Khoi en swart mense” (Viv5:201).

13 Graad 6 – Sosiale Wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika: Mapungubwe · Ontdekkingsreisigers uit Europa vind Suid-Afrika
  • Demokrasie en burgerskap
  • Medisyne deur die jare

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Apartheid eensydig voorgestel In Pl6:143 staan geskrywe: “Suid-Afrika het vir baie jare ’n regering gehad wat onregverdige wette gemaak het. Mense wat nie wit was nie, is nie toegelaat om te woon, studeer of werk waar hulle wou nie …” Daar word egter glad nie gesê dat presies dieselfde ook vir blankes gegeld het nie. Op hul beurt kon blankes ook nie na bepaalde plekke gaan of bepaalde geriewe geniet nie. In Pl6:144 word vertel dat mense wat teen die “onregverdige apartheidsregering geveg” het, “gemartel” is. In Pl6:151 word daar van dieselfde mense gesê dat hulle “dikwels in die tronk gegooi, geslaan of gemartel [is]. Sommige is gedwing om die land te verlaat. In sommige gevalle is mense doodgemaak.” Ook: “Die regstelsel was nie regverdig teenoor almal nie. Mense wat van die regering verskil het, is nie ’n regverdige kans gebied om hulleself in die hof te verdedig nie.” Mens sou die skrywers dan kon afvra wat presies die Rivonia-verhoor was, wat daar plaasgevind het, wie die partye was, en wat hulle gedoen het. As aangeklaagdes nie hulself in die hof kon verdedig nie, soos die handboek betoog, hoe het Nelson Mandela dan daarin geslaag om ’n toespraak van drie ure in die beskuldigdebank te lewer? Óf hoe dit gebeur het dat die aangeklaagdes in die hoogverraadverhoor van 1961 onskuldig bevind en vrygelaat is? 14 Pius Langa In HS6:125 word daar van leerlinge verwag om die volgende te doen: “In groepe, bespreek waarom Pius Langa ’n goeie rolmodel vir jongmense is.” Ox6:91 vra byna verbatim dieselfde. In die monografietjies oor Langa in die onderskeie handboeke word bloot vertel dat hy saam met die jeug van sy tyd teen apartheid gewerk het, homself deur tuisstudie as juris bekwaam het, en later as hoofregter van die Grondwetlike Hof aangestel is. Wat presies sy deugde en prestasies is, word nie in besonderhede meegedeel nie. Tog word die leerling egter duidelik vertel dat Pius Langa “’n rolmodel vir jongmense is”. Die leerling moet bloot sê waarom. Holistiese “medisyne” HS6:170-171 propageer dat die drogwetenskap van “holistiese” en “tradisionele” of “inheemse” medisyne as ’t ware op gelyke voet met Westerse wetenskaplike geneeskunde is, en dat dit laasgenoemde inderwaarheid kan aanvul, iets wat in Pl6:190 ondersteun word. Ox6:114 stel dit duidelik: “Siektes het meer as net liggaamlike oorsake”. “Inheemse genesers” praat dan met voorvadergeeste, soms deur drome. Daar word nie gesê dat hierdie bloot is wat toordokters of waarsêers glo hulle doen nie, maar wat hulle wel verrig (ook in Pl6:174–178). Ingevolge KV6:174 is die beskouing dat tradisionele genesers en inheemse medisynes ondoeltreffend en onbelangrik is, toe te skryf aan “kolonisering, apartheid en die mag van Westerse farmaseutiese maatskappye”. Volgens die handboeke geniet inheemse ’n holistiese “medisyne” ’n lae vlak van erkenning vanweë die praktyk van rassesegregasie. Die feit dat bygelowe nie aan die streng vereistes van eksperimentele toetsing en deduktiewe argumentasie van die moderne wetenskap voldoen nie, is klaarblyklik nie ter sprake nie.

bantukleusn1

15 Graad 7 – Sosiale Wetenskappe Temas (geskiedenis):

  • Die koninkryk van Mali en die stad Timboektoe gedurende die veertiende eeu
  • Die trans-Atlantiese slawehandel
  • Kolonisering van die Kaap in die sewentiende en agtiende eeu
  • Samewerking en konflik op die grense van die Kaapkolonie in die vroeë negentiende eeu

