Volksmoord in die konsentrasiekampe deur Brittanje gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899 – 1902)

 

Volksmoord in die konsentrasiekampe deur Brittanje gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899 — 1902)

  1. Inleiding
  2. Agtergrond
  3. Verloop van die Volksmoord
  4. Afloop
  5. Gevolg
  6. Gevolgtrekking

1. Inleiding

Die konsentrasiekampe waarin Brittanje gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899 — 1902)
meer as 27,000 Boerevroue en kinders om die lewe gebring het, het vandag nog n verreikende invloed op die bestaan van die Boerevolk. 
Hierdie volksmoord het weer sterk op die voorgrond getree tydens die koningin van Engeland se besoek aan Suid-Afrika, toe tien Boererepublikeinse organisasies onder leiding van Vryheidsaksie Boererepublieke, n boodskap van die Boerevolk aan haar oorhandig het.

Die boodskap het geëis dat Engeland die onreg wat hy die Boerevolk aangedoen het moet regstel.

 

2. Agtergrond

Die Tweede Vryheidsoorlog het van 1899 tot 1902 plaasgevind toe Engeland, onder die valse voorwendsel dat hy die regte van uitlanders wat na die Transvaalse goudvelde gestroom het wou beskerm,  sy hande op die Zuid-Afrikaansche Republiek se minerale rykdom gelê het.

Op die slagveld kon die Britse oormag geen hond of haaraf maak nie, vandaar die besluit om eerder n volskaalse oorlog teen Boerevroue en -kinders te loods en sodoende deur ‘n volksmoord en “scorched earth” beleid die burgers tot oorgawe te probeer dwing.

 

3. Verloop van die volksmoord

3.1. Die stryd teen vrou en kind begin

Onder Kitchener, Milner en Roberts is meer as 60 000 huise en plase van Boeremense geplunder en afgebrand.

Plase en oeste word verbrand. Die Boere se diere is op die wreedse maniere denkbaar doodgemaak  terwyl die vroue en kinders, wie se mans op kommando was, hulpeloos moes toekyk.

doodskape doodskape2

Die doel van hierdie optrede was om die plase te verwoes sodat die vegtende burgers geen voedsel kon kry nie, en om die Boere te demoraliseer deurdat hulle vrouens en kinders haweloos op die afgebrande veld gelaat is.
Engeland het hom egter met die staal van die Boerevolk misreken.

Die vrouens en kinders het, ten spyte van die haglike toestande, in die veld oorleef en die burgers het aangehou veg.

Erger maatreëls moes getref word. Die Engelse het die Boerevroue en -kinders soos diere op oop veetrokke of te voet na konsentrasiekampe aangejaag.

3.2. Valse voorwendsels
Teenoor die wêreld het Engeland voorgegee –  dat hy vreeslik menslik optree – deur die vegtende boere se vrouens en kinders –  in “vlugtelingkampe” te versorg.

‘n Engelse skoolhandboek – wat in 1914 in Johannesburg uitgegee is,- maar in Engeland gedruk is,- Historical Geographies: South Africa, – deur JR Fisher, maak die volgende bewering:

“During the later stages of the war,-  the relations, women and children, – of those Boers still in the field, – were fed and cared for – at the expense of Great Britain, – a method of procedure – which, though humane, postponed the end of the war, –  at the expense of many valuable lives –  and much money.”
Verskeie bronne weerspreek hierdie stelling.

opblaas1 opblaas2 opblaas3

Die Cape Argus van 21 Junie 1900 sê duidelik: -dat die vroue en kinders se haweloosheid – die gevolg van – die Britte se plundering van plase was: –  “In 10 myl het ons (die Engelse) nie minder nie as 6 plaashuise verbrand.

Tussen Bloemfontein en Boshoff is tussen 30 en 40 opstalle verbrand en heeltemal vernietig.

Talle ander is ook afgebrand. Met hulle huise vernietig –  is die vroue en kinders in die bitter –  Suid-Afrikaanse winter – op die ope veld agtergelaat. –

” Daarvan sê die Engelse geskiedenisboek niks.

Vreeslik menslik –  van die Engelse – om dié wie se huise hulle afgebrand het – te versorg!

