Sjina koloniseer Afrika met steun van regerings, multinasionale maatskappye en organisasies


Ons het Vrydag gekyk na China en internet sensuur net om op te som: Die nuwe Vryheid van die Internet ranglys, vrygestel deur navorsing huis Freedom House, ontbloot die maand enige idee dat Naspers China se regering weerstaan. Inteendeel, die verslag skets ‘n grusame foto van ‘n wrede Sjinese regime met sensuur veel erger as wat jy ooit sou dink.

Sjina was derde ergste in die wêreld. Hulle sensuur gereeld inhoud, arresteer mense wat kyk na web bladsye wat dit nie van hou nie (of geskiedkundige video’s wat nie die propaganda pas nie soos onlangs gesien het toe die familie van Vodacom se hoof, in ‘n hotel in Sjina in hegtenis geneem is omdat hulle blykbaar ‘n video van Kublai Khan gekyk het.)  Sjina behaal 87 uit 100 wanneer dit kom by die aanlyn sensuur. Wanneer dit kom by “skending van gebruikers regte”, behaal Sjina 39 uit 40.

Die verslag sê Tencent se We Chat afdeling “polisieër politieke inhoud” gereeld, met die verwydering van wat hulle dink die Party nie van sal hou nie, terwyl hulle die Sjinese se regering toelaat om die WeChat gesprekke van mense soos dissident Hu Jia af te luister – gesprekke wat agente gebruik dan as “bewyse” van Hu se ” ondermyning “.

In Maart, het TenCent dosyne rekeninge gesluit, insluitend een wat deur die joernalis Luo Changping gebruik is, en andersdenkendes Hu Jia en Bei Feng het beide gerapporteer dat hul rekeninge verwyder was”.

Toe hy gevra is, het Tencent se brulpadda woordvoerder, Jerry Huang, gesê: “As deel van die verbintenis tot die voorsiening van ‘n gehalte gebruikers ervaring … hersien ons voortdurend en neem maatreëls oor verdagte gevalle van spam, gewelddadige, pornografiese en onwettige inhoud”.

Wel, jy kan dan vra, is ‘n bietjie sensuur die ergste ding in die wêreld? Na alles, die gekombineerde intellektuele invloed wat jy sien in die kommentaar afdeling van die gemiddelde aanlyn nuus artikel, is iewers tussen pannekoek en ‘n Chester Missing pop.

Nee, dit is veel meer gevaarlik as dit.

Honderde is in die tronk as gevolg van hul aanlyn-aktiwiteit – insluitend 2010 Nobelprys wenner vir Vrede, Liu Xiaobo, wat ‘n 11-jaar vonnis vir “aanhitsing van ondermyning van die staat mag” gekry het vir wat hy geskryf het.

Aktivis Li Qidong was een van daardie wat “gehospitaliseer” is deur die polisie in 2009 en is na “psigiatriese aanhouding gedwing”. Niemand het sedertdien van hom gehoor nie.

Maar dit is erger. In Augustus, het President Xi Jinping gesê dat die internet “die vernaamste slagveld is vir die openbare mening stryd”.

Ons sien dit al klaar in Suid Afrika. Ek weet van verskeie gevalle self, waar van ons eie Faceboek groepe waar die “geheime diens” lede by hul huis gaan kuier en waarsku teen enigiets wat die regering slegsê of regime change.

Vir Naspers, sou dit net sorgelose wees om weer op die verkeerde kant van die geskiedenis te beland. Met hul apartheids geskiedenis sou mens dink dat hulle Vryheid van Spraak ten hoogste prys.

 

Koloniseer China Afrika is die vraag, ek kyk na artikels van die afgelope paar jaar –

Artikel 1

Beeld berig Vrydag 30 Desember 2005 bl. 18

Johannesburg Finaal
Briewe

China koloniseer Afrika net anders

Dr. Elma Ross, Riebeeck-Kasteel

Die berig oor China se rol in Afrika ( Sake, 27 Desember) het opgeval.

Dit is betekenisvol dat China sonder slag of stoot soveel energiebronne rondom en op die vasteland bekom en die lae-tegnologie-bedrywe in Afrika feitlik vernietig het.

In wese, eggo dit nie die kolonisering van Afrika deur Europa, net op ‘n ander manier nie? Daar is tog geen manier dat China, met sy eie menseregteskendings – soos die slagting op 4 Junie 1989 van studente wat ‘n pro-demokrasiebetoging op Tiananmenplein, Beijing, gehou het – empatie met die mense van Afrika kan hê nie.

‘n Bekende gesegde in die staatkunde is immers: lande het nie vriende nie, net belange.

China se hulp en belange in Afrika is nie onskuldig nie, dit het ten doel om woonplek en uitbreiding vir sy bevolking te bewerkstellig en die opspraakwekkende besoeke aan Suid-Afrika is ’n bewys dat die land besig is om alles in te palm tot sy eie voordeel.

Colonialism

Die besoeke van drie hoëprofiel-afvaardigings uit die kommunistiese land is wel vir uiteenlopende redes, maar sekerlik nie toevallig in dieselfde tyd nie.

