SAUK Aktueel: Volksmoord! Gauteng gaan 124 Afrikaanse skole tweetalig maak

VOLKSMOORD. Gauteng maak 124 Afrikaanse skole tweetalig en gaan skole koppel aan lokasie skole. “Transformasie” is onkonstitusioneel! 

Die regering lok ons in tweetalige skole in, wat kamma volgens tale gedeel gaan word, MAAR as daai klasse nou almal wit is gaan hulle sê dit is rassisties soos die Curro skole forseerde integrasie bewys het. Daarom moet die vraag gevra word of diê nog net ‘n verdere tree na volksmoord is.

Die Minister het ook gesê dat ondersoek ingestel word na die Curro Foundation School Investigation.
In January het hulle klagtes ontvang in verband met gerugte dat sekere klasse by die Curro Foundation School in Roodeplaat. uit slegs swart kinders bestaan en dat die wit kinders apart in ander klasse onderrig ontvang wat as ‘n rasse aangeleentheid beskou word…

Harris Nupen Molebatse Prokureers was gelas om ondersoek in te stel na die aangeleentheid wat voorgelê sal word tesame met sekere aanbevelings ten opsigte van wette rakende Onderrig in Suid Afrikaanse skole, Wet op gelyke indiens nemingen ander soortgelyke wetgewing

Die uitkoms van die ondersoek blyk te wees dat daar wel ‘n skeiding tussen die swart en wit kinders gemaak was en dat onderrig apart plaasgevind het weens taal.

Dit was bevestig deur die Curro Bestuurs liggaam en ghet gesê dit het plaas gevind op aandrang en druk vanaf sekere wit ouers.

Die skool het erken dat hulle gebruik om die leerlinge te skei verkeerd was en dat hulle vinnig gereageer het om die leerders weer saam te voeg in die klasse. Die skol het ook die betrokke ouers omverskoning gevra en so ook in die openbare media.

Die Departement  erken dat diverse opleiding plaasgevind het by die skool en bevel aan dat die opleiding op ‘n jaarlikse basis moet plaasvind vir al die bestuurslede en onderwysers by die skool.

Laerskool Kruinsig se memo aan ouersoor die vooruitsig van Parallel medium skole:

Geagte ouers

PARALLEL MEDIUM SKOLE:

Die afgelope weke berig die media oor die LUR van Onderwys Gauteng, mnr Lusufi, se idee om Afrikaanse skole in Gauteng te omskep in parallel medium skole omdat daar ʼn sogenaamde tekort aan plek in openbare skole is. ʼn Parallel medium skool impliseer dat onderrig in ʼn addisionele taal (Engels) geskied. Vakke word dus in beide Afrikaans en Engels aangebied.

Leerders wie se voorkeurtaal van onderrig bv. Engels is, word in een klas saam gegroepeer en in die taal van hul keuse onderrig. Die Norme en Standaarde vir Taalbeleid in openbare skole stel dit duidelik dat daar ʼn minimum van 40 leerders in ʼn graad moet wees wat aandring op onderrig in ʼn spesifieke taal en ook ander hulpbronne beskikbaar moet wees alvorens die Skoolbeheerliggaam oorweging aan die versoek van ouers om ʼn wysiging aan die skool se taalbeleid aan te bring, hoef te skenk.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) maak in art 6 voorsiening dat die Skoolbeheerliggaam die taalbeleid van ʼn skool kan bepaal. In die hofsake “Die Laerskool Middelburg en ’n ander v die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL 10351 (T)” en “Governing Body of Mikro Primary School and Another v Western Cape Minister of Education and Others (332/05) [2005] ZAWCHC 14; 2005 (3) SA 504 (C) [2005] 2 All SA 37 (C)” het die hof in die uitsprake daarop gewys dat die Staat (Departement) nie met die verantwoordelikheid van die Skoolbeheerliggaam mag inmeng nie.

Hoekom die lang relaas? Laerskool Kruinsig is volgens ons taal- en toelatingsbeleid ʼn enkel medium laerskool waar onderrig in Afrikaans plaasvind. Enige leerder wat onderrig in Afrikaans wil ontvang en die norme, waardes en etos van Laerskool Kruinsig aanvaar is welkom om in te skryf as leerder by ons skool. Daar is nie sprake dat die taalbeleid deur die Beheerliggaam gewysig gaan word nie.