10268679_551460631633420_3406551912399965511_n
Breytenbach  – skryf in Kmdt Danie Theron:

” Die vernietigingswerk is op diaboliese wyse uitgevoer –  en selfs mev Prinsloo,  – n 22-jarige vroutjie wat pas 24 uur tevore –  geboorte aan n baba – in Van Niekerk se woning gegee het, is nie ontsien nie.

‘n Groep ruwe tommies (Engelse soldate), waaronder n sogenaamde Engelse dokter, het haar kamer binnegedring –  en nadat die dokter haar kastig ondersoek het, het hulle haar die huis uitgejaag.

Met behulp van haar suster het sy n paar stukkies klere aangetrek gekry  – en toe na buite gestap, tussen die soldate deur, terwyl haar moeder n kombers gebring het – om haar teen die koue te beskerm.

Ru het die tommies egter –  die kombers uit die moeder se hande geruk – en nadat hulle geplunder het wat hulle wou, – het hulle die huis aan die brand gesteek.

Daarna is die oubaas te voet – deur die berede kakies na Kroonstad aangejaag, terwyl sy eggenote –  en dogter (mev Prinsloo) – en haar baba –  haweloos op die verbrande hoewe agtergelaat is.”

brndendehuis
Vir Engeland – om te roem –  op die bewering dat hulle die Boerevroue versorg het, is soos iemand –  wat spog-  omdat hy ‘n persoon – wat hy self in die water gestamp het, – weer uitgehaal en sodoende –  van verdrinking gered het.

Daar is net een verskil: die volksmoord –  op die Boerevolk – het eers in alle erns begin toe die Boerevroue en -kinders  – onwillig onder Britse “sorg” in die konsentrasiekampe beland het!
Ten spyte daarvan – dat die Engelse beweer dat die konsentrasiekampe “vrywillige vlugtelingkampe” was, moet die volgende vrae gevra word:

— Van wie af het die “vlugtelinge” gevlug?

Tog seker nie van hulle eie mans en seuns af nie!

— Hoe is dit dat die “vrywillige” vroue en kinders met geweld daarheen gesleep is?

— Waarom sou “vrywillige vlugtelingkampe” met doringdraadheinings omring wees en deur gewapende soldate bewaak word?

Kimberley-kamp se doringdraadheining was vyf meter hoog en sommige ander kampe het twee of selfs drie rye drade gehad!

— Waarom sou een van die kampkommandante volgens Emily Hobhouse die volgende stelling gemaak het?:

“Die wagte het bevele om nie met die inwoners in te meng nie, behalwe wanneer hulle sou poog om te ontsnap.

” Watter “vrywillige vlugteling” sou wou ontsnap?
Miskien is die woorde van die Walliese William Redmond in die Britse parlement nader aan die waarheid:

“The way in which these wretched, unfortunate and poor women and children are treated in South Africa is barbarous, outrageous, scandalous and disgraceful.”

konsentrasiekampe3

3.3. Beplan vir dood

Die Engelse aanspraak – op menslike optrede teenoor die Boerevroue en -kinders – word voorts geloënstraf – deur die ligging – van die konsentrasiekampe.

Die militêre owerhede, wat dikwels – kampe vir hulle troepe moes oprig, moes sonder twyfel – ‘n goeie kennis – van die noodsaaklike vereistes – vir sulke kampe gehad het.

Tog – is die konsentrasiekampe –  op die mees onaanvaarbare –  plekke denkbaar –  opgerig.

By Standerton was die kamp op albei oewers van die Vaalrivier opgerig.

Aangesien dit op die Hoëveld was, het dit verseker dat dit in die winter uiters koud en in die somer vol muskiete was.

Die feit dat Standerton turfgrond en n hoë reënval het, het verseker dat die kamp in die somer een groot modderbad was, tot in die tente.

Veel van dieselfde omstandighede was te vind in kampe soos Brandfort, Springfontein en Oranjerivier.
By Pretoria is die Irene-kamp aan die koue suidekant van die dorp opgerig, –  terwyl die noordekant n baie meer geskikte klimaat het.

Balmoral-, Middelburg- en ander kampe op die koue Hoëveld  – is ook telkens aan die suidoostelike hange van die heuwels opgerig –  om te verseker dat dit aan die koue suidoostewind blootgestel is.

