Ons Vryheid loop deur die bloedplas van Dr. H.F. Verwoerd se sluipmoord

Kliek hieronder om te luister:

Ons Vryheid loop deur die bloedplas van Dr. H. F. Verwoerd se sluipmoord wat die moord van Afrikaners se Vryheid was.

″Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die konstitusionele kontrepsies van ′n veelrassige parlement en kabinet nie, maar deur die bloedplas in die parlement waar dr Verwoerd gesterf het omdat hy nee gesê het vir verandering van sy volk se beginsels e waardes, nee vir onderhorigheid aan Brittanje en Amerika, nee vir valse vrede met Afrika-state, nee vir rassevermenging, en nee vir broederskap met die geldmag. Dit is waar die Afrikaners die spoor van vryheid weer moet opvat waar dit doodgeloop het op 6 September 1966″ – Jaap Marais, 4 Mei 1984.

Marius Smith lewer etlike grepe uit Marthinus van Bart. May 31, 2014, se navorsing: 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ’n republiek geword. Daarmee het hy sy algehele onafhanklikheid van die Britse Ryk verklaar, en hom losgemaak van die langarm-regering deur Londen wat selfs ná Uniewording in 1910 steeds oor Suid-Afrika gegeld het.

Suid-Afrika se lidmaatskap van die Britse Statebond is gevolglik opgeskort en hy moes opnuut daarom aansoek doen. Toe dit blyk dat die toegewings waarop lidlande aandring alvorens hy weer tot die liggaam toegelaat word, naamlik een man een stem – wat sou lei tot ’n swart meerderheidsregering, te veel gevra was, het Suid-Afrika, onder aanvoering van sy eerste minister, dr. H.F. Verwoerd, sy aansoek teruggetrek en so sy selfrespek behou.
En in teenstelling met wat die teenstanders daarvan voorspel het, het die land van toe af ’n ongekende maatskaplike opbloei vir al sy inwoners ervaar – wat as voorbeeld vir die res van die wêreld kon dien.

Voordat dr. Hendrik Frensch Verwoerd (1901-1966) op 2 September 1958 tot hoofleier van die Nasionale Party verkies is, en daarmee die sesde eerste minister van die Unie van Suid-Afrika geword het, was die land ’n gestremde aanhangsel van die Britse Ryk.

Dr. Verwoerd, briljante akademies-opgeleide sosioloog en sielkundige, het die visie gehad dat ’n onafhanklike Republiek Suid-Afrika die enigste oplossing op die land se probleme bied. Solank as wat daar volgens voorskrifte vanuit die buiteland, vernaamlik Brittanje, regeer word, sal die land en sy mense nie tot hul reg kom nie. “Ons moet ons hand self aan die ploeg slaan, in plaas van om bakhand te staan,” was Verwoerd se leuse. En hy het die daad by die woord gevoeg.

Niemand minder nie as die indertydse Britse premier, Harold Macmillan, is dadelik afgevaardig om ’n stokkie voor republiekwording te probeer steek voordat die referendum kon plaasvind. Pas ’n week ná dr. Verwoerd se aankondiging daag hy dan ook in Suid-Afrika op met die versoek om die parlement toe te spreek. Hy word toegelaat om die parlementslede toe te spreek, maar nie in die raadsaal van die parlement nie. Die eetkamer word vir die geleentheid ingeruim.

Sonder die hoflikheid om dr. Verwoerd vooraf oor die inhoud van sy voorgenome toespraak in te lig, het Macmillan ’n verbale bom laat ontplof: Brittanje was besig om al sy Afrika-kolonies onafhanklik te maak en terselfdertyd finansieel en andersins by te staan om hul voete te vind. “The wind of change is blowing through this continent,” het hy gesê. Die opkoms van die swart nasionale bewussyn moet aanvaar word, en ’n vergelyk moet dienooreenkomstig getref word. Suid-Afrika se apartheidsbeleid is nie die antwoord nie. Daarmee het hy te kenne gegee dat die wit inwoners van Suid-Afrika, wat Brittanje aangaan, afskryfbaar was, en dat Brittanje se oplossing ’n swart meerderheidsregering, verkry deur een man een stem, was. Word daar nie toegegee nie, kan die wêreldvrede weens die spanning tussen die Ooste en die Weste versteur word, het hy gewaarsku.

