Sjinese kolonialisme van Afrika, kan, of moet, Afrika sy kant bring?


Koloniseer China vir Afrika Deel 2

Ons het Vrydag gekyk na China en internet sensuur en gisteraand China se rol In Afrika volgens artikels van die laaste paar jaar.

Koloniseer China Afrika is die vraag ek kyk na artikels van die afgelope paar jaar –

Ek gaan aan waar ek gisteraand opgehou het en begin met die konsep van sagte mag

Die konsep van sagte mag het ook sy kritici. Sommige kommentators beskou die konsep as nie akkuraat genoeg om die uitbreiding van China se invloed in die Weste te verstaan nie. Sparks (2014) meen byvoorbeeld dat die konsep nie veel verskil van vroeëre idees rondom “kulturele imperialisme” wat veral gedurende die Koue Oorlog-tydperk gelei het tot die totstandkoming van teorieë oor die Nuwe Wêreld-Inligtings- en Kommunikasieorde (New World Information and Communication Order, NWICO) nie. Botma (2013:7) verken ook die vraag of China se uitbreiding van ekonomiese mag in Afrika in die toekoms gevolg sou kon word deur gepaardgaande vergrote kulturele invloed, en die land dus kan blootstel aan soortgelyke kritiek van kulturele imperialisme as wat in die verlede teenoor veral Amerika gemaak is.

Hy herinner lesers egter ook daaraan dat Amerikaanse hegemoniese invloed op kultuurgebied nog lank nie uitgedien is nie, en dat veral Amerikaanse popkultuur steeds ʼn sterk invloed op die vasteland geniet.

 

Daarteenoor sou ook geredeneer kon word dat die groei van nuwe media-tegnologieë wat kommunikasiemiddele aan voorheen marginale kulture verskaf, tot ʼn mate die media-imperialisme-tesis minder geldig maak as in die verlede.

 

China het in die post-Koue Oorlog tydperk sy benadering tot internasionale betrekkinge verander en volg nou ook ’n beleid van sagte mag in sy buitelandse beleid, gelei deur handel en nywerheid (Wu 2012:5).

 

Die media se rol in die uitoefening van China se sagte mag moet gesien word in die konteks van dié land se “uitgaan”-strategie (going out, of going abroad), wat in die 1990’s beperk was tot handel en nywerheid, maar sedert 2000 uitgebrei is na die media- en kultuursektor (Xin 2009:363).

 

Hierdie pogings verteenwoordig ’n verskuiwing van ideologiese doelstellings na meer praktiese en politiesekonomiese verbintenisse met Afrika-lande (Wu 2012:12).

 

Die idee van sagte mag pas in by Chinese filosofieë soos Confucianisme, Mohisme en selfs Sun Tzu se geskrifte oor oorlogvoering, waarin beïnvloeding en geestelike krag eerder as brute mag beklemtoon word (Wu 2012:6).

 

Die begrip sagte mag, of ruanshili, is in 2007 egter vir die eerste keer eksplisiet genoem in ’n toespraak deur Hu Jintao, in sy destydse hoedanigheid as partyhoofsekretaris, om te beklemtoon dat indien China sy invloed op internasionale gebied wil laat geld, die land daarna moet streef om ’n beter begrip van Chinese kultuur in die buiteland te vestig.

 

Hierdie begrip van sagte mag is egter wyer as in Nye se oorspronklike definisie, aangesien die Chinese regering ook poog om sy eie bevolking opnuut in Chinese waardes te laat glo ten einde hulle van die sinisme oor politieke ideologie te laat herstel (Wu 2012:6).

 

Die vestiging van Confucius-sentrums aan universiteite in Afrika (tans is daar 33 van hierdie sentrums op die vasteland) en beurse aan studente uit Afrika LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 500 om aan universiteite in China te studeer (dié getal staan tans op ongeveer 12 000) kan gesien word as voorbeelde van kulturele uitruilingsprojekte met die oog op die uitbreiding van sagte mag (Whitehead 2014) – soortgelyk aan byvoorbeeld die Fulbright-programme van die VSA.

 

Op mediagebied neem opvoedings- en kulturele programme die vorm van uitruilings tussen Chinese en Afrika-joernaliste aan.

