SAUK Nuus Brokkies en Sake van Belang


Die twee Swart polisie verkrag blanke man in die openbaar “omdat hy wit is” volgens slagoffer waaroor ons gisteraand berig het, is vandag geskors.

 

Artikel 1

JSE volg (vir eers) Chinese aandele laer

Woensdag 26 Augustus 2015 10:05

China se aandeelpryse het Woensdag verder geval ondanks die besluit deur die Volksbank om rentekoerse te verlaag.

Die aandeelpryse het die afgelope vyf dae nou al die skerpste sedert 1996 gedaal.

Die JSE het Woensdag ook weer gedaal en teen 09:44 was die indeks van alle aandele 1,18% laer op 48 402,19 punte. Die meeste indekse het gedaal, met die uitsondering van hulpbron- en mynbou-indekse.

Die Sjanghai- saamgestelde indeks het 1,3% laer gesluit ná baie wisselvallige verhandeling, wat dit eers sien styg het met tot 4,3% en toe sien val het met 3,9%. Maandag het die indeks met 8,5% geval en Dinsdag met 7,6%.

Die laer rentekoerse in China is Dinsdag ná die sluiting van die beurs aangekondig.

Chinese aandeelbeurse het sedert Junie altesame $5 000 miljard, oftewel die helfte van hul waarde, verloor.

Die regering het dié week ophou ingryp in die aandelebeurs, hoewel daar steeds ’n 10%-perk is op die styging of daling van aandeelpryse.

“Die heersende sentiment is steeds dat beleggers wil verkoop, wat die regering ook al doen,” sê Ronald Want van Partners Capital in Hongkong.

“Vertroue is geskend. Twyfel oor die doeltreffendheid van beleid word groter. Die mark sal nog ’n rukkie onder verkoopsdruk wees.”

Die Volksbank het die eenjaar-koers aan banke met 0,25 persentasiepunt tot 4,6% verlaag. Die vereiste persentasie kapitaal wat banke in reserwe moet hou, is ook verminder met 0,5 persentasiepunt vir alle banke.

Dié stappe is ’n poging om ekonomiese groei in die wêreld se tweede grootste ekonomie aan te blaas.

Chia Woon Khien van Nikko Asset Management Asia in Singapoer sê dié stappe kan nie vergoed vir die verlies aan likiditeit wat die yuan se waardevermindering (deur die staat) meegebring het nie.

“As ons gelukkig is, sal China se ekonomie in die vierde kwartaal begin herstel.”

Sekere Chinese amptenare reken dat die daling in aandeelpryse min ekonomiese impak gaan hê en dat die koste van markondersteuning te hoog is. Ander reken dat die tuimelende pryse ’n risiko vir die bankstelsel meebring.

– Bloomberg

68ce060d4f1b4988afdc8add9923cf9e

 

Artikel 2

Prasa Moet Miljoene Betaal na Dringende Hofaansoek

PRETORIA – Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) moet teen Donderdagmiddag R22,7 miljoen betaal aan ’n maatskappy wat ’n dringende hofaansoek teen hom ingedien het.

Die Noord-Sentraal-Transvaalse hooggeregshof het Prasa Dinsdag beveel om R22 733 732 teen 16:00 Donderdag aan SA Fence & Gate Investment Holdings te betaal. Geoffrey Greyling, uitvoerende hoof van SA Fence & Gate, ’n maatskappy van Randburg, het in hofstukke bekend gemaak, die maatskappy en Prasa het in Februarie en Maart 2013 ’n kontrak gesluit waarvolgens die maatskappy ’n veiligheidsheining en ander verwante strukture by verskeie depots van Prasa sou oprig.

Die kontrak het na bewering glo bepaal dat die verskaffing en installering by depots nasionaal teen ’n basiese kontraksom van sowat R209 miljoen sou plaasvind. SA Fence & Gate het 525 mense in diens. Dít is hoofsaaklik mense van voorheen benadeelde gemeenskappe.

