SAUK Nuus Internasionale Berig: 19 September

Obama meen dit sal ‘n Persoonlike belediging vir hom wees as swart Amerikaners nie vir Clinton stem nie

Barack Obama het voor ‘n oorwegend swart gehoor by die Congressional Black Caucus ete Saterdagaand, gesê dat dit ‘n “persoonlike belediging” wees as swartes nie vir Demokratiese presidensiële kandidaat Hillary Clinton in die November presidensiële verkiesings stem nie. Weereens het hy die oeroue slawerny kaart wild rondegeswaaie
Obama het gesê dit sal sy nalatenskap beswadder “As daar nie ‘n sterk swart deelname vir Clinton is nie.
Sommer gou was swart Amerikaners op sosiale media met komentare soos:
Obama, Ek neem jou 8 jaar van hoër misdaad, terrorisme, onwettige immigrante, werkloosheid, kos seëls & Oorlog as ‘n persoonlike klap in die gesig van Amerika
‘n Ander swart persoon het getweet dat hy sy eie nagedagtenis verpletter het.
___________________

Volgens ‘n CBS Peiling loop Donald Trump en Hillary Clinton gelyk in die mees belangrikste State

Die wedloop in hierdie gekombineerde “battleground states” is so nou dat albei op 42 persent is.
Kiesers in hierdie state is steeds op soek na ‘n groot verandering, terwyl die partydige kloof diep bly.
Drie en veertig persent wil ‘n paar veranderinge hê en slegs 2 persent dink dinge is fyn en dat daar nie ‘n behoefte vir groot verandringe is nie
Trump lei met ‘n groot voorsprong oor vertroue om Washington te verander: sewe en veertig persent vertroue Trump en slegs 20 persent vertrou dat Clinton veranderinge in Washingtom kan bring.
______________________________________

In Duitsland het die patriotiese Afd party ‘n deurbraak in Berlyn se plaaslike verkieisng behaal wyl Merkel se CDU party sy laagste stem sedert die Tweede Wêreldoorlog behaal het.
Duitsland se anti-massa immigrasie konserwatiewe Afd party het hul tiende plaaslikke staat kamer bettree na hulle 14.1 persent van die stem behaal het, slegs drie jaar na hulle gestig is op ‘n anti Europeerse Unie platform. Dit plaas hulle in die vyfde plek, wat steeds binne die bereik van die vier voorste partye.
Maar ‘n ver linkse koalisie is nogsteeds in staat om weer beheer van die stadsraad te neem.

_________________________

ISIS neem verantwoordelikheid vir die Minnesota winkelsentrunm messtekery in St Cloud waar 8 mense deur ‘n Somaliese vlugteling gesteek is.
Islamitiese staat, of ISIS, het verantwoordelikheid geneem en gesê dat die Somaliër wat agt mense in ‘n Minnesota winkelsentrum Saterdag gesteek het, een van sy “soldate” was wat in direkte kontak met die Islamitiese groep was.
In ‘n verklaring wat bekend gemaak was deur Amaq, ‘n nuusagentskap wat bande hou met die groep, het hulel gesê.
“Die uitvoerder van die steek aanvalle in Minnesota gister was ‘n soldaat van die Islamitiese staat en die uitvoer van die operasie was in reaksie op hul oproepe vir aanvalle teen burgers van lande wat deel uitmaak van die “crusader koalisie”
Die somali immigrant geklee in ‘n private veiligheidswag uniform het agt mense gesteek in die Crossroads Winkel Sentruml in St. Cloud. Hy is daarna doodgeskiet deur ‘n polisie beampte van ‘n ander jurisdiksie.
________________________

Is dit rêrig toeval dat ISIS ‘n groot offensief loods reguit na ’n Amerikaanse aanval op Siriese troepe waar 62 Siriese trope gedood is?
Die Amerikaanse koalisie het lug aanvalle uitgevoer Saterdag, direk op die Siriese weermag, naby die oostelike stad van Deir ez-Zor. 62 mense is dood, volgens die Russiese Ministerie van Verdediging.
Die aanval lug is gevolg deur ‘n bitter bekgeveg tussen die VSA en Rusland in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies vergadering Saterdagaand.
“Dit is hoogs verdag dat die VSA verkies om hierdie spesifieke aanval uit te voer in hierdie spesifieke tydstip,” het Rusland se Ambassadeur Vitaly Churkin gesê, en bygevoeg dat die saanval wat Siriese soldate gedood het, nie soos ‘n eerlike fout lyk nie.
Amerikaanse gesant Samantha Power het “spyt” uitgespreek oor die aanval.
Volgens Josua Landis van die Sentrum vir Midde-Oosterse Studie, Universiteit van Oklahoma, is die VSA “baie ongemaklik in hierdie nuwe verhouding met Rusland en die skietstilstand.”
“Soos ons gehoor het, die Departement van Verdediging is baie ongemaklik met hierdie. En die VSA kry dit van albei kante – nie net het hulle verkeerdelik Deir ez-Zor gebombardeer nie, met die moord van ‘n baie van die Siriese troepe, maar net gister was die VSA uitgeskop van ‘n Siriese dorp in Noord-Sirië, “het hy gesê.
Landis verwys na ‘n voorval toe ‘n klein groepie van die Amerikaanse spesiale magte na bewering uit die Siriese stad van Al-Rai naby die Turkse grens moes vlug, nadat hulle bedreig was deur rebelle vegters. Die Vrye Siriese weermag (FSA), wat beskou word as Amerikaanse bondgenote, het die VSA se militêre magte uitgeskop, en hulle as “ongelowiges” en “Crusaders” Gevloek.
“Dit was ‘n baie groot verleentheid toneel vir die VSA, omdat hierdie gematigde rebele veronderstel was om die VSA te verwelkom,” het Landis bygevoeg.

___________________

Diesel wat te vuil vir Europa is word na Afrika verkoop

‘n Switserse maatskappye is gekritiseer in ‘n verslag, vir hul bande met die handel in diesel wat gevaarlike vlakke van swael, wat onwettig in Europa is.
Veldtog groep Public Eye sê kleinhandelaars misbruik swak regulatoriese standaarde.
Die swael deeltjies wat uitgestraal word deur ‘n dieselenjin word beskou as ‘n belangrike bydraer tot lugbesoedeling, wat verband hou met hartsiekte, longkanker en asemhalingsprobleme.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou dit as een van die top globale gesondheidsrisiko’s.


 

Enjoyed this post? Share it!