Plaasmoorde – Goedgekeuring, ontkenning en slagofferblaam…

Die gruwelike wrede martelinge en moord op ons Boere gemeenskap – word dit deur die regering en Zuma, Malema en selfs Mandela goedgekeur? Is  die res van ons in ontkenning vasgevang?

Opname:

Out of Africa – Nelson Mandela, & the South African farm murders

Uploaded on Sep 8, 2011

Hoor hoe swart regering Suid Afrika in ‘n nagmerrie vir swart en wit verander het. Mandela en die MK lede verbind hul self daartoe om die witman dood te maak.

 

Opname:

Julius Malema vs White Farmers

Gepubliseer 23 Apr 2015

Julius Malema bespreek die toekoms van wit Boere in Suid Afrika by ‘n byeenkoms in die Paarl.

  • Sou die regering jou plaas koop moet jy vrywilliglik sonder vergoeding vir 2/3 jaar op die plaas aanbly om die gemeenskap aan wie die grond oorhandig word te leer hoe om korrek te boer anders is dit jou skuld indiem hulle misluk.
  • Die Boere moet die plaas werkers aandele in die plaas gee en aan die einde van elke boekjaar die dividend aan die werkers betaal, dan sal hulle nie aangeval word nie
  • “n Man sonder Universiteits opleiding en matriek simbool F vir houtwerk wil aan kundige boere vertel wat om te doen.

bantukleusn1

Opname:

 

Plaasmoorde  Dagbreek debat 13 Oct 2013

Plaasmoorde ‘n werklikheid

Published on Apr 6, 2014

Veral na die onlangse “Red October”-beweging word die onderwerp polities verskillend geïnterpreteer. Ons praat met Sunette Bridges, Harald Pakendorf en Johan Burger.

Kommentare

Hermes (January 21, 2015, 12:00:56 PM):

Wat plaasmoorde en -aanvalle betref is daar twee struikelblokke wat in die weg van beveiliging staan. Die eerste hiervan is ontkenning. Die regering en selfs menseregte-organisasies weier om te erken dat daar `n spesifieke probleem is. `n Houding word ingeneem dat moord `n omvangryke probleem in SA is en dat moorde op kommersiële boere geen uitsondering is nie. Die artikel waarna Rigil Kent verwys noem dat die kanse vir `n Swart persoon om vermoor te word groter is as dié vir `n Wit persoon. Hierdie statistiek isoleer egter nie spesifiek boere nie. Uit `n Wit SA bevolking van sowat 4,5-miljoen, is slegs 30 000 (˂1%) boere. Wanneer dít in ag geneem word, kry ons `n aansienlik hoër per capita moordsyfer as die nasionale gemiddeld. Voeg hierby dat hierdie moorde dikwels op `n besonder wrede manier gepleeg word. Die siening van sekere opposisiepartye dat plaasmoorde as `n prioriteitsmisdaad gesien moet word, het derhalwe meriete. Die regerende party weier egter om plaasmoorde te prioritiseer. Hulle standpunt is dat moord moord is en dat plaasmoorde deel van `n breër probleem is. Hulle wil nie eens na die statistiek kyk nie. Hierdie houding weerspieël blatante ontkenning. As die sekuriteitsmagte van `n kriminele brandpunt bewus is, is die logiese reaksie om op daardie brandpunt te konsentreer. Dit kom dus voor asof die staat onwillig is om effektief in te gryp. As leiers boonop liedjies sing wat mense aanmoedig om boere dood te maak en hulle plase af te brand, bevorder dit nie veiligheid nie.

 

Die ander struikelblok wat in die pad van veiliger plase staan is slagofferblaam. Dit word voorgehou dat boere en hulle gesinne vermoor word oor hulle glo hulle werkers of anderskleuriges sleg of self wreed behandel. Elke gemeenskap het seker sy skurke en sulke insidente word soms gerapporteer. Met die oorgrote meerderheid van plaasmoorde is daar egter geen getuienis wat daarop dui dat dít die motief was nie en in vele gevalle is nie net die boer nie, maar ook van sy arbeiders aangeval. In die afwesigheid van sulke getuienis is slagofferblaam lafhartig en `n flou verskoning. Dit spreek natuurlik nog nie eens die punt aan of dit geregverdig sou wees om `n werkgewer wat jou sleg behandel en sy gesin dood te martel nie.