Volgens die kontrak moes die werk glo op 31 Maart 2014 voltooi gewees het, maar dié datum is om sekere redes uitgestel. Die redes hou glo hoofsaaklik verband met die feit dat Prasa nie gereed was om al die ontwerpe vir die werk af te teken nie. Die voltooiingsdatum is formeel tot 10 Junie vanjaar uitgestel en nou moet dit verder uitgestel word.

Volgens Greyling het die maatskappy ’n “reusehoeveelheid werk” by al agt depots gedoen. Dít is die depots in Braamfontein, Walmerton, Springfield, die Durban-stasie, Soutrivier, Paardeneiland, Culemborg en Oos-Londen. Omdat Prasa die maatskappy nie betaal het nie, is die saak na bewering so ernstig dat dit nou die hele bestaan van die maatskappy in gedrang bring. ’n Winsgewende en prestige-projek wat deur Prasa aan SA Fence & Gate toegeken is, is op die punt om die maatskappy se ondergang te bewerkstellig en honderde werknemers en hul gesinne te benadeel.

– Netwerk 24 

 

Artikel 3

Staalheffing Ingestel, te Laat vir die Bedryf

SAKE – Suid-Afrika sal binne die volgende twee weke ’n invoerheffing van 10% op staal instel, maar dít en ander maatreëls waarop Vrydag ooreengekom is, gaan te laat wees om talle kleiner ondernemings in die staalbedryf van ondergang te red.

Die aansoek om die tariefverhoging vir beskerming van staalmaatskappye is reeds in November verlede jaar ingedien, maar sal binne die volgende twee weke afgehandel wees, het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Vrydag aan die topverteenwoordigers van die wankelende Suid-Afrikaanse staalbedryf belowe. Die nuus is Maandag aangekondig.

Nog tariefverhogings wat die bedryf gevra het en wat teenstortingstariewe insluit, gaan egter tot 18 maande duur voordat dit ingestel kan word. Intussen wurg Chinese staalinvoer, wat met sowat $50 per ton gesubsidieer word, die Suid-Afrikaanse bedryf dood.

Die afvaardiging en die twee ministers het ook op ’n lys van vyf ander maatreëls ooreengekom, maar volgens Ufikile Khumalo, president van Seifsa, is dit langtermynmaatreëls om te sorg dat ’n staal- en ingenieursbedryf in die land bly voortbestaan. Op kort termyn is daar talle groter en klein maatskappye wat nie die krisis gaan oorleef nie. Metaalbedryf staan op die vooraand van ’n maatskappye-bloedbad. Dit raak die fundamentale struktuur van ons ekonomie.

Intussen is die voorraadwerwe van Amsa, Highveld, MacSteel, Scaw en ander staalprodusente oorlaai met voorraad wat hulle nie verkoop kry nie. Die ander maatreëls sluit in dat die departement van openbare ondernemings ’n taakgroep op die been gaan bring om plaaslike inhoud in aankope deur staatsbeheerde ondernemings aan te help. Transnet het onderneem om die opgradering van sowat 1 000 km se spoorlyne by binnelandse staalverskaffers aan te koop.

Klagtes oor onwettige uitvoer van afvalstaal gaan ondersoek word en die regering gaan prosesse ondersteun om die perk van R9 000 te verhoog op die oplei-afleggingskema, wat in 2009 geskep is om afgedankte werkers te help.

Cape Gate en Scaw Metals, wat die meeste verloor weens uitvoer van afvalstaal, gaan getuienis daaroor aan die departement van handel en nywerheid voorlê. Dit sal strenger toepassing van die reëls vir uitvoerlisensies moontlik maak.

– Netwerk 24

 

Artikel  4

Glen Plaasaanval, Boer en Vrou met Piksteel Geslaan

BLOEMFONTEIN – Paul en Magda Coetzer van die plaas Diephoek is Sondag tussen 18:00 en 18:30 in hul huis aangeval kort nadat hulle van ’n uitstappie met hul honde teruggekeer het.

Volgens Tinus Linde, voorsitter van die Glen-boerevereniging, het die Coetzers die twee aanvallers in hul huis aangetref toe hulle by die huis gekom het. Volgens hom is Coetzer met ’n piksteel aangeval en oor die kop geslaan. Hulle het daarna weggehardloop en sy vrou buite die huis aangetref waar hulle met haar gestoei het. Sy is ook met ’n piksteel geslaan.