Merebank-kamp is in ‘n moeras opgerig – waar n oordadige teenwoordigheid van alle soorte insekte was en water uit die grond gesypel het met die gevolg dat alles voortdurend nat en slymerig was.

Teen Oktober 1900 was daar reeds 58 883 mense in Transvaalse en 45 306 in die Vrystaatse kampe.
Die geriewe in die kampe was duidelik daarop bereken om so min as moontlik van die vroue en kinders te laat oorleef.

Hulle is in verflenterde uitskot tente gehuisves, wat geen beskerming teen die elemente gebied het nie.

Emily Hobhouse, die dame van Kornwallis wat haar vir beter omstandighede vir die Boerevroue beywer het, skryf:

“Dwarsdeur die nag was daar n langdurige stortreën. Water het orals in poele gelê. –  Op die deurweekte grond het hulle probeer om hulleself en hulle besitting droog te kry.” (Hobhouse: Brunt of the War, bladsy 169.)

Dr Kendal Franks skryf oor die Irene-kamp:

“In een van die tente was daar drie gesinne; ouers en kinders, n totaal van 14 mense en almal het masels onderlede gehad.”
In Springfontein-kamp is 19 tot 20 mense in een tent ingedruk.
Daar was geen beddens of matrasse nie en byna die totale kampbevolking moes op die kaal grond, wat gewoonlik klam was, slaap.

Een persoon – het aan die New York Herald om hulp geskryf  – met die volgende woorde:

“Dit is in die naam van klein kindertjies wat in oop tente sonder vure, slegs met karige kleertjies leef, dat ek om hulp vra.”

3.4. Laat hulle van honger omkom

Volgens n Britse joernalis, WT Stead, was die konsentrasiekampe niks anders as n wrede martelmasjien nie.

Hy skryf: “Elkeen van hierdie kinders wat gesterf het as gevolg van die halvering van hulle rantsoen,  – om daardeur druk op hulle familie in die veld uit te oefen, –  is doelbewus vermoor.

Die halwerantsoen-sisteem staan ontmasker en kaal en onbeskaamd as n koelbloedige daad van staatsbeleid – wat in werking gestel is – met die doel om oorgawe van vyande te verseker – wat ons nie in staat was om op die slagveld te verslaan nie.” 

Die gevangenes het geen vrugte of groente ontvang nie; nie eens melk vir die babas nie.

kind1kind2kind3 kis1
Die vleis en meel wat voorsien is het van die wurms gewemel.

Emily Hobhouse skryf:

“Ek het koffie en suiker in my besit wat deur n Londense ontleder soos volg beskryf is: In die geval van die eerste, 66% vervalsing en in die geval van die tweede, veegsels van n pakhuis.”
Sara Raal skryf in haar boek, Met die Boere in die Veld, dat daar giftige vitrioel, fyngemaalde glas, vishoeke en skeermeslemmetjies in die rantsoene was. So wydverspreid is die getuienis wat hieroor gelewer is dat dit as n historiese feit beskou moet word.

3.5. Geen higiëne
Een van die aspekte van die kampe wat siektes en epidemies vermeerder het, was die gebrek aan sanitêre geriewe. In Bloemfontein-kamp was daar net 13 toilette vir meer as 3 500 mense. By Aliwal-Noord-kamp was daar een toilet vir elke 170 mense.
n Britse medikus, dr Henry Becker, skryf: “Eerstens het hulle n terrein vir die kamp uitgesoek wat ondoeltreffend was. Daarby het hulle so min water verskaf dat die mense ng hulleself ng hulle klere kon was. Voorts het hulle nie vir voldoende vuilgoedkarre gesorg dat die vuilgoed gou genoeg weggery kon word nie. En ten slotte het hulle nie voorsiening gemaak vir n voldoende aantal latrines vir die te groot aantal mense wat hulle in die kampe opgehoop het nie.”
n Verslag oor n dameskomitee se besoek aan die Bloemfontein-kamp lui: “Hulle het aanskou hoe die vroue klere in klein poeletjies water probeer was en soms die water meer as een keer gebruik het.”