Dit is die mening van ’n bestuurslid van Oranje Sake Instituut na aanleiding van die nuus dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die Minister van Verdediging, haar Chinese eweknie, genl. Chang Wanquan, by die Krygkor-gebou in Pretoria onthaal het.

Die Chinese afvaardiging was glo hier om “verhoudings en samewerking” tussen die twee weermagte te versterk.

Angie Motshekga, Minister van Onderwys, het  glo ’n spesiale lekker geselligheid ter viering van China-dag in Sandton gehou waar sy Li Xingzhi, die president van die China Educational Instrument & Equipment Corporation (CEIEC),  onthaal het.

 

Die CEIEC lewer glo opvoedkundige en wetenskaplike toerusting aan Suid-Afrika se skole.

 

Pres. Jacob Zuma het self die eerste plaaslike fabriek van China se First Automotive Works-motorvervaardiger in Port Elizabeth inhuldig wat ten doel het om in stewige opponent vir Westerse vervaardigers te word in die land.

 

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut wys daarop dat die doel van die nuwe bedrywighede in Suid-Afrika nie onskuldig is nie.

 

Ten eerste is dit daarop gemik om die handel met Westerse lande te verminder en dit naChina te kanaliseer.

 

Die regering van Suid-Afrika is beïndruk met China wat glo .voor die Wêreld- Ekonomiese Forum onderneem het om geldelike hulp aan Afrika teen 2022 te verhoog van $210 miljard tot $400 miljard.

 

Suid-Afrika, met ’n regering van bedel mentaliteit, sal sekerlik wil sien dat van daardie “hulp” aan die land toegesê word, het hy gesê.

 

China wil ook belê is die sogenaamde ontluikende verbruikersmark van Afrika om ’n afset vir sy eie goedere te bewerkstellig.

 

“Dit is ’n seker manier om uiteindelik die hele Afrika te beheer deur ekonomiese besetting van al die state,” het hy gesê.

Deur  Die Vryburger

 

Artikel 2

 

VERGROENING VAN BETREKKINGE TUSSEN CHINA EN AFRIKA
Nuus >> 2013

Onkunde bestaan dikwels oor China, en daar moet dieper gekyk word om die verskillende dimensies van China in Afrika te verstaan, sê Harrie Esterhuyse, navorsingsontleder by die Sentrum vir Chinese Studies (SCS) aan die Universiteit Stellenbosch. Die SCS verskaf ervaring en insig in die onderwerp China en China in Afrika, met klem op politiek, ekonomie en die omgewing. Dit is waaroor dit gaan …

 

Vrae wat gevra is aan Harrie Esterhuyse en sy antwoorde:

 Wat is die doel van die Sentrum vir Chinese Studies?

 

Die SCS, wat deel vorm van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, spesialiseer in betrekkinge tussen China en Afrika. Die SCS is die eerste Afrika-instituut wat hom aan die studie van China in Afrika wy en is tans besig met navorsing in drie hoof- tematiese strome: politiek, ekonomie en die omgewing.

In ons omgewingswerkstroom doen ons navorsing onder die breë onderwerp “Vergroening van betrekkinge tussen China en Afrika”. Binne hierdie kyk ons na volhoubare ontwikkeling in die konteks van klimaatsverandering, met ‘n fokus op hernubare energie. Insette in beleidsbeplanning en omgewingsbestuur geniet ook aandag.

Omgewingsopvoeding met onderwerpe soos die Asiatiese aspek van renosterstropery, die bestuur van volhoubare bosbou en biodiversiteitsbewaring as ‘n tema in China se betrekkinge met Afrika-state, word ook nagevors. Huidige projekte behels ‘n studie oor omgewingsbeleid en -bewustheid asook ‘n studie waarin ‘n profiel opgestel sal word van die sektor vir hernubare energie in China, en waarin daar aan wind- en sonkragenergie aandag geskenk sal word.

 

Wanneer is die SCS gestig en hoeveel mense is daarby betrokke?

Die SCS is in 2004 as ‘n navorsingsentrum in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe gestig. Die Sentrum se personeel bestaan uit die direkteur en twee personeellede per werkstroom. Ons het ook ‘n wisselende getal interns (tussen een en drie) terwyl talle studente vanuit China, Afrika of ander buitelandse lande ons regdeur die jaar kom besoek.

 

Gee vir ons ‘n paar voorbeelde van julle werk?

Ons werk in ‘n interessante tematiese driehoek: onderwerpsvelde, soos omgewings- of ekonomiese aspekte; Chinese perspektiewe oor hierdie onderwerpe, en Afrika-realiteite regoor die vasteland.

 

In Mei 2012 het die SCS ‘n internasionale konferensie in Stellenbosch aangebied met die tema Greening China and her relations with Africa – Environmental sustainability in Sino/African cooperation, FOCAC and beyond.

 

Die doel van die konferensie was om Chinese en Afrika-navorsers byeen te bring om omgewingsbeleid te bespreek en samewerking (en die potensiaal daarvan) tussen China en Afrika te ondersoek.

 

Die SCS publiseer gereeld sy bevindinge in ‘n verskeidenheid formate, beide deur ons webwerf (www.sun.ac.za/ccs) en die gedrukte media. Só byvoorbeeld verskaf beleidsdokumente besluitnemers met ‘n kort oorsig oor ‘n bepaalde onderwerp.