 

Opleiding in China word hoofsaaklik aan joernaliste verbonde aan staatsmedia in Afrika verskaf (Banda 2009:352).

 

Sulke opleiding strek verder as bloot tegniese kennis en daar kan verwag word dat Afrika-joernaliste ook blootstelling aan Chinese mediapraktyke en -norme ontvang (Banda 2009:353).

 

In Suid-Afrika bestaan daar ook reeds geleenthede vir Afrika-joernaliste om deur middel van die Universiteit van die Witwatersrand se China-Afrika-verslaggewingsprogram vir artikels oor China-Afrika-verhoudinge navorsing te doen (persoonlike kommunikasie met Brigitte Read, 2013).

 

China het egter ’n agterstand wat die uitoefening van sagte mag deur middel van kultuurgoedere betref.

 

Volgens Jacques (2013) het die geskiedenis van Westerse kolonialisme daartoe bygedra dat die wêreld beter met die Westerse kultuur as met dié van China bekend is.

 

Voorts het Westerse sagte mag, soos oor die jare deur Westerse kultuurgoedere uitgeoefen, volgens Jacques (2013) tot die vestiging van ’n dominante Westerse interpretasieraamwerk bygedra.

 

Dit beteken dat selfs wanneer China sagte mag probeer uitoefen, hierdie boodskappe geïnterpreteer word deur ’n Westerse lens wat nie toereikend is om China se kulturele geskiedenis – volgens Jacques ’n “beskawingsgeskiedenis” eerder as ’n “nasie-staat-geskiedenis” – te verstaan nie.

 

Die feit dat China egter daarin geslaag het om 600 miljoen mense uit armoede op te hef en sy ekonomie internasionaal mededingend te maak terwyl die kommunistiese regering steeds sentrale beheer uitoefen, is op sigself ’n luide boodskap waarby Afrika-lande sal aanklank vind (Jacques 2013).

 

Die vestiging van China se eie media-instellings in die buiteland, soos tot dusver in hierdie artikel bespreek, is egter ’n duidelike poging om China se perspektief op wêreldgebeure wyer inslag te laat vind as ’n teenvoeter vir Westerse media-uitbeeldings (Wu 2012:5).

 

Mediaplatforms soos China Radio International (CRI) kan gesien word as ’n poging om dieselfde sagtemag-spel te speel as wat die Weste al vir jare deur middel van kanale soos die BBC, Voice of America en Deutsche Welle in Afrika speel (Gagliardone e.a. 2010:13).

 

Van die sagtemag-boodskappe wat, volgens Banda (2009:357), aantreklik mag wees vir gehore in Afrika wat nog in prosesse van ekonomiese en politieke ontwikkeling gewikkel is, is die sukses wat China met sy staatsgeleide kapitalisme en nasiebou behaal het.

 

Hoe sulke boodskappe ontvang word, sê Banda (2009:375) tereg, sal egter afhang van verskeie faktore, wat insluit die gehoor se kennis van China se historiese steun aan antikoloniale en bevrydingsbewegings, die gehoor se ingesteldheid teenoor Westerse ontwikkelingspogings, huidige ervarings van Chinese betrokkenheid en dies meer. LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 501

 

China se pogings om sigself deur middel van die media internasionaal aantreklik te maak, het egter ook reeds onbeplande negatiewe gevolge gehad, soos toe internasionale aktiviste China se publisiteit rondom die 2008 Olimpiese Spele gebruik het om aandag te vestig op dié land se versuim om die slagting in Darfur stop te sit (Wu 2012:8). Banda (2009:348) wys ook daarop dat die uitoefening van sagte mag deur middel van ideologiese suiwering en kulturele reproduksie hand aan hand gaan met die “hardeware” van tegniese en infrastruktuursteun aan die media- en telekommunikasiebedryf in Afrika.

 

Ontvangers van laasgenoemde tipe steun sluit Nigerië, Malawi, Zambië, Zimbabwe en Ekwatoriaal-Guinee in (Banda 2009:348; sien ook Wu 2012:14–15 vir ’n lys van die ontvangers van steun).

 

Hierdie hardeware word egter vergesel van Chinese opleidingsprogramme, wat ’n sekere toekomstige afhanklikheid van China veronderstel (Banda 2009:349).