Van die 118 000 Boeremense wat in die konsentrasiekampe was, is oor 28.000 oorlede. Trouens, ’n hele geslag potensiële Afrikaners is uitgewis, altesaam 22.074 Boerekinders en 4 182 Boerevroue, terwyl nog sowat anderhalf duisend mans (meestal bejaardes) in die kampe omgekom het.

Daar is al bereken dat daar vandag nagenoeg 600.000 meer Afrikaners kon gewees het as dit nie vir die sterftes in die konsentrasiekampe was nie.

Die kampbewoners, veral die kindertjies, het binne maande tot lewende geraamtes weggeteer. Die swak sanitêre geriewe in die nagenoeg vyftig kampe het tot die uitbreek van epidemies gelei, waarvan ’n masels-epidemie die dodelikste was.

Die swartmense, wat deur die Britte in aparte kampe aangehou is, het dit selfs nog slegter gehad. Daar is van hulle verwag om hul eie akkomodasie op te rig en met selfs kleiner rantsoene as die geïnterneerde wit vroue en kinders tevrede te wees.

3.6. Moordhospitale
Siek en gesonde mense is saam in ongeventileerde ruimtes geprop, wat die verspreiding van siektes en epidemies tot gevolg gehad het. Aan die begin was daar geen mediese geriewe in die kampe nie.
Later is dokters aangestel, maar te min. In Johannesburg was daar een dokter vir 4 000 siek pasiënte.
In n verslag oor Irene-kamp is gemeld dat daar uit n bevolking van 1 324 inwoners sowat 154 siek was en dat 20 in die vorige drie weke dood is. Tog het hierdie kamp net een dokter en geen hospitaal gehad nie.
In sommige kampe was dit nog erger. Die groot Bloemfontein-kamp het nie n enkele dokter gehad nie; net een verpleegster wat eenvoudig nie die toestand kon hanteer nie. In die Norvalspont-kamp was daar tydens die besoek van Emily Hobhouse nie eens n opgeleide verpleegster nie.
Die latere aanstelling van mediese personeel het nie die toestand verbeter nie. Hulle is nie om hulle bekwaamheid aangestel nie, maar om hulle lojalaiteit aan die Britse oorlogspoging. Hulle het die Boere brutaal behandel.
Emily Hobhouse vertel die verhaal van die jong Lizzie van Zyl wat in die konsentrasiekamp te Bloemfontein gesterf het: “Sy was n tingerige, swak kindjie wat goeie sorg nodig gehad het, maar daar haar moeder een van die undesirables was aangesien haar vader nie gehensop of verraad gepleeg het nie, is sy op die laagste rantsoenskaal geplaas en so verhonger dat sy na n maand in die kamp na die nuwe hospitaaltjie geneem is. Hier het sy harde behandeling ontvang. Die Engelsgesinde dokter en sy verpleegsters het nie haar taal verstaan nie en haar, omdat sy nie Engels kon praat nie, as n idioot bestempel ofskoon sy verstandelik normaal was. Eendag het sy droefgeestig in die hospitaal begin roep: Moeder! Moeder! Ek wil na my moeder gaan! n Sekere mev Botha stap toe na haar om haar te troos. Sy was net besig om aan die kind te vertel dat sy gou weer haar moeder sou sien, toe een van die verpleegsters onder wie se toesig daardie siekekamer is, haar bitsig in die rede val en sê dat sy nie met die kind moet sukkel nie omdat die kind n las is.

Lizzie van Zyl is kort daarna dood.

lillyvzyl


Afloop 

Treu, n mediese assistent in die Johannesburgse konsentrasiekamp, skryf dat siekes mishandel en selfs met n platriem geslaan is.
Siekes wat na die kamphospitale geneem is was so goed as dood. Een vrou het verklaar: “Ons is banger vir die hospitale as vir die dood.”
Die volgende twee beskrywings gee n idee van die ondoeltreffendheid van die kamphospitale: “Dit het dikwels gebeur dat pasiënte wat slegs n geringe siekte onderlede gehad het, met geweld van die protesterende moeder of familielede se tente weggehaal is om hospitaal toe vervoer te word. Na n paar dae is hulle meestal grafwaarts gedra.”
“Dit was eenvoudig n wonderwerk as n kindjie na die hospitaal gegaan en weer lewend uitgekom het.” 
(Albei aanhalings uit Stemme uit die Verlede – n Versameling van Beëdigde Verklarings van Vroue wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die Konsentrasiekampe Verkeer het.)