Coetzer het uit die huis gekom en die mans met sy vrou sien stoei en kon daarin slaag om hulle te verjaag. Hy het ’n wond aan sy kop opgedoen en verskeie kneusplekke oor sy lyf gehad. Hy moes steke kry. Magda is erg getraumatiseer. Die aanvallers het slegs met ’n selfoon gevlug.

Boere in die omgewing en die polisie het vinnig gereageer en tot laatnag na die aanvallers gesoek.

Volgens Sersant Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder, word aanklagte van huisroof en poging tot moord ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie. Coetzer was gister nog te getraumatiseerd om met Volksblad te praat

– Netwerk  24

 

Artikel  5

Pretoria Aanval, Man Veg om Sy Lewe Teen Wrede Rower

PRETORIA – Dit was asof die aanvaller met die langlem-snoeiskêr in die een hand en ’n koevoet in die ander Abraham Smit (63) se kop Sondagaand  in Sentraal-Transvaal “van sy lyf wou afslaan”.

Volgens Smit het hy daardie koevoet met al sy krag neergebring, sy regterhand was dik geswel en swartblou met pleisters en snymerke oral soos hy kaalhand om sy lewe geveg het. Toe die hand te lam van pyn was om weer te keer, het die aanvaller Smit met die koevoet teen die slaap geslaan en sy kop oopgekloof. Nog vermeteler was dat, nadat hulp opgedaag het en Smit hospitaal toe gehaas is, die dief , vermoedelik met hulp, teruggekeer het na die huis in Amandasig, Petoria, en die motorhuis en huis byna gestroop het.

Daar was ’n mislukte poging om Smit se bakkie met die ontstekingsdraad aan die gang te probeer kry. Toe vat die aanvaller maar net die twee agterwiele en karwei dit met Smit se kruiwa weg. Smit is oortuig dat die aanvaller se doel was om hom dood te maak. Die vermoede is dat die aanvaller nie verwag het Smit gaan met sy kaal hande terugbaklei nie.

Dit was sterk skemer toe hy Sondagaand iets buite die huis gehoor het. Smit het gaan kyk. Die aanvaller het agter die motorhuis uitgekom met Koevoet in die een hand, snoeiskêr in die ander. Smit het glo die aanvaller gevra wat hy soek. Hy het glo gesê sy mense se grond is deur die wittes gevat en hy wil alles terughê en gaan dit nou vat.

Smit wou nog aan die man verduidelik dat die huis op ’n stuk van sy ouers se plaas was waar hy grootgeword het, so hy het niks van niemand gevat nie. Maar toe bestorm die man hom al. Smit het dadelik besef hy gaan pak slae kry. Hy het gemaak of hy met sy regterhand gaan slaan en toe hy daardie kant keer, het hy met die koevoet in sy linkerhand geslaan. Die hou teen Smit se slaap was net skrams, maar die een teen sy kop het hom grond toe laat val. Dit het gelyk of jy ’n bees op sy hemp geslag het van al die bloed het Smit aangevoer. Hy het baklei en geskree, mense in die straat het glo teruggeroep en die aanvaller het gevlug.

Terwyl hy by die hospitaal was, het die gebied se sektorpolisie tot omstreeks 02:00 gereeld by die huis ingeloer. Alles was ongeskonde. Smit was Maandag 07:30 weer tuis, net om te besef iewers tussen 02:00 en sy aankoms is sy motorhuis en huis oopgebreek en goed gesteel. Splinternuwe grassnyer. Splinternuwe randsnyer –  Netwerk 24 en Afrikaanse Nuus

 

Artikel  6

 