 

Bewerings dat China aan Zimbabwe tegnologie verskaf het om onafhanklike media se uitsendings te blokkeer, dui op die moontlikheid dat hardeware ook vir “harde” politieke doelwitte ingespan word, in weerwil van die algemene aanname dat China se steun aan Afrika nie soveel voorwaardes meebring as in die geval van Westerse ontwikkelingshulp nie (Banda 2009:351).

 

Die Weste begin reeds die bedreiging van China aanvoel, soos gesien kon word in die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, se opmerking dat die nuwe internasionale oorlogsfront dié van staatsgefinansierde satelliettelevisienuus is.

China se internasionale senders, CNC News en CCTV, moet byvoorbeeld met ander nuwelinge soos die Franse regering se kanaal, France24, Russia Today, en die konglomeraat van Europese openbare uitsenders, Euronews, asook meer gevestigde kanale soos Al-Jazeera, BBC en CNN meeding (Wu 2012:7).

 

Van belang is ook die alternatiewe professionele praktyke en joernalistieke waardestelsels wat met die invloed van Chinese media gepaardgaan.

 

Soos Wu (2012:8) beklemtoon, bring die Chinese waarde van “aansien verloor” (losing face, oftewel mianzi) mee dat Chinese joernalistiek minder konfronterend en openlik krities as die Westerse waghondmodel is.

 

Vir hierdie Chinese model om in Afrika inslag te vind, sal die Chinese media egter gesien moet word as gesaghebbend en ’n betroubare alternatief vir Westerse media-instellings wat hulleself reeds onder Afrika-gehore gevestig het (Wu 2012:18).

 

Die ironie van sagte mag is dus juis dat dit nie gesien kan word as ’n doelbewuste poging van regerings om hulle invloed uit te brei nie – ’n te noue verhouding tussen media en staat kan juis die media se geloofwaardigheid ondermyn en dus sagtemaguitoefening teenwerk.

 

Die vraag bly egter of harde mag, byvoorbeeld in die vorm van invloed op die gebied van handel en nywerheid, nie duideliker merkbaar is en meer direkte gevolge as mediagerigte pogings het nie.

 

Hoewel media sekerlik ’n belangrike kanaal in die uitoefening van sagte mag is, moet daar ook gekyk word na hoe LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 502 gehore in Afrika boodskappe ervaar wat deur hierdie kanale gestuur word – hoe hulle toegang verkry tot Chinese media-inhoud, hoe hulle dit interpreteer en evalueer.

 

Die sukses van sagte mag kan dus nie bloot op sigwaarde aanvaar word nie (Gagliardone e.a. 2010:13–4).

 

Dit blyk egter wel uit voorlopige studies onder Suid-Afrikaanse joernaliste (Wasserman 2013) dat die groter toeganklikheid van Chinese media reeds daartoe bydra dat hierdie bronne deur joernaliste geraadpleeg word.

 

Selfs al word hierdie bronne met omsigtigheid gebruik as gevolg van die noue verbintenis tussen Chinese media en die Chinese staat, kan dit as ’n eerste stap in die uitbreiding van sagte mag gesien word.

 

Ten slotte Die huidige wêreldwye mediatoneel weerspieël die geopolitieke verskuiwinge wat die afgelope aantal jare op internasionale politieke en ekonomiese terrein merkbaar is.

 

Die media kan gesien word as ’n sleutelspeler in die veranderende magsverhoudinge tussen lande en streke, soos in die totstandkoming van die BRICS-groepering en die toenemende invloed van ander ontluikende ekonomieë vergestalt word.

 

Nie alleen maak mediamaatskappye self deel uit van die vloei en kontravloei van kapitaal tussen hierdie lande en streke nie, maar media-uitbeeldings is ook belangrike elemente van die stryd om persepsies waarop die politieke en ekonomiese onderhandelinge steun.

 

Hierdie stryd kan verwoord word met die term sagte mag, soos in hierdie artikel uiteengesit word.

Die media self – sy verhouding met die samelewing, die regering en die professionele en waarderaamwerke waarbinne dit bedryf word – is toenemend ook ’n onderwerp vir debat binne hierdie snel-veranderende wêreldtoneel.