 

Onlangse voorbeelde van omgewingsbeleidsopdragte behels:

Rhino poaching and East Asian policies: Facts and debates, gepubliseer in Desember 2012, en Climate change in China: risks and responses, gepubliseer in November 2012.

 

Die SCS publiseer ook kommentaar oor ontwikkelings in sy verskillende onderwerpsvelde en bied insig in huidige wêreldsake, waaronder onderwerpe van omgewingsbelang.

 

‘n Voorbeeld hiervan is ‘n dokument wat aan die einde van 2012 geskryf is met die titel: Made in China – Energy possibilities for Africa’s rural poor.

 

Die SCS met sy fokus op China, lewer ook kommentaar oor Chinese sake en bestudeer onder meer die onlangse rookmisprobleem in Beijing:Beijing smog – an annual affair.

 

Ervaar julle soms negatiwiteit oor China se betrokkenheid in Afrika?

 

Die reaksie is dikwels oningelig maar spontaan negatief.

 

China se grootste probleem in Suid-Afrika, net soos in Afrika, is sy grootte – omtrent almal het die een of ander mening daaroor.

Wat egter ‘n ergernis is, is die samesweringsteorieë, veral met baie mense wat beweer dat China besig is om te probeer om Afrika te “rekoloniseer”, of dat die Chinese regering duistere planne vir Afrika in die mou voer, hoewel hul betrekkinge met Afrika weens ekonomiese belang plaasvind.

 

China is nie net een monolitiese speler nie, maar vele – en by tye is dit gekoördineer en ander tye nie.

 

Dit is dus verkeerd om van “die Chinese” te praat, aangesien private maatskappye, openbare maatskappye, individue en vele ander spelers aktief op die vasteland werksaam is.

 

Mense is dikwels onkundig oor China en daar moet dieper gekyk word om die verskillende dimensies van China in Afrika te verstaan – dit is wat ons werk so interessant maak.

 

Watter waarde voeg die SCS toe?

 

Die SCS bied ervaring en insig in die onderwerp van China, China in Afrika en China se globale, politiese, ekonomiese en omgewingsaksies, beleide en toekoms.

 

Die SCS het bande met Chinese vennootinstansies, soos die Chinese Akademie van Sosiale Wetenskappe, die Shanghai Instituut van Internasionale Studies, die Instituut van Afrikastudies aan die Zhejiang Normale Universiteit en die Xiamen Universiteit.

 

En as navorsingsentrum wat in Afrika gesetel is, stel ons beslis daarin belang om ons plaaslike en streekbande met ander Afrika-, Suid-Afrikaanse en Stellenbosse instansies uit te brei.

 

http://www0.sun.ac.za/sustainability/pages/posts/vergroening-van-betrekkinge-tussen-china-en-afrika-39.php

Artikel 3

Robinson Kyk Net : 19 Julie 2015

China is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, en daarom behoort Suid-Afrikaners juis kennis te neem van die ineenstorting van die Chinese aandelebeurs oor die afgelope maand. Verder is adjunk-president Cyril Ramaphosa tans op ’n amptelike besoek aan China, wat veral fokus op ekonomiese en handelsaangeleenthede.

Ons gesels Sondagaand oor die rol wat China in Suid-Afrika en Afrika speel, veral ten opsigte van beleggings en handel. Hoe is China besig om Afrika te “kolonialiseer”? En watter rol speel Suid-Afrika se betrokkenheid by Brics?

  1. Inleiding Toe die Independent-koerantgroep in 2013 gekoop is deur die Sekunjalo-konsortium, gelei deur die omstrede sakeman Iqbal Survé, was een van die eerste reaksies op die transaksie dié van die akademikus en voormalige koerantredakteur Anton Harber.

 

Hy het sy voorbehoud oor twee aspekte uitgespreek:

– dat die noue bande tussen Survé en die regerende ANC probleme kan oplewer vir die mate van persvryheid wat publikasies in die Independentstal geniet,

– en die invloed wat ’n Chinese beleggingsgroep op die joernalistieke etos in dié groep kan hê

(Harber 2013): The other major surprise is funding from “a Chinese consortium”, which may also acquire a further 20% to fund a growth strategy. It is odd – to say the least – to be so cryptic, telling us only that they are Chinese, with no further details.

We can assume that this is tied to the Chinese authorities, and their push for a greater media presence in Africa as part of their “soft diplomacy” drive for influence on the continent.

The Chinese government, let us say, is not a friend of a free, open and critical media.

They are very clear about their national interests, and their firm hand on ensuring their media interests serve them.

 

One has to wonder what will happen when their national interest does not align with ours.

 

This is relevant when Dr Survé has been so vocal about bringing ownership back home. One can safely say now that Independent Newspapers, the country’s second biggest newspaper group, is in hands which are closely tied to our ruling party, the ANC.

This in itself is neither here nor there, depending on how Dr Survé plays that out and interprets his and his newspapers’ roles.

Harber se kommentaar toon hoedat die groeiende invloed van China op mediagebied in Afrika verweef is met kwessies rondom persvryheid: plaaslike debatte oor die media en samelewing word dus met internasionale geopolitieke en ekonomiese verskuiwings geskakel.