3.7. Die hoogste offer
In die Britse helkampe het altesaam 28,000 vroue en kinders die hoogste offer gebring in die stryd om die vryheid van die Boerevolk. Mev Helen Harris wat die Potchefstroomse konsentrasiekamp besoek het, het gesê: “Stel jou voor dat n baba van een jaar geen melk kry nie, maar water of koffie moet drink — daar is geen twyfel dat dit die oorsaak is van die swak gesondheid van die kinders nie.” 
As n mens dan daaraan dink dat dit dieselfde Engelse was wat die Boere se vee met bajonette doodgesteek het en die kinders so van hulle voedselbronne ontneem het, dan lyk die groot sterftesyfer geensins na toeval nie.
Ten spyte van skokkende sterftesyfers in die konsentrasiekampe het die Engelse niks gedoen om die toestand te verbeter nie en die Engelse nasie het doof gebly vir die geween in die konsentrasiekampe soos duisende mense, veral kinders, na hulle grafte gedra is.
Die Wallieser, Lloyd George, het gesê: Die sterftesyfer onder ons soldate in die veld, wat al die risikos geloop het, was 52 per duisend per jaar, terwyl die sterftes van die vroue en kinders in die kampe 450 per duisend per jaar was. Ons het geen reg om vroue en kinders in hierdie posisie te plaas nie.”
n Ier, Dillon, het gesê: “Ek kan n eindelose reeks bewyse aanvoer dat die toestand in die meerderheid kampe skrikwekkend en wreedaardig is. Die sterftesyfer is myns insiens niks anders as koelbloedige moord nie.”
Een Europeër het die volgende oor Engeland se optrede met die konsentrasiekampe gesê: “Great Britain cannot win her battles without resorting to the despicable cowardice of the most loathsome cur on earth — the act of striking at a brave mans heart through his wifes honour and his childs life.”
Die barbaarsheid van die Engelse kom sterk na vore as gekyk word na die manier waarop hulle kinderlykies sonder seremonie op hope op muilwaens gegooi het om na die begraafplaas te karwei. Die treurende moeders moes te voet volg en baie was weens siekte of uitputting nie in staat om vinnig genoeg te volg nie, sodat hulle hulle kinders se begrafnisse misgeloop het.
Volgens PF Bruwer, skrywer van Vir Volk en Vryheid, dui alles daarop dat die konsentrasiekampe, ook genoem die helkampe, n beplande en doelbewuste poging van Engeland was om volksmoord op die Boerevolk te pleeg.

4.1. “Vrede”
As n direkte gevolg van die konsentrasiekampe is die “Vrede” van Vereeniging op 31 Mei 1902 onderteken, waarvolgens die Boererepublieke onder Britse beheer gekom het.

4.2. Opgevorder vir die vyand
Dit is ‘n bitter ironie dat Engeland tydens die Eerste Wêreldoorlog dieselfde seuns wat die konsentrasiekampe oorleef het, opgevorder het om teen Duitsland, wat die Boerevolk goedgesind was, te gaan veg. So moes hulle vir die tweede keer hulle lewe vir Engeland se voordeel op die spel plaas.
Kroniek van die Kampkinders deur HS van Blerk beskryf hoe hierdie geslag na die Eerste Wêreldoorlog boonop uit die arbeidsmag gehou en verarm is — bloot omdat hulle Boere was.

4.3. Verewig in ons letterkunde
In hierdie moderne tyd lyk dit of min mense besef watter ontberinge ons voorsate deurgemaak het ter wille daarvan om ons vryheid slegs sonder die verlies van ons volk se eer op te offer.
Daarom is dit gepas om te kyk na die weerklank wat die konsentrasiekampe in ons letterkunde gevind het, waar die grootsheid van ons voorouers verewig is.

‘n Nuwe liedjie op n ou deuntjie
C Louis Leipoldt  (uittreksel)
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy; wat moet sing uit pure pret —
Jy moet verdwyn in n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en sê ame!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar —
Twee in n kissie, n bruilofspaar!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!