 

Die invloed van China op Afrika-mediagebied het byvoorbeeld aanleiding gegee tot debatte oor wat die uitwerking op die demokratiese mediakultuur en norm van vryheid van spraak in Suid-Afrika en elders op die Afrika-vasteland sal wees. Dit is in hierdie konteks dat dit veral duidelik word dat debatte oor die media dikwels eintlik debatte oor die sleutelwaardes van demokrasie is.

 

Ongelukkig gaan die kompleksiteite van hierdie kwessies dikwels verlore in populêre diskoerse wat verhoudinge tussen China en Afrika in simplistiese stereotipes uitbeeld eerder as om aan nuanses aandag te gee.

 

Wat egter duidelik word, is dat die verhoudinge tussen China en Afrika, en die wyer stel verhoudinge binne die nuwe globale geopolitieke arena, toenemend deur die media bemiddel sal word.

 

Die uitoefening van Chinese sagte mag deur middel van die media kan moontlik tot groter begrip vir en aantreklikheid van China se politieke en ekonomiese strategieë lei.

 

Die teenwoordigheid van Chinese media in Afrika kan moontlik ook tot die vestiging van ander joernalistieke praktyke en normatiewe waardes as die heersende Westerse liberale waghondmodel of die ontwikkeling van hibriede vorme bydra.

 

Presies wat die uitkoms van hierdie LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 503 verwikkelinge gaan wees, kan egter nie bloot uit polities-ekonomiese ontledings van die veranderende mediaterrein afgelei word nie, maar sal uiteindelik op die lange duur deur middel van studies van gehore in Afrika vasgestel moet word.

 

Die uitwerking van Chinese sagte mag deur middel van die media sal uiteindelik bepaal word deur die interpretasies en evaluerings wat Afrika-gehore self aan hierdie mediaboodskappe sal heg.

 

Bibliografie Banda, F. 2009. China in the African mediascape: A critical interjection. Journal of African Media Studies, 1(3):343–61. Berger, G. 2010.

 

Problematizing “media development” as a bandwagon gets rolling. International Communication Gazette, 72(7):547–65. Botma, G.J. 2013. Cultural flows in the Chinese empire: The case of Africa. Ecquid Novi: African Journalism Studies, 34(3):6–24. Conway-Smith, E. 2012.

 

South African government “unlawfully” delayed Dalai Lama visa decision, court rules. Global Post, 29 November.

http://www.globalpost.com/dispatch/news/regions/africa/southafrica/121129/south-african-government-unlawfully-delayed-dalai-lama-visacourt (11 Februarie 2014 geraadpleeg). Curran, J. en M. Park (reds.). 2000. De-Westernizing Media Studies. Londen: Routledge. Featherstone, M., S. Lash en R. Robertson (reds.). 1995. Global modernities. Londen: Sage. Gagliardone, I. 2014. China as a persuader: CCTV Africa’s first steps in the African media sphere. Ecquid Novi: African Journalism Studies, 34(3):25–40. Gagliardone, I., M. Repnikovaen en N. Stremlau. 2010. China in Africa: A new approach to media development? Navorsingsverslag. http://stanhopecentre.org/china-africa/pg/file/iginio/read/1926/china-in-africaa-new-approach-to-media-development (12 Februarie 2014 geraadpleeg). Harber, A. 2013. Sekunjalo consortium and the Chinese puzzle. Grubstreet, 21 Junie. http://grubstreet.co.za/2013/06/21/sekunjalo-consortium-and-thechinese-puzzle (6 Februarie 2014 geraadpleeg). Jacques, M. 2013.

 