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Wes-Afrikaanse “beskawing” Vd7:124 verkondig dat “die mense van Wes-Afrika” “lank [voor] die meeste Europeërs kon lees en skryf”. Dokumente in Timboektoe “toon dat die Europeërs verkeerd was in hul oortuiging dat Afrika ’n “donker vasteland” was. Daar word gesuggereer dat die werklikheid net mooi andersom was – Europa as ongeletterd, met Afrika wat die lig van geleerdheid en beskawing dra! Die geleerdheid wat in Timboektoe te vinde was, was egter Moslem-kundigheid wat hoofsaaklik deur die Touaregs vanaf Noord-Afrika gebring is. Die vooruitgang aldaar was derhalwe nie ’n Afrika een nie, maar ’n Arabiese een. Slawerny in Afrika deur Afrikane Daar word melding gemaak dat daar reeds slawe in Afrika was voor die koms van Europeërs. Anders as in die geval van slawerny deur Europeërs, is Afrikane deur hul Afrikaan-meesters “goed behandel” en “streng reëls omtrent die versorging van slawe [is] gevolg” (Vd7:131 en VA7:101). Op dié wyse word die vorm van slawerny deur Afrikane as ’t ware verskoon. Slawe is volgens KO7:105 “eers” “sleg behandel” ná 1600, toe hulle na Amerika geneem is. Swart-op-swart slawerny blyk dus amper ’n deug te gewees het. 16 Nat Turner se slaweopstand Vd7:144 verklaar dat Nat Turner se opstand van 1831 ’n revolusie ontketen het wat gelei het tot die grootste lewensverlies sedert die Amerikaanse Burgeroorlog. Hierdie oorlog het egter van 1861–1865 geduur, meer as 30 jaar na Turner se opstand. Slawerny voorgehou as die oorsaak van gebrek aan ontwikkeling KO7:118 stel dit dat Afrikane (die slawehandelaars spesifiek) begin het om ekonomies op slawehandel staat te maak, en derhalwe “het nie enige ander industrieë ontwikkel nie” – daarom dat Afrika nie dieselfde mate (of enige mate) van wetenskaplike vooruitgang as die Weste getoon het nie. Afrika was in hierdie tyd steeds in die Ystertydperk (wat Europa ongeveer 2 500 jaar vroeër beleef het), so dit is uiters vergesog om te sê dat Afrika in die eerste instansie in staat was om ’n nywerheidsrewolusie deur te maak. Buitendien was slawerny nie ’n praktyk wat oor die ganse gebied van Afrika te vinde was nie. Die feit dat samelewings regoor Afrika nie ’n Renaissance, Verligting of Industriële Revolusie gehad het nie, kan eenvoudig nie toegeskryf word aan slawehandel in sekere gedeeltes van Wes-Afrika nie. Trouens, hierdie samelewings het indertyd nog nie eens die wiel uitgevind nie. Khoi se wapens KO7:137 noem dat baie Khoi tydens botsings met die Nederlanders dood is, “omdat hulle nie toegang tot wapens gehad het nie”. Dit is egter nie dat die Khoi nie “toegang” gehad het nie – die Khoi het nog nooit enige tegnologie (insluitend vuurwapens) ontwikkel nie. Wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en vervaardiging is konsepte wat geensins in die Khoi se bewussyn aanwesig was nie. Hulle is nie wapens ontneem of toegang daartoe geweier nie – hulle het dit nooit gekonsepsualiseer en ontwikkel nie.

17 Prestasies en bydrae van die Hugenote gekwalifiseer In KO7:137-138 is daar ’n paar paragrawe oor die Hugenote, waar melding gemaak word van hul vaardigheid as vakmanne en hul vermoë om druiwe te verbou. Aktiwiteit 3.11, vraag 8, kwalifiseer die Hugenote se kulturele en tegnologiese bydrae soos volg: “Daar is ten minste twee kante aan elke saak.