Verwoerd het hierdie sluipsalvo egter verwag, en toe hy die podium betree het hy sonder ’n enkele nota in die hand op skitterende wyse Macmillan se spreekwoordelike “veranderende wind” uit die seile gehaal. Hy het daarop gewys dat Brittanje slegs die belange van die swartes van Afrika op die hart dra. Maar Suid-Afrika het ook wit inwoners, na wie se belange en veiligheid omgesien moet word. Suid-Afrika was ’n ware wit Westerse land in Afrika. “We are white, but we are in Africa”, was sy woorde.

Hy het Macmillan oor sy onhoflikheid oor die kole gehaal: “Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ’n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om U in ’n paar kort woorde te bedank.”

“Dit is inderdaad Brittanje se beleidsrigting wat groot gevare in Afrika inhou,” het dr. Verwoerd gesê. “Om aan almal reg te laat geskied, beteken nie net regverdigheid teenoor die swartman van Afrika nie, maar ook regverdigheid teenoor die witman van Afrika. Ons beskou onsself as deel van die Westerse wêreld, ’n ware blanke staat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid om aan die swartman in ons midde ’n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld.”

Die Bruto Binnelandse Produk van die Suid-Afrikaanse ekonomie het jaarliks teen ’n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy ’n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die petroleum-oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendstes ter wêreld geword en die vervaardiging van pantsertuig, wapens, ammunisie en vegvliegtuie het goed op dreef gekom. Ook die Vloot is met verbeterde skepe en wapentuig toegerus. Kernnavorsing het met rasse skrede gevorder sodat Suid-Afrika ’n wêreldleidende rol daarin begin speel het. Die geldstelsel is gedesimaliseer (Rand en sent), goudproduksie is verhoog – met Federale Mynbou wat ook Afrikaanse kundigheid toegang tot die mynwese gebied het. Nywerhede het sterk aangegroei en werkgeleenthede vir al die inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Net 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos. Ook het die voorspoed en positiewe toekomsgerigtheid van die land meegebring dat beduidende getalle witmense van Europa en Australië hierheen geïmmigreer én burgerskap aanvaar het.

unsa

In sy eerste radiorede as premier van die Republiek van Suid-Afrika het dr. Verwoerd daarop klem gelê dat afsonderlike ontwikkeling die enigste manier was waarop minderheidsgroepe in Suid-Afrika beveilig kon word. Die beleid beoog nie die verdrukking van die swartmense nie, maar bied wel kanse vir almal. Die nasionale aspirasies van die swartes kon nie onderdruk word nie. Dit sou gevaarlik wees. Daar was agt swart etniese volksgroepe, en elkeen sou in sy onderskeie grondgebied onafhanklik met selfbestuur wees. ’n Beleggingskorporasie is gestig vir die ekonomiese ontwikkeling van hierdie gebiede. Al die sakeondernemings daar moes egter swart wees.

Dr. Verwoerd het ’n aansoek van die bekende Afrikaanse entrepreneur Anton Rupert dat sy Rembrandt-maatskappygroep in vennootskap by die swart tuislande betrokke raak, geweier. “Ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandt-groep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander, soos Anglo-American, daar uit te hou? Veral die mynbou-groepe het nie sulke edele motiewe nie, en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard,” het hy gesê.

Hierdie besluit van hom om die internasionale sakewêreld betreffende Suid-Afrika se huishoudelike sake in toom te hou, het hom regstreeks in die visier van die gevaarlikste mense op aarde, die aartskapitaliste, geplaas. Van toe af was sy dae getel. Hulle het die geld, mag, invloed en metodes gehad om enigeen wat nie na hul pype dans nie en hulle opponeer, permanent uit die weg te ruim. En hoewel hierdie samesweerders hul voetspore noukeurig doodgevee het, is daar vir die oplettendes verskeie leidrade op welke sluwe wyse te werk gegaan is om dr. Hendrik Verwoerd, premier van Suid-Afrika, in 1966 te vermoor.

british-colonialism

 

Tsafendas is nooit verhoor nie omdat die hooggeregshof in ′n spesiale ondersoek bevind het dat hy as skisofreen nie vir sy dade aanspreeklik gehou kon word nie en ingevolge wetgewing nie verhoor kon word nie. Hy is lewenslank in tronkselle en die Sterkfontein-gestig opgesluit, waar niemand hom te woord kon staan nie, en hy is op 7 Oktober 1999 daar dood. Hy is op die hospitaalterrein in ′n ongemerkte graf begrawe.