Openingslesing by konferensie “Communicating soft power: Contrasting perspectives from India and China”. Westminster Universiteit, Londen, 9–10 September. LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 504 Keita, M. 2012. Africa’s free press problem. The New York Times, 15 April. http://www.nytimes.com/2012/04/16/opinion/africas-free-pressproblem.html?_r=2&ref=opinion (22 Oktober 2013 geraadpleeg). Kurlantzick, J. 2007. Charm offensive: How China’s soft power is transforming the world. New Haven: Yale University Press. Mail & Guardian. 2013. Cape Times editor fired after Joemat-Petterson report. http://mg.co.za/article/2013-12-08-alide-dasnois-removed-as-cape-timeseditor (17 September 2014 geraadpleeg). Nkoane-Mashabane, M. 2012. Toespraak gelewer by die New Age Business Briefing, 11 September. http://www.brics.utoronto.ca/docs/120911-nkoanamashabane.html (6 Februarie 2014 geraadpleeg). Nye, J. 2005. Soft power: The means to success in world politics. New York: Public Affairs. Olorunnisola, A. en L. Ma. 2013. Contemporary Sino-African relations: Interpenetration of history of relations with the West, ideology and comparative media frames. Ecquid Novi: African Journalism Studies, 34(3):41–61. Robertson, R. 1995. Glocalization: Time-space and homogeneityheterogeneity. In Featherstone e.a. (red.) 1995. Sautman, B. en Y. Hairong. 2007. Fu Manchu in Africa: The distorted portrayal of China’s presence in the continent. South African Labor Bulletin, 31(5):34–8. Shi, A. 2013. Strategies and objectives to attract new audiences abroad. Referaat gelewer by die Forum Media Entwicklung, “Promoting alternative views in a multipolar world: BRICS and their role in developing media markets”. Berlyn, 10 Oktober. Sparks, C. 2014. Soft power and the media industry in the BRICS. Referaat gelewer by die International Association for Media and Communication Research (IAMCR). Hyderabad, Indië, 18 Julie. Steyn, L. 2012. Naspers rides big Chinese wave. Mail & Guardian, 31 Augustus. http://mg.co.za/article/2012-08-31-naspers-rides-big-chinese-wave (6 Februarie 2014 geraadpleeg). Thussu, D.K. (red.). 2007. Media on the move: Global flow and contra-flow. Londen: Routledge. LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 3, Desember 2014 ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za 505 Tomaselli, K.G.T. 2000. South African media 1994–7: Globalizing via political economy. In Curran en Park (reds.) 2000. Wasserman, H. 2013. South Africa and China as BRICS partners: Media perspectives on geopolitical shifts. Journal of Asian and African Studies. http://jas.sagepub.com/content/early/2013/12/15/0021909613514191 Whitehead, E. 2014. China suffers Africa image problem. 5 Februarie. http://blogs.ft.com/beyond-brics/2014/02/05/china-suffers-africa-imageproblem/#ixzz2svJtSUXb (11 Februarie 2014 geraadpleeg). Wu, Y. 2012. The rise of China’s state-led media dynasty in Africa. Occasional paper no. 117. Johannesburg: South African Institute of International Affairs. Xin, X. 2009. Xinhua News Agency in Africa. Journal of African Media Studies, 1(3):363–77. Zakaria, F. 2011. The post-American world. Release 2.0. New York: WW Norton & Co. Zhang, X. 2013. How ready is China for a China-style world order? China’s state media discourse under construction. Ecquid Novi: African Journalism Studies, 34(3):79–101.

 

Eindnota 1 Die staat besit ’n meerderheidsaandeel in alle Chinese mediamaatskappye, hoewel private beleggers tot 40% van mediamaatskappye mag besit. Ten spyte van die sterk sentrale beheer oor die media het die Chinese media oor die afgelope jare baie meer markgerig en gevolglik meer divers geraak (Gargliardone e.a. 2010:5), sodat daar van die proses as staatsgedrewe en – beheerde kommersialisering gepraat kan word.

Nou wonder ‘n mens is dit hoe dit voortaan in SA ook gaan wees?

 

naspers_cartoon

Artikel 4

Is die ekonomiese ontwaking van Afrika ‘n mite?

 

Sowel Time Magazine asook Economist beweer dat Afrika tekens toon van ekonomiese ontwaking en dat die vasteland die nuwe suksesverhaal van die wêreldekonomie kan word, soos wat Asië dit die afgelope sowat 3 dekades was en nog steeds is.

 

Die narratief is dié van ‘n slapende vasteland met geweldige potensiaal wat wag om ontsluit te word, en dat die tekens van geweldige ekonomiese gegroei in die laaste paar jaar duidelike sigbaar is.

 

Die aanwysers wat gebruik word om die bewering te staaf is groei in handel tussen Afrika en ander wêrelddele, die ontdekking en ontginning van hulpbronne soos olie, die toename in die getal miljardêrs en groei in sektore soos toerisme, handel en bankwese en in selfoongebruik en kommunikasietegnologie.