 

Hierdie verweefdheid van die lokale en die globale – soms “glokalisering” genoem (Robertson 1995) – is dus nie net in die internasionale vloei en kontravloei

 

(Thussu 2007) van media-inhoud (programme en programformate) merkbaar nie, maar ook in die verspreiding van kapitaal in mediamaatskappye wêreldwyd.

 

Die jongste aankoop van die Independent-groep is ook nie die eerste voorbeeld van hierdie vloei en kontravloei van mediakapitaal nie.

Die vorige eienaar was ’n Ierse magnaat, Tony O’Reilly, wat die maatskappy in 1994 as LitNet Akademies, (Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 492) die Argus-groep gekoop het, danksy voormalige president Nelson Mandela se bemiddeling, terwyl die Suid-Afrikaanse maatskappy Naspers ook sedert die 1990’s al meer uitwaarts beweeg het.

 

Naspers het via sy filiale (hoofsaaklik deur sy satellietsender Multichoice) ’n teenwoordigheid nie alleen in verskeie ander Afrika-lande nie, maar ook onder meer in Indië, Brasilië – en China. Laasgenoemde mark het die afgelope jare groot inkomste vir die maatskappy ingebring as gevolg van sy belegging in die Chinese aanlyn platform Tencent (Steyn 2012). Hierdie glokalisering van mediakapitaal wat sedert demokratisering in SuidAfrika merkbaar is, word deur Tomaselli (2000) die interpenetrasie van mediakapitaal genoem.

 

Die jongste verwikkelinge rondom die koop en verkoop van die Independent-groep is dus nie nuut in terme van die globale bewegings van kapitaal deur Suid-Afrika nie.

 

Wat wel nuut is, is die fokus op China as ’n sleutelspeler in hierdie kapitaalvloei, en die invloed daarvan op persvryheid in Afrika.

05_Naspers

Die omstredenheid rondom China se toetrede tot die Suid-Afrikaanse mediamark moet teen die agtergrond van ’n merkbare toename in China se teenwoordigheid in die mediasfeer op die vasteland gesien word. Kommer in dié verband (en teenreaksies daarop) is ook reeds ten opsigte van China se betrokkenheid in ander Afrika-lande uitgespreek (Keita 2012).

Terselfdertyd kan die onsekerheid en kommer ten opsigte van wat hierdie groeiende teenwoordigheid van China op die Afrika-vasteland vir die media in Suid-Afrika beteken, in verband gebring word met meer wydlopende verskuiwings in die geopolitieke landskap.

Zakaria (2011:2) verwys daarna as die “Rise of the Rest” – die toenemende invloed van lande wat nie tot die histories magtige geïndustrialiseerde Noorde behoort nie.

 

Die BRICS-groep lande, waarvan Suid-Afrika ’n lid is naas Brasilië, Rusland, Indië en China, kan as die vergestalting van hierdie geopolitieke verskuiwing gesien word. Hoewel die BRICS-groepering nie onomwonde aanvaar moet word as die mees geskikte ontledingsraamwerk om hierdie verskuiwings te verstaan nie, en dit in die eerste plek ook ’n ekonomiese eerder as ’n sosiale of politieke raamwerk is, is Suid-Afrika se lidmaatskap van hierdie groep nietemin betekenisvol.

 

Die groepering verskaf aan Suid-Afrika ’n platform om kragte saam te snoer met ander, sterker ontwikkelende ekonomieë en verskaf aan die land ’n sterker internasionale bedingingsposisie.

 

Suid-Afrika se gretigheid om deel te wees van hierdie groep kan gesien word in die kommentaar van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite NkoanaMashabane (2012), etlike maande voor Suid-Afrika die gasheer vir die jaarlikse BRICS-beraad was. Sy was van mening dat Suid-Afrika se lidmaatskap van hierdie groep nie alleen tot werkskepping en ekonomiese groei hier te lande kan bydra nie, maar ook voordele vir die hele Afrika inhou.

 

Daar kan verskeie parallelle tussen Suid-Afrika en Indië getrek word (byvoorbeeld groot ekonomiese ongelykheid binne ’n postkoloniale LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 493 demokratiese bestel), maar dit is Suid-Afrika se verhouding met China wat binne die BRICS-opset die meeste aandag trek.

 

Media-ontledings (sien Wasserman 2013) toon dan ook dat China – van al die BRICS-lande – die meeste dekking in Suid-Afrikaanse media ontvang. Sover dit dus die media binne die nuwe globale geopolitieke bestel aangaan, is ’n fokus op China se aktiwiteite in Afrika van groot belang vir Suid-Afrika en die mediadiskoerse wat hulle tans hier afspeel.

 

Hierdie artikel bied ’n oorsig oor China se aktiwiteite op mediagebied in Afrika, en verken die moontlikheid dat hierdie aktiwiteite gesien kan word as ’n uitoefening van “sagte mag” (soft power).

 

China se media-aktiwiteite in Afrika word in verband gebring met die geskiedenis van “mediaontwikkeling” op die vasteland alvorens daar verwys word na hoe hierdie verwikkelinge deel van Chinese buitelandse beleid uitmaak.