In die konsentrasiekamp
(Aliwal-Noord, 1901)
C Louis Leipoldt (uittreksel)
Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie
Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael —
Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal —
Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
Gedrup van die reëndruppeltjies oor die paal.
n Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe,
Brand dof in n bottel hier vlak naas jou bed
(n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
Daar lê n mens sag, en sy slaap is gered!) —
En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
n Aaklige rondte met trane besmet.
Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore;
Hier sterwe die oumens te swak vir die stryd;
Hier kom n gekerm en gekreun in jou ore;
Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
Want elke sekond van die smart laat sy spore
Gedruk op jou hart, deur n offer gewyd.
Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs het so baie gepla!
Die yster het gloeiend n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk; en dié wond is te ná —
Te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe —
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”

Aangrypend dig Leipoldt ook oor n seepkissie na aanleiding van kinderlykies wat darem nog in dié luukse begrawe kon word: 
Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
Om hier vir ons kinders as doodkis te dien;
Hulle het vir jou lykies gevinde, seepkissie,
En ek het jouselwe as doodkis gesien.

Ewe onvergeetlik is AG Visser se beskrywing van n weeskind in die konsentrasiekamp in sy gedig, Die Jongste Burger:
In die kamp van die vroue heers stilte en donker
Die ellende genadig bedek deur die nag.
Hier en daar in n tent nog n flou liggeflonker,
Waar die Engel van Meely — die Doodsengel — wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
Lê n knapie te snik in n troostloos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
Van n weeskind verlate, op die wêreld alleen!

Later in die gedig beskryf genl De Wet die stryd aan die ontsnapte kind wat by sy kommando kom aansluit en sê:
Vryheid verg hier vanuit onse geleedre
Manne van moed wat gevare uittart.
Maar in die kamp ook die moeder, die teedre
En die onskuldige kind aan haar hart.
En die beloning? Miskien op die velde
Eensaam n rusplaas, benat deur geen traan.
Eenmaal, wie weet, eer die nakroos ons helde…
Seun, sien jy kans? Generaal, ek sluit aan!

4.4. Ons mag nie vergeet nie
Daar was altesaam 31 konsentrasiekampe. Die aanliggende begraafplase bestaan in die meeste gevalle steeds en word so dikwels as moontlik deur Boeremense besoek om ons geestelik daarop in te stel om ons volk se vryheidstryd steeds brandend te hou.

Die konsentrasiekampe was by: Irene, Barberton, Volksrust, Belfast, Klerksdorp, Pietersburg, Potchefstroom, Vereeniging, Turffontein, Balmoral, Nylstroom, Standerton, Heilbron, Kimberley, Bloemfontein, Middelburg, Kroonstad, Heidelberg, Krugersdorp, Vryburg, Vredefort, Brandfort, Springfontein, Bethulie, Norvalspont, Port Elizabeth, Aliwal-Noord, Merebank, Pinetown, Howick en Pietermaritzburg.

4.5. Steunpilare
Te midde van al die ellende wat ons volk deur die Engelse aangedoen is, was daar tog steunpilare: eerstens die wete dat die Boerevolk se saak reg is en dat dit n geloofsaak is, maar daarbenewens ook mense wat groot offers gebring het om die lot van die Boerevroue en -kinders te probeer verlig.
Geen studie van die konsentrasiekampe sal volledig wees sonder vermelding van Emily Hobhouse nie. Te midde van al die smart het hierdie vrou van Kornwallis n lig laat skyn vir die Boerevroue en -kinders.
Emily Hobhouse het alles in haar vermoë gedoen om die vroue en kinders te help. As gevolg van hierdie pogings tot menslikheid en redelikheid, het die Britse owerhede haar uit Suid-Afrika verban.
Tot vandag bly die Boerevolk Emily Hobhouse egter ewig dankbaar vir haar pogings en haar oorskot rus op ‘n ereplek aan die voet van die Vrouemonument in Bloemfontein.
Ander persone wat hulle teen Engeland se barbaarse metodes uitgespreek het was J Ellis (Iers), Lloyd George (Wallies), CP Scott (Skots), William Redmond (Wallies), Ramsey McDonald (Skots).