Minstens 61 000 poste in gedrang

Solidariteit sê dat in die huidige ekonomiese en politieke klimaat in die land tienduisende poste by honderde maatskappye in die gedrang is a.g.v. afleggingsprosesse en dat werknemersvertroue op ʼn driejaarlaagtepunt is. Op hierdie stadium kan rekenskap gegee word dat minstens 61 000 poste in meer as 60 maatskappye deur personeelverminderingsprosesse geraak word. ‘n Verdere 160 maatskappye gaan waarskynlik binnekort dieselfde paadjie loop. Werknemers in die mynbousektor word tans die swaarste deur afleggings getref, gevolg deur werknemers in die telekommunikasie- en metaalbedrywe. Solidariteit het ʼn omvattende noodplan vir die afleggingskrisis bekendgestel en wat behels verskeie hulpprojekte in samewerking met Helpende Hand om die impak van afleggings op Solidariteit-lede te beperk. Die vakbond verskaf ook regsadvies, finansiële riglyne en berading, asook hulp vir werksoekers.
Artikel  7
Polisie ‘verloor’ 3 026 wapens

Volgens syfers verskaf deur AfriForum en die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het die SA Polisiediens tussen Januarie 2009 en 30 Junie 2014 ʼn totaal van 3 026 polisiewapens as verlore aangemeld. AfriForum gaan nou ‘n hofaansoek bring vir meer besonderhede oor die verlore en gesteelde polisievuurwapens, aangesien die SAPD meer inligting oor kaliber en vuurwapensoort weier. Die SAPD voer aan dat die bekendmaking van sodanige inligting tot nadeel van die land se beveiliging en internasionale situasie kan lei. Die aantal wapens wat per provinsie by die SAPD as verlore aangemeld is, is soos volg:

  • KZN 1 073
  • Mpumalanga 592
  • Oos-Kaap 360
  • Gauteng 352
  • Hoofkantoor 254
  • Vrystaat 151
  • Wes-Kaap 86
  • Noord-Kaap 55
  • Limpopo 53
  • Noordwes 50.

Artikel  8
SAMRK verslag oor plaasmoorde

Die kern van die verslag oor plaasmoorde wat die SA Menseregtekommissie (SAMRK) pas bekendgemaak het, kan volgens AfriForum soos volg saamgevat word: Die SAMRK sal landelike veiligheid op sy nasionale menseregte-agenda behou en sal gesprekvoering tussen die onderskeie rolspelers aanmoedig / Die SA Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet baie meer doen in die stryd teen misdaad in landelike gebiede / Rasseverhoudings in landelike gebiede en negatiewe stereotipering moet aangespreek word, terwyl sosiale kohesie oor die algemeen aangemoedig moet word / Verskeie aanbevelings word gemaak ten opsigte van voortgesette navorsing oor plaasaanvalle en –moorde / Die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie moet hersien word en die SAPD moet verskeie praktiese stappe implementeer, waaronder die organisering van ’n nasionale spitsberaad oor plaasveiligheid / Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) moet by misdaadvoorkomingstrategieë betrek word en ’n meer geformaliseerde verhouding moet tussen GPF’s en Landelike Veiligheidsprioriteitskomitees gevestig word / ’n Spesiale subkomitee moet binne-in die Justice, Crime Prevention and Security (JCPS) Cluster Priority Committee geskep word met die doel om ’n aksieplan vir die aanspreek van misdaad in landelike gebiede te ontwikkel.

Artikel  9
Indiërs en bruinmense nou ook SEB-geteiken

Volgens die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 5 van 2000, gaan  Indiërs en bruines klaarblyklik uitgesluit word uit die voordele van swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Dit blyk dat staatstenders nie meer noodwendig op ‘n voorkeurbasis toegeken gaan word aan Indiërs en bruinmense nie. Die grootste veranderinge is van toepassing op tenders van onder R10 miljoen waar die prys slegs die helfte van die punte vir die toeken van die tender uitmaak en SEB-punte die ander 50%. Dit beteken dat Indiërs en bruinmense saam met blankes vir alle praktiese doeleindes uitgesluit word uit enige deelname aan die staatstenderproses. Die noodwendige implikasie hiervan sou wees dat kaderbevordering geëskaleer gaan word tot voordeel van ‘n klein swart elite in die land. – Ditsemblits

Artikel  10
“Storm pak saam oor mynboubedryf”