 

Die artikel stel derhalwe nie ’n spesifieke empiriese vraag aan die orde nie, maar verskaf eerder die buitelyne van diskoerse wat besig is om te ontwikkel in reaksie op die globale geopolitieke verskuiwinge waarvan China se uitreiking na Afrika deel uitmaak.

 

Die uiteindelike doel is om vrae te stel vir toekomstige navorsing op hierdie ontluikende gebied in internasionale mediastudies.

 

China se media-aktiwiteite in Afrika Hoewel uitruilbesoeke tussen Chinese en Afrika-joernaliste reeds in 1950 begin plaasvind het (Gagliardone, Repnikova en Stremlau 2010:6), het die teenwoordigheid van Chinese media in Afrika oor die afgelope agt jaar drasties toegeneem.

 

Dit volg op die Forum vir China-Afrika-Samewerking (FOCAC) se Beijing-konferensie in 2006, waar die media as een van China se prioriteite vir bilaterale samewerking geïdentifiseer is (Banda 2009:343; Gagliardone e.a. 2010:6).

 

Verskeie (staatsbeheerde1 ) Chinese mediaplatforms het nou basisse in Afrika. Die rol van media soos die Xinhua-nuusagentskap, China Central Television (CCTV), China Radio International (CRI) en China Daily word gewoonlik as ’n teenvoeter vir die negatiewe verslaggewing en stereotipes oor China in die media beskou.

 

Hierdie stereotipes is moontlik gewortel in die ervaring van kolonialisme op die Afrika-vasteland, wat die media agterdogtig maak oor die moontlikheid dat China sigself as ’n nuwe koloniale moondheid op die vasteland wil vestig (Botma 2013), hoewel dieselfde agterdog nie noodwendig in mediauitbeeldings van Westerse beleggings op die vasteland bemerk kan word nie.

10171781_325668917621229_3720614730769090057_n

Chinese betrokkenheid in Afrika gaan gebuk onder ’n swak beeld:

Chinese maatskappye hier word daarvan beskuldig dat hulle hulle werkers uitbuit of Chinese arbeiders invoer om plaaslike werkers uit te sluit, onwettige mynbou beoefen en plaaslike handelaars uitdruk deur die mark met goedkoop goedere te oorspoel (Sautman en Hairong 2007; Whitehead 2014). LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 494

 

Die Chinese styl van belegging in Afrika verskil van dié van die Weste in die sin dat daar gewoonlik nie eksplisiete politieke voorwaardes aan China se beleggings gekoppel is nie, hoewel gerugte dat China byvoorbeeld op die Suid-Afrikaanse regering druk uitgeoefen het om ’n visum aan die Dalai Lama te weier, daarop wil dui dat hierdie voorwaardes eerder agteraf of implisiet gestel word – sien Conway-Smith (2012). Gagliardone e.a. (2010:2) dui ook aan dat Chinese betrokkenheid wel ontwikkeling in bepaalde rigtings stuur, byvoorbeeld deur hulle steun aan staats- eerder as private media, en dus nie as heeltemal neutraal beskou moet word nie.

 

Vergelykende studies van Chinese betrokkenheid in Afrika (byvoorbeeld dié van Olorunnisola en Ma 2013) het wel bevind dat die Chinese, Amerikaanse en Afrika-media verskillend oor China se teenwoordigheid op die Afrikavasteland berig.

 

Die navorsers se studie van koerantberigte in Nigerië, SuidAfrika, China en Amerika het aan die lig gebring dat media in die VSA gereeld kommer oor kwessies soos vryheid van uitdrukking, die gebrek aan burgerlike deelname en verskeie sosialegeregtigheidskwessies in China uitspreek.

 

Daarteenoor beeld Chinese media hulle teenwoordigheid in Afrika grootliks in terme van samewerking en bondgenootskap uit.

 

Chinese media se toetrede tot en verhoogde aktiwiteit in Afrika (asook ander vorme van kulturele invloed, wat in die volgende afdeling bespreek word) kan gesien word as ’n poging om hierdie negatiewe uitbeeldings teen te werk.

 

Gagliardone (2013) toon hoe China Central Television (CCTV) se bedrywighede in Afrika gebruik word nie alleen om China en Chinese betrokkenheid op die Afrika-vasteland in ’n positiewe lig te stel nie, maar ook om ander maniere te ontgin om na Afrika te kyk.

 

CCTV vertel ’n positiewe storie oor Afrika en neem deel aan die “Afrika Verrys”-diskoers (na aanleiding van die tydskrif The Economist se voorbladartikel in 2011 met die opskrif “Africa Rising”, elf jaar nadat dieselfde tydskrif Afrika as “the hopeless continent” beskryf het).

 

Sodoende, meen Gagliardone (2013), kan CCTV China voorstel as ’n bondgenoot van Afrika-state in hulle stryd om hulleself beter te laat lyk as wat die Westerse media hulle in die verlede uitgebeeld het.

 

Hierdie beleid van “positiewe nuus”, wat gekontrasteer word met wat voorgestel word as die Westerse media se negatiewe ingesteldheid teenoor Afrika, is volgens Gagliardone (2013) ook besig om onder Afrikajoernaliste pos te vat.