 

Foreign Policy daarteenoor beweer dat die soort groei misleidend is en geen aanduiding is van ontwikkeling nie. Daarvolgens beteken ontwikkeling in die eerste plek industrialisasie.

 

Die ontwikkeling van Asië het deurgaans gepaard gegaan met industrialisasie, as ons kyk na Japan, Hongkong, Singapoer, Taiwan, Suid-Korea en meer onlangs Sjina en Vietnam.

 

In Afrika is slegs Suid-Afrika ‘n nywerheidsland, alhoewel die aandeel van die nywerheidsproduksie gedurig afneem en Suid-Afrika geleidelik agteruit ontwikkel en dieselfde fout maak wat ander Afrikalande ook maak, naamlik om te dink dat verhoogde verbruik van ingevoerde goedere ontwikkeling beteken.

 

In Afrika is daar feitlik nêrens noemenswaardige nywerheidsproduksie nie en die ekonomie is tipies Derdewêrelds gebou op landbouprodukte en ru stowwe.

 

Onlangse ontdekking van olievelde in Oos- en Wes-Afrika skep die indruk dat hier skielik ontwikkeling is. Die langtermyn studie van hulpbronnekonomië wys dat hulle geensins meer ontwikkeld is as lande sonder hulpbronne nie, maar dat slegs ‘n klein elite en buitelandse tegnici daarby baat en dat infrastruktuurontwikkeling en geldstrome tot die hoofstad beperk bly.

 

Verhoogde selfoon- en internetgebruik beteken ook nie ontwikkeling nie, dis hoofsaaklik ‘n afleiding en ontvlugting wat geen waarde toevoeg nie.

 

Toerisme is ‘n bedryf wat hoogstens aanvullend kan wees tot ‘n gediversifiseerde ekonomie, omdat dit seisoenaal en wisselvallig is en vinnig opskiet en vinnig weer vergaan soos wat sekere streke mode raak by reisigers en ander weer verloor.

 

Afrika is kronies agter as dit kom by produksie. Geen moderne nywerheidsland kon ontwikkel sonder om die nywerheidsproduksie-vlak uit te laat nie.

 

Dit mag wees dat talle moderne ontwikkelde lande intussen meer werksgeleenthede en selfs meer omset in die dienste- en finansiële bedrywe het, maar die stap van nywerheidsontwikkeling kan nie net oorgeslaan word nie.

Afrika se aandeel aan vervaardiging gaan trouens agteruit, ten spyte van die veelgeroemde ekonomiese ontwikkeling.

 

Dit was my waarneming al oor Afrika dat op markte feitlik enige ding te koop is, maar dat niks in die lande self vervaardig word nie. Selfs eenvoudige dinge soos materiaal om klere mee te maak, wat met Afrika-motiewe en slagspreuke bedruk is, het iewers die opskrif “made in Pakistan” gehad.

Afrika se kamstige groei moet ook gemeet word aan die bevolkingsgroei.

 

Dit is die vasteland wat nog steeds onverpoosd groei in getalle, en meer mense beteken natuurlik ook meer ekonomiese groei en aktiwiteit, meer koop en verkoop, maar dit is geen groei per capita nie.

 

Tans is die Bruto Nasionale Produk van Duitsland groter as dié van alle Afrikalande saamgevoeg. Dit ten spyte van die feit dat daar ongeveer 951 miljoen meer mense in Afrika woon as in Duitsland.

 

Dit beteken dat ongeveer 81 miljoen mense in Duitsland meer produktief is as ongeveer 1,32 miljard mense in Afrika.

 

Afrika sal beslis die welvarendste streek ter wêreld wees indien Afrikane (m.a.w. ons almal wat deel van Afrika is) net ons produktiwiteit kan verdubbel.

Sodra Afrikaners in besonder, hul huidige vlak van produktiwiteit in ’n eie volkstaat begin implementeer, sal so ‘n Afrikanerland binne die bestek van ’n baie kort tydperk kan spog met een van Afrika se mees stabiele en produktiewe ekonomieë.

Posted on Januarie 20, 2013 deur Sebastiaan Biehl, Vry Afrikaner

 

 

 

Dit laat ‘n mens dink en dit lyk asof selfbeskikking en ‘n Nasie staat alhoemeer na die enigste oplossing vir die Boere nasie syn te wees

 

Enjoyed this post? Share it!