Die Hugenote het talle suksesvolle prestasies behaal. Wat is die ander kant van hierdie verhaal as jy die situasie vanuit die Khoi-Khoi standpunt beskou?

” Trekboere as veediewe KO7:139 vermeld dat die Trekboere in die sewentiende en agtiende eeu strooptogte op die Khoi se vee uitgeoefen het. Só word die Trekboere as niks anders nie as rondswerwende rowerbendes wat eenvoudig op ander se grond en goed beslag lê, voorgestel.

Vernietiging deur die Hollanders Vd7:175 begin met die volgende paragraaf: “Een van die belangrikste gevolge van die Hollandse nedersetting aan die Kaap, soos gelei deur Jan van Riebeeck in 1652, was die vernietiging van die lewens van die mense wat aan die punt van Afrika gebore is”. VA7:173 sê dat “[d]ie Khoi ’n goeie lewe in die Kaap gelei [het] totdat de Nederlanders in 1652 daar aangekom het”. Vd7:160 lui: “[d]ie aankoms van die Hollanders het in baie opsigte skadelike gevolge vir die lewens van die plaaslike mense gehad”.

Hoe die goeie lewe voor Van Riebeeck se aankoms en die slegte lewe daarna uitgesien het, word nie verduidelik nie.

Die “skadelike gevolge” wat “in baie opsigte” deur die Nederlandse aankoms veroorsaak is, word ook nie gekwalifiseer of gekwantifiseer nie.

Grondonteiening VA7:175 sê dat “die hele gebied wat nou Suid-Afrika is” teen 1600 bewoon was deur San, Khoi, Sotho-Tswanas, en Nguni’s. Hierdie mense het “vooruitstrewend geleef” – 18 “En toe het die Nederlanders gekom.”

Dit word aan die verbeelding oorgelaat wat hierdie vooruitstrewing behels het, en hoe die Nederlanders dit beëindig het.

Buitendien het die Nederlanders nie kontak met die Nguni’s en Sotho-Tswanas gehad nie – dit sou eers ’n eeu of twee later deur Afrikaners geskied.

Sodoende kan die ingeligte leser dan aflei dat “die Blankes” dan die lewe van vooruitgang hier ter plaatse kom omverwerp het. Vd7:160 vertel hoedat die “Hollanders eers die Khoikhoi regverdig behandel [het]”, maar “[l]ater het die Hollanders die Khoikhoi se diere en goed met geweld afgeneem”.

VA7:173 sê ook dat die Nederlanders skuldig was aan “diefstal” en grond aan die Kaap “onteien” het. Dít is wat aanleiding gegee het tot die “Khoi-oorlog van Onafhanklikheid” (1799–1803).

Ook VA7:188 sê dat Vryburgers die Khoi se grond beset en hulle beeste “gevat” het. Vd7:160 se Aktiwiteit 3, vraag 2.c., met verwysing na twee sketse, lui soos volg: “Jy weet dat die Hollanders soms goed met geweld afgeneem het.

Waarom dink jy word dit nie hier so uitgebeeld nie (Onthou dat hierdie prente deur Hollandse kunstenaars geteken is).” Met ander woorde, die enigste werklike afbeeldings van gebeure, in die vorm van tekeninge en skilderye, word as partydig afgemaak.

Die Khoi kon nie lees of skryf nie, nog minder lewensgetroue afbeeldings maak. Dit word nie sodanig gestel nie. Tog word hul legendes oor die gebeure as die werklike waarheid voorgehou.

KO7:141 sê dat “[g]rondonteiening sedert die vroegste tye in Suid-Afrika plaasgevind [het]”, en verduidelik verder dat trekboere die Khoi se grond met geweld geneem het.

Die ironie is dat die trekboere enkele paragrawe vroeër as “nomadiese veeboere” beskryf word. Dus sou ook hulle nie permanent op ’n plek gevestig het nie.

Later word in ’n hersieningsafdeling (KO7:144) gesê dat “die inheemse groepe van hulle grond ontneem [is] deur die trekboere.