 

CCTV moet egter ook hard werk om negatiewe persepsies oor Chinese mediasensuur teen te werk, veral in die lig van China se swak tuisrekord van persvryheid en die onverdraagsaamheid jeens sosiale media soos Twitter en Facebook, wat binne China deur die sogenaamde Groot Vuurmuur (Great Firewall) geblokkeer word.

 

Gevolglik kan gesien word hoe CCTV ook al hoe meer liberale joernalistieke standaarde begin toepas en meer aggressiewe verslaggewing begin doen ten einde in ’n toenemend mededingende mediamark met Westerse mediamaatskappye te kan wedywer.

 

Gagliardone (2013) sien ’n moontlikheid vir kruisbestuiwing van joernalistieke praktyke LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 495 tussen joernaliste van Afrika en China namate Afrika-joernaliste se praktyke deur die Chinese mediakultuur beïnvloed word, en omgekeerd.

 

’n Voorbeeld hiervan is CCTV se professionalisering van sy internasionale uitsendings ten einde dit meer aanvaarbaar vir Westerse gehore te maak (Kurlantzick 2007:63). Zhang (2013) meen egter dat hoewel CCTV (spesifiek sy program Africa Live) ’n sterk anti-Amerikaanse houding inneem, hierdie sender nog nie daarin slaag om ’n alternatiewe wêreldbeeld daar te stel nie.

 

Sy meen dat die meer selfgeldende rol wat CCTV in politieke debatte op die Afrika-vasteland probeer speel, ’n aanduiding is dat China ’n poging aanwend om deur middel van die media die koms van ’n nuwe wêreldorde aan te kondig.

 

Die feit dat ’n duidelike alternatiewe visie vir die Westers-gedomineerde mediadiskoers nog nie tot dusver in CCTV se uitsendings gematerialiseer het nie, is ’n aanduiding dat die Chinese visie in hierdie verband nog besig is om vorm aan te neem.

 

Afrika is volgens Zhang (2013) ’n “toetsterrein” vir die ontwikkeling van so ’n alternatiewe globale geopolitieke diskoers. ’n Ander Chinese mediaplatform wat sy invloed in Afrika uitgebrei het, is die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua (wat letterlik “Nuwe China” beteken), wat reeds meer as twintig buro’s in Afrika het.

 

Xinhua se rol is belangrik, aangesien dit as die amptelike mondstuk van die Chinese regering in die buiteland beskou kan word, en dikwels die toon aangee vir ander media om te volg (Xin 2009:364).

 

Xinhua se toeganklikheid op selfone maak dit veral vir Afrika-joernaliste aanloklik, en maak dit makliker vir Afrika-joernaliste om die amptelike Chinese perspektief oor te neem wanneer berigte van hierdie nuusdiens gebruik word.

 

Xinhua is ook ’n aantreklike alternatief vir Westerse nuusagentskappe, aangesien dit mediahuise in Afrika toelaat om sy diens gratis te gebruik indien hulle nie die intekengelde kan bekostig nie (Xin 2009:366).

 

Xinhua bemark sigself dan ook as ’n goedkoper alternatief vir internasionale agentskapsdienste soos Reuters, Agence France-Presse en Associated Press.

 

Hoewel Xinhua sekere Westerse stylaspekte oorgeneem het ten einde sy berigte minder propagandisties te laat klink as in die verlede, poog dit nietemin om ’n meer positiewe beeld van Afrika (en China) te skep as wat tipies by Westerse agentskappe die geval is (Xin 2009:369).

 

Bevindinge van voorlopige studies onder Suid-Afrikaanse joernaliste (Wasserman 2013) het byvoorbeeld reeds getoon dat politieke joernaliste in dié land Xinhua raadpleeg om vas te stel wat die Chinese siening oor gebeure en politieke verwikkelinge in Afrika is.

 

Nietemin hou Xinhua nog nie ’n groot bedreiging vir Westerse agentskappe in nie – sy noue bande met die Chinese regering en plaaslike regerings ondermyn sy geloofwaardigheid en derhalwe sy gewildheid en toepaslikheid in kritiese mediakontekste in Afrika (Xin 2009:374). Daar sal later in hierdie artikel teruggekeer word na die kwessie van geloofwaardigheid (of gebrek daaraan) en die invloed wat dit op die uitoefening van sagte mag het. LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 496

 

Xinhua se betrokkenheid in Afrika strek egter verder as die vestiging van nuusburo’s en die ontwikkeling van nuusportefeuljes wat op gehore in Afrika gemik is.

 

Xinhua verskaf ook toerusting, tegniese ondersteuning en opleiding aan joernaliste in Afrika, wat teen die agtergrond van China se stygende ekonomiese mag vrae oor Chinese “media-imperialisme” laat ontstaan (Xin 2009:363).

 

Hierdie investering deur Xinhua in opleidingsprogramme vir Afrika-joernaliste kan gesien word as ’n poging om eerstens meer inligting oor China aan Afrika-joernaliste beskikbaar te stel, met die hoop dat meer gebalanseerde beriggewing oor Chinese aktiwiteite daaruit sal voortvloei. Die moontlikheid bestaan egter ook dat, soos Gagliardone (2013) suggereer, Afrika-joernaliste blootgestel sal word aan ander normatiewe raamwerke as die Westerse benaderings wat histories die meeste invloed op joernalistiek in Afrika gehad het.