10151150_10200967675674300_7422253800050939213_n

5. Gevolge

  1. Die Boerevolk se getalle is vandag minstens 2 miljoen minder as wat ons sou gewees het as dit nie vir die volksmoord was wat Engeland op die Boerevolk gepleeg het nie. Dit ontneem ons volk van alle selfbeskikkingsmag in die nuwe sogenaamd demokratiese stelsel. (Inderwaarheid beteken demokrasie regering deur die volk en nie regering deur die gepeupel soos tans die geval in die RSA is nie.) (Kyk Handboek van die Afrikaanse Taal.)
  2. Die volksmoord, tesame met die verraad van Afrikaners (Let wel: nie Boere nie) soos Jan Smuts en Louis Botha, het die Boerevolk gedwing om die Vrede van Vereeniging te onderteken, waardeur ons volk van sy vryheid ontneem is.
  3. Die vreemde en minderwaardige Britse kultuur is op ons volk afgedwing.
  4. Die verskillende inheemse volke van Suid-Afrika is ongevoelig in een Unie saamgesmyt, waar almal se identiteit en selfbeskikkingsreg in die slag gebly het.
  5. Soos in die geval van die Boerevolk, is plaaslike swart volke van hulle vryheid ontneem, wat daartoe gelei het dat die ANC in 1912 (twee jaar na die stigting van die Unie) gestig is om vir swart nasionalisme te veg.
  6. Die Britse stelsel van apartheid, wat hulle wêreldwyd toegepas het (ook in byvoorbeeld Indië, Australië en Nieu-Seeland) moes noodgedwonge ook hier toegepas word om die gemengde bevolking te orden. Die eerste tekens daarvan was bordjies wat gelui het: “Europeans” en “Non-Europeans”. Geen Boer het hom ooit as n “European” beskou nie. Apartheid het rassehaat ontketen wat vandag nog hewig voortduur en die ironie is dat die Boerevolk, wat sedert 1902 nog nooit weer in beheer van sy land was nie en wat self n slagoffer daarvan was in die sin dat apartheid hom van sy land en van sy werksetiek beroof het, vandag daarvoor kwalik geneem word.
  7. Die uitlander-mynwerkers, wat Engeland as voorwendsel voorgehou het om die oorlog te ontketen, is na die oorlog so sleg deur die Engelse en Joodse mynbase behandel dat dit in 1913 en 1922 (3 en 12 jaar na die stigting van die Unie), op algemene staking uitgeloop het waartydens talle mynwerkers deur die Brits-gesinde Unieregering in die strate van Johannesburg doodgeskiet is.
  8. Die doeltreffende en regverdige republikeinse regeringstelsel van die Boererepublieke is met die onwerkbare Westminister-stelsel van regering vervang, wat tot eindelose ellende en onderlinge twis gelei het.

 

vlugtendevrouekinders

  1. Gevolgtrekking

Die konsentrasiekampe was ‘n berekende en doelbewuste volksmoord wat Engeland op die Boerevolk gepleeg het met die doel om die Boerevolk uit te wis en die Boererepublieke in te palm.
Indien die stories van die Duitse gaskamers tydens die Tweede Wêreldoorlog waar is, was dit n baie genadiger manier om mense dood te maak as om hulle van die honger en ontbering te laat sterf en te vergiftig. Daar is ook in verhouding minder Jode gedood (indien enige) as Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Nogtans het Engeland genadeloos aangedring op die Neurenberg-verhoor waar die hele Duitse volk die beskuldiging opgelê is dat hulle n Joodse volksmoord sou gepleeg het. Op aandrang van Engeland betaal Duitsland vandag nog jaarliks kompensasie aan die Jode vir die beweerde volksmoord op die Jode. Dit beteken dat Duitsers wat tydens die Tweede Wêreldoorlog nog nie eens gebore was nie, vandag nog vir die beweerde oortredings van die Duitsers moet boet.
As Engeland dieselfde beginsels op homself toepas as wat hy op Duitsland afdwing, moet Engeland vandag alles in die stryd werp om die Boererepublieke te herstel en ook jaarliks vergoeding aan die Boerevolk betaal vir die onreg wat die Engelse teen ons volk gepleeg het.

Artikel  Boere Afrikana

 

boerkid1

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Brett Nortje

    Vryf dit onder die vieslike van Heyningen vroumens se neus!