Volgens ‘n mediaverklaring van die FGF Kamer van Koophandel te Welkom sê hul president Schalk van der Merwe: “Te midde van ‘n ekonomie van verlangsaming tot ‘n punt waar ‘n resessie ‘n werklikheid kan word, is daar boonop ‘n volmaakte storm aan die saampak om die SA mynboubedryf. Verskeie faktore is in spel wat vinnig op ‘n krisis afstuur. Hulpbronpryse het onlangs geval na vlakke wat nie in jare gesien is nie, stakings en arbeidsonrus dreig in die hele bedryf en BBBEE-voldoening is hoogs problematies vir die verskaffingsektor aan die mynboubedryf. Laastens is dit ook so dat SA heeltemal geïntegreer is in wêreldmarkte. Talle Afrikalande ondervind ‘n veel hoër vlak van beleggings in vergelyking met SA, wie se mededigingskrag sterk kritiek uitlok van beleggers. Daar sal moet fyn aandaggegee word aan die mynboubedryf as een van die hoekstene van die SA ekonomie.”

Artikel  11
SABC-bedryfshoof mes in vir mediavryheid

Die bedryfshoof van die SABC Hlaudi Motsoeneng het tydens ’n ontbytgeleentheid van The New Age gesê dat die probleem met die SA media is dat hul houding en benadering tot nuus nie help om ’n nasie te bou nie. Hy het dit as beweegrede aangevoer waarom staatsbeheerde mediaregulering broodnodig is. Sy standpunt is gesteun deur Steven Motale, redakteur van The Citizen en Moegsien Williams, redakteur van The New Age. Volgens Motsoeneng moet die staat eenvoudig kyk dat die media veel meer “goeie nuus” oor SA publiseer en dat onnodige negatiewe nuus verhoed moet word. Inmiddels is die siening van Motsoeneng skerp deur ander lede van die hoofstroommedia en opposisiepartye gekritiseer en word daarop gewys dat Winston Churchill gesê het, in Afrikaans vertaal: “’n Vrye pers is die waaksame wagter van elke ander reg wat vry mense nastreef.”
Naspers
Artikel  12
Elsenburg-studente betoog vir Afrikaans

By die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut in die Wes-Kaap het Afrikaanssprekende studente ʼn groot betoging gehou nadat die bestuur van die instituut begin het om klasse slegs in Egels aan te bied – dit in reaksie op aandrang van ‘n minderheidsgroep. Die Afrikaanse studente het die ondersteuning vanaf twee eksterne organisasies, AfriForum Jeug en Adam Tas Studentevereniging, bekom nadat hulle raadop was. Talle skrywes, waaronder aanmaningsbriewe, mosies van wantroue asook ʼn lys van besware, is die afgelope tyd aan die bestuur gerig, met geen praktiese effek nie. In kommentaar hierop het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê: “Afrikaans as onderrigtaal is elke student se grondwetlike reg. Hier is duidelik ʼn poging om van Afrikaans ontslae te raak, ons sal nie bystaan en toeskouers wees nie. Die massas studente wat opgedaag het, toon duidelik dat studente Afrikaans wil behou.”
transformation3
Artikel  13
Afrikaanse leerders doen dit self

Meer as 25 Wiskunde-onderwysers het in minder as een week ses Engelse hersieningsgidse volledig vertaal vir Afrikaanse leerders. Die ses Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) hersieningsgidse vir gr. 4 – 9 is vertaal, taal versorg en is gratis beskikbaar aan onderwysers, ouers en leerders regoor die land. Dit is gedoen deur die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) nadat die hersieningsgidse slegs in Engelse aan Gautengse skole beskikbaar gestel is. Die Afrikaanse weergawe verseker dat ’n groter hoeveelheid leerders by hierdie hulpmiddel sal baat ter voorbereiding van die verpligte JNA toetse wat in September by alle openbare en onafhanklike skole geskryf word. Die hersieningsgidse kan gratis afgelaai word by www.skoolwiskunde.co.za. –

Artikel  714

SAMRK-verslag oor plaasmoorde

Enige een wat sê, soos die SAMRK in hul verslag, dat plaasmoorde in die eerste instansie nie rassisties is nie, het veel van sy / haar sintuie verloor – kan nie sien, hoor, ruik of voel nie. Die feit van die saak is dat feitlik 100% van plaasmoorde swart op wit is en dat die uiterse wreedheid waarmee dit dikwels gepaardgaan, in ooreenstemming is met die algemene politieke en ekonomiese anti-blanke veldtog wat deur die regering van die land gevoer word.