 

Die implikasies van hierdie invloed vir die uitoefening van Chinese sagte mag (sien volgende afdeling) is voor die hand liggend.

 

Die nuwe stel rolspelers en verhoudinge wat as gevolg van die wedersydse belegging van mediakapitaal, en veral as gevolg van die toenemende invloed van China, op die Afrika-medialandskap ontluik, bied ’n uitdaging aan bestaande media-ontwikkelingsinisiatiewe vanuit die Weste.

 

Hoewel die onderliggende aannames van hierdie model van media-ontwikkeling nie duidelik gedefinieer is nie (Berger 2010), kan daar aanvaar word dat die oorkoepelende doelwit van hierdie aksies tot dusver die uitbou van ’n robuuste mediasektor in die belang van demokrasie in Afrika is.

In die era van die Koue Oorlog was die Westerse bydraes tot mediaontwikkeling ook grootliks op steun vir die kommersiële media en die privatisering van staatsmedia in Afrika gemik.

 

Dit is gesien as ’n manier om die burgerlike samelewing te versterk (Gagliardone e.a. 2010:4).

 

Westerse regerings en nieregeringsorganisasies soos die Konrad Adenauer Stigting, die Friedrich Ebert Stigting, die Open Society Inisiatief en ander het veral sedert die demokratisering van Suid-Afrika hierdie land gebruik as ’n lanseerplatform om projekte te befonds wat verder in die streek moes uitkring.

 

Organisasies binne Suid-Afrika, soos die Media-ontwikkelings- en – diversiteitsagentskap (MDDA), die Instituut vir Vryheid van Uitdrukking (FXI), die Instituut vir die Bevordering van Joernalistiek (IAJ) en die Highway Africa-projek by Rhodes-universiteit, steun op bydraes van skenkers uit die Weste om hulle opleidings- en ingrypingsprogramme te befonds (hoewel lg. ook voorheen befondsing van die Chinese konsulaat ontvang het om Chinese akademici se reis na die konferensie te befonds).

 

Hierdie befondsing vir media-ontwikkeling is gebaseer op die normatiewe beginsels van vryheid van spraak, mediapluralisme en die uitbou van onafhanklike media-instellings as voorwaardes vir die verdieping van demokrasie aan die hand van ’n liberale Westerse model.

 

Die toetrede van China tot die mediaterrein in Afrika verander egter die speelveld. Hoewel China tydens die Koue Oorlog bystand verleen het aan die kommunikasieprojekte van bevrydingsbewegings in Afrika (Wu 2012:11), het LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 497 China se betrokkenheid op die vasteland die afgelope paar jaar skerp toegeneem.

 

Soos Gagliardone e.a. (2010:1, 4) aandui, het China met sy staatsbeheerde media en kultuur van sensuur die Westerse mediaontwikkelingsparadigma vermy.

 

In stede van laasgenoemde model het China reeds “stilweg” gewys hoe die media in Afrika binne die groter politieke en ekonomiese strategieë van ontwikkelende lande gebruik kan word op ander maniere as in die demokratiseringsparadigma waarbinne Westerse mediaontwikkelingsliggame werk.

 

Die Chinese regering en maatskappye daaraan verbonde het voorts die afgelope paar jaar daarin geslaag om groot kontrakte in die telekommunikasiebedryf in Afrika los te slaan, byvoorbeeld om Ethiopië se telekommunikasiestelsel te vernuwe.

 

Die Chinese regering het ook reeds groot steun aan die staatsuitsenders in Kenia en Zambië verskaf.

 

Hierdie steun dra by tot die openbare diplomasie wat China deur sy eie staatsenders in Afrika, naamlik CCTV en China Radio International, uitvoer – soos bo bespreek (Gagliardone e.a. 2010:1).

 

Omdat China se betrokkenheid by die mediasektor in Afrika ’n ander benadering as die tradisionele Westerse model vertoon, meen Gagliardone e.a. (2010:2) dat die konsep van “mediabystand” en mediaontwikkeling, soos dit in verband met Westerse betrokkenheid by die mediasektor in Afrika in die literatuur ontwikkel is, van min nut is om China se rol in die Afrika-mediasektor te verstaan.

China stel sy aktiwiteite in Afrika-media eerder voor as samewerking wat daarop gemik is om wedersydse begrip te bevorder en negatiewe stereotipes in die media uit te balanseer (Gagliardone e.a. 2010:2).

 

Die steun wat China aan media in Afrika verleen, verskaf volgens Gagliardone e.a. (2010:3) dus ’n geleentheid om opnuut te dink oor die konseptuele raamwerke waarvolgens mediabystand en – ontwikkeling op die Afrika-vasteland verstaan word. Gagliardone e.a. bepleit ’n wegbeweeg van die normatiewe klem wat in die verlede op mediaontwikkeling onder ’n hoofsaaklik Westerse invloed geplaas is, in ruil vir ’n benadering wat die veelvlakkigheid van die verhoudinge tussen media, staat en internasionale vennote in Afrika kan vasvang.

 

Die belegging deur China in die Sekunjalo-groep vir die verkryging van die Independent-groep, waarna daar in die inleiding tot hierdie artikel verwys word, is reeds ’n aanduiding van ’n verskuiwing in die magsverhoudinge tussen die media, hulle eienaars en die regering.