In teenstelling daarmee het groot getalle veroordeelde terroriste wat veelvuldige moorde op onskuldige Suid-Afrikaanse burgerlikes gepleeg het, voor die voet amnestie gekry en is uit die tronke vrygelaat. Verskeie van hulle is vir hul bloeddorstigheid en genadeloosheid beloon met hoë poste in die staatsdiens, selfs as offisiere in die polisiediens. Vir Tsafendas, egter, was daar geen amnestie nie. Hy moes sy geheime saam graf toe neem.

Kort na Tsafendas se moordaanval op dr Verwoerd het hy psigiatriese waarneming vir doeleindes van die hofondersoek ondergaan. Hy het aan een van die sielkundiges, prof AJ Van Wyk, gesê dat iemand of iets hom beheer het en hom opdrag gegee het om dr Verwoerd te vermoor. Hy het onsamehangend van ′n ″demoniese lintwurm″ gepraat. Aan ′n ander psigiater, dr I Sakinofski, het hy gesê dit was asof hy gehipnotiseer was, want hy kan nie onthou wat gebeur het nie. Ook het hy van sy denkbeeldige lintwurm en demoon gepraat wat ″reg in die middel daarvan″ was. Hy kon nie verduidelik wat hy daarmee bedoel nie. Ook hoe hy na Suid-Afrika gekom het en met watter doel, het hy gesê hy kan glad nie onthou nie.

′n Mede-bode het vertel dat Tsafendas enkele minute voor die moordaanslag op Verwoerd aan hom ge-sê het iemand gaan hom dalk bel.

Wie sou hom kort voor die moordaanslag bel, en wie was dit wat hom opdrag gegee het om die moord te pleeg? Was daar ′n telefoonoproep van ′n hanteerder of opdraggewer? En waarom kon hy al hierdie dinge nie onthou nie? Was hy dalk deur iemand tydens hipnoterapie in ′n gestig of kliniek gebreinspoel om die misdaad te pleeg, asook om van die terapeut en sy terapie te vergeet? En hoe was dit vir Verwoerd se opvolger, BJ (John) Vorster, moontlik om ′n dag ná die moord reeds in die openbaar te verklaar dat die moordaanslag die daad van ′n enkeling was, terwyl die ondersoek na die gebeurde nog nie eens begin het nie?

Op hierdie kwelvrae word op opspraakwekkende wyse lig gewerp deur dr AV (Allan) Bird, gesiene neuroloog van Simonstad, in sy biografie, Bird on the Wing, wat in 1992, die jaar dat hy op 76 jaar oorlede is, in ′n beperkte oplaag gepubliseer is. Die boek is nie wyd bekend gestel nie, en die media wat daarvan bewus was, het daaroor geswyg.

Bird skryf dat hy in 1953 ′n Joodse psigiater (sy naam en van word in die boek vermeld) ontmoet het wat ook lid was van die SA Kommunistiese Party. Hy het ′n vennoot in Bird se praktyk geword, en het laasgenoemde saamgenooi om van die geheime vergaderings van die kommuniste by te woon. Daar het hy onder andere Joe Slovo en Nelson Mandela ontmoet. Omdat die atmosfeer by hierdie vergaderings ernstig lands-ondermynend was, het Bird besluit om liefs daarvan weg te bly.

Kort voor die eerste aanslag op dr Verwoerd se lewe op 9 April 1960 deur David Pratt, het Bird se ven-noot aan hom gesê dat Verwoerd geskiet gaan word. Hy (Bird) was aan diens in die Johannesburg-Hospitaal toe die gewonde eerste minister die middag van die moordaanslag met skietwonde aan die kant van sy kop ingebring is vir noodbehandeling. Die volgende dag is hy vir sy eie veiligheid na die Algemene Hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die sluipmoordenaar Pratt was ′n psigiatriese pasiënt van sy vennoot, skryf Bird. ″Ek het tot die konklu-sie gekom dat my kollega en Pratt die plan beraam het om Verwoerd te skiet. Aangesien Pratt ′n epileptikus was wat aan ernstige depressie gely het, sou hy ingevolge die Wet op Geestesgesondheid van 1916 as geestesversteurde nie verhoor kon word nie,″ skryf Bird. In ag genome Pratt se toestand van terneer-gedruktheid en sy aanhouding sonder medikasie in ′n gestig, waar hy ook epileptiese aanvalle gekry het, is selfmoord inderdaad die waarskynlikste verduideliking vir sy dood, skryf hy.