As ‘n mens nou na die situasie kyk wat ouers nog nie werklik van bewus is nie is:

  • Huidiglik is leerkragte by die meeste skole onder druk omrede daar reeds nie genoeg onderwysers beskikbaar is ‘n sommige skole nie
  • Die gevolg dat die klas nie in jou kind se moeder taal (Afrikaans) sal plaasvind nie omrede daar voorsiening gemaak moet word vir al die kinders wat in een klas saam geprop is. – word ons taal ie nou so uit ons skole gedruk nie dit vind al klaar by die meeste Universiteite plaas.
  • Daar word voorsiening gemak vir 40 kinders per klas wat sal beteken dat jou kind nie voldende aandag van die onderwyser mag kry nie
  • Die kwaliteit van onderrig mag daal en klas gemidelde mag daal so die kwaliteit onderrig wat jou kind in so ‘n skool gaan kry sal ook nie op standard wees nie.
  • As ‘n mens in die media kyk het geweld by medium parallel skole toegeneem en daar moes ekstra sekuriteits maatreels ingestel word  nou is die vraag  – hoe veilig is jou kind se lewe in so skool?
  • Hoeveel keer het ons nou al in die nuus gesien dat daar gevegte was en dat kinders met messe gesteek was en selfs onderwysers was wat aangeval was.

Die realiteit is dat dit gaan gebeur en dit gaan met wetgewing afgedwing word.

Daar  is 2 oplossings on vir jou kind kwaliteit ondderrig te bewerkstellig want in die huidige bedeling gaan jou kind dit nie in parallel medium skole kry nie.

1. Kry jou  kind in ‘n CVO skool so gou as moontlik of

2. kyk na tuis skool vir jou kind

Nou ‘n berig oor die korrupsie in Onderwys.

Dankie Corrie, ja die is beslis ‘n ontstellende storie en een waaroor ouers hulpeloos voel, maar een wat hulle nie sommer net moet aanvaar nie. 

Ek verwys graag na ‘n berig op netwerk24 wat vertel dat Sadou-mafia onderwys in ‘n wurggreep het en ons afpers

Vakbondlede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het beheer oor onderwys; skoolhoofde koop hul poste met skape en beeste of word 25,000 rand gevra.

Skurk-lede het die onderwysdepartement van KwaZulu-Natal geïnfiltreer en oorgeneem en daar is bewyse dat dit landswyd gebeur.

’n Ondersoek in opdrag van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het bevind dat Sadou-lede by ’n komplot betrokke is om bekwame mense uit die departement te dryf en hulself in senior posisies aan te stel.

Die ondersoek, onder leiding van prof. John Volmink, hoof van Uma­lusi, die raad wat die gehalte van matriekuitslae reguleer, het verder bevind dat dié Sadou-lede ook probleme in ander provinsies soos Gauteng, Noordwes, die Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo veroorsaak.

Motshekga het Maandag vir Peggy Nkonyeni, KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys, en ander senior amptenare by die O.R. Tambo-lughawe ontmoet om die krisis in die departement aan te pak.

Volmink het onder meer in sy ondersoek bevind dat:

■ skoolhoofde hul poste met skape, beeste en bokke by Sadou-lede koop;

■ minimum opleidingsvereistes vir geadverteerde poste deur Sadou-lede verlaag word;

■ Sadou-lede R25 000 van ’n skoolhoof afgepers het in ruil vir sy werk; en

■ ’n junior Sadou-leier ’n brief vervals het om as hoof by ’n skool aangestel te word.

Agt direkteure in KwaZulu-Natal se 12 onderwysdistrikte het verlede week in Pietermaritzburg vergader en ’n klag teen Sadou-lede ingedien weens intimidasie en die greep wat hulle oor die departement het.

Dit kom nadat onderwysers by 925 skole in KwaZulu-Natal die afgelope twee weke opdrag gegee is om by distrikskantore te betoog oor Sadou-leiers wat nie outomaties in senior poste aangestel word nie.

Volgens ’n bron na aan die direkteure is hulle ongelukkig oor Sadou-lede wat slegs na hul persoonlike belange omsien.

“Hulle gee nie ’n flenter om oor ons kinders se opvoeding nie,” sê die bron.

Dolly Caluza, Sadou se streeksekretaris in KwaZulu-Natal, sê die optogte het niks met Sadou-lede se posisies en aanstellings te doen nie.

“Ons betoog teen die gebrek aan norme en standaarde by skole en die toewysing van onderwysers wat oorwerk is,” sê sy.

Muzi Mahlambi, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement, sê die departement is bekommerd oor die ontwrigting.

“Ons het reeds drie keer met die leiers van Sadou probeer onderhandel om te verseker dat kinders steeds onderrig ontvang.

“Skoolhoofde het verder opdrag gekry om teen onderwysers op te tree wat nie by die skool is nie,” sê Mahlambi.”

Dit is duidelik dat die onderwys dept. en die regering self geheel en al oorgeneem is deur kwaadoeners en dus het hulle geen respek vir die konstitusie of die toekoms van die land en sy kinders en onderwys.

Om gehoorsaam te wees speel net in die mafia se hande. Ons moet alles bevraagteken en weier om dit te aanvaar as dit nie by ons pas of die konstitusie, wat elke volk se taal, kultuur en tradisies MOET beskerm

Alle Volksmoorde werteldwyd was teen gehoorsame mense….

Enjoyed this post? Share it!