 

Hoewel die Chinese belang in die Sekunjalo-groep waarskynlik nie ’n direkte invloed op redaksionele inhoud in die Independent-groep se koerante sal hê nie, het dit wel tot die vestiging van Survé as ’n rolspeler in die Suid-Afrikaanse mediabedryf bygedra.

 

Dat Survé nie noodwendig vir redaksionele onafhanklikheid agting het nie, het reeds spoedig geblyk toe die redakteur van die Cape Times, Alide Dasnois, van haar pos onthef is nadat dié koerant verslag gedoen het oor ’n bevinding van die Openbare Beskermer wat negatief op Survé se noue verhouding met die regering gereflekteer het (Mail & Guardian 2013). LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 498

 

Dit sou egter ’n mistasting wees om te verwag dat die Chinese invloed op die mediasfeer in Afrika tot ’n trompop botsing tussen verskillende mediakulture gaan lei.

 

Soos Gagliardone (2013) toon, is Chinese mediakanale soos CCTV ook gewikkel in ’n proses om by heersende Westerse professionele praktyke aan te pas ten einde gehore oor te haal.

 

Gevolglik moet die magsuitoefening wat deur middel van Chinese media in Afrika plaasvind, op ’n ander manier verstaan en oor geteoretiseer word.

 

Die beginsel van sagte mag is in hierdie opsig meer toepaslik, en word vervolgens bespreek. 3. China se sagte mag Die vraag oor die invloed wat China se betrokkenheid by Afrika-media op praktyke en professionele waardes op die vasteland gaan hê, hang grootliks daarvan af of hierdie betrokkenheid gesien word bloot as ’n regstelling van bestaande wanpersepsies en stereotipes (wat Shi 2013 bestempel het as ’n reaksionêre “sjarme-defensief”, eerder as Kurlantzick (2007) se idee van ’n “sjarme-offensief”), of as ’n doelbewuste poging deur China om, teen die agtergrond van die toenemende invloed van die “Res”-lande binne die BRICSraamwerk, sy invloed en mag in Afrika uit te brei. Indien laasgenoemde opsie aanvaar word, en daar aangeneem word dat China deur middel van die media alternatiewe diskoerse vir dié van die Weste wil bevorder (Gagliardone e.a. 2010:4), is die konsep van sagte mag een om ernstig te oorweeg ten einde China se bedrywighede op mediagebied te verstaan.

 

Heelwat akademiese navorsing oor China se toetrede tot Afrika-markte het reeds binne die teoretiese raamwerk van politieke ekonomie plaasgevind, hoewel hierdie benadering te beperk is om aan die meer komplekse ideologiese en kulturele aspekte van Chinese invloed op mediagebied reg te laat geskied (Banda 2009:353).

 

’n Meer genuanseerde benadering, wat ekonomiese determinisme vermy en ook nie aannames oor die direkte impak van Chinese ekonomiese steun op die professionele praktyke en waardestelsels van die media in Afrika maak nie, is dus nodig. Banda (2009:355) bepleit byvoorbeeld ’n krities-kulturele benadering wat nie net vra wat die Chinese draak besig is om aan Afrika te doen nie, maar wat China en Afrika saam doen.

 

Die konsep van sagte mag soos deur Nye (2005) geformuleer, verwys na die vermoë wat ’n land het om gewenste politieke uitkomste te bereik deur middel van beïnvloeding en oorreding, in teenstelling met “harde mag”, wat met ekonomiese en militêre mag geassosieer word.

 

Sagte mag het dus te doen met die aantreklikheid van ’n land eerder as met brute krag.

 

Volgens hierdie siening is dit meer waarskynlik dat politieke of diplomatieke doelstellings bereik sal word indien ’n land se invloed vrywilliglik aanvaar word (hoewel daar dikwels geargumenteer word dat sagte mag effektief kan wees slegs indien dit onderbou word deur die vermoë om harde mag toe te pas indien nodig).

 

Die media- en kulturele kanaal leen hulle by uitstek tot die uitoefening LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 499 van sagte mag.

 

Die rol wat Hollywood-films byvoorbeeld gespeel het om Amerika aantreklik te maak vir internasionale gehore, word gesien as bydraend tot dié land se kulturele hegemonie.

 

Die konsep van sagte mag het ook sy kritici. Sommige kommentators beskou die konsep as nie akkuraat genoeg om die uitbreiding van China se invloed in die Weste te verstaan nie. Sparks (2014) meen byvoorbeeld dat die konsep nie veel verskil van vroeëre idees rondom “kulturele imperialisme” wat veral gedurende die Koue Oorlog-tydperk gelei het tot die totstandkoming van teorieë oor die Nuwe Wêreld-Inligtings- en Kommunikasieorde (New World Information and Communication Order, NWICO) nie. Botma (2013:7) verken ook die vraag of China se uitbreiding van ekonomiese mag in Afrika in die toekoms gevolg sou kon word deur gepaardgaande vergrote kulturele invloed, en die land dus kan blootstel aan soortgelyke kritiek van kulturele imperialisme as wat in die verlede teenoor veral Amerika gemaak is.

China_visit

Enjoyed this post? Share it!