Dit is voorts tragies dat indien na die groter prentjie gekyk word van feitlik daaglikse swart op wit moorde in die land, tot die noodwendige slotsom gekom moet word dat wat eintlik besig is om plaas te vind ‘n laegraadse onverklaarde burgeroorlog is.

Wat gaan blankes hieromtrent doen, is die vraag wat onvermydelik opkom. –

Kommentaar van Amerikaanse vrou

Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n brief wat ‘n Amerikaanse vrou geskryf het wat die afgelope sewe jaar in Suid-Afrika woon:

“I confess that when I first moved to South Africa, I thought Afrikaners were the ‘bad guys’. Because I was never required to study African history in school, I knew only what the American media had taught me, which was that Afrikaners were responsible for Apartheid and therefore the bad guys. Six months after moving here, I realised how incorrect my initial assumptions were. Everyone in South Africa is both a ‘bad guy’ and a ‘good guy’, and so it is with the rest of the world (for such is human nature).

“The following two years were spent reading every book I could get my hands on regarding South Africa. If one wants to understand a culture, I reasoned, then one must study their art, music, literature, cuisine, and history. And so I did just that – not only for the Afrikaans culture, but for other South African cultures as well.

“Having lived in South Africa for seven years now, my desire is to walk humbly and respectfully with the people here, to forever be a student of the land, languages and cultures, and to serve where I can to help build this nation. This nation, however, will never reach its potential so long as any one people group is being marginalised or oppressed. The point of this letter is to share with you what I have observed among the Afrikaners, as well as my hopes and dreams for them.

“I see a people group who are being slowly squeezed out. I see a people group with no political representation. I see a people group whose younger generations are forced to carry the weight of the mistakes of their forefathers, whose older generations are frustrated, disillusioned and often angry with current situations, and whose middle generations struggle to find work and bridge the gap between the old and new South Africa, though they are desperately trying. I see a people group emigrating in large numbers. In short, I see a cultural crisis among the Afrikaners, as well as a great struggle to belong and be accepted in their own country. And this grieves me.

“In the seven years I have had the privilege to live in South Africa, I have come to love the Afrikaners. I love all of the cultures here – truly I do – but there is a soft spot in my heart for the Afrikaners. Not because I am also white, certainly not because I am racist, but because I see the strengths of their culture, and I believe those strengths should be celebrated. Afrikaners have an amazing ability to persevere despite the odds. Afrikaners have a strong work ethic. They also have a unique ability to improvise, make do, and find a way around their obstacles (‘n Boer maak ‘n plan!).

“I have learned much from the Afrikaans culture. One thing that especially touches me is the way Afrikaners pray. In the seven years that I have been here, nearly every prayer I have heard begins with “Dankie, Here”. To begin a prayer with heartfelt thanks despite present challenges is something that moves me deeply.

“Another thing that I admire is the concept of a “lekker kuier”. It is more than a visit, more than a quick cup of tea, and can often interrupt schedules or to-do lists. In a kuier I am welcomed, heard, given priority over time’s looming deadlines, and valued. It doesn’t matter if my house is messy, my hair is not perfect, or what my plan for the day was.

“One of my favourite things about Afrikaners is the Afrikaans language itself. I studied German and American Sign Language in school, but I confess that learning another language as a middle-aged woman was a bit daunting. And what a delightfully descriptive language! With words like “spookasem”, “stofsuier” and “trapsuutjies”, how can one not love Afrikaans?

“I long for the day when Afrikaners can hold their heads high and be proud of their culture and their heritage. I long for future generations to be in awe of their ancestors who fought bravely in the Anglo-Boer war or contributed toward the many inventions that are uniquely South African. I long for the Afrikaans language to persevere and continue to be relevant.

“I would like to end this letter by saying the following to the Afrikaans people: I see you. I value you. And I would like to respectfully journey with you in helping this nation to reach its great potential.”

Annie Erickson

 

 

Enjoyed this post? Share it!