 

Daar is karakters in hierdie debat vir wie ek min ooghare het, en ek dink baie ondersteuners van hierdie forum stem daar met my saam. Van die voorvegters teen plaasaanvalle het regse politieke neigings en hulle opmerkings kan soms as rassisties vertolk word. Die primêre vraagstuk is egter nie een van individuele persoonlikhede nie, maar een van grootskaalse moord – dikwels grusame moord – op boere en hulle gesinne. Persoonlik het ek baie empatie met die boeregemeenskap. Die boere wat ek ken is ordentlike mense wat hulle arbeiders redelik behandel, nie mense wat verdien om grusaam vermoor te word nie.

Rigil Kent (January 21, 2015, 12:22:51 PM):

Quote from: Hermes on January 21, 2015, 12:00:56 PM

Hierdie statistiek isoleer egter nie spesifiek boere nie.

volksmoorde

Quote van Sunette:

Die moordkoers op boere is nou al 132/100 000. Die moordkoers in die mees moordadige land in die wêreld is 91/100 000 en die van Suid-Afrika in geheel is 32/100 000.

Dis ook als goed en wel om dit in 100 000de uit te druk, maar daar is nie eers 100 000 boere oor in SA nie!

Jou kans om vermoor te word as jy op ‘n plaas bly is 4x groter as die van enigiemand anders in die land! …en meer as 2x groter as die van ‘n Polisieman. Om in SA te boer is tans die gevaarlikste beroep ter wêreld!

 

Ek kon nie uitmaak waar haar syfers vandaan kom nie, en ook nie of “boere” in herdie geval boere van alle kleurgroepe insluit nie. Maar as daar waarheid in steek, dan is boere beslis in groter gevaar as wat hulle ewekansig behoort te wees. As die regering oor hierdie data beskik, dan stem ek saam dis verkeerd om nie op plaasaanvalle as ‘n klas van misdaad te fokus nie. Selfs al is daar praktiese probleme om plase te patrolleer wat kilometers uit mekaar uit lê, moet dit darem tenminste as problematies erken word.

Artikel

Die dame se lewe is tenminste gespaar

PLAASAANVAL! Vrou (94) Op Suikerriet Plaas Aangerand. Rowers rapporteer op selfoon gedurende rooftog dat daar niks van waarde is nie. Aan Wie?

‘n Bejaarde vrou is Maandagoggend in ‘n gewapende roof op haar suikerrietplaas in Kwa-Zulu Natal aangerand.

Prem Balram, Direkteur van die veiligheidsmaatskappy, Reaction Unit South Africa, het bevestig dat die 94-jarige slagoffer die oggend alleen op die laas was toe die aanval gebeur het. Hy is nie seker of sy alleen op die plaas bly nie en kon net bevestig dat sy voor die aanval alleen was.

“Ons is omstreeks 08:15 na die huis ontbied”, het Belram gese. Die bejaarde vrou was duidelik geskok toe ons daar opdaag. Sy het gese twee swart rowers het haar huishulp en privaat veiligheidswag oorrompel toe die oggend die eiendom wou binnegaan en het so toegang tot die huis gekry”.

Die een swart rower was met ‘n vuurwapen gewapen en die ander een met ‘n Okapi mes. “Die swart rowers het die vrou met die vuurwapen se kolf aangerand en op geld en juweliersware aangedring. Hulle het daarna die huis geplunder op soek na enigiets waardevol.”

Volgens die slagoffer het die swart rowers iemand op hul selfoon gekontak en gese daar was niks waardevol in die huis nie.

“Hulle het toe ‘n sportsak met iets daarin gesteel en het ook te voet met die huis se sleutels gevlug. Die vrou was te geskok en deurmekaar om te kon se wat alles gesteel is”

Balram wat ook ‘n vlieenier is, het ook die omliggende plase met ‘n helikopter gefynkam, maar kon die verdagtes nie opmerk nie omdat die gebied te dig bebos is. Die swart rowers is na beraming in hul 30’s en het blou oorpakke aangehad.

“Die bejaarde vrou het verskeie kneusplekke en snywonde aan haar arms opgedoen. Sy het verdere mediese behandeling geweier”.

Belram het gese die huishulp en veiligheidwas was ongedeerd.

Maroela Media het by die polisie navraag gedoen en wag vir terugvoering

FARMmurdersWHITECROSSESmonumentPIETERSBURGsouthAfricaMay2013

Enjoyed this post? Share it!