Na die inhegtenisneming in 1963 by Rivonia van Nelson Mandela, Joe Slovo en ander kommuniste deur die veiligheidspolisie, wou Bird se vennoot, wat ook medestigter was van die militante ANC-vleuel Umkhonto weSizwe, land-uit vlug. Hy het betreklik gou ′n pos as psigiater in die Brighton-hospitaal vir geestesversteurdes in Londen bekom, asook een as ′n konsultant-psigiater in die Maudsley-hospitaal in die Britse hoofstad.

Dit was vir Bird duidelik dat sy eertydse vennoot geen blinkogige vryheidstryder met vrome, medemens-like ideale was nie, maar dat hy inderdaad lid was van ′n internasionale terroristegroep wat wêreldmag manies nagejaag het. Hy het ′n afspraak met die veiligheidspolisie gemaak en hulle alles van sy vennoot se doen en late en sy betrokkenheid as psigiatriese terapeut van David Pratt vertel.

Op 6 September 1966 het die skoknuus gekom dat Dimitri Tsafendas in die raadsaal van die parlement die eerste minister met ′n dolk vermoor het. Bird het van kollegas in die mediese wêreld verneem dat Tsafendas in die hoë sekerheid Brighton-kliniek in Londen psigiatries behandel is voordat hy met ′n aan-sienlik bedrag geld na Suid-Afrika gekom het. Dit is dieselfde kliniek waar sy eertydse kommunistiese vennoot in 1963 ′n heenkome as konsultant-psigiater gevind het. Bird het dadelik vermoed dat sy voormalige vennoot vir Tsafendas, net soos Pratt, as pasiënt gehad het en dat hy hom met psigiatriese terapie gekondisioneer het om Verwoerd te vermoor.

Een van Bird se mede-dokters was van mening dat Tsafendas se dolksteke in die borskas van dr Verwoerd, waarvan twee regstreeks die hart en aorta getref het, ongetwyfeld vooraf geoefen moes gewees het – waarskynlik op ′n lyk. Tsafendas het klaarblyklik opleiding van ′n ekspert-anatomis ontvang om sy kaphoue met die dolk so akkuraat te kon rig, het die medikus gesê.

Bird het weer eens besoek aan die veiligheidspolisie gebring en alles wat hy van sy oud-kollega en sy vermeende psigiatriese betrokkenheid by Tsafendas weet, vertel. Hy is deur ′n offisier meegedeel dat hulle daarvan bewus was dat Tsafendas reeds in Suid-Afrika ′n psigiatriese pasiënt van Bird se voormalige kollega was voordat hy (die psigiater) na Londen gevlug het.

As die veiligheidspolisie op hoë vlak bewus was van die kommunis Tsafendas se curriculum vitae en van sy bewegings, asook van sy terapeut s′n, hoe was dit dan moontlik dat hy as bode van die parlement in diens geneem kon word waar hy regstreekse toegang tot die persoon van die eerste minister kon kry in ′n gedeelte van die raadsaal waar nie eens gewone parlementslede of die lyfwagte van die premier mag kom nie? wil Bird weet.

Bird skryf hy is van mening dat die moord op dr Verwoerd met militêre presisie deur drie groepe eks-perte beplan is: Mediese spesialiste op die gebied van die toraks-snykunde, psigiaters en spesialiste in die regte met regstreekse toegang tot Suid-Afrika se veiligheidsdienste.

Die pad van die Afrikanervolk loop nie deur die konstitusionele kontrepsies van ′n veelrassige parlement en kabinet nie, maar deur die bloedplas in die parlement waar dr Verwoerd gesterf het omdat hy nee gesê het vir verandering van sy volk se beginsels e waardes, nee vir onderhorigheid aan Brittanje en Amerika, nee vir valse vrede met Afrika-state, nee vir rassevermenging, en nee vir broederskap met die geldmag. Dit is waar die Afrikaners die spoor van vryheid weer moet opvat waar dit doodgeloop het op 6 September 1966″ – Jaap Marais, 4 Mei 1984.

 

1907526_1583032898616837_7828772302535910835_n

Enjoyed this post? Share it!