Dieselfde geld VA7:189–190. Aldus hierdie bron, is die grond van die San, Khoi en Xhosa deur Boere “onteien”, en die veediefstal en plundery deur hierdie groepe op die Boere [wat aanleiding gegee het tot die Grensoorloë, vroeër ook bekend as die Kafferoorloë in die Oos-Kaap], was bloot “uit weerstand”. Vd7:173 sê dat die Xhosas teen die trekboere baklei het “teen die verlies van hul grond”.

19 Etniese uitwissing deur Boere Voorts (KO7:142) word hierdie “grondonteiening” voorgehou as die rede waarom die Khoi “op die punt van uitwissing gestaan het” teen die tyd wat die sendeling Georg Schmidt in 1738 in die Kaap aangekom het.

Schmidt sou nou die Khoi se “trots herstel” na die gewaande “onteiening”. Ook die San-taal was “op die punt om uitgewis te word”, vanweë “die onteiening van hul grond”. Hierdie idee word in VA7:191–193 herhaal.

Die Khoi-bevolking is inderdaad amper uitgewis, maar in werklikheid vanweë die pokkeepidemie van 1713.

Die Khoi het in die ganse geskiedenis nooit blootstelling aan bepaalde Europese siektes gehad nie, en het dus nie die weerstand daarteen gehad soos die blanke bevolking nie.

Uitwissing deur sodanige siektes was ook ’n algemene verskynsel in Suid-Amerika tydens die koloniale tydperk. “Nederlanders” KO7:147 en 157 praat van “[d]ie Nederlanders” wat die Kaap verlaat het vir die binneland (Voortrekkers).

Die Afrikaners/Boere word sodoende as buitelanders of Europeërs voorgestel, en kan dan maklik oor dieselfde kam as “koloniste” geëtiketteer word. Alhoewel Afrikaners van die negentiende eeu nog wel Nederlands as skryftaal gehad het, het hulle moderne Afrikaans reeds sedert die laat agtiende eeu gepraat.

Boonop het hulle ook nie hulself as Hollanders, Nederlanders of Europeërs beskou nie. Aard van die Groot Trek Die aantal bladsye bestee aan die Groot Trek wissel van een, tot ongeveer twee-en- ’n-half.

Alhoewel daar vlugtig genoem word dat die Voortrekkers die Kaap verlaat het omdat hulle ongelukkig was oor verengelsing en Britse heerskappy, word klem hoofsaaklik geplaas op klaarblyklike grondonteiening, vernietiging van lewenswyse en die inboek-stelsel wat deur die Voortrekkers bedryf is.

20 Voortrekkers steel grond Vd7:191 sê oor die Voortrekkers: “Hulle het gevolglik grond oorgeneem wat reeds beset was en die inheemse mense se tradisionele lewenswyse omgekrap.”

VA7:247 sê dat die Voortrekkers “geen ‘onbenutte’ grond gekry [het] nie”. Die Voortrekkers se “oorloë teen die Zoeloe- en Ndebele-koninkryke” het “dikwels daartoe gelei dat die Afrika-mense van hul grond ontneem is”.

Afrikaans Die herkoms van Afrikaans word uitgebeeld: “Afrikaans het aan die begin as ’n slawetaal ontwikkel. Dit het ontstaan uit ’n mengsel van Nederlands, Engels en ander Europese en Maleise tale” (Vd7:163). Ook Vd7:174 sê dat Afrikaans buiten Hollands ook op Frans, Duits, Maleis en Fries “gebaseer” is.

VA7:186–187 noem Khoi- en slawetale as twee “hoofinvloede” op die vorming van Afrikaans.

“Ten gunste van” Maqoma In KO7:153 word in Aktiwiteit 4.4, nr. 2.a. die volgende van die leerling verwag: “Skryf ’n koerantberig oor hoofman Maqoma se lewe vir Die Burger, gedateer 9 September 1873 (die dag waarop Maqoma dood is).

Jou berig moet bevooroordeeld ten gunste van Maqoma wees [my beklemtoning].” Maqoma was ’n Xhosa-hoof wat in die Grensoorloë teen die Britte en Burgers baklei het. Hy word voorgehou as verontregte en martelaar.

 

Rewolusie

Enjoyed